Indien u die
preek wil gebruik kontak asseblief vir ds FJ Bijzet
Kopiereg word
voorbehou.
Preek
oor Sondag 17 HK
Bellville,
25 Oktober 2015
Liturgie:
Votum en
seëngroet
Ps 36:2a en 3a
Gebed
L. Efesiërs 1:3-9
en 20
2:1-6
5:14-18
SB 42:2,5
Verkondiging
oor Sondag 17 HK
Ps 103:3
Geloofsbelydenis
Ges 290:2,3,4
Gebed
Kollekte
Ps 16:4,5
Seën
Sondag 17 HK
vra dadelik na die nút van Christus se opstanding vir ons. Na die féit van sy
opstanding word glad nie gevra nie. Kan dit wel: (dia 2) dat ‘n mens dood is -nie skyndood nie, maar regtig dood, na
‘n aaklige kruisiging, beseël met die steek van ‘n spies in sy sy- en dan drie
dae weer sonder enige besering leef?! Toe die Kategismus geskryf is, het
daaroor geen twyfel bestaan nie. Die Bybel is mos glashelder daaroor. Sy praat
daaroor as ‘n onomstootlike feit. In die opstandingsverhale. Maar ook b.v. in
die brief aan die kerk in Efese wat ons vanaand gelees het: God het sy krag in
Christus gewys toe Hy Hom uit die dode
opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemel. Sou daar geen opstanding gewees het nie, was
daar ook geen hemelvaart nie. En hoef ons Christus ook nie uit die hemel
terugverwag nie.
Waarskynlik is
daar vanaand ook nie-mand hier in die kerk wat betwyfel of Jesus Christus wel
regtigwaar uit die dood weer in die lewe weergekeer het nie.
Maar daar is
inmiddels wel talle men-se, wat hulleself steeds as chistene beskou, wat nie
meer so seker daar-van is nie. Moet ons die opstandings-verhale wel as die feitlike
verslag van ooggetuies lees? Of is Is dit nie stories wat Jesus se volgelinge
na sy dood vir mekaar begin vertel het en waarmee hulle maar net wou duidelik
maak dat Jesus in hul gedachtes nog
altyd verdergeleef het?
Ek het al
amper 30 jaar terug hier in Suid-Afrika ‘n koerantartikel van ‘n teologiese
professor gelees, Jimmy Loader, wat beweer het dat dit maar daaroor gaan dat
Jesus in ons hárte opstaan- of Hy ook regtig weer uit daardie graf in die tuin
van Josef van Arimatea opgestaan het maak dan nie eintlik saak nie.
Maar moet self
maar lees: die verhale in al vier die Evangeliebeskrywings is wel deeglik ‘n
verslag van oog- en oorgetuies. (dia 3) Van
mense wat gesien het dat Jesus dood was en amper nie kon glo dat Hy weer in die
lewe teruggekeer het nie. Dit het tyd gekos om hulle daarvan te oortuig. Die
eerste getuies was selfs Romeinse soldate wat juis by die graf geplaas was om
te voorkom dat die dissipels Jesus se liggaam skelm uit die graf sou kom
weghaal en dan sou beweer dat Hy opgestaan het. Hulle moes dit aansien dat
niemand Jesus se liggaam kom weghaal het nie, maar dat Jesus self die graf weer
verlaat het na ‘n engel die groot sluitklip weggerol het. Hulle is toe omgekoop
om te lieg asof dit gedruk staan om die waarheid te begrawe.
Toen die
Evangeliebeskrywings ver-sprei is, en briewe van Paulus, was daar nog honderde
mens wat Jesus na sy opstanding in lewende lywe terug-gesien het. Die wat
getwyfel het, kon vir hulle gaan vra. Mens sou hulle selfs ‘n kruisverhoor kon
afneem om elke twyfel uit te sluit.
Jesus het
regtigwaar opgestaan uit die dood. Op die eerste dag van ‘n nuwe week. Vir ons
dit mos steeds ‘n vasstaande feit? Dis mos dié dat ons as sy gemeente weekliks
op daardie dag ons rusdag hou en in eredienste bymekaar kom. (dia 4) Ons begin elke nuwe week met terugkyk op
daardie opstandingsdag, toe vir ook vir ons ‘n nuwe lewe oopgegaan het. Sou Hy
níe opgestaan het nie, was ons geloof sonder inhoud, het die apostel Paulus in
sy eerste brief aan die kerk in Korinte geskryf. Dan bevind ons ons steeds in
‘n doodloopstraat. (vervolg) Maar die
dag van sy opstanding het ook die groot keerpunt in ons lewe geword. Danksy sy
opstan-ding mag ons ‘n lewende hoop hê, skryf die apostel Petrus is sy eerste
brief.
*************
Maar waaraan
dink u dan presies, brs en srs? (dia 5)
Hoe ‘n nuwe lewe wat met Christus se opstanding ook vir ons oopgegaan het, word
bedoel? Wat behels daardie lewende hoop wat Petrus van geskryf het? Wel,
daaroor gaan dit in Sondag 17 HK. As die Kate-gismus vra watter nut daardie
opstan-ding vir ons het. Wat beteken die Paasfees vir ons? Waaroor presies is
ons dan veral bly?
Is ek verkeerd
as ek vermoed dat u in die eerste plek dink aan dit wat die Kategismus eers in
die derde plek noem? (vervolg) Dat
Christus se opstanding vir ons ‘n betroubare waarborg is dat ons eendag ook met
‘n nuwe liggaam weer uit ons graf mag opstaan? Is dit nie nou die groot troos
vir ons nie? Solank Christus nie uit die hemel na die aarde terugkom nie, moet
ons almal een of ander tyd nog sterf. Moet ook ons liggaam agter ‘n grafsteen
verdwyn. Hoeveel gelief-des het ons al nie so sien verdwyn nie? Hoe dikwels het
baie van ons al by ‘n graf gestaan. Maar ons weet en troos mekaar daarmee:
eendag gaan al die grafte weer oop! En staan al die dooies weer op. Dan sien
ons mekaar weer. En word al die trane weggevee.
Dit is ook ‘n
groot troos, brs en srs. Maar, en moet nog maar ‘n slag kyk in Sondag 17, dis
nie die eerste wat die Kategismus noem nie. Want die nut van Christus se opstanding
vir ons begin nie eers as Christus weerkom nie. Ja, daardie dag kry ons ‘n nuwe
liggaam. Maar ons kry ook nou al iets: (dia
6) die geregtigheid wat Chris-tus
deur sy dood vir ons verdien het. Ja, dis kerktaal, ek gee dit toe. Maar
dit beteken eenvoudig: waarvoor het Christus aan daardie kruis gesterf? Om ‘n
lewe na die dood eendag vir ons te verdien? ‘n Aangename en welvarende lewe nou
al? Gesondheid? Sou dit nie baie selfsugtig wees om in die eerste plek daarna
te verlang nie?
Ons verlang
tog die meeste daarna dat dit weer reg gemaak word tussen Gód en ons? Dat ons
skúld by God op-geruim word? Nou maar goed, dáár-voor het Christus in die
eerste plek aan die kruis gesterf. (dia
7) Om vir ons by die hemelse Regter vryspraak van ons skuld te verdien. Soos
Petrus geskryf het: Christus het vir ons sondes gely, om ons tot God te bring.
Om te bewerk dat God ons weer in sy arms kan sluit.
Maar daarvoor moes Christus
nie net sterf nie. Hy moes ook weer uit die dood opstaan. Anders sou die gereg-tigheid,
die vryspraak wat Hy vir ons verdien het, steeds nie by ons kon uitkom nie. Hy
sal Self in lewende lywe ons daarin moet laat deel. Want Hy het ons
plaasvervanger by God geword. Die Hoëpriester wat ons al-mal by God
verteenwoordig. Wat, soos die hoëpriester in die OT, ons almal se name op hy
hart en op sy skouers dra. So het Hy in ons plek die hele moeilike pad gestap waarop
Hy ons straf moes dra. Maar so verteen-woordig Hy ons nou ook almal by die
Vader as die Mens wat vir almal vry-spraak verdien het. (dia 8) Ek, u, jy- ons is en bly voor God van ons eie sondaars. Wat
steeds Vader se woede en vloek verdien. (vervolg)
Slegs as Christus as my Middelaar en Hoë-priester voor my gaan staan om my
skuld by Vader te bedek, kan, en wil God ook graag, my weer in liefde aan-neem.
Maar daarvoor moet ek myself wel totaal en al aan Hom uitlewer. Die lewe
heeltemal buite myself, in Hom soek.(dia
9) By Hom ingelyf word, soos die meeste vroeëre tuis-lande na 1994 weer by
Suid-Afrika ingelyf is. En hulle zelfstandigheid verloor het.
Ek het al
eerder daarop gewys: hoedat in die Bybel verskeie kere gesê word,(dia 10) nie dat ons deur Chris-tus gered word nie, maar ín Christus. Verbonde aan, en so een met
Hom as ons hoëpriester.
So het ons dit
ook gelees in die brief aan die Efesiers. Kyk gerus nog ‘n keer saam met my in
1:6 “God het ons begenadig IN die
Geliefde. Vs 7: “IN Hom het ons die
verlossing deur sy bloed...” Vs 20: “Hy
het Christus uit die dode opgewek...” En dan 2:5: Maar “God het ons, wat dood was deur ons misdade
en sondes, lewend gemaak sáám met Christus”. Vs 6: “God het ons sáám opgewek
en saam laat sit in die hemele IN Christus Jesus”. As God Christus sien,
sien Hy ons. Geen dooie Mens wat in ‘n graf êrens buite Jerusalem lankal tot
stof vergaan het nie, maar ‘n lewende Mens wat vry van skuld die doodstraf vir
altyd agter Hom mog laat. En wat ons wat in Ho glo almal in daardie nuwe lewe
saamgeneem het. Ons op ‘n manier al klaar ‘n plekie saam met Hom by God in die
hemel gegee het.
Verstaan u nou
ook dat Paulus in sy brief aan die kerk in Rome kon skrywe: (dia 11) “Christus is dit wat gesterf het (en so ons skuld vereffen het), maar, meer nog: wat ook opgewek is. (Hy
het in die lewe weergekeer,) wat nou aan
die regterhand van God is en daar vir ons intree”.
Dit is die
eerste en belangrikste groot wins van Christus se opstanding, brs en srs. Sou
hierdie wins nie daar wees nie, sou ons ook maar van dit wat die Kategismus
eers as die derde wins noem, kan vergeet. Is u nog bewus daarvan? Ís dit daarom
vir u ook die grootste wins van Pase? Vier u dit in die eerste plek elke
Sondag?
************
(dia
12) Want
die tweede wins is, dat ons deur Christus se krag tot ‘n nuwe lewe opgewek word.
Mens moet dit sorgvuldig lees. Want dit mag ‘n oomblik so lyk asof daar nou wel
iets oor eendag, in die toekoms gesê word: daar kom ‘n dag dat ons ook saam met
Christus in ‘n nuwe lewe opgewek word.
Maar die
Kategismus praat nog altyd nie oor die wins van Christus se op-standing eendag
nie. (dia 13) Daar is ‘n tweede wins
ook vandag al. NOU al word ons deur Christus se krag tot ‘n nuwe lewe opgewek.
Alhoewel Christus na sy opstanding teruggegaan het hemel toe, het Hy ons hier
nie net so gelos nie. Hy het dadelik aan die werk gespring om nou ook van ons ander,
nuwe mense te maak. Mense wie se fokuspunt weer hul hemelse Vader is. Want –en
ek het dit ook in my preek oor die eerste deel van Sondag 16 gesê- (dia 14) ons is, as ons aan Christus
behoort, by Hom ingelyf is, in God se oë al wel weer nuwe mense, wat saam met
Christus in ‘n nuwe lewe opgestaan het. Hy reken ons ons sondes, en die straf
wat ‘n mens daarvoor verdien, nie meer aan nie. (vervolg) Maar in ons doen en late is ons glad nog nie nuwe mense
nie. Inteendeel. Ons bely met die DL V, 2 –en ons ken daardie klanke ook uit
die Kategismus- dat daar by ons nog
daagliks sondes van swakheid ontstaan, sodat selfs die allerbeste werke van die
heiliges nog gebrekkig is. En as u bietjie
selfkennis het, weet u waarvan ons dan praat. Of hoe?
Maar dit kan
natuurlik nie so bly nie. Christus het nie net as ons Redder aarde toe gekom om
vergewing vir ons te verdien nie. Maar veral om ‘n nuwe lewe vir ons moontlik
te maak. Want dit is wat God, sy Vader soek: dat ons weer sy kinders sal wees
soos Hy ons vanaf die paradys bedoel het. (dia
15) Die vergewing wat Christus deur sy kruisdood verdien het, is maar net
die fondament waarop ons weer as die
oorspronklik deur God bedoelde mense opgebou word.
Van ons eie
kry ons dit nooit reg nie. Wie kan sélf die sondes wat daar steeds in ons lewe
is, baasraak? Maar ons hoef dit ook nie in ons eie krag te doen nie. Ons het in
Sondag 17 ge-lees: ons word deur Christus
se krag tot ‘n nuwe lewe opgewek. Onthou u dat in Sondag 16 daardie krag
van Christus al aangewys is. (dia 16) Toe al gesê dat ons ou mens, ons sondige natuur
wat nog nie dood is nie, deur Christus se
krag saam met Hom gekruisig, gedood en begrawe word. Daar word dus iets in
ons afge-breek. Die sonde is aan die verloor-kant. Maar daar word dus
terselfder-tyd nou ook al iets weer opgebou, sê Sondag 17: (vervolg) deur dieself-de krag van Christus. Daar groei ‘n nuwe
lewe. En ook nou weet u tog waarvan ek praat? Dit kom u tog ook by uself agter?
Die begeerte om ‘n ander mens te wees, ‘n beter mens? Verwondering, ontroering
partymaal ook, trane selfs, as u weer by God se liefde en Christus se
verlossingswerk bepaal word?
Ons weet: dis
nie ons eie prestasie nie, dit is die Heilige Gees van Chris-tus. Dis wat die
Kategismus met “die krag van Christus”
bedoel. Maar weet u ook hoe die Heilige Gees daardie krag in u lewe ontplooi?
Moet ‘n mens daarvoor maar net gaan sit en wag soos jy wag vir reën? Nee, die
Gees gebruik ‘n middel daarby. Díe middel van die Gees: woorde. (dia 17) Die Gees kom roep ons om in
Christus te glo. En vervolgens roep Hy ons om in ‘n nuwe lewe op te staan.
Onhou u nog die oproep uit Efese 5:214? “Ontwaak,
jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn!”. En
daar die oproep en aanspo-ring gaan gepaard met ‘n waarsku-wing: “ Dit moet julle mooi besef, dat geen
hoereerder of onreine of gierigaard- sulke mense is afgode-dienaars- ‘n erfdeel
het aan die koninkryk Christus en van God nie”. En as Christus se Gees
sulke woorde praat, bly dit nie maar net by woorde nie. Sy woorde wérk! Ja, een
van Jesus se leerlinge het ‘n keer gesê: “U
het woorde van ewige lewe!”. Hierdie woorde is soos koringkorrels wat, as
hulle in goeie grond val, ontkiem en vrugte begin dra.Vrugte wat vir ewig
volhoudbaar is.
Maar daarom
spoor hierdie woorde ons ook aan om iets daarmee te gaan doen. Ons word
opgeroep. Soos Chris-tus meer as een keer mense wat na Hom toe gekom het om
weer gesond te word, aan die werk geset het. ‘n Blinde moes sy oë iewers gaan
was, vir ‘n verlamde het Hy gesê: “Staan
maar op en rol jou matrassie op...”. En sy leerling Petrus kon selfs, nes
Christus, op die water van die Gali-leameer loop, toe Jesus geroep het: “Nou maar goed, kom maar”. Maar daarvoor
moes hy wel sy bene oor die rand van die skuit slaan en op die water sit....
(dia
18) Eers
as ons aan Christus se roepstem, wat die Gees hoorbaar maak, gehoor gee, sal
ons Christus se krag ervaar. Eers dan kom ons agter dat daar wonders kan
gebeur: ek kán breek met daardie sonde, ek kán on-aangename karaktereienskappe
baas-raak, ek kán vergewe, en kán selfs my vyande liefhê....
Veranderings
wat, so bely ons ook in die DL, nie
minder as ‘n wederge-boorte is nie, ja ‘n nuwe skepping, die opwekking uit die
dood.
Daar groei
mense wat nie net saam met Christus ‘n nuwe lewe voor God mog begin nie, maar
wat ook daardie nuwe lewe al hoe meer in hul doen en late begin wys. Die
Paradys is aan die terugkom!
*****************
Hy
(dia 19) En
daarvoor gee God ons dan eendag, Christus se weerkomdag, ook ’n heeltemal nuwe
liggaam. Om weer volmaak vir Hom te kan leef.
Ons verlange na daardie nuwe
liggaam is dikwels aan die selfsugtige kant, brs en srs? Hoekom wil u baie
graag een-dag ’n nuwe liggaam hê? Sodat u nooit meer siek sal wees nie?
Eindelik van al die pyne verlos? Van daardie strem-ming? Die vlae van
depressiwiteit?
Ja, dit sal gebeur. Maar
hoekóm neem God dit alles eendag van ons weg? (dia 20) Sodat ons Hom nog beter kan dien!
Moet dit nie vandag al by ons
die grootste moeite met fisiese aftakeling, pyne, stremmings ens. wees nie? Dat
ons daardeur ons God en Vader nie so kan dien soos ons dit graag wil doen nie?
Ek begin al hoe traer beweeg, my oë word ten spyte van ‘n operasie, al hoe
swakker, ek hoor dikwels nie meer mooi wat ander mense sê nie.... En so word
ons moontlikhede om vir die HERE en sy kerk besig te wees, al hoe minder. Ek
kon dit nie langer volhou om ’n ouderling te wees nie, ek moes op die ou end
bedank uit die gemeen-skaplike Bybelstudie, my hoofpyne maak dat ek nie meer
lank gesprekke kan verdra nie....
(dia 20) Eendag is
dit alles verby, gemeente. En kan u en ek met ons hele liggaam weer optimaal
met blydskap en sonder om moeg te raak, die HERE dien.
(dia 21)Ja, sal
dit regtigwaar gebeur? Is dit –en nou is ek terug by die begin van my preek-
regrtigwaar moontlik dat ’n mens wat doorgegaan het en wie se liggaam lankal in
die grond geheel en al verteer het, weer met ’n nuwe liggaam in hierdie lewe
weerkeer?
As ons net binne menslike
kaders aan-hou dink, lyk dit totaal en al onmoont-lik. Maar ons moet en mag in
goddelike kaders dink, brs en srs. En by God is niks onmoontlik nie. (vervolg) Die bewys daarvan is die
opstanding van Jesus Christus uit die graf effens buite Jerusalem. Niemand wou
dit aanvank-lik glo nie. Selfs nie sy eie leerlinge vir wie Hy meer as een keer
daarop voor-berei het dat Hy na drie dae uit die dood sou opstaan nie.
Maar hulle moes dit wel as ’n
voldonge feit aanvaar. Selfs die ongelowige Tomas. Want Hy het in lewende lywe
voor hulle gestaan. Hulle mog Hom aanraak, die merke van sy kruisiging voel, Hy
het voor hul oë ’n stuk ge-braaide vis en ’n stuk van ’n heuning-koek geëet.
Sy opstanding is die waarborg
dat eendag ook ons grafte weer oopgaan en ons ook nuwe liggame ontvang.
(dia 22)En elke Sondag, elke eerste dag van ’n nuwe week
is ’n herinnering daaraan.
Ook hierdie Sondag. Sodat u
maar sal aanhou glo: Jesus leef, en ek sal lewe! Amen.
(kyk in preek)