PRETORIA-MARANATA, 15 Mei 2016 AD, 10:15
(Pinkster)
Votum
Seën
Ps 84:2,5
Wet
Ps 114:1-4
Gebed
Skriflesing:
Handelinge 15:40-16:12
Ps 84:4
Skriflesing:
Handelinge 21:1-14
Ps 84:6
Teks:
Handelinge 16:6-12
Preek
Sb 13:3,8,9
Gebed
Kollekte
Sb 14:1,2
Seën
Preek: Handelinge 16:6-12
Van die
Noord-Kaap in Noorweë tot Kaap Aghulhas in Suid-Afrika vind mens deesdae in
omtrent elke stad ‘n kerkgebou.
Maar toe
Paulus destyds op sy sendingsreise uitgetrek het, was die gebiede waardeur hy
gereis het, nog heeltemal heidens.
Niemand het
nog gehoor van ‘n God wat aan die mensdom genade bewys het deur sy Seun as
Verlosser na die aarde te stuur nie.
In Romeine 1
skets Paulus die wêreld van sy dae.
Die beroemde
Grieks-Romeinse kultuur was eintlik ‘n rioolput waaruit ‘n walm van
ongeregtigheid opgestyg het.
Die mense
het die lewende God ingeruil vir afgode.
Hulle was
verduister in hulle verstand.
Die het ook
vir Europa gegeld. Ons Germaanse voorouers het sonder hoop en sonder die
lewende God geleef.
Jesus, die
Oorwinnaar oor dood en graf, het hulle nie geken nie.
Hulle het die
afgode Wodan en Donar gevrees.
Hulle hele
wêreldbeeld is beheers deur die bose geeste, wat in diens staan van die satan.
Maar in ons
teks lees ons oor ‘n ander Gees.
Die Heilige
Gees.
Tema: Die Gees van die verhoogde Christus
bepaal Paulus se koers
-
Hy lei Paulus na die Weste, na
Europa -
Hy lei ons lewe volgens God se
wil -
Hy lei Paulus na die Weste, na
EuropaDit was die
Heilige Gees wat die apostel Paulus met die Evangelie in die rigting van Europa
gestuur het.As mens na
die geografiese gegewens in ons teks kyk, is dit so dat Paulus hier die oorstap
maak vanuit Asië na Europa, die wêrelddeel waar die meeste van ons voorouers
vandaan kom.As hy voet
aan wal sit in Neapolis, was dit die eerste keer wat hy hom op Europese
grondgebied bevind het.Dit is
teenswoordig êrens in die grensgebied tussen Macedonië en Bulgarye. Ons teks
handel oor ‘n gebeurtenis wat, veral as mens na 20 eeue weer terugkyk, van
enorme historiese konsekwensies was.In ons
geskiedenis is die moment waarop Jan van Riebeeck voet aan wal gesit het aan
die Kaap, van historiese betekenis.Maar die
moment waarop die apostel Paulus vir die eerste keer voet aan wal gesit het op
die kontinent Europa, is vir ons van nog veel groter historiese betekenis. Hier
begin naamlik die kerstening van Europa.Die
koerswending waarvan ons in ons teks lees, was nie toevallig nie, maar dit was
bewus so aangestuur deur die Heilige Gees.En soos ons
weet, die kerstening van Europa het op sy beurt weer bygedra tot die kerstening
van ander wêrelddele, ander kontinente, soos Amerika, Australië asook Afrika.Maar,
gemeente, as dit toe van Paulus afgehang het, sou hy op die vasteland van
Klein-Asië gebly het. Lukas, skrywer van hierdie reisverslag, vestig ons aandag
daarop dat nie Paulus nie, maar die Heilige Gees die reisroete bepaal het.In ons teks
beskryf Lukas hoe die Heilige Gees drie keer heel bewus ‘n koerskorreksie
aanbring in Paulus se reisplanne.Die eerste
korreksie van die Gees was dat Hy Paulus verhinder het om die Evangelie op
daardie oomblik in die provinsie Asië te verkondig.As u op ‘n
kaart kyk, sal u sien dat Klein-Asië destyds in verskillende provinsies verdeel
was. Een van hulle het die naam Asië gehad.Ons weet dat
Paulus eers later, op sy sogenaamde derde sendingsreis, geleentheid gekry het
om ook in hierdie provinsie die Evangelie te bring.Hoe die
Heilige Gees hierdie koerskorreksie bekend gemaak het, vermeld Lukas nie. Was
dit deur ‘n profesie? Of was dit deur ‘n gesig?Was dit deur
omstandighede, wat hulle weerhou het om langer in Asië te bly? In elk geval het
dit vir Paulus duidelik geword dat Hy nie na die westelike provinsie Asië nie,
maar in noordelike rigting moes verder reis.Sodoende het
hulle deur die provinsies Frigië en Galasië getrek.Daar is
gemeentes gestig.En toe hulle
by die grens van Misië gekom het, wou hulle nog verder noord deurreis, in die
rigting van Bithinië, dit was een van die mees noordelike provinsies van
Klein-Asië, wat gegrens het aan die Swart See.Hier het
stede gelê soos Nicea en Chalcedon. Stede met groot Joodse bevolkings. Paulus
se oogmerk was om die hele vasteland van Klein-Asië deur te trek.Dit is op sig
nie verbasend nie, aangesien Paulus self ‘n persoon was wat afkomstig was uit
Klein-Asië. Gebore in Tarsus, in die suidelike provinsie Silisië. As dit aan
hom sou gelê het, het hy in Klein-Asië bly arbei, en het die Evangelie op
daardie stadium nie vir Europa bereik nie.Maar nou
volg daar ‘n tweede ingreep van die Heilige Gees.Ons lees in
ons teks: “maar die Gees het hulle dit nie toegelaat nie” – naamlik om na
Bithinië te gaan.Die Heilige
Gees is een Persoon in God Drieënig.Op
Pinksterdag is Hy uitgestort.Sedert
Pinkster is Hy besig om Christus se verlossingswerk op aarde voort te sit. Die
Seun is weer in die hemel, Hy het plaasgeneem op die troon.Die Gees sit
die werk op aarde voort.En omdat die
verheerlikte Christus sy kerk ook in Europa wil plant, sorg Hy dat sy Gees
Paulus se reisroete bepaal.Paulus is
nie toegelaat om deur te reis na die Noorde en die Ooste nie.Nee, op
hierdie oomblik stuur Christus hom deur sy Gees na die Weste.By hierdie
koerskorreksie deel Lukas ons ook nie mee hoe die Gees dit aan Paulus te kenne
gegee het nie.Hulle het
dus verder getrek, gehoorsaam aan die leiding van die Gees, deur Misië totdat
hulle die hawestad Troas bereik het.Dit is aan
die kus van die Egeïese See, in die uiterste weste van Klein-Asië.Maar,
waarheen moes hulle nou gaan? Waar wou die Here hulle nou stuur?En dan kom
ons by die derde koerskorreksie.Hierdie keer
is dit nie ‘n verhindering soos die voorafgaande kere nie.Hierdie keer
is dit ‘n positiewe rigtingaanduiding.En oor
hierdie derde koerskorreksie vermeld Lukas wel meer details.Dit het in
die nag gebeur.Paulus het
‘n gesig in die nag gesien, waarin daar duidelik ‘n man uit Macedonië was wat
hom gesmeek en gesê het:Kom oor na
Macedonië en help ons!Macedonië
het aan die oorkant van die Egeïese See gelê.In vers 10
lees ons vervolgens dat Paulus en sy geselskap hierdie gesig ernstig geneem
het.Hulle het
tot die slotsom gekom dat in die oproep van die Macedoniër die stem van God
geklink het.En dus het
hulle dadelik in Troas na ‘n geleentheid begin soek om oor te vaar.Ek weet nie
of dit u al opgeval het nie, maar vanaf hierdie vers – vers 10 – verander Lukas
sy reisverslag van die derde persoon – hy het tot dusver die heeltyd oor hulle geskryf, na die eerste persoon – ons.Voortaan
sluit hy homself dus by die reisgeselskap in.Ons kan
hieruit aflei dat Lukas vanaf hier – vanaf Troas – by Paulus se reisgeselskap
aangesluit het.‘n Deel van
Paulus se reis het Lukas dus werklik as ooggetuie meegemaak.Hoe Lukas
hier in Troas uitgekom het, waar Lukas
woonagtig was, waar Lukas as dokter gewerk het, dit word nie beskryf nie.Maar
sedertdien het Lukas vir Paulus tot groot steun geword, vir die res van sy
lewe.Aan die
einde van Paulus se lewe, as hy ‘n brief aan Timotheüs skryf, noem hy dat Lukas
ook op daardie oomblik by hom is – 2 Timotheüs 4:11.So het dit
dus gebeur, op die môre na die nag waarin Paulus die gesig ontvang het, dat
daar vier manne langs die hawe van Troas geloop het, saam op soek na ‘n skip
waarmee hulle so spoedig moontlik na Macedonië sou kon oorvaar.Want, skryf
Lukas, toe ons die feite op ‘n rytjie geplaas het, het alle stukkies soos ‘n
legkaart inmekaar gepas.Goddelike
leiding sluit menslike oorleg nie uit nie.Hulle het
saam tot die slotsom gekom dat God hulle na die oorkant van die see roep.God het
hulle prediking in Asië, in Misië en Bithinië opsetlik verhinder, omdat Hy
hulle na die oorkant van die see wou stuur.Hulle
reisdoel was nou dus: die hawe van Neapolis en die stad Filippi.Dit sou die
poort word vir die Evangelie na Europa.Nou dink u
dalk: sjoe, so baie name, so baie geografiese aanduidings, al die provinsies,
dorpe en stede wat genoem word.Dit klink
inderdaad soos ‘n baie noukeurige reisbeskrywing.Tog gee
Lukas eintlik maar net globaal die roete aan wat Paulus afgelê het.Die
provinsiename. En dit was behoorlike groot provinsies.Lukas skenk
eintlik veel meer aanag aan die Goddelike leiding, wat vir hulle duidelik gemaak
het dat Paulus sy werkterrein moes verskuif van Klein-Asië na Griekeland.As ons
onsself nou afvra wat hierdie teks vir ons vandag beteken, watter boodskap dit
vir ons het, dan moet ons begin om in die eerste plek ons dankbaarheid uit te
spreek.Juis op ‘n
dag soos vandag, waarop ons die Pinksterfees, die uitstorting van die Heilige
Gees herdenk.Dank aan ons
verhoogde Here, wat gesorg het dat sy Evangelie oor die wêreld versprei is.Dat Hy dit
so gelei het dat Europa die Evangelie mog ontvang, dat Europa gekersten is.En nie net
Europa nie, daarna ook Amerika, en ook Afrika waar ons woon.Soos ek
genoem het, vanaf die Noordkaap in Noorweë tot by Kaap Aghulhas vind mens
teenswoordig in omtrent elke stad ‘n kerkgebou.Dit is,
alhoewel, nie ‘n waarborg dat dit altyd so sal bly nie.Ons word
vandag gekonfronteer met masale afval van die Evangelie, in Europa, en ook hier
in Suid-Afrika.Volke wat in
die verlede gekersten is, begin weer los en vervreemd van die kerk te lewe. Die
geestelike en materiële seëninge wat die Westerlinge ontvang het, hulle
welvaart, het juis aanleiding geword dat hulle begin dink het dat hulle God nie
meer nodig het nie.Hulle het
God die rug begin toekeer, meer spesifiek, hulle het begin beweer dat Hy nie
bestaan nie. Hoeveel atheïste of agnostisiste is daar nie deesdae in die
Westerse wêreld nie. Volgende naweek, DV, gaan ons op die jeugkamp veral na
hierdie ontwikkeling in die Westerse wêreld kyk, en hoe dit jou as jongmens
vandag raak.Hoe is dit
moontlik, dat juis daardie Boek wat die Westerse wêreld so suksesvol gemaak
het, nou aan die kant gegooi word asof dit onbetroubaar is? Hoe is dit
moontlik, dat juis daardie godsdiens, wat die Westerse wêreld so stabiel,
regverdig en verdraagsaam gemaak het, nou massaal verlaat word?Maar, soos
ek genoem het, op hierdie dag, Pinksterdag, in die eerste plek, laat ons ons
dankbaarheid uitspreek!Dank aan
God. Hy het die geskiedenis gelei. Hy het die voetstappe van Paulus gelei. Hy
het deur hierdie gesig, waarvan ons in die teks lees, gesorg dat Paulus voet
aan wal gesit het in Europa.(Tema: Die
Gees van die verhoogde Christus bepaal Paulus se koers -
Hy lei Paulus na die Weste, na Europa)
-
Hy lei ons lewe volgens God se
wilEn dan, in
die tweede plek, is daar nog iets anders wat ons aandag vra in die teks. En dit
is die werking, die leiding van die Heilige Gees.Juis Hom
ontmoet ons in die teks. Hom en dit wat Hy gedoen het.En dan kom
onwillekeurig die vraag op ons af:Wat doen die
Heilige Gees vandag? Hoe lei die Heilige Gees vandag jou lewe? Kan jy ook ‘n
gesig ontvang van die Gees, soos Paulus en sy reisgeselskap ontvang het?Dit is vrae
wat ons veral vandag, op Pinksterdag, besig hou.Hoe is die
Heilige Gees aanwesig in ons lewe vandag?Hoe lei Hy
sy kerk vandag?In ons teks
het die Gees tot drie keer toe ‘n koerskorreksie aangebring in Paulus se
reisplanne.Oor die
eerste twee keer, hoe die Gees dit presies gedoen het, word ons nie nader
geïnformeer nie.Oor die
derde keer wel, dit het gebeur deur ‘n gesig, ‘n visioen.Nou die
vraag: doen die Heilige Gees dit vandag nog steeds?Hoe werk die
Heilige Gees? Hoe bestuur Hy jou lewe?Sê nou maar
‘n dominee ontvang ‘n beroep, hoe ervaar Hy die leiding van die Gees, om
duidelikheid te kan kry wat hy moet doen, watter rigting hy moet opgaan?Of sê nou
maar jy staan voor ‘n belangrike kruispunt in jou lewe, hoe kry jy
duidelikheid?Nou om te
begin, gemeente, is dit in hierdie opsig belangrik om te besef:Ons spreek
hier oor die Gees van die Vader en die Seun.Op grond van
die Skrif het die kerk deur die eeue heen bely: die Gees gaan van die Vader en
die Seun uit.Dink aan
hierdie woorde uit die Geloofsbelydenis van Nicea.Wat word
eintlik hiermee bedoel?Dit is nie
net teologie, teorie nie, hierdie belydenis het ook praktiese konsekwensies. Laat
ons begin met die Vader, God die Vader.Ons bely in
die Geloofsbelydenis dat Hy die Skepper is van hemel en aarde.Hy het alle
dinge laat ontstaan.Alle dinge
getuig van sy magtige Skeppershand, van sy voorsienigheid, van sy onderhouding
van alle dinge.En dit alles
het Hy gedoen, en doen Hy, deur sy Gees.Die Heilige
Gees is aktief in God se skepping.As dit lente
word, as blomme en blare weer uitspruit, dan bely ons: die Heilige Gees is aan
die werk. Hy is aktief deur alle seisoene heen.So spreek
God die Vader met ons, deur sy skepping, onderhouding en regering van alle
dinge, soos ons in NGB art. 2 bely.Met skepping
verwys ek na die hele werklikheid.Ook die
mensewêreld. Ook jy as mens, wie jy is, hoe jy gemaak is.Ook God se
leiding van jou lewe.So bely ons
dat ‘n mens nie toevallig sy lewensmaat ontmoet nie.Dit is God
die Gees wat jou lewe so lei.Ons kan
selfs bely, dat geen enkele droom wat ‘n mens het, toevallig is nie.In alles, of
jy waak en of jy slaap, in alles lei die Heilige Gees jou lewe.En alles kan
Hy ook inskakel in die leiding van jou lewe.Dit is
belangrik dat ons met hierdie besef lewe.Alles om ons
heen, die hele werklikheid, spreek van God, sy skepping, onderhouding en
regering van alle dinge. In alles spreek God tot ons.In die
Nederlandse Geloofsbelydenis word in artikel 2 samevattend die tweede ‘boeke’
genoem waardeur God tot ons spreek.Die dikste
boek, dit is die boek van die skepping.Die Heilige
Gees openbaar God se heerlikheid daardeur aan ons.Dit in die
eerste plek.Maar
dieselfde Gees is ook die Gees van die Seun.Hy gaan uit
van die Vader en die Seun.Die Seun
spreek tot ons deur sy Gees en Woord.Die Gees van
Christus gebruik die Woord, dit is die tweede Boek, die Bybel, om baie direk
met ons te spreek.Christus het
daarvoor gesorg dat die wil van sy Vader, sy heilsplan, swart op wit in Bybel
opgeskryf is.Danksy
Christus se Woord weet ons presies wie die hemelse Vader vir ons is, en wat sy wil
met ons lewe is.Nogmaals:
Die Gees gaan uit van die Vader en die Seun. Albei.Hierdie twee
mag mens nie teen mekaar uitspeel nie.Dit sou
byvoorbeeld kon gebeur in die volgende geval:Sê nou maar
‘n mens sou beweer dat hy ‘n boodskap van die Gees ontvang het, dalk’n openbaring,
dalk selfs ‘n gesig of visioen.Maar daardie
boodskap staan wel op gespanne voet met die Bybel.Dit kan dus
nooit nie. Dit is een Gees. Die Gees
spreek Homself nie teen nie.Alle
boodskappe wat ons via die eerste Boek, die geskape werklikheid, ontvang, moet
ons daarom toets aan die tweede Boek, die Woord van Christus. In feite het
Paulus dit ook gedoen. Hy het ‘n gesig ontvang in die nag. Daardeur is hy
oorgehaal om na Macedonië te vaar.Hy het
oopgestaan vir God se leiding in sy lewe.Maar, aan
die ander kant, het dit nie beteken dat Paulus alle gesigte, boodskappe en
visioene wat hy te hore gekry het, klakkeloos nagevolg het nie. Alles moes eers
getoets word aan die wil van die verhoogde Christus, aan sy Woord.So vind ons
byvoorbeeld ‘n paar hoofstukke verder die opmerklike feit dat Paulus ‘n
boodskap ontvang het van ‘n aantal dissipels in die stad Tirus.Handelinge
21:4.Hulle het
vir Paulus deur die Gees gesê om nie op te gaan na Jerusalem nie.En in vers
11 kom dit nog ‘n keer terug, as ‘n waarskuwing dat daar probleme vir Paulus
wag in Jerusalem:Deur die
Heilige Gees het die profeet Agabus vertel dat boeie en gevangenskap vir Paulus
in Jerusalem gewag het.Sy
reisgeselskap het hom gesmeek om nie op te gaan na Jerusalem nie.Tog,
desnieteenstaande, het Paulus na Jerusalem vertrek.Was hy in
hierdie geval ongehoorsaam aan die leiding van die Gees?Ek glo nie
so nie.Lukas
beskryf in hierdie Bybelboek juis dat dit God se plan was om deur Paulus se
gevangenskap hom uiteindelik in Rome te bring.Ons sien dat
elke boodskap wat Paulus ontvang het, dat hy dit geweeg en beoordeel het, en
homself afgevra het wat God se plan presies met sy lewe was. Soos hy in
Handelinge 21:13 sê: “ek is bereid nie alleen om gebind te word nie, maar ook
om in Jerusalem te sterwe vir die Naam van die Here Jesus. Toe hy dan nie oor
te haal was nie,” – skryf Lukas – “was ons tevrede en het gesê: Laat die wil
van die Here geskied!” (vers 14)Vandag, op Pinksterdag,
staan ons stil by die uitstorting van die Heilige Gees en sy werking in ons
lewe. Die Heilige Gees gaan van die Vader en die Seun uit. Dit is baie
belangrik dat ons dit goed vashou, en met hierdie besef lewe. Die besef dat ons
lewe onder ‘n oop hemel, dat God daagliks met ons kommunikeer. Elke dag is daar
baie boodskappe wat ons bereik.Deur sy
skepping, deur die mense wat ons ontmoet, deur die gang van ons eie lewe. Maar
of iets ‘n boodskap van God is, kom ons agter wanneer ons dit toets aan sy
geopenbaarde Woord. So lei die Heilige Gees ons lewe.Die Gees van
die Vader, wat alles geskape het en onderhou.Hy wat ook
die Gees van die Seun is, wat aan ons die wil van die Vader so duidelik geopenbaar
het, in sy Woord.In ons
Gereformeerde tradisie is ons soms geneig om te vergeet dat die Gees ook van
die Vader uitgaan. Dat die Vader daagliks tot ons spreek in sy skepping. Deur
die hele geskape werklikheid.Daarom, vra
u elke dag af, hoe God met u kommunikeer.Deur die
skoonheid van die skepping, die prag van die seisoene.Maar ook
deur byvoorbeeld natuurrampe.Of as u deur
‘n siekte getref word.Of as u
geseën word met welvaart, met kinders, met kleinkinders, met vriende en
vriendinne.Of as u in
die nag, veral op die platteland, omhoog kyk na die sterrehemel.Soos Psalm
19 sing: “Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die
werk van sy hande.” (vers 2)Dit gebeur
sonder spraak en sonder woorde, maar tog vertel die skepping ‘n groot verhaal
oor sy Skepper. (vers 4)Maar daar is
ook ‘n ander uiterste, wat in ons samelewing hier in Suid-Afrika baie algemeen
is.Die feit dat
mens nooit die Heilige Gees, en sy leiding van jou lewe, mag uitspeel teen die
Bybel, teen God se geopenbaarde wil, nie.Want nooit
sal die Gees boodskappe aan mense gee wat teen die Skrif ingaan nie. Om ‘n
voorbeeld te noem.As iemand sy
vrou in die steek laat, en ‘n ander een vat, en dan as argument gebruik:Ek het dit
aan die Here in my gebed verduidelik, en sy Gees het my rus gegee, Hy het my die
gevoel gegee dat God verstaan en vrede daarmee het.So ‘n
persoon maak of hy met God gekommunikeer het, en asof God saamstem met iets wat
juis in stryd is met God se wil in die Bybel.In so ‘n
geval was dit beslis nie die Heilige Gees wat daardie persoon ‘n geruste gevoel
gegee het nie, maar eerder ‘n bose gees, wat van die duiwel af kom. Die Heilige
Gees en die Woord kan en mag dus nie van mekaar geskei word nie. Hy is die Gees
van die Vader en van die Seun.Vandag
herdenk ons dat Hy uitgestort is. Hy lei ons lewe.Hy spoor ons
aan om elke dag by ‘n oop Bybel te lewe, en om van daaruit ook sy stem te hoor
in die skepping om ons heen.Ook jou lewe
lei Hy, net soos Paulus s’n, al is jy nie ‘n apostel of evangelis nie. Hy lei
sy kerk, en elke lidmaat, se lewe.Staan oop
daarvoor, moenie jou daarteen verset nie.Want Hy gaan
uit van jou Vader, wat jou Skepper is, en Hy gaan uit van die verhoogde
Christus, wat jou Redder is.Amen.
(kyk in preek)