Psalm 137
1. Aan die riviere 't ons gesit
in Babel en geween,
as swerfgedagte ons hartseer wek
en trek na Sion heen.
2. Ons het aan wilgerbome daar
ons siters opgehang.
Want hul by wie ons slaaf was, het
'n lied van ons verlang;
3. hul wat ons onderdruk het, wou
van ons 'n feessang hoor:
"Kom, sing ons nou 'n Sionslied,
'n tempellofsang voor!"
4. Die HEER se lied in vreemde land! -
ons kan dit hier nie sing.
Ons rou en treur, maar Sion leef
in ons herinnering!
5. My hand sal weier om te speel
voordat ek ooit, ontrou,
Jerusalem sal kan vergeet.
Nee, 'k sal, ek sal onthou.
6. My tong sal aan my mond bly kleef
as ek jou ooit vergeet,
en jou nie loof bo wat ek hier
my hoogste vreugde heet.
7. O HEER, vergeld aan Edom tog
die dag van Sions nood,
toe hul gesê het: "Kom, ontbloot
dit tot die grond, ontbloot!"
8. O Babel, wat verwoes sal word,
gelukkig prys ek hom
wat gruweldaad ons aangedoen,
weer op jou neer laat kom.
9. Jy wat in Sion vrou en kind
verdelg het voor jou knots -
gelukkig hy wat nou jou kroos
verpletter teen die rots.