PRETORIA-MARANATA, 17 April 2016 AD, 17:30
(nagmaal)
Votum
Seën
Ps 124:1,3
Gebed
Nagmaalsformulier
Gebed
Sb 28:1-4
Aan Tafel: Skriflesing: Handelinge 3:1-10
& Handelinge 4:1-22; Ps 118:8,11,14
Lofverheffing & Dankgebed
Teks: HK Sondag 11
Preek
Amenlied: Sb 8:1,3
Gebed
Geloofsbelydenis: Nicea
Sb 5:1,2
Kollekte
Ps 75:1,2,4
Preek: Heidelbergse Kategismus Sondag 11
As mens die
naam van ‘n bekende persoon hoor, dink mens meestel dadelik aan dit waarvoor
daardie persoon bekend is.
As mens
byvoorbeeld die naam Gorbatsjov hoor, dink mens dadelik aan die voormalige
Sovjet Unie.
As mense,
waar ook al ter wêreld, die naam Mandela hoor, dink hulle dadelik aan
Suid-Afrika.
As mense die
naam Jesus hoor, dink hulle ook aan wat Hy gedoen het.
Jesus, die
Man wat aan ‘n kruis gesterf het.
En toe weer
opgestaan het.
‘n Rukkie
gelede is ondersoek gedoen na die bekendste simbole in die wêreld.
Die
bevinding was dat die bekendste simbool ter wêreld die geel M van MacDonalds
is.
Die tweede
bekendste simbool ter wêreld is die kruis van Christus.
Vanaand het
ons die geleentheid, om vanuit sy eie Woord, dieper te kyk na dit waarvoor die
Naam Jesus staan.
‘n Naam met
‘n betekenis!
‘n Naam
waarin sy lewensmissie reeds opgesluit lê.
Betlehem, Nasaret,
Kapernaüm, Galilea, Jerusalem, Getsemane, Golgotha.
Sy hele
lewenstaak het al in die Naam opgesluit gelê.
Tema: Jesus is die hoeksteen van ons nuwe
bestaan
-
Hy trek ons uit die moeras op
-
Hy wil dat ons slegs op Hom bou
-
Hy trek ons uit die moeras op
Ons Redder
dra nie toevallig die naam Jesus nie.‘n Engel uit
die hemel het spesiaal aan sy ma en sy aardse pa verskyn.Hy het met
‘n boodskap van God gekom.Die seun wat
Maria verwag het, moes hulle Jesus noem.Want, het
die engel meegedeel, Hy is dit wat sy volk sal verlos van hulle sondes (Matt
1:21).Verlos ook
van jou sondes.Het jy ook
verlossing nodig?Voel jy
enigsins dat jy gebuk gaan onder jou sondes?Wie van ons was
vandag al bedroef oor ‘n sonde?Wie van ons
was vandag al baie ontstemd oor ‘n sonde, nie wat ‘n ander nie, maar wat jy
gedoen het?Ek dink ek
is nie ver van die waarheid as ek sê: nie veel van ons nie.Dalk ‘n paar
van die kinders in ons midde.Maar dit is
dus die werklikheid.Ek voel, ek
ervaar nie altyd dat ek gebuk gaan onder sonde nie.Hiermee sit
ons in die kern van die Evangelie.Dit is die
bedoeling van die Evangelie om die mens aan sy diepste ellende te ontdek.Die mens het
homself in ‘n dodelike moeras begeef.En nie net
dit nie, meer nog, terwyl die mens wegsak in die moeras, besef hy nog nie in
welke gevaar hy homself bevind nie.Hy dink dat
hy maklik nog uit die moeras sal kan uitkom.Maar met sy
eie bewegings en gespartel om uit te kom, veroorsaak hy dat hy net nog dieper
deur die moeras ingesuig word.Ja die mens
het diep geestelik geval, hy is geestelik dood.Maar tog
besef hy dit nie.Dit is vir
hierdie ellendige mens wat Jesus te hulp
snel.Hoe?
Die
Evangelie diagnoseer die mens se toestand.Die
Evangelie praat die waarheid.Die mens is
geestelik dood.Hy is
verlore.Hy sak
steeds verder weg in die moeras.Jy kan nie
jouself aan jouself uittrek nie.Om dit toe
te gee is die eerste stap na redding toe.Die
Evangelie spoor jou aan: moenie in geestelike hoogmoed jou probleem ontken nie.Gee jou oor
aan Jesus.Hy wil jou
verlos.Hy het jou
hand gevat.As Jesus ons
uit die moeras van ons sondige ellende verlos, dan doen Hy dit grondig.God die
Vader het Hom die taak gegee om elke sonde, hoe groot ook, weg te neem.Elke
hindernis, sodat die verbond heeltemal herstel kan word.Die Skrif
leer ons dat wie tot sy troon in die hemel nader, hoe dikwels ook, dat Hy elke
keer luister, mits dit gebeur in die naam van Jesus.Dat ons in
sy naam vergewing vra, dat Hy dit skenk.Elke dag
opnuut deel die Vader Jesus se verdienste uit.Geliefdes,
daar is niks so belangrik as om elke dat in Jesus se naam vergewing te vra nie.Moenie sou
sondes laat ophoop nie.Erken jou
foute, kniel voor sy troon.Die Skrif
beloof ons voorts dat Jesus ons nie net bevry van die sonde self nie, maar ook
van die gevolge daarvan.By die een
gaan dit vinniger as by die ander.Maar niemand
se situasie is so erg dat Jesus daarmee geen raad weet nie.En wat kan
die gevolge van die sonde tog groot wees!‘n Huwelik
wat op die rotse geloop het.Die gevolge
wat deurwerk tot diep in die kinders se lewe.‘n Ouer wat
sy kind verloor het, omdat ‘n ander te roekeloos bestuur het.Verskriklike
gevolge van die sonde.Maar
gemeente, ons Redder, die ewige Seun van God, het baie goed nagedink voordat Hy
besluit het om aarde toe te kom.Voordat Hy
mens geword het soos ons.Dink u dat
Hy nie met alles rekening gehou het
nie?Wie van ons
kan enigsins vir ‘n oomblik deurgrond waar ons Reeds Hom orals op moes
voorberei, toe Hy ingewillig het om mee te werk aan sy Vader se verlossingsplan?Het Hy nie
geweet in watter stinkende moeras van menslike sondigheid en sieklikheid Hy Hom
moes begewe nie?Tog het Hy
dit gedoen.Die
resultaat van sy werk vind ons in die Skrif.Gee jou aan
Hom oor, neem die boodskap van die Evangelie met ‘n dankbare hart aan.Hy het
Homself nie vir niks gegee nie.Hy wil ons
regtig red.Red van alle
angste, verdriet, twyfels, maar veral van die sondes en die ewige dood.Nou is dit
‘n feit dat Jesus se werk by die een persoon meer opspraakwekkend is as by ‘n
ander.Die een
persoon wat ongeneeslik siek is, genees Hy met een enkele woord.Die ander
persoon gee Hy die krag om sy siekte lewenslang te dra.Ons het die
geskiedenis van die verlamde man by die tempelpoort gelees.Hoe baie het
hierdie man aan die gevolge van die sonde gely!Hoeveel jare
nie al nie?Ons sien
hier die bewys dat die naam Jesus ‘n betekenis het.Dat dit nie
vir niks aan ons Heiland gegee is nie.Want Petrus
het vir die verlamde gesê:In die NAAM
van Jesus Christus, die Nasarener, staan op en loop! (Hand 3:6)En die man
kon loop.Dit was deur
die NAAM van Jesus wat hierdie wonder gebeur het.Petrus
beklemtoon dit as hy voor die Sanhedrin getuig:“Laat dit
bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam
van Jesus Christus, die Nasarener, wat julle gekruisig het, maar wat God uit
die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan.” (Hand
4:10)Ja daar is
niks te moeilik vir ons Verlosser nie.Om dit te
dink, dat iets vir Hom te moeilik sou wees, dit is op sig al ‘n vorm van
hoogmoed.Gee jou oor
aan jou Redder.Dit is eie
aan ons ou mens om iets te verdring, as jy geen raad daarmee weet nie, as jy
nie daarteen opgewasse is nie.Dit is eie
aan ons ou mens om dit wat sondig is normaal te noem, omdat ons magteloos
daarteenoor staan.Maar Jesus
is altyd magtiger.‘n Stukkende
huwelik is nie normaal nie.Doodslag,
diefstal, skinder, hebsug, wat ook al, is nie normaal nie.En Jesus het
aarde toe gekom om iets daaraan te doen.Die
belangrikste deurbraak het Hy al gemaak.Hy het die
wortel van alle ellende uitgeroei.Naamlik ons
opstand teen God.Nou kan Hy
van jou ‘n nuwe mens maak.Maar moenie
jy aan Hom voorskryf wat jou wense is vir die nuwe mens nie.Hy is Heer,
Baas, oor jou lewe.Hy weet wat
die beste vir jou is.Hy werk aan
jou ewige geluk.Wat baat dit
dat Hy jou nou miskien dadelik van jou siekte genees, maar dat jy daarna begin
te dink dat jy Hom nie meer nodig het nie?Nie elkeeen
genees Hy soos die verlamde man by die tempelpoort nie.Dit het Hy
toe ook nie gedoen met alle siekes van sy tyd nie, en dit doen Hy nou ook nie.Elkeen van
ons word geskaaf en gevorm deur ons Redder.Elkeen op
die manier wat vir hom of haar die beste is.Persoonlike
aandag kry ons almal.Sy leerskool
is soms hard, maar dit maak ons gesond.In alle
opsigte.Besef tog
dit: jy het geen oorsig oor jou lewe nie, ook nie as jy al tagtig jaar oud is
nie.Slegs God
het dit.Die
belangrikste is: erken jou ellende.Dat jou
sonde, jou opstand teen God se gesag, die bron van alle ellende is.Moenie na ‘n
ander wys nie, begin by jouself.Dit is die
boodskap van die Skrif.Die
genesende boodskap.Ons eie ek
moet eers sterf voordat Jesus van ons nuwe mense maak.Dit is
perioriteit nommer een.Luther het
‘n keer gesê: verdrink jou eie ek.En druk
veral sy kop lank genoeg onder water.Want die
skelm kan deksels goed swem.Broer,
suster, daar is geen ander Naam onder die hemel gegee waardeur ons gered kan
word nie.Maak jou
hart oop vir Hom.Hy is jou
enigste redding.Uit sy
volheid, wat Hy verdien het, ontvang ons elke dag genade op genade.Ons is almal
sondaars, egbrekers, moordenaars, bedrieërs, onderdrukkers, noem maar op.Ons het
almal net een houvas, net soos die misdadiger langs Jesus aan die kruis.Here, dink
aan my as U in u koninkryk kom!En God sy
dank – dit is ons houvas – Hy het aan ons gedink!Hy het ons uit
die moeras opgetrek.(Tema: Jesus
is die hoeksteen van ons nuwe bestaan
-
Hy trek ons uit die moeras op)
-
Hy wil dat ons slegs op Hom bou
In die
gedeelte wat ons uit Handelinge gelees het, word die Here Jesus met ‘n
hoeksteen vergelyk.Petrus en
Johannes staan voor die Sanhedrin.Hulle
getuig.En dan
gebruik Petrus die beeld van ‘n hoeksteen.Hierdie
steen, nl. Jesus, is deur julle, bouers, verag, maar desondanks het dit die hoeksteen
geword! (Hand 4:11)Die
hoeksteen.Hy wil dat
ons net op Hom bou.Dit is ‘n
onopgeefbare element van die Evangelie: alleen op Hom!Niemand
anders.Ook niemand
naas Jesus nie.Dit is die
mees natuurlike saak vir ons ou mens om nie onder die indruk te wees van ‘n
Redder soos Jesus nie.Net soos die
bouers sou ons hierdie Hoeksteen oor die hoof gesien het.Jesus het na
die aarde gekom sonder wêreldse pretensies.Jesus was
nie aantreklik nie.Hy was nie
‘n ‘motivational speaker’ soos daar deesdae is nie.Hy het uit
‘n agtergeblewe omgewing gekom, uit Nasaret.Hy was nie
ryk nie.Hy het geen
politieke aspirasies gehad nie.Dat ‘n
sondige mens in Hom geen belang gestel het nie, blyk al vanaf die eerste begin.Daarna
verwys Petrus.Hierdie
Jesus, wat die Hoeksteen geword het, is selfs deur die bouers oor die hoof
gesien.Nou help dit
om iets oor ‘n hoeksteen te weet om hierdie beeld te kan verstaan.In Palestina
het die mense hulle huise gebou met klippe uit die natuur.Soos ons
weet lyk elke klip anders.Die
hoeksteen was altyd die grootste klip, met ‘n geskikte vorm om as fondament te
dien.Bouers het
verstand van en ervaring met klippe gehad.Waar jy elke
klip die beste kon inpak of inmessel in die muur, dit het hulle geweet.Met hulle
oog kon hulle, gesien hulle ervaring, die regte klip vir die regte plek
uitsoek.Maar, sê
Petrus, selfs die deskundige bouers, hy verwys na die geestelike leiers in
Israel, selfs hulle het die hoeksteen oor die hoof gesien.Meer nog,
hulle het vir Jesus verag.Hulle het Hom
laat lê.Volgens
hulle was Hy nie eers geskik om in die muur ‘n plek te kry nie, laat staan om
as hoeksteen te dien.Hulle het
Hom aan die kant gegooi.Dit is
tekenend hoe ons as mense is.Dit het nie
net vir die Sanhedrin gegeld nie, maar selfs vir Petrus.Ook hy het
aanvanklik geen heil in die optrede van Jesus gesien nie.Petrus wis
wel veel beter wat Jesus moes doen.Hy het
Malgus se oor afgekap en ook nog sy Heiland drie maal verloën.Ons almal,
gemeente, van nature, ons verag die Seun van God.Ons het
elkeen sy eie beeld van die ideale Redder.As Jesus ons
nie met sy Gees wakker geskud het nie, dan sou ons in ons waanbeelde net verder
weggesink het in die moeras en uiteindelik verdrink het.En van
hierdie neiging om die verlossingswerk van Jesus te verag, te minag, word ons
as mense helaas ook nie in een keer bevry nie.Mens sou kon
praat van ‘n genetiese afwyking.Hierdie
afwyking steek elke keer weer sy kop op.Deur die
hele geskiedenis van die mensheid, selfs van die kerk, kan mens dit nagaan.Dit het al
in die Nuwe Testament begin.Ons lees daar
oor ‘n groot twis wat betref Jesus se verlossingswerk in die boeke Handelinge
en Galasiërs.Sommige
mense uit Judea het gemeen dat jy, behalwe om in Jesus Christus te glo, ook nog
besny moes word volgens die gebruik van Moses.Anders was
dit nie moontlik om gered te word nie.Selfs Petrus
het begin twyfel.In hierdie
gebeurtenis sien mens die sondige geaardheid van die mens, selfs van bekeerde
mense, weer boontoe kom.Die mens wil
so graag iets naas Jesus stel.Iets
ekstras.Om net,
alleen, op Jesus te vertrou, is so moeilik!Hierdie
boodskap is ook vandag aktueel.Vandag mog
ons aan die nagmaal vier dat Jesus die enigste hoeksteen van ons bestaan is.Ons is aan
tafel genooi, slegs as ons bereid was om op Hom alleen te bou.Ons vra
onsself soms af: hoekom altyd so eksklusief?Liewerste is
ons ook self bietjie aan die roer van ons lewe.Liewerste
wil ons self ons lewensbootjie en die bootjie van die kerk bestuur.Maar Jesus
sê: wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit terugkry.Maar wie sy
lewe self in sy eie hande wil hou, sal dit juis verloor.Dit vra
natuurlik van jou ‘n bewuste keuse.Net Hy kan
jou uit die moeras uittrek.Alle ander
mense, jyself, of ander godsdienste, of ander denksisteme, of waar ‘n mens ook
al op vertrou, ook nie enige geld of besit, kan jou red nie.Dit alles
sak uiteindelik saam met jou in die moeras in.Die moeras
van sonde en verganklikheid.Gemeente,
maak van Christus die hoeksteen van u bestaan.Wie Hom,
Jesus, die enigste Redder, ignoreer, vir daardie persoon sal Hy ‘n steen des
aanstoots word.Niemand kan
om Hom heen nie.Maar as jy
Hom eer as jou Redder, Hy alleen, dan kry jy ‘n onwankelbare hoeksteen om jou
toekoms op te bou.Amen.
(kyk in preek)