PRETORIA & PRETORIA-MARANATA, 5 Mei 2016
AD, 19:00 (Hemelvaart)
Votum
Seën
Ps 24:1,2
Gebed
Skriflesing:
Efesiërs 4
Ps 68:6,7,8
Teks:
Efesiërs 4:8-10
Preek
Ps
68:9,15,16
Gebed
Geloofsbelydenis:
NGB art. 37
Sb 27:3-5
Kollekte
Ps 97:1,7
Amen
Preek: Efesiërs 4:8-10
Sê nou maar
ons bereik ‘n situasie in Suid-Afrika dat die skatkis heeltemal leeg is.
Die
tesourie.
‘n Situasie
dat die president van die land so korrup is, dat hy dit reggekry het om met
kaderaanstellings so ver te kom dat hy vrye toegang het tot die staat se
skatkis.
En dat hy en
sy vennote hulleself goed gehelp het.
Dit is nie
moeilik nie om voor te stel dat dit ‘n impak sal hê op die lewe van al die
burgers van hierdie land.
Want daar
sal geen geld meer wees om noodsaaklike voorsieninge te finansier nie, daar sal
geen geld meer wees om buitelandse skulde en rekeninge te betaal nie.
Maar sê nou
maar daar sal dan ‘n persoon kom, ‘n minister van finansies byvoorbeeld, wat
geweldig bekwaam is, en wat deur ‘n baie deskundige beleid te volg dit regkry
om die land uit sy rommelstatus weer op te trek.
Sê nou maar
daar sal dan weer geld in die skatkis kom.
As dit goed
is, sal die man op die straat, al is dit nie van die een dag op die ander nie,
maar tog met verloop van tyd, as dit goed is sal die man op die straat dan wel
iets daarvan moet begin agterkom.
Die
positiewe resultate, die krediete, die meevallers sal met verloop van tyd
deurgesluis word na die gewone man op straat.
Ook al is
dit dalk makliker gesê as gedaan.
In Efesiërs
lees ons oor die hemelvaart van Christus.Die hemelvaart is die volgende stap in
sy verhoging, na sy opstanding uit die dood.
Die
hemelvaart was ‘n noodsaaklike stap, om vanuit sy nuwe posisie in staat te wees
om dit wat Hy verwerf het, nou aan soveel as moontlik mense te kan uitdeel.
Dit is
vandag hemelvaartsdag.
Vandag
herdenk ons hierdie wesentlike gebeurtenis in die heilsgeskiedenis.
Vanuit die
hoofstuk wat ons gelees het uit Efesiërs, staan ons stil by die aktualiteit
hiervan vir ons.
Tema: Christus deel skatte en gawes uit vanaf
sy hemelse troon
Ons kyk na:
-
wat sy skatte en gawes is
-
hoe Hy dit uitdeel
1 Christus
se skatte en gawes (buit)Mens kan ook
die woord gebruik, wat ek in my inleiding genoem het:Christus
deel sy krediete uit.Of: Christus,
die hemelse Heerser, deel sy buit uit.Hoekom:
buit?Gemeente, ek
dink aan dit wat ons vanaand gesing het.Psalm 68:8
(berymd): “U het omhoog gevaar vol eer; die kerker was u buit, o HEER, en gawes
u beloning wat neerdaal op die mensekind”Of soos daar
in die Bybel staan, Psalm 68:19: “U het opgeklim na die hoogte, U het
gevangenes weggevoer, U het geskenke geneem onder die mense”Wat bedoel
Psalm 68 eintlik hiermee?Mens moet
hierby dink aan ‘n koning uit die oudheid wat terugkeer van die slagveld, waar
hy die oorlog gewen het.Met sy
terugkoms het hy ook die buit saamgevat wat hy verower het.En wanneer
hy sy eie stad weer binnetrek, het hy sy buit onder die mense verdeel.Dit is
hierdie beeld, van ‘n ou oorwinnende koning, wat Paulus in ons teks op Christus
toepas.Christus het
as’t ware ‘n oorwinningstog na die hemel gemaak.Hy het
teruggekeer van die strydveld, dit was sy tyd op aarde.Hy het
teruggekeer na die hemel as Oorwinnaar.En die buit
wat Hy verwerf het, dit het Hy met Hom saamgeneem.En wat is
die buit, wat hierdie koning verwerf het?Watter buit
het Christus op aarde verwerf, wat Hy toe saamgevat het hemel toe?Die buit is
vir ons welbekend: dit is die feit dat Christus die dood oorwin het.Dat Hy die
ewige onverganklike lewe deur sy opstanding uit die dood verwerf het.As Seun van
God het Hy neergedaal na die aarde, na die strydveld.Of soos
Paulus skryf in vers 9:Hy het
neergedaal in die onderste dele van die aarde.Met hierdie
uitdrukking word nie net die graf waarin hy gelê het bedoel nie, maar breër,
die hele aardse geweste.Vanuit
hemelse perspektief gaan dit oor die hele aarde.Hier op
aarde, die strydtoneel tussen die magte van die hemel en die magte van die hel,
tussen goed en kwaad, op hierdie strydveld het Hy neergedaal.En soos ons
weet, Hy het nie net na hierdie gebroke aarde gekom, hierdie geweste waar die
sonde sy dodelike heerskappy uitoefen, om te stry nie, maar nog meer: Hy het
selfs op die slagveld gesterf, en in sy sterwe is Hy selfs deur God die Vader
verlaat, Hy het die hel meegemaak.Maar uit
hierdie onpeilbare dieptes het Hy opgestaan.Hy het die
oorwinning behaal.En die buit
wat Hy verwerf het, is ongelooflik groot.Dit gaan oor
die ewige onverganklike lewe.Hierdie buit
het Hy saam teruggevat hemel toe.Vanaf daar
gaan Hy dit uitdeel.Hierdie buit
het natuurlik ‘n enorme invloed op onnoemlik veel dinge.En dit sal
die aardbewoners begin agterkom.Paulus pas
Psalm 68 dus toe op die triomf van Christus oor satan, oor die sonde en die
dood.Sy triomf
oor alle magte wat teen God in opstand gekom het.As
Oorwinnaar het Christus teruggekeer na die hemel.In ons teks
staan: bokant al die hemele.Volgens die
ou Joodse wêreldbeeld was daar drie hemele.Die eerste
hemel, dit was die lug met die wolke.Die tweede
hemel, dit was die son, maan en sterre.En die derde
hemel, dit was die woonplek van God.As Paulus
hier skryf, bokant al die hemele, dan gebruik hy eintlik die oortreffende trap.Christus het
plaas geneem op die hoogste troon, bo al die geskape werklikheid.Waar die
hemel is, waar die troon is waar Christus sit, dit oorstyg ons begripsvermoë.Dit help nie
om met ‘n ruimtetuig ligjare ver die ruimte in te vlieg om die troon te probeer
opspoor nie.In daardie
sin is dit ‘n ander dimensie.Die Bybel
openbaar dat die hemel bo ons is.Vir ons
hierbo, maar ook vir die mense in ander lande, al is dit aan die ander kant van
die aarde, is dit ook bo hulle koppe.Die hemel is
‘n werklikheid wat ons verstand te bowe gaan, en wat ook ons taal te bowe gaan.Tog openbaar
God dit wel in die Skrif in gewone taal.Dit is die
wonder van die Bybel.Die Bybel,
geskryf in gewone mensetaal, maar tog woorde van God, woorde oor sy hemelse
heerlikheid, sy hemelse werklikheid.En soveel as
wat Hy hieroor openbaar, soveel weet ons oor hierdie werklikheid.Christus het
opgevaar na die hemel.As mens was
sy reikwydte hier op aarde beperk.As mens was
Hy nie alomteenwoordig nie.Maar nou Hy
weer in die hemel is, kan Hy deur sy Gees orals teenwoordig wees. Daarom dat
Jesus in Johannes 16:7 al vir sy dissipels gesê het: “Maar Ek sê julle die waarheid:
Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die
Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur”Christus het
nou sy setel ingeneem as Koning oor hemel en aarde.Vanuit die
hemel is Hy nou besig om sy buit te verdeel.Of, in terme
van die voorbeeld wat ek in die inleiding genoem het:is Hy besig
om krediete te verstrek.Of, soos die
tema sê: Die hemelse Heerser, Jesus
Christus, deel sy skatte en gawes uit.(Tema: Die
hemelse Heerser, Jesus Christus, deel sy skatte en gawes uitOns kyk na:
-
wat sy skatte en gawes is)
-
Hoe Hy dit uitdeel
Die volgende
vraag wat ons nou besig hou, is: hoe
deel Christus eintlik sy buit, die krediete, sy hemelse skatte en gawes uit?Om vir ‘n
oomblik terug te dink aan die voorbeeld uit die inleiding.Indien die
minister van finansies dit sou regkry om die staatsuitgawes reg te ruk,
internasionale vertroue te herstel, die land suksesvol weer uit sy rommelstatus
uit te lei, hoe sal hy dan daarvoor sorg dat die man op die straat ook
profiteer van die ekonomiese vooruitgang?Hopelik sal
die burgers dit agterkom uit die feit dat paaie, infrastruktuur, en sulke dinge
weer verbeter.Hopelik sal
daar belastingverlagings deurgevoer kan word, of in elk geval nie verhogings
nie.Maar of dit
alles sal deursypel tot by die man in die straat, is dikwels maar die vraag.As ons nou
wil weet hoe Christus sy skatte en gawes uitdeel, dan gee Paulus in Efesiërs 4
vir ons duidelike aanwysings.In hierdie
hoofstuk val die klem op die liggaam van Christus.Dit is die
kerk.Christus
stort sy hemelse gawes op sy kerk uit.Die begin
daarvan was op Pinksterdag, toe Christus sy Heilige Gees, die Trooster, soos
belowe, op die apostels uitgestort het.Hulle, die
twaalf apostels, was die begin van die Nuwe Testamentiese kerk.Op die
fondament van profete en apostels word die kerk gebou, op hulle getuienis.En nog
steeds gaan Christus voort om sy buit, sy gawes, met sy kerk te deel.Die kerk is
‘n vestiging van God se koninkryk in ‘n
nog gebroke opstandige wêreld.In die kerk
kry die nuwe, ewige, lewe al gestalte.In die kerk
hoor mense die Evangelie, die goeie nuus van die opstanding uit die dood, en
van die ewige lewe.Vanuit die
kerk vloei strome van lewewekkende water.Die kerklede
word toegerus, en soos hulle uitgaan die wêreld in, is hulle ligdraers.Die kerk het
‘n baie bevoorregte posisie.Die kerk het
ook ‘n baie verantwoordelike taak gekry.Aan haar is
die primêre opdrag gegee om die Evangelie uit te dra.Die hemelse
skatte en gawes wat Christus op sy kerk
uitstort, die vind deur middel van die kerk hulle weg na die wêreld, na die
mensheid toe.En dit is ‘n
groot verantwoordelikheid.Besef u dit?
Ons het die
taak om die skatte uit te deel, om die goeie nuus bekend te maak.Ons het die
taak om agter Christus aan ten stryde te trek teen die magte van die kwaad.Die wapens
van ons veldtog is, soos Paulus in 2 Korinthiërs 10 skryf, nie vleeslik nie,
nie materieel nie.Ons swaard
is die Evangelie.Christus
stuur ons in hierdie wêreld in om elke bolwerk wat hom verset teen God, te
oorwin.Om elke
skans, elke redenering, elke gedagtegang, wat mense teen die kennis van God
opwerp, af te breek.Om elke
bedinksel, elke wêreldbeeld krygsgevange te neem in gehoorsaamheid aan
Christus.En ja, dit
is nie net ‘n kwessie van dat jy mense oor die Evangelie moet inlig nie.As dit die
enigste was, as die kerk bloot ‘n informatiewe taak gehad het, as die kerk
bloot maar net Bybels kon uitdeel, dan was ons taak vinnig afgehandel.Om mense in
te lig oor God, en oor Christus se opstanding uit die dood, en oor die
opstanding uit die dood vir elkeen wat in Hom glo, om mense in te lig oor die
heilsfeite, om mense te voorsien van ‘n Bybel, dit is nie so moeilik nie.Hierdie taak
sou mens binne die bestek van een jaar dalk kon voltooi.Maar, die
werklikheid is helaas, dat meer aan die hand is.Ons lewe in
‘n oorlogsgebied, die kerk moet stry teen die magte van die kwaad.Mense moet
nie net ingelig word nie, maar ook moet alle misverstande, alle waanbeelde,
alle persepsies, alle verduistering van verstand, dit alles moet opgeruim word.In die lig
hiervan het die kerk ‘n haas onbegonne taak.Ons weet
hier in Suid-Afrika maar al te goed hoe moeilik dit is om mense se persepsies
te verander.Maar
gelukkig is die Heilige Gees aan ons kant.As ons maar
bereid is om onsself heeltemal hieraan toe te wy.As lid van
die kerk, van die liggaam van Christus.Christus vra
toewyding.Ons kan nie
lyf wegsteek nie.Hoekom nie?
Omdat die
lewe van ander mense op die spel staan.Besef ons
dit as kerk van Christus nog wel?Of is ons te
veel met onsself besig?Besef ons
nog ons primêre taak?Of is daar
so baie interne ‘issues’, dat ons nie meer by hierdie taak uitkom nie?Die hemelse
Heerser, Jesus Christus, deel sy skatte uit.In hierdie
proses het Hy aan sy liggaam, die kerk, ‘n verantwoordelike taak gegee.Om hierdie
taak effektief uit te kan voer, is daar eenheid nodig.Hiermee
bedoel ek nie eenheid tussen alle moontlike denominasies op aarde nie.Dit is ‘n
valse eenheid.Maar eenheid
rondom die waarheid.Geloofseenheid.
Skriftuurlike
eenheid.Paulus wys
op die belang hiervan in die verse wat volg op ons teks.Ons, is
naamlik lede van die liggaam van Christus.Ons moet
volwasse wees, in terme van kennis, in terme van eenheid.Paulus noem
dit in vers 13: totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die
kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man.Hierdie is
beeldspraak, dit bedoel:Voordat jy
as ‘n soldaat in Christus se leër kan stry, moet jy volwasse wees, jy moet ‘n
volwasse sterk man wees, anders kan jy nie oorlog voer nie.Soldate in
die leër is mos, as dit goed is, manne op die hoogtepunt van hulle liggaamlike
krag.Ons behoort
nie onmondig te wees nie, ons behoort nie die hele tyd heen en weer geslinger
te word deur elke wind van lering nie (vers 14), of deur die bedrieëry van
mense nie.Mense is
slu.Selfs mense
wat hulleself Christen noem, deur sluheid bring hulle die gelowiges op ‘n
listige wyse tot dwaling, buig hulle hulle koers ongemerk af om ander saam te
neem op hulle dwaalspoor.‘n Soldaat
van Christus moet sulke dinge kan optel.Hy moet nie
die heeltyd heen en weer geslinger word nie.Hy moet nie
staan en wonder watter rigting hy op moet gaan nie.Dit help nie
jy sit al jou kragte in op die verkeerde front nie.Hoe dikwels
gebeur dit nie in die kerk dat daar oor allerhande sake gestry, gestudeer,
gedilibereer word, vir jare lank, sake wat altyd duidelik in die kerk was, word
ineens op los skroewe geplaas.En so word
alle kragte vir jare gemors, kragte wat eerder vir die kerk se primêre taak
ingespan kon geword het.So is die
duiwel op sluwe wyse besig om die kerk telkens van sy primêre taak af te lei.Met die
gevolg dat die skatte nie uitgedeel word nie.Dat die
skatte wat die kerk ontvang het, onder die stof beland.Dan roep
Christus ons terug, dat ons omkeer, dat ons weer ons bekeer.Paulus het
hierdie brief geskryf, onder andere aan die Efesiërs.Toe hy
hierdie brief geskryf het, was die gemeente in Efese nog nie ‘n halwe eeu oud
nie.Hy spoor die
mense in Efese aan om nou vinnig volwasse te begin word.‘n Gemeente
moet deurgroei om volwasse te word.Om as
gemeente ‘n eenheid te vorm.Om anders te
wees as die wêreld rondom hulle.Om in hulle
lewenswandel waardig te wees aan hulle hemelse roeping.Sleutelwoorde
in hierdie opsig is dinge soos:Nederigheid.
Sagmoedigheid.
Lankmoedigheid.
Gelduld.
Selfbeheersing.
Standvastigheid.
Hierdie is
woorde wat in die kerk nooit uit die mode mag raak nie.Aan die einde
van hierdie hoofstuk noem Paulus nog ‘n paar konkrete dinge.Christus
duld geen leuens in sy gemeente nie.Halwe
waarhede is ook ‘n leuen.En toorn,
die omgekeerde van lankmoedigheid.Die son mag
nie ondergaan oor julle toorn nie.Moenie die
duiwel ‘n vastrapplek in die gemeente gee nie.Bitterheid,
woede, toorn, geskreeu, lastering, boosheid, dit moet uit julle middel geban
word.Hierdie is
woorde gerig aan die Efesiërs.Hulle is ook
vir ons aktueel.Laat die
positiewe in die kerk oorheers.Vriendelikheid,
barmhartigheid, vergewingsgesindheid na mekaar toe, soos God in Christus ook u
vergewing geskenk het.Kan u in
liefde lewe met al u medegemeentelede?Kan u mekaar
opreg in die oë kyk?Lê daar
êrens ‘n wrok rond in die gemeente.Sorg dat dit
opgeruim word.Sodat ons sy
hemelse skatte en gawes nie verduister nie.Wie sy
hemelse gawes verduister, staan ‘n sware straf te wagte.Laat dit
nooit van ons gesê word nie, dat as gevolg van gebrek aan eenheid, gebrek aan
daadkrag, gebrek aan bereidheid, gebrek aan standvastigheid, gebrek aan
onderskeidingsvermoë, die rivier van hemelse gawes in die kerk doodgeloop het,
en nie vandaar uit as ‘n lewewekkende stroom in die samelewing ingevloei het
nie.Laat ons
gewillige soldate wees, gewillige arbeiders in Christus se koninkryk.Gewillig en
bereid, volwasse en verantwoordelik met die hemelse gawes wat oor ons
uitgestort word.So mag ons
medearbeiders wees, mag sy doel ook ons doel wees.Sy doel is,
soos ons teks dit sê, om alles tot volheid te bring.Mens kan ook
vertaal: sodat Hy alles sal vervul.Mens kan
hier terugdink aan al God se beloftes in die Skrif.Beloftes dat
Hy die verbond sal herstel.Tot en met
die oudste belofte, die moederbelofte.Christus
werk, saam met sy Vader, na die voltooing van alle dinge toe, die herskepping
van alle dinge.Dit is sy
buit, wat Hy met sy kerk deel.Ons mag
medeburgers wees, ons sien uit na ‘n nuwe hemel en aarde.Amen.
(kyk in preek)