PRETORIA-MARANATA, 28 Augustus 2016 AD, 10:15
(doop)
Votum
Seën
Ps 100:1,4
Wet
Ps 61:1,2
Gebed
Doopsformulier
& Gebed
Bediening
Doop aan Ian Bouwman
Sb 17:1,2,6
Dankgebed
Skriflesing:
Ester 1
Ps 68:10,11
Teks: Ester
1:1-12
Preek
Ps 9:3,4,5
Gebed
Kollekte
Ps 9:6,7
Seën
Preek: Ester 1:1-12
Vandag se
teks gaan oor ‘n sprokiesagtige fees.
Vandag se
teks gaan oor ‘n koning wat vir 180 dae die wyn laat inskink het.
Prag en
praal. Maar gemeente, vandag se teks gaan oor meer as net die uiterlike
vertoon. Dit is waaraan ons spesifiek in hierdie preek aandag gaan skenk. Ons
gaan kyk na die hand van Hom wie se Naam nie in Ester genoem word nie. Maar wie
se hand kragtig aktief is in elke hoofstuk.
Ek mag u die
Woord bedien met hierdie tema:
Die Almagtige se leiding in Ahasveros se
sprokiesagtige fees
Ons let op
drie aspekte:
-
beskrywing en doel van die fees
-
kritiek op die fees
-
bittere afloop van die fees
Wie presies
die kanonieke boek Ester geskryf het, is nie meer bekend nie.Daar is al
geopper dat Mordegai self die outeur was, omdat ons uit Ester 9:20 weet dat hy
self kon skryf en ook die gebeure opgeskryf het.Tog word
desondanks in die ou Joodse tradisie Mordegai nie as skrywer beskou nie. Daar
is enkele aanwysings wat daarop dui dat die boek eers ‘n periode na die gebeure
geskryf is. In hoofstuk 1:1 word koning Ahasveros voorgestel as ‘n vors uit die
verlede, wie se naam by die lesers in herinnering geroep word.En uit die
slot van Ester blyk verder dat die Purimfees al ‘n bestaande fees was. Wel is
Esther in Hebreeus geskryf, en die skrywer beskryf die Persiese gewoontes en
toestande op so ‘n manier dat dit duidelik is dat hy daaraan gewoond was. Dit
dui daarop dat die boek ontstaan het voordat die Griek Alexander die Grote die Persiese
Ryk vernietig het, wat in ongeveer 330 voor Christus was.In die
eerste hoofstuk beskryf die outeur Ahasveros in al sy prag en praal.Die
hoofkarakter in hoofstuk 1 is koning Ahasveros. Hy het in ‘n lyn van beroemde
konings gestaan. Mens kan dink aan
Cyrus, die stigter van die imperium, in die Bybel staan hy bekend met die naam
Kores (Jes 45:1).Sy beleid
was om die volke nie swaar te onderdruk nie. Hy het hulle godsdienste eerbiedig
en alle, deur Nebukadnesar in ballingskap weggevoerde volke, die vryheid gegee
om na hulle eie land terug te keer.God het
hierdie makro-wêreldpolitiek so gelei dat sy volk, die suidelike Ryk Juda, na
70 jaar, weer uit ballingskap kon terugkeer. Ook sy opvolger, koning Darius,
het dieselfde milde politiek gevolg. Toe
stadhouer Tattenai hom versoek het om die herbou van die tempel in Jerusalem te
verbied, het hy die besware van die hand gewys. Hy het die Edik van Kores (Esra
1:1) weer bevestig, en selfs bevel gegee om die tempelbou finansieel te steun
uit die ryksbelastings. Darius is opgevolg deur sy seun Ahasveros.Ons ken
Ahasveros ook uit buite-Bybel bronne. In
Grieks is hy Xerxes genoem, soos by die Griekse geskiedskrywer Herodotus.Kort nadat
hy die troon by sy pa oorgeneem het, hy was toe ongeveer 30 jaar oud, het daar
opstande uitgebreek in Babilonië en Egipte. Hy het egter geslaag om die
opstande neer te slaan. Herodotus is nie baie positief oor sy karakter nie. Hy
word geskets as ‘n baie wispelturige man, ‘n wrede tiran, iets wat heeltemal
ooreenstem met die beeld wat ons van hom in die boek Ester kry. Dis geen wonder
dat Ester baie daarteen opgesien het om voor so ‘n grillige despoot in die
troonsaal te verskyn. Dit kon haar dood beteken – Ester 4:10,16. Maar, soos dit
meestal gaan in die geskiedenis: wie die swaard opneem, sal self deur die
swaard val. Wie hom wend tot geweld, sal self ook deur geweld oorrompel word. Toe Ahasveros ongeveer 55 jaar oud was, is hy
in sy slaapkamer vermoor. Vandag kan mens nog in die Midde-Ooste na opgrawings
van sy argitektuur gaan kyk.Maar goed,
in hoofstuk 1 bevind ons ons nog aan die begin van sy heerskappy. Die boek
Ester begin met die beskrywing van ‘n sprokiesagtige fees. Eintlik was dit twee
feeste. Een vir al sy vorste, vir al die vernames in sy ryk. En een daarna vir
al die bewoners van die vestingstad Susan.Hoekom het
die koning eintlik hierdie feeste georganiseer?Dit kon wees
om sy nuwe paleis in te wy, om sy triomf oor Egipte en Babilonië te vier, ons
weet nie.Die Skrif
noem dit nie, wel word genoem dat die koning al sy rykdom, prag en praal wou
laat sien. Koning Ahasveros wou indruk maak. Hy wou wys hoe ryk en magtig hy
was. Wie haal dit in sy kop om vir 180 dae, dit is meer as ‘n half jaar lank,
fees te vier?As mens kyk
na wat die Griekse historikus Herodotus skryf oor Ahasveros, is dit moontlik om
te konkludeer dat Ahasveros hierdie halfjaar se feesvier en vertoon van sy mag
en rykdom, gebruik het om ‘n veldtog teen Griekeland te beplan.Hierdie
groot uitspattige fees was juis bedoel om al die vorste aan sy kant te kry, sodat
hulle hom sou ondersteun in hierdie groot militêre veldtog wat hy van plan was
om uit te voer. Tussen hakies, agteraf gesien, tydens hierdie veldtog het hy
swaar nederlae gely. Tallose van sy soldate het dood op die slagveld agtergebly.
Maar nou, tydens die groot fees, was hy nog besig om alles te beplan, onder die
genot van drank en vroue. Ja Ahasveros was magswellustig. Hy wou ook Griekeland
by sy ryk voeg.Hy het nie
omgegee vir jong soldate se lewens nie. Aan die verdriet van hierdie jong
soldate se ouers, wat hulle seun nooit weer sou terugsien nie, het hy nie
gedink nie. Hy het ook nie omgegee vir jong meisies se lewens, sal ons later in
hoofstuk 2 sien, wat hy vir sy harem opgeëis het nie.Na die
honderd tagtig dae durende fees vir die aansienlikes, volg dan nog die fees vir
die burgers in die vestingstad Susan. Daar word beraam dat daar in die stad
Susan in daardie tyd ongeveer ‘n half miljoen mense gewoon het. Maar die
vestingstad was net ‘n deel van die groter stad, ‘n aparte stadsdeel, wat op ‘n
plato gebou is en bo die res van die stad uitgesteek het. Dit was die mooiste
en rykste deel van die stad.En dit was
net vir hierdie deel van die stad, hierdie ryk voorstad, wat die tweede fees
bestem was. Hierdie fees was, net vir die duidelikheid, dus nie bedoel vir
elkeen van die half miljoen inwoners van die stad Susan nie, maar net vir die
burgers van die vestingstad, daardie rykste voorstad.En nog meer
spesifiek, net vir die mans. Vir die vroue het koningin Vasti ‘n aparte fees
georganiseer. Mordegai en Ester was waarskynlik ook by hierdie festiviteite
aanwesig, aangesien ons in hoofstuk 2:5 lees dat hulle woonagtig was ook in die
vesting Susan.Dit dui
daarop dat Mordegai deel was van hierdie hoër sosiaal-ekonomiese stand.Die fees vir
die mans het in ‘n binnetuin van die koninklike paleis plaasgevind. Dit was
sprokiesagtig mooi ingerig.Soos ons in
vers 6 gelees het: Linne, katoen- en pers stowwe was met linne- en purperrooi
band vasgemaak aan silwerringe en marmerpilare.Hierdie
stowwe was gordyne, wat gebruik is, nie net as versiering nie, maar ook vir
skaduwee teen die warm son.Verder was
daar goue en silwerrusbanke op ‘n plaveisel van malachiet en van witmarmer en
perlemoensteen en gevlekte marmer.Volgens die
kultuur in daardie tyd was die rusbanke lae banke sonder leuning, waarop mens
op jou sy kon lê.Vers 7
beskryf die kosbare goue bekers waaruit die mans gedrink het.En die wyn
was al net so koninklik. Ook het die personeel opdrag gekry om vir elkeen te
skink soveel hy wou hê. Die Griekse skrywer en historikus Xenophon skryf dat
die Perse bekend gestaan het daarvoor dat hulle baie kon drink, totdat hulle
nie meer op hulle bene kon staan nie.Die luukse
rusbanke of –bedde het dus beslis hulle doel gedien.Maar soos
dit maar altyd werk met sprokiesagtige feeste, êrens kom daar ‘n kink in die
kabel. Erens is daar iemand wat die pret bederf.En hierdie
keer was dit die koning self, in sy wispelturigheid, en meer spesifiek, sy
dronkenskap, wat die pret bederf het.Soos gesê,
ja, koning Ahasveros was ‘n baie wispelturige man. En sy dronkenskap het
daartoe gelei dat hy in ‘n oomblik van onbesonnenheid sy vrou en koningin die
trekpas gegee het. Wat hy van haar verwag het, was natuurlik geweldig onterend.
Dit kom dalk nie in die vertaling goed uit nie, maar hy het van haar verwag om
met haar kroon op, maar verder naak voor die koning en sy gaste te verskyn –
vers 11. Hy wou haar skoonheid toon. Soos telers op ‘n skou spog met die
mooiste hond, of die mooiste skaap, of watter dier ook al uit hulle stoetery,
wat hulle geteel het, so wou Ahasveros spog met die toppunt van skoonheid uit
sy harem.Normaalweg
sou selfs hy nie so iets verwag het nie.Maar sy
dronkenskap het hom nou oor die laaste drumpel gestoot.En die maatreëls
wat hy daarna getref het om sy gesig te red, toe Vasti naamlik tereg geweier
het om soiets te doen, daardie maatreëls was ronduit pateties en lagwekkend. Sogenaamde
wyse raadgewers het planne gemaak hoe sy gesig gered kon word. Aan alle
provinsies moes berigte gestuur word dat die man in sy huis baas moet wees en
sy volkstaal praat.So ‘n soort
baasskap is heidens, dit het niks met die Bybelse gesag te make wat God aan ‘n
man gegee het nie.Al met al,
gemeente, proe mens hier in die beskrywing van Ester 1 ‘n totaal ander styl van
koningskap as wat die HERE aan sy volk in die wette van Moses voorgehou het!Die manier
hoe die festiviteite hier in Ester beskryf word, is nie gedoen om koning
Ahasveros te komplimenteer nie, inteendeel. Tussen die lyne lees mens die
kritiek. Die skrywer hou ons ‘n spieël voor. Is dit soos ‘n koning behoort te
wees? Is dit waaraan ‘n suksesvolle koning gemeet moet word?Dan kan ons
terugdink aan wat die HERE in Deuteronomium 17 aan sy volk voorgehou het.As hulle ‘n
koning sou kry, dan moes hulle koning nie soos die van die heidene wees nie! Deuteronomium
17:16: “Hy mag net nie vir hom baie perde aanskaf nie...”Vers 17:
“Ook mag hy nie baie vroue aanskaf nie... hy mag ook vir hom nie uitermate baie
silwer en goud aanskaf nie.”Ja gemeente,
die boek Ester moet ons lees teen die agtergrond van die Torah, spesifiek God
se koningswette in Deuteronomium.En as mens
dit doen, dan val Ahasveros deur die mand, juis omdat hy so ryk was en so baie
goud en silwer gehad het, juis omdat hy ‘n harem met so baie vroue gehad het,
juis omdat hy so baie perde gehad het en so graag teen Griekeland wou gaan
oorlog voer, om sy mag uit te brei.Dus
nogmaals, die beskrywing van hierdie fees deur die skrywer van Ester was nie
bedoel om ons te laat watertand nie, maar om te dien as bewysmateriaal, om as
aanklag teen Ahasveros te gebruik.Soos
joernaliste vandag dalk uitgebreid ‘n fees van president Zuma sou beskryf, saam
met die Guptas, met al die uitspattige vertoon van weelde en rykdom. So ‘n beskrywing
van al die rykdom dien nie as kompliment vir die president nie, maar eerder as
aanklag! Ahasveros het oor die rug van baie van sy onderdane heen, en oor die
lyke heen van baie jong soldate heen, oor die liggame heen van baie jong
meisies heen, sy mag gevestig, uitgestal en gevier. Maar gelukkig, almagtig was hy nie. Dit is wat die boek
Ester ons baie duidelik leer. En sy eie vrou, Vasti, was die eerste wat dit aan
hom begin duidelik maak het.En dit bring
ons by ‘n belangrike boodskap uit hierdie eerste hoofstuk van Ester. Deur
hierdie patetiese vertoning van koning Ahasveros heen, gemeente, werk God aan
die uitvoering van sy plan.Al het Hy
voorbereidings getref, sodat as die dag kom dat Haman sy wetsvoorstel indien,
om die Joodse volk uit te roei, dat daar teenwigte sou wees om dit te stuit. Dat
op daardie oomblik Vasti nie meer koningin sou wees nie, maar dat daar juis op
daardie oomblik ‘n Joodse koningin was.En dat
Mordegai juis op daardie oomblik bekend sou word as die man wat ‘n aanslag op
die koning verydel het. Die boek Ester wys uit dat al hierdie dinge soos ‘n
legkaart inmekaar gepas het. Al word sy Naam nie eksplisiet genoem nie, was God
se hand in al hierdie dinge.God se leiding
het gesorg dat Kores sy edik uitgevaardig het, dat die Jode mog terugkeer na
Jerusalem.God se
leiding het daarvoor gesorg dat Darius nie geswig het onder die druk van die
stadhouer Tattenai, om die herbou van die tempel en die muur van Jerusalem te
verbied nie. En nou, in die boek Ester, sien ons ook weer God se leiding, in sy
bemoeienis met Ahasveros.As mens oor
God se leiding praat, moet mens nie net dink aan wonders en spektakulêre dinge
nie.God se
leiding gebeur ook deur onopvallende dinge. God se leiding gebeur selfs deur
raar en baie onverwagte dinge. God gebruik selfs die kwaad in hierdie wêreld
vir die uitvoering van sy planne. Ester 1 gee vir ons ‘n baie goeie voorbeeld
hiervan. In hierdie hoofstuk maak die HERE gebruik van Ahasveros se dronkenskap
om sy planne uit te voer. Ja God se leiding lê nie net in spektakulêre wonders
nie, maar ook in onopvallende dinge, soms selfs in raar en bisarre dinge. Dinge
soos die koning se dronkenskap.Dinge soos
‘n slapelose nag van die koning, soos ons later in hoofstuk 6 sal sien.Gemeente,
hierdie hoofstuk kan ons eintlik baie troos bied in ons huidige omstandighede. Ons
voel dikwels moedeloos as ons sien hoe pateties die president van ons land
optree. Maar wie weet, het God ook hierin ‘n hand.Soms gee die
HERE die mense oor aan hulle eie sondes, en dat hulle die gevolge van hulle eie
sondes moet smaak. Sodat die wal die skip kan keer.Sodat dit
selfs vir ongelowiges, vir heidense mense, te erg word.Soos ‘n
swart filosoof onlangs gesê het: Zuma is die beste wat die land kon oorkom. Want
deur sy patetiese optrede begin die swart bevolking na te dink, en loop hulle
nie meer soos skape agter hulle sogenaamde bevryders uit die verlede aan nie. Ja
die HERE werk nie net deur wonders en spektakulêre dinge nie. Eintlik is dit
net so ‘n groot wonder, dat hy die gang van die geskiedenis stuur, dat niks wat
op aarde gebeur toevallig is nie.Waarheen die
HERE ons land se lot gaan stuur, dit weet ons nie. Ons kan maar net vir Hom bid
dat Hy sal bly sorg dat daar ruimte vir sy kerk bly.Dat die
Evangelie ook sal klink vir toekomstige generasies in hierdie land.Want laat
dit wel wees, dit is waaroor dit gaan.God se
beskerming van die Joodse volk in Ester se dae was gerig op die koms van die
Messias.Dit het nie
gegaan oor die Joodse volk of die Joodse taal as sulks nie.Net so is
daar geen belofte van God dat Hy, om ‘n voorbeeld te noem, die Afrikaner volk,
en die Afrikaanse taal, altyd sal bewaar nie.Maar daar is
wel die belofte dat Hy sy kerk altyd sal bewaar.Soos ons in
die Kategismus bely: die Seun van God vergader, beskerm en onderhou vir Hom ‘n
gemeente, uit die ganse menslike geslag, van die begin van die wêreld af tot
aan die einde toe (Sondag 21).So het ons
vanoggend die Almagtige se leiding gesien in Ahasveros se sprokiesagtige fees. Dit het ‘n bittere afloop gehad, daarvoor het
God gesorg. Want Hy het sy beloftes op die oog gehad, dat Hy sy kinders sou
bewaar. Dit is vir ons ‘n groot troos. Die HERE sal self hiervoor sorg.Hoe, dit
doen Hy op sy eie onnaspeurlike manier, vertrou Hom maar!Soos ons in
Spreuke 19:21 kan lees: “Baie planne is in ‘n man se hart, maar die raad van
die HERE, dié sal bestaan.”Elke eeu
blyk dit tog weer die waarheid te wees.Daarom mag
die baba wat vanoggend gedoop is, en sy ouers, in geloofsvertroue die toekoms
tegemoet gaan.Die Almagtige,
in wie se Drieënige Naam Ian gedoop is, sal ook in die toekoms uitkoms skenk. Vertrou
Hom maar.Amen.
(kyk in preek)