Indien u die preek wil gebruik
kontak asseblief vir ds PG Boon
Kopiereg word voorbehou.
PRETORIA-MARANATA,
20 September 2015 AD, 17:30
Votum
Seën
Ps 5:4,5,6
Gebed
Skriflesing: Handelinge 4:1-31
Ps 5:7-11
Teks: Nederlandse
Geloofsbelydenis artikel 28
Preek
Sb 38:1-3
Gebed
Geloofsbelydenis (sing)
Kollekte
Ps 22:9,12
Seën
Preek:
Nederlandse Geloofsbelydenis artikel 28
Tema: Jy
word opgeroep om by die ware kerk aan te sluit
-
Hierdie oproep is ‘n bevel uit God se Woord
-
Hierdie oproep behels dat jy die valse kerk verlaat
-
Hierdie oproep is noodsaaklik vir jou behoud
-
Hierdie oproep is ook noodsaaklik vir die behoud van jou
medegelowiges
Artikel 28 beskryf die ware kerk
as ‘n heilige vergadering, ‘n versameling van hulle wat verlos word.
Buite hierdie versameling is daar
geen saligheid nie.
Net vir die duidelikheid, hier
staan nie dat daar buite die kerk niemand slaig word nie.
Met hierdie uitdrukking word
bedoel dat die kerk, daar waar God se Woord bedien en bewaar word, die plek is
waar die saligheid verkry kan word.
Niemand, ongeag sy stand of
status, mag hom in selftevredenheid van hierdie vergadering afsydig hou nie.
Almal het die plig om die eenheid
van die kerk te bewaar.
Ons moet ons aan die leer en tug
van die kerk onderwerp.
Ons moet ons nek onder die juk
van Jesus Christus buig.
Met die juk word hier verwys na
die instelling van die ampte.
Elke belydende lid het, toe hy of
sy geloofsbelydenis afgelê het, hierdie vraag beantwoord: “beloof u dat u u aan
die Christelike vermaning en tug sal onderwerp as u in leer of lewe u misgaan.”
‘n Ware gelowige sal luister, en
sy kop laat sak, as die ampsdraers hom vermaan.
So bewaar ons die eenheid van die
kerk.
Ons gebruik ook ons gawes om ons
medegelowiges op te bou.
Die Heidelbergse Kategismus bely
dieselfde, as dit oor die gemeenskap van die heiliges skryf, dat elkeen verplig
is om sy gawes gewillig en met vreugde tot nut en saligheid van die ander lede
aan te wend (v/a 55).
Volgens die Woord van God is dit
die plig van alle gelowiges om hulle af te skei en by daardie vergadering aan
te sluit wat wel bou op God se Woord.
Volgens die NGB maak dit nie sin
om jou gawes te bly aanwend in ‘n kerkgemeenskap wat nie meer op die kompas van
God se Woord vaar nie.
Guido des Brès het in sy tyd te
make gehad met baie mense wat gesimpatiseer het met die Reformasie, maar wat
tog in die Roomse kerk gebly het.
Calvyn het hierdie soort mense
Nikodemiete genoem, met verwysing na die Fariseër Nikodemus, wat met Jesus
gesimpatiseer het, maar net in die nag met Hom wou praat, sodat sy kollegas hom
nie sou raaksien nie.
So was daar in die 16de eeu ook
baie mense wat gesimpatiseer het met die Reformasie, maar wat nie die moed
gehad het om uit die Roomse kerk te stap nie.
Hulle wou die Roomse kerk van
binne uit reformeer.
Hulle is ook nie vervolg nie,
solank hulle nie sulke duidelike taal gepraat het oor die pous soos Martin
Luther en Johannes Calvyn nie.
Hulle het voortgegaan om met
hulle gawes, talente en insigte, die siek Roomse kerk te probeer versterk en
verbeter.
En hulle is geduld in die Roomse
kerk.
Guido des Brès skryf egter
duidelike taal, wat hulle standpunt en posisie betref: hulle handel “in stryd
met die bevel van God.”
Net om te verduidelik, na die
begin van die Reformasie, dan dink ons aan die jaar 1517, toe Luther sy 95
stellings in Wittenberg op die kerkdeur vasgehamer het, het daar ‘n nuwe
situasie ontstaan.
In die jare wat daaraan
voorafgaan, het Luther geprobeer om die Roomse kerk ook van binne uit te
reformeer, onder andere deur die dwalinge duidelik uit te wys.
Dit was ook die bedoeling van sy
95 stellings.
Dit het egter daartoe gelei dat
die pous Luther in die ban gesit het.
Hierdie was ‘n historiese
oomblik, die oomblik waarop die Roomse kerk die ware gelowiges begin vervolg
het.
Eintlik, net tussen hakies, was
dit nie die eerste keer nie.
‘n Eeu eerder het die Roomse kerk
dit ook al gedoen met Johan Hus en met John Wycliffe.
In sowel Hus as Luther se geval
het daar toe ‘n kerkgemeenskap buite die Roomse kerk ontstaan, wat ons kan noem
die voortsetting van die ware kerk.
As Guido des Brès nou in art 28
skryf dat almal verplig is om hulle by die ware kerk aan te sluit, het hy nie
bedoel mense moet eers wag totdat hulle ook deur die pous onder die ban geplaas
sou word nie.
Nee, noudat dit met Luther gebeur
het, het almal die taak gehad om dadelik die regte keuse te maak, en nie meer
voort te gaan in daardie siek kerk nie, wat nou ook ‘n valse kerk geword het.
Baie mense wat gesimpatiseer het
met die Reformasie, het tog in die Roomse kerk gebly, met die doel om dit van
binne uit te reformeer, en hulle was bewus nie so uitgesproke soos Luther nie, om
seker te maak dat hulle getolereer word in die Roomse kerk.
As hulle meer uitgesproke sou
gewees het, sou hulle posisie onhoudbaar geword het.
NGB art. 28 keur egter hierdie
soort kerkpolitiek af.
Dit is in stryd met die bevel van
God.
Ook vandag gebeur hierdie soort
dinge nog steeds.
Dat gelowiges aanbly in siek
kerke, wat ‘n geskiedenis het dat hulle in die verlede ook al diensknegte van
Christus afgesit het, oftewel die mond gesnoer het, en in die sin valse kerke
geword het.
Sulke gelowiges probeer tog nog
iets goed doen in daardie kerke.
Hulle word daar geduld, solank
hulle maar net nie te uitgesproke is nie.
Dit is, in kort, ‘n ongesonde
situasie.
Geestelik ongesond in die eerste
plek vir daardie gelowiges en hulle nageslag.
God se bevel is om nie afsydig
van die ware kerk te bly nie, ook as dit offers van jou vra.
Wat daar hier in art. 28 staan,
is gebaseer op die Woord van God.
Onderaan die artikel word verwys
na verskillende Bybeltekste.
Psalm 5:6, wat byvoorbeeld wys op
die onderskeid, die antitese tussen die regverdiges en die werkers van
ongeregtigheid.
En Psalm 22:23, wat wys op die
vergadering van hulle wat die HERE vrees: “Ek wil u Naam aan my broers vertel,
in die vergadering U prys.”
In Efesiërs 4:12 lees ons dat
Christus aan die gelowiges gawes geskenk het, en die doel is om daarmee te werk
aan die opbouing van die liggaam van Christus.
In Hebreërs 2 word die gelowiges
opgeroep om nie skaam te wees vir hulle geloofsgenote nie.
Net soos Jesus Hom nie geskaam
het vir hulle wat die Vader aan Hom toevertrou het nie.
Hy skaam Hom nie “om hulle
broeders te noem nie”.
“Ek sal u Naam aan my broeders
verkondig, in die midde van die gemeente sal Ek U prys”.
‘n Voorbeeld in die Bybel dat iemand sy nek
uitgesteek het vir sy medegelowiges, met die risiko dat hy die dood- of lystraf
daarvoor kon kry (soos die NGB dit noem), is Jason, oor wie ons in Handelinge
17 lees.
Hy het vir Paulus en Silas ‘n
veilige onderkome in sy huis aangebied, toe die afvallige Jode met behulp van
die stad se gespuis hulle probeer kwaad aandoen het.
Petrus en Johannes het vir die
Joodse Raad geantwoord, nadat die hulle gedreig is om nie meer in Jesus se Naam
met die mense te spreek nie: “Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam
te wees as God, moet julle self beslis; want vir ons is dit onmoontlik om nie
te spreek oor wat ons gesien en gehoor het nie.” (Handelinge 4:19-20)
Jesus waarsku ons om nie te meng
met hulle wat valse profete is, en wat die uitverkorenes probeer mislei nie.
“Want oral waar die dooie liggaam
lê, daar sal die aasvoëls saamkom.” Mattheüs 24:28.
Lig en duisternis kan mekaar nie
verdra nie.
Wie dit wel probeer kombineer,
loop self gevaar.
“Vertrek, vertrek, gaan weg
daarvandaan, raak nie aan wat onrein is nie; gaan uit hulle midde uit...”
Jesaja 52:11.
Daar kan nie ‘n kompromis gesluit
word om vir watter rede ook al te bly in ‘n kerk wat dwaal nie.
Jy word opgeroep om by die ware
kerk aan te sluit.
Hierdie oproep kom uit God se
Woord.
Nadat die Here Jesus uit die dood
opgestaan het, na die hemel opgevaar het en die Heilige Gees uigestort is, het
die Joodse Raad, Jerusalem en al die sinagoges aangehou om te ontken dat Jesus
die Christus is, die Messias wat deur God beloof is.
Gelukkig was daar ook Fariseërs
en priesters wat tot geloof in Christus gekom het.
Selfs hier en daar die hoof van
‘n sinagoge, soos Crispus in Korinthe, wat met sy hele huisgesin tot geloof
gekom het.
In die eerste jare na Christus se
hemelvaart was daar ‘n (wat mens kan noem) vensterperiode.
Christus was geduldig, Hy het tyd
gegun vir al die Jode en al die sinagoges om die Evangelie te hoor, en om tot
bekering gekom.
Hierdie genadetyd het egter nie
ewig geduur nie.
En hoe langer dit gevat het, hoe
sterker het die oproep geklink vir die gelowiges om hulle af te skei van die
valse sinagoge.
Die verwoesting van die tempel in
Jerusalem in 70 nC was ‘n historiese keerpunt.
Voor die tyd het die apostels nog
dikwels in die sinagoges gepreek.
Na die tyd was die breuk tussen
kerk en sinagoge duidelik en finaal.
Ware gelowiges soek mekaar op, en
hulle staan ook op vir mekaar.
Hulle skaam hulle nie om hulle
broers genoem te word nie.
Hulle sien dit as hulle plig.
Ja ‘n plig, en dit is ook ‘n
heerlike plig.
Hierdie plig rus op elke gelowige
om hom aan te sluit by die versameling van hulle wat verlos word, dit is die
ware kerk.
As mens oor die ware kerk praat,
is daar globaal twee maniere hoe hierdie onderwerp deesdae deur Christene
benader word.
Die eerste manier is dat mense
die kerklike denominasie waarvan hulle lid is, as die ware kerk beskou.
En hulle sal ander oproep om by
hulle kerk aan te sluit.
Hulle sal alle ander kerke wat
beweer dat hulle waar is, afwys as vals.
‘n Goeie voorbeeld hiervan is die
Jehovah’s getuies.
Mens kan ook dink aan die Sewende
Dag Adventiste.
Die tweede manier, wat mens deesdae
by die meerderheid van Christene sien, is dat die vraag na die ware kerk nie
meer gevra word nie.
Soos wat art. 28 sê, dat elkeen
verplig is om by die ware kerk aan te sluit, dit speel geen enkele rol meer
nie.
Die tydsgees van vandag, in die
Westerse wêreld altans, is ‘n breë ekumeniese beweging, wat alle kerke weer
bymekaar wil bring.
Daar word nie meer gefokus op wat
skei nie, maar op wat verenig.
Waar Martin Luther gewaarsku het
teen die antichris, waarmee hy die pous van sy dae bedoel het, sien ons vandag
dat Lutherane besig is om terug te beweeg en die eenheid met Rome te herstel.
Waar Guido de Brès in art. 28 opgeroep
het om af te skei van hulle wat nie aan die kerk behoort nie – en dis duidelik
dat hy veral hier op die Roomse kerk gesinspeel het, is daar vandag baie
Gereformeerde kerke wat daarna strewe om die band met Rome weer te herstel.
Dikwels word die groot
agteruitgang van die kerk in die
Westerse wêreld ook as argument gebruik.
Kerke loop leeg, kerkgeboue word
afgebreek.
Kerke moet wel saamvoeg, anders
kan hulle finansieel nie meer oorleef nie.
Nou hoe moet ons vandag die
oproep dat jy by die ware kerk aansluit, konkreet in praktyk bring?
Watter een van die twee maniere?
Ek dink dat ons as Vrye
Gereformeerde Kerke staan in die tradisie van die eerste manier.
Ons is die ware kerk, en ander is
verplig om by ons aan te sluit.
Dit is redelik duidelik dat die
tweede manier nie gekombineer kan word met art. 28 van die NGB nie, wat per
slot van rekening ons belydenis is, en wat per slot van rekening op die Skrif
gebaseer is, soos ons gesien het.
Wat die eerste manier betref, is
dit wel belangrik om te noem dat daardie manier nie net altyd ongenuanseerd reg
is nie.
Dit kan ook verkeerd wees.
Hoe kan dit net reg wees, as ook
die Jehovah getuies dit gebruik om almal op te roep om by hulle sekte aan te
sluit?
So sien ons deur die geskiedenis,
tot op vandag, dat baie groeperings hulleself uitgeroep het as die ware kerk.
Nie net sektes wat totaal die
spoor byster geraak het, soos die Jehovah Getuies of die Mormone nie.
Maar ook kerklike groeperings wat
nader aan mekaar staan.
Vir eeue lank het die Lutherane
die Gereformeerdes verketter.
Die Lutherse Kerk sou die enigste
ware kerk van die Reformasie wees, en al die ander, die Gereformeerdes,
Presbiteriane ensovoorts was die spoor byster.
En van Gereformeerde kant is die
Lutherane ook dikwels verketter.
Selfs verskillende Gereformeerde
denominasies het mekaar onderling afgeskryf as valse kerk.
En hoewel daar soms kerkskeurings
plaasgevind het oor essensiële sake, is daar ook baie voorbeelde waar die
stiekers van waar en vals misbruik is, terwyl dit oor middelmatige sake
gehandel het.
‘n Simplistiese gebruik van waar
en vals het aanleiding gegee tot die huidige situasie dat baie Christene
allergies geword het vir hierdie terme.
Hulle wil nie meer van waar en
vals hoor nie.
Hulle is moeg om die heeltyd
ander Christene die maat te neem.
En dikwels, uit reaksie, slaan
mense dan deur na die ander uiterste: dit maak nie meer saak watter kerk jy is
nie, elke kerk het ‘n element van die waarheid.
Of nog erger, soos baie
Protestante deesdae beweer, elke godsdiens het ‘n element van die waarheid.
Daar word geen aksie meer
onderneem om Moslims, Buddiste, Hindoeïste te bekeer nie, maar eerder word die
gesprek met hulle aangegaan om verbindende elemente op te spoor.
Dit is die groot teenreaksie van
ons tyd.
Hoe behoort ons dan vandag
hierdie terme waar en vals te gebruik, op so ‘n manier dat ons die regte
Bybelse balans handhaaf, sonder om deur te slaan na die een of ander uiterste?
Dit sal help om weer terug te
gaan na die tyd toe Guido de Brès hierdie artikels oor die kerk geskryf het.
Wat het hy bedoel toe hy geskryf
het dat almal verplig is om aan te sluit by daardie versameling van hulle wat
verlos word en waarbuite geen saligheid is nie?
Wie het hy bedoel toe hy geskryf
het dat alle gelowiges die plig het om hulle af te skei van hulle wat nie aan
die kerk behoort nie, en hulle aan te sluit by dié vergadering, waar God dit
ook al gevestig het, selfs al sou regerings en wette van regeerders daarteen
wees en daarvoor die dood- of lystraf oplê?
Soos ek destyds by die eerste
inleidende preek oor die NGB aangedui het, het Guido des Brès die NGB geskryf
in die suidelike deel van België, en dit was ‘n poging om vir die owerheid
duidelik te maak wie die Gereformeerdes was en hoe hulle hulle godsdiens
uitgeleef het.
Die owerheid was baie pro die Roomse
kerk gesind.
In die NGB sien ons dat Des Brès
sterk standpunt inneem teen die Roomse kerk aan die een kant en die anabaptiste
of wederdopers aan die ander kant.
As hy in die volgende artikel,
art. 29, skryf oor die euwels, die gierigheid en die afgodery van die valse kerk,
dan wys alle pyle rigting die Roomse kerk.
Euwels, mens kan ook vertaal:
sondes.
Die Roomse kerk was vol sondes.
Dit was ‘n openlike geheim dat
die pouse byvoorbeeld minnaresse gehad het.
Kloosters was plekke van
immoraliteit.
Soos Calvyn ‘n keer geskryf het, was
daar ‘n gesegde dat selfs die skaduwee van ‘n klooster se muur ‘n meisie
swanger kon maak.
Verder was die Roomse kerk
gierig.
Mens kan dink aan Johan Tetzel en
sy aflaathandel.
Verder was daar afgodery in die
Roomse kerk, dink aan al die heiligeverering.
Dit is dus baie duidelik dat
Guido des Brès, toe hy oor die valse kerk geskryf het, gedink het aan die
Roomse kerk.
Nou kan mens die vraag vra: het
hy ook gedink aan die wederdopers?
Soos gesê neem hy in die NGB ook
sterk teen hulle standpunt in, al is die omskrywings en verduidelikings wat hy
gebruik met betrekking tot die valse kerk, duidelik teen Rome gerig.
Tog sou mens dalk moontlik die
punt kon maak dat hy ook op die Wederdopers gedoel het, toe hy oor die valse
kerk geskryf het.
Maar wat van die Lutherane, die
Lutherse kerk...
Het hy hulle ook as valse kerk
beskou?
Ek dink mens kan met groot
sekerheid sê dat dit nie die geval was nie.
Mens kan daarvan uitgaan dat Des
Brès, net soos sy leermeester Calvyn, gepoog het om versoening te bring tussen
Calviniste en Lutherane.
Dat hy gewaarsku het teen die
tendens aan beide kante om middelmatige sake op te blaas tot wesenlike sake.
Ongelukkig is dit wat in die eeue
daarna dikwels gebeur het.
Gereformeerdes en Lutherane het
mekaar aanhou wantrou.
En in hierdie tradisie staan ons
nog steeds.
En veral sedert die Vrymaking, ‘n
Reformasie wat die Here genadiglik geskenk het, speel die onderskeid tussen
ware en valse kerk veral ‘n belangrike rol in ons kerklike tradisie.
Maar dit is ook soms misbruik, op
‘n oorvereenvoudigde wyse.
Soos dit beslis nie Guido des
Brès se bedoeling was om die Lutherane as valse kerk af te skryf nie, so moet
ons ook oppas om links en regs ander kerke wat dikwels oor historiese redes nie
kerkverbandelik met ons een is, weens middelmatige sake as valse kerke af te
skryf.
Ook moet ons versigtig wees om
selfversekerd onsself die ware kerk te noem.
Ware kerk is veral ‘n werkwoord.
Wie die tekens van die ware kerk
vyftig jaar gelede getoon het, toon dit nie noodwendig vandag meer nie.
Dit is ‘n dinamiese saak.
Christus kan sy kandelaar uit ‘n
kerkgemeenskap wegneem.
Hy kan sy kandelaar op ‘n vir ons
onverwagse plek neersit.
Iemand het ‘n keer gesê:
As iemand sy kerk beskou as die enigste plek waar ‘n mens gered kan word,
oordeel daardie persoon oor sy kerk baie sag, maar oor alle ander kerke baie
streng.
‘n Mens wat altyd foute vind by
ander, maar nooit sy eie foute raaksien nie, is ‘n baie onaangename mens.
So kan ‘n kerk ook baie
onaangenaam word.
Laat ons versigtig wees om ons eie
beul te blaas.
Ware kerk wees is ‘n werkwoord.
As ons dit is, hoef ons dit nie
uit te basuin nie.
As ons dit is, sal ons dit
uitstraal, dit sal soos ‘n magneet werk vir almal wat Christus opreg wil dien.
Kom ons handhaaf die Bybelse balans, soos Des Brès dit in die NGB
gedoen het.
Ons roep ook vandag alle
gelowiges op om hulle by die ware kerk aan te sluit.
Ons roep gelowiges op om ook ons
kerk te toets, op grond van God se Woord.
Ons is ook geroepe om ander kerke
te toets.
En daar waar kerke op die fondament
van God se Woord bou, is daar eenheid.
En gelowiges het die opdrag om
daardie eenheid, wat reeds bestaan, ook prakties en institusioneel vorm te gee.
So word ons vandag opgeroep om
die regte Bybelse koers te bly vaar.
Aan die een kant is daar die druk
en suigkrag van ‘n valse ekumene, ‘n eenheidstrewe wat nie op die Skrif
gebaseer is nie.
Aan die ander kant is daar die
gevaar van selfgenoegsaamheid, van altyd kritiek op ander hê maar nooit op
jouself nie.
Soos ons in die vorige artikel
van die NGB gesien het, art. 27, is daar vandag ook nog die spreekwoordelike
sewe duisend mense wat nie hulle knie voor Baäl gebuig het nie.
Spreekwoordelik, sê ek, want sewe
duisend wil sê dit is ‘n groot getal.
Kom ons sorg dat ons na mekaar
uitreik, ons na hulle en hulle na ons.
Al is hulle miskien nie tans
kerkverbandelik met ons een nie.
Om saam te vat, art. 27 van die
NGB roep ons en alle gelowiges op om hulle aan te sluit by die ware kerk.
Hierdie oproep is ‘n bevel van
God, dit is volgens God se Woord.
Hierdie oproep behels dat jy die
valse kerk verlaat.
Hierdie oproep is ook vanuit die
besef dat ons self die gemeenskap van die heiliges nie kan mis nie.
Ons geloof en die van ons kinders
sal skade ly as ons ons afsydig hou van die ware kerk.
En in die derde plek,
hierdie oproep word ook gemaak omdat ons
verantwoordelik is vir ons medegelowiges en ons ook moet beywer vir hulle opbou
in die geloof.
U word opgeroep om te volg in die
voetspore van die apostels Petrus en Johannes.
Moenie skaam wees om u te
distansieer van hulle wat nie of nie meer in Christus se naam vergader nie.
Laat ons altyd meer gehoorsaam
wees vir God as vir mense.
Ook as dit dreigemente tot gevolg
het.
Het u u al ingedink wat dit vir
Marten Luther moes gewees het, om onder soveel dreigemente te lewe?
Hy is deur die pous voëlvry
verklaar.
Ook Guide des Brès moes ‘n hoë
prys vir sy beginsels betaal.
Luther was gelukkig dat die
owerhede in Duitsland die Augsburgse Konfessie toegestaan het.
Hy het ‘n natuurlike dood
gesterf.
Die owerhede in die Nederlande
het egter nie die Nederlandse Geloofsbelydenis erken nie, en Des Brès het ‘n
martelaar vir sy geloof geword.
Sy bloed was het die saad van die
kerk, om Tertullianus se uitspraak te gebruik.
Tot in verre nageslagte.
Dit mag ons dankbaar getuig,
vandag al weer in die 21e eeu.
Amen.
(kyk in preek)