Sondag 22 : Die krag van Christus breek die toekoms oop.

Minister: 
Ds PG Boon
Church: 
Maranata
Date: 
2014-01-26
Text: 
Matthéüs 22 : 23-33 en Lukas 9 : 57-62
Preek Inhoud: 

Indien u die preek wil
gebruik skakel asseblief vir ds PG Boon. Kopiereg voorbehou.

PRETORIA-MARANATA.

 

 

voorsang:
Ps 7:1-4

 

Votum

Seën

Ps
16:1

Skriflesing:
Mattheüs 22:23-33

                   Lukas 9:57-62

Ps
16:5

Teks:
HK Sondag 22

Preek

Ps
73:10,11

Gebed

Geloofsbelydenis

Sb
24:7

Kollekte

Ps
138:1,4

Seën

 

 

 

 

 

Preek: HC 22

 

Iemand
het ’n keer die vraag gevra:

Waarmee
kan jy die ewige lewe die beste vergelyk?

Kan
jy aan iets dink waarvoor jy nooit moeg sal word nie?

Iets
waarvoor jy in ewigheid nooit moeg sal word nie?

Want
ook van die allerlekkerste dinge kry mens op ’n stadium genoeg.

Wie
elke dag sjokolade kan eet, soos veel hy – of dalk moet ek sê sy – wil,

sal
spoedig dit nie meer kan uitstaan nie.

Wie
elke dag soveel geld kan uitgee as hy maar wil, sal al gou nie meer weet wat om
met sy geld aan te vang nie.

Van
alles kan mens moeg word, veral as mens te veel daarvan kry.

En
wat dan van die ewige lewe?

Sal
mens nooit daarvoor moeg word nie?

Soos
sommige mense in hierdie lewe oud en afgeleef raak?

Die
kerkvader Augustinus het die ewige lewe ’n keer hiermee vergelyk:

Met
gesond wees.

Van
gesond wees kan niemand ooit genoeg kry nie.

Dink
bietjie daaroor na:

As
jy gesond is, dan dink jy nie daaraan, dan vlieg die tyd altyd, dan kom jy tyd
te kort om dit te doen wat jy wil.

Maar
as jy siek is, duur dae al gou te lank.

Gesond
wees, daarin proe mens iets van die ewige vreugde.

 

Die krag van Christus
breek die toekoms oop.

-         
Hy sal die
grafte oopbreek

-         
Hy laat die
ewige lewe aanbreek

 

1 Hy sal die grafte
oopbreek

In
Sondag 22 word die mens onderverdeel in liggaam en siel.

Is
dit wel korrek – hierdie mening dat jou liggaam en siel uitmekaar gaan by
sterwe?

Kom
ons kyk wat sê die Bybel.

Bv.
in Mattheüs 10 sê Jesus:

‘En
moenie vrees vir die wat die ligaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak
nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in
die hel.’ (v28)

Duidelik
is dat ons hier lees oor ’n liggaam EN ’n siel.

Die
Bybel gebruik die woord ‘siel’ in verskillende betekenisse.

Soms
om die lewe as sulks aan te dui, soms om jou persoonlikheid aan te dui, of jou
gevoelens.

As
ons hier in Mattheus die woord ‘siel’ vind, word daar nie gedink aan iets wat
sonder sonde is nie.

Inteendeel,
Jesus waarsku dat jou siel ook in die hel tereg kan kom.

Jesus
bedoel hier jou lewe, jou persoon, daardie deel van jouself wat jou liggaam
verlaat by sterwe.

Hieroor
praat Jesus ook as Hy in Mattheüs 16 sê:

‘Wat
baat dit ’n mens, as hy die hele wêreld wen, maar skade ly aan sy siel?’

Hy
kan liewers beter vir homself sorg, of anders gesê, ’n skat opbou in die hemel.

Die
siel van ’n mens is dus net so sondig as sy liggaam.

Dit
is net soos die liggaam ook deur God geskape.

Dit
kan net so min as die liggaam sonder die verlossingswerk van Christus.

Sonder
die krag van Christus gaan ’n mens met liggaam en siel vir ewig verlore.

 

Ons
kom nou by ’n volgende punt:

Wat
gebeur daar met ’n mens – met sy siel – as hy sterf?

Sondag
22 sê:

My
siel word na hierdie lewe dadelik tot Christus opgeneem.

By
sterwe gebeur daar dus iets wesenliks.

Wie
aan Christus behoort, word onmiddelik tuisgehaal.

Wie
nie, sy siel gaan verlore.

Dit
is dus nie dat as iemand sterf, daar niks oorbly nie.

Of
dat daar ’n soort sieleslaap intree.

Of
dat iemand – soos die Roomse kerk leer – in die vaevuur tereg kom.

Nee,
daar gebeur iets wesenliks – die beslissende oomblik het aangebreek.

In
Lukas 23 lees ons dat die Heiland teen die misdadiger langs Hom aan die kruis
sê:

‘Voorwaar,
Ek sê vir jou, vandag sal jy met My in die paradys wees.’

Dus
nie na ’n korter of langer reinigingsperiode, ’n vaevuur nie – daardie woord
kom van die ou Hollandse woord ‘vagen’, wat vee beteken, of reinig)

Nee,
Jesus sê: vandag!
In Lukas 16 vertel Jesus ’n gelykenis:

En
toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die skoot van
Abraham.

Ook
die ryk man het gesterf en is begrawe.

En
toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smare was, sien hy Abraham van
ver af en Lasarus – die bedelaar – aan sy boesem.

’n
Beslissende oomblik van of redding of ondergang.

Elkeen
wat by Christus skuil, van hom of haar mag ons seker wees dat hy op daardie
oomblik bevry word van die sonde en ellende en gebrokenheid in hierdie wêreld.

Dat
die persoon daardie selfde dag aankom by God in die hemelse saligheid.

Daarom
dat sommige Christene in die vroeë kerk die gewoonte gehad het om die sterfdag
van hulle mede-gelowiges te onthou as hulle geboortedag.

 

Daar
is nog meer tekste in die Bybel wat ons van hierdie heilsfeit verseker.

Dink
aan Openbaring 14:

‘En
ek het ’n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf – salig is van nou af die
dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul
arbeid, en hulle werke volg met hulle.’ (v13)

Die
woorde ‘van nou af’ – dui ook daarop dat ons DIREK na ons sterwe by God mag
kom.

In
2 Kor 5 lees ons:

‘Want
ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ’n gebou het van God,
’n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.’

In
hierdie vertroue kan ons Ps 73 sing:

‘U
sal my lei deur U raad en my daarna in heerlikheid opneem.’

Die
dooies, wat in Christus geglo het, gaan deur sy krag, na Hom toe.

Hulle
geniet in die periode tussen sterwe en opstanding uit die graf, reeds van sy
hemelse heerlikheid.

Dit
is maar een woordjie, maar dit gee baie troos, as on slees,

Dat
my siel na hierdie lewe DADELIK tot Christus, sy Hoof, opgeneem sal word.

 

Maar
nie net dit nie.

Die
Kategismus sê ook:

My
liggaam sal aan die verheerlikte liggaam van Christus gelykvormig word.

Weer
eens is dit deur die krag van
Christus dat daar ’n opstanding van die liggaam bestaan.

Hy
is die Koning van die heelal.

Sonder
Christus is dit nie moontlik nie.

Hy
het gekom om God se plan van redding, sy heilsplan, op aarde werklikheid te
laat word.

Dit
wil nie sê dat dit vir die mense uit die OT te laat is nie, omdat hulle Jesus
nog nie persoonlik geken het nie.

Ook
in die OT vind ons die vaste geloof in die opstanding uit die dood, die wete
dat God by magte is om die dooies weer lewend te maak.

God
wat belowe het dat alles weer reg sal kom, dat die gebrokenheid en verdriet op
aarde nie die laaste woord sal hê nie.

Dink
maar wat die profeet Jesaja sê:

“U
dode sal herlewe, my lyke sal opstaan. Waak op en jubel, julle wat in die stof
woon!” (26:19)

 

En
ook uit die OT weet ons al dat God ’n skeiding sal aanbring tussen gelowig en
ongelowig.

Dink
aan wat die Here vir Daniël sê:

‘En
baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die
ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.’ (12:2)

En
God gee Daniël hierdie troosryke versekering:

‘En
jy, gaan heen na die einde; en jy sal rus en weer opstaan tot jou bestemming
aan die einde van die dae’ (12:13).

 

By
Christus mag ons wees tot die jongste dag.

Soos
Job sê:

Maar
ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan. En nadat
hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou. Hom wat
ék sal aanskou my ten goede, en my oë – en geen vreemde nie – sal sien’
(19:25-27).

So
getuig ook Martha oor Lasarus:

‘Ek
weet dat hy sal opstaan in die opstanding in die laaste dag’.

Die
spesifieke woorde van hierdie Kategismusantwoord is gehaal  uit Filipense 3:

‘Want
ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here
Jesus Christus, wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om
gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy
ook alles aan Homself kan onderwerp’

So
het Christus ook die Sadduseërs weerspreek wat nie in die opstanding geglo het
nie, Mattheüs 22:

‘Julle
dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.

Ja
die krag van God, die krag van Christus, breek die toekoms
oop.

 

Watter
troos gee die opstanding van die
vlees aan jou?

Die
woordjie troos impliseer dat daar ook sprake is van verdriet.

Inderdaad.

Die
Bybel praat nie mooi woordjies oor die dood as dit eintlik maar by die lewe
hoort nie.

Die
dood bly vir elke mens, ook vir ’n Christen, die laaste vyand.

Soos
daar staan in 1 Korinthiërs 15:

Daar
word gesaai in oneer.

’n
Begrafnis is ’n droewige gebeure.

Maar
deur ons trane heen sien ons uit na die jongste dag.

Dit
is ’n realiteit, dat ons as Christene ook huiwer vir die dood.

Die
dood bly ’n vyand.

 

In Korintiërs kan ons lees dat sommige
Christene aan die opstanding van die liggaam begin twyfel het.

In daardie tyd, met die oorheersende
Griekse denke, was dit inderdaad ’n struikelblok.

Die liggaam sou slegs ’n omhulsel van die
siel wees.

Die Griekse filosofie het die mense
aangepraat dat dit eintlik beter is dat die liggaam nooit meer terugkom nie.

Dink maar wat Paulus ervaar het in
Athene, op die Areopagus.

Toe hy oor ‘n ‘nuwe’ God begin praat, wou
almal luister.

Maar toe hy praat oor die opstanding van
die liggaam, het hulle begin spot (Hand 17).

Want die liggaam sou net ’n kerker wees
vir die siel.

As Christene verwerp ons hierdie idee.

Aan die een kant: die mens se siel is nie
goddelik nie.

Maar aan die ander kant: die mens se
liggaam het ook waarde.

Siel en liggaam hoort by mekaar.

Tot het van die gemeentelede in Korinthe
baie twyfels gehad.

 

Maar Paulus kon maar net na Christus
verwys:

Het Christus dan nie ook liggaamlik
opgestaan nie?

God IS by magte om ’n dooie liggaam weer
op te wek.

As mense dink ons te gou te min van God
se krag.

Glo in die krag van Christus.

Maar deur die eeue heen was en is mense
kleingelowig.

Deur die eeue is dit vir ons moeilik.

Ek dink aan ’n gesprek van ’n kerkvader
uit die vroeë kerk met ’n ongelowige.

Dit het oor die opstanding gegaan.

Die ongelowige het dit bietjie belaglik
gevind.

Hoe sou ’n matroos, was bv. in die see
verdrink het, en daarna deur visse verslind is,

hoe sou dit in hemelsnaam moontlik wees
om alle stukkies van sy liggaam weer bymekaar te versamel?

Die visse wat hom opgevreet het, sterf op
den duur en word weer deur ander visse verslind.

Hoe is dit moontlik?

Kom ons dink weer aan Jesus se vermaan
aan die Sadduseërs:

Julle
dwaal, julle ken nie die Skrifte nie en ook nie die krag van God nie.

As jy baie siek is en om te lewe het
swaar geword,

Of as jy oud is en besef dat jy een of
ander tyd sal moet sterf,

Of as jy jonk is besef dat ook jong mense
onverwags uit die lewe weggeruk kan word,

Dink dan aan Psalm 16:

My hart is bly... want ook my liggaam sal
in veiligheid woon. (Ps 16:9)

En ons weet dat ons direk sal tuiskom by
Jesus, by die hemelse Vader.

En moenie bang wees dat jy nie tuis sal
voel daar in die hemel, omdat dit dalk vreemd en ’n onbekende plek sal ees nie.

Inteendeel, as jy hier op aarde in God se
huis – in sy kerk – tuisgevoel het, dan sal dit in die hemel ook so wees.

En as God in jou daaglikse lewe ’n
bekende was, in jou gebede, in jou Bybellees, in jou gedagtes van elke dag,

Dan hoef jy regtig nie daarteen op te
sien om na die Here te gaan nie.

Dit sal inderdaad so voel, dat jy
tuiskom.

Mens laat uiteraard geliefdes en ’n
bekende omgewing agter,

Maar dit wil nie sê mens gaan na ’n
vreemde plek toe nie.

As kleingeloof jou bekruip, sing Ps 16:

‘Bewaar my o God
want by U skuil ek.

U is my Hee, vir my is daar geen goed bo
U nie. (v1-2)

 

Die krag van Christus
breek die toekoms oop.

-         
Hy sal die
grafte oopbreek

-         
Hy laat die
ewige lewe aanbreek

 

 

2 Hy laat die ewige lewe
aanbreek

 

Die Bybel het ’n spesiale bedoeling as
die woorde lewe en dood soms vir ons gevoel op ’n eienaardige manier gebruik
word.

Soos Jesus ’n keer gesê het:

Laat die dooies maar hulle eie dooies
begrawe.

Of dink aan wat Paulus skryf aan die
Efesiërs oor die tyd voordat hulle begin glo het:

Julle was toe dood in julle misdade en sondes, waarin julle toe gelewe het (Ef
2:12)

Maar God, wat ryk is in barmhartigheid,
het julle lewend gemaak met Christus
(Ef 2:5)

Dink ook aan wat Jesus sê in Joh 5:25:

Voorwaar voorwaar Ek sê vir julle, die
uur kom en dit is nou, dat die dooies die
stem van die Seun van God sal hoor, en die wat dit hoor, sal lewe.

Dus toe die Here daar staan het praat,
het daar dus dooies gestaan en luister, en sommiges van hulle het begin lewe.

Sulke dooies was daar ook in Efese, maar
deur die evangeliepredikint het hulle tot lewe gekom.

Die Heilige Gees het in hulle gekom.

Hulle het met ’n nuwe lewe begin.

Dis hoekom die prediking van die
evangelie in Rom 1 ’n krag van God tot
saligheid
genoem word.

Eenvoudig gestel: luister na die woorde
van Jesus, en jy begin lewe.

Soos Jesus self sê in Joh 5:24:

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie
my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in
die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.  !

 

Die ewige lewe begin dus werklik te word,
in HIERDIE lewe.

Maar wie sonder God lewe, begin in
HIERDIE lewe al met die ewige dood.

Wie nie na God, die bron van die lewe,
wil luister nie, begin nou al met die ewige dood.

Of die tweede dood, soos die Bybel dit
noem.

Die dood is verskriklik erg,

Dat ’n mens, so mooi deur God geskape,
gereduseer word tot ’n lyk.

Maar die tweede dood is veel erger.

Van die tweede dood is daar geen weg
terug na die lewe nie.

Dit laat mens duisel.

Maar laat ons die saak goed bekyk.

Niemand kom per ongeluk in die tweede
dood tereg nie.

Die tweede dood is die gevolg van ’n
jarelange volgehoue beslissing, om teen God te kies, en ’n vyand van sy goeie
wet te wees.

Die beslissing word in hierdie lewe
geneem.

Die skeiding word in hierdie lewe ook al
sigbaar.

As jy die onverganklike saad van die
evangelie aanneem, hoef jy nie meer vir die tweede dood bang te wees nie.

Want Christus sal ons vashou.

En die tweede, die nuwe lewe begin dan
al.

’n Begin van die ewige lewe.

Laat ons nugter wees, dis maar ’n klein
voorproefie.

Vreugde word in hierdie wêreld altyd
gedemp deur sonde, verdriet, gebrokenheid, gemis.

Nooit kan mens werklik volop van iets
geniet nie, altyd is daar êrens wel ’n skaduwee.

Maar op die nuwe aarde word dit dus anders.

 

Die Kategismus praat oor volkome saligheid.

Wat sal dit mooi wees op die dag, as God
die aarde kom suiwer.

As nie net die gevolge van die sonde
opgeruim word nie, maar die sonde self ook verdwyn.

Dan breek die ewige heerlikheid aan.

Sommige mense maak dit af as dromery,
wensdenkery.

Maar ons voel daardie krag nou al in ons
werk.

En wie die evangelie lees, besef dat niks
vir God onmoontlik is nie.

Dit styg wel bo ons verstand uit.

En daarom voeg die Kategismus nie om dowe
neute by:

Wat geen oog gesien, geen oor gehoor, en
wat in die hart van geen mens opgekom het nie...

Dit is baie bekende woorde.

Maar gemeente, ek wil vir u aantoon dat
dit letterlik bedoel word.

Hierdie woorde kom nie uit die mond van
dom mense, domgelowige Christene wat nie tred hou met die tyd en wetenskap nie.

Inteendeel, dit was baie intelligente
mense wat dit gesê het.

Die opstellers van die Kategismus was
professore.

HULLE maak hierdie stelling.

 

Opvallend is dit – net tussen hakies –
dat juis geleerde mense, en dan praat ek nie van bietjie geleerde mense nie,
maar juis die wat voorop loop in hulle vakgebiede, dat juis hulle meer as ander
dikwels praat oor die geheime in hulle vakgebied.

Dat juis hulle besef dat hulle nog
eintlik niks weet nie.

Dit is altyd so.

Hoe meer iemand weet, hoe meer besef hy
dat hy eintlik nog maar so min weet.

Net so is dit ook nie maar ‘n groepie agtergeblewe
Christene wat oor ’n ewige lewe praat, wat geen oog gesien, en geen oor gehoor
het nie.

Dit was twee geleerde teoloë wat dit
geskryf het, die opstellers van die Kategismus.

Mense wat baie gelees het, wat kon praat
oor die geheime van die lewe.

Mense wat uiteindelik, na jare se
navorsing, tot die konklusie gekom het dat – hoe geleerd jy ook al is – jy
uiteindelik die verste kom met dit wat die BYBEL sê oor lewe en dood.

En so is u vandag ook nie ’n groepie
mense wat vasklou aan opinies wat eintlik al lank al ouderwets is nie,

Inteendeel, dit is presies andersom.

Ook ons, wat met beide bene in die lewe
van die 21e eeu staan, kom net soos die opstellers van die
Kategismus, tot die gevolgtrekking dat mens die verste kom as jy luister na wat
die Bybel sê oor lewe en dood.

 

Die Bybel openbaar ons kennis oor wat sal
gebeur na die dood.

Geen mens kan iets daaroor vertel nie.

God se Woord lei ons egter op paaie wat
onbegaanbaar is vir die menselike verstand.

 

Ons word binnegelei in ’n wêreld wat,
soos dit hier letterlik staan:

Geen lewende menseoog gesien het, geen
lewende menseoor gehoor het, en in geen mensehart opgekom het nie.

 

In geen hart opgekom het nie...

Hierdie uitdrukking vra bietjie uitleg.

Die Kategismus het dit oorgeneem uit 1
Kor 2:9, waar staan:

Wat geen oog gesien het en geen oor oor
gehoor en in geen mensehart opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom
liefhet.

God het dit aan ons deur sy Gees
geopenbaar, want die Gees ondersoek aal dinge, ook die dieptes van God.

In jou hart opkom...

Daarby dink ons in eerste instansie aan:

Bepaalde gevoelens, impulse, ’n bepaalde
emosie...

Maar in die midde-oosterse taalgebruik
word egter iets anders bedoel.

Die hart is gesien as die sentrum van jou
besluitneming.

Ons sal sê: wie besluite neem, gebruik sy
verstand.

As hier dus staan: in jou hart opkom, dui
dit dus nie in eerste plek op iets emosioneels nie, maar op iets wat baie goed
deurdink is.

Soos filosowe of geleerders lank kan
broei op ’n gedagte, ’n hipotese, ’n stelling.

Maar ook in hulle verstand, oftewel in
hulle hart het hierdie nuwe werklikheid van God nie opgekom nie.

Die ewige lewe styg uit bo die
begripsvermoë van die mensdom.

Maar wie na God se Woord luister, kry wel
’n glimps.

’n Blik van die nuwe hemel en aarde.

Elkeen wat tot bekering gekom het, in wie
se hart God se Gees woon, belewe ’n begin van hierdie ewige vreugde.

 

En met geloofsoë – ook dit beteken nie
wensdenkery nie, maar geloofsoë beteken dat jou blik nou op skerp staan deur
die lig van die Skrif, met gefokusde oë sien jy nou al ’n glimps van die nuwe
hemel en aarde.

Nuwe – in die Bybelboek Openbaring word
veral gepraat oor: vernuwe.

Iets wat gereinig is.

Alles vuiligheid is afgewas.

Daar word gepraat oor die nuwe stad
Jerusalem, glinsterend in die son.

’n Stad wat gebeitel is uit een groot
edelsteen!

Dit is beelde wat ons iets wil laat proe
van daardie wonderskone werklikheid.

Die werklikheid wat geen oog gesien, geen
oor gehoor, en in geen mensehart opgekom het nie.

Maar deurdat ons blik op skerp gestel is
deur God se Woord, sien ons ’n glimps.

Ons weet dat dit wat nou mooi om ons heen
is, in die skepping, dat dit nie verlore sal gaan nie, maar selfs vernuwe sal
word, nog skitterender sal word.

Ons het vaste hoop, dat daarin
kontinuiteit is.

Die mooie, die goeie, die God
welgevallige, dit sal behoue bly.

Die sondige, die opstandige, wat vuil is,
dit gaan verlore.

Dink u soms daaraan, gemeente.

Aan die skitterende werklikheid van die
ewige lewe?

Dink maar daaraan, as jy weer ’n pragtige
sonsondergang sien.

Dink daaraan, as jy die pragtige
herfskleure van die eikebome sien.

As jy met vakansie is, en dit voel of die
berge jou oorweldig.

Dink aan die ewige heerlikheid.

Dit is die troos, waaroor die Kategismus
praat:

In die mooie, in die goeie, is die
kontinuiteit.

 

Vreugde in hierdie lewe is altyd gemeng
met verdriet.

Vreugde is van korte duur.

Maar dit sal anders word.

Soos in Open 21:7 staan:

Wie volhard in die geloof, sal alles beërwe.

Of soos daar in Romeine 8:18 staan:

‘Want is seker daarvan, dat die lyde van
die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid, wat aan ons geopenaar sal
word nie.’

 

En dan, ten slotte, die laaste sin van
hierdie antwoord.

Ook dit klink na ’n uitgeslete formule:

‘en dit om God ewig daarin te prys’

Tog is dit nie die geval nie.

Want hieruit spreek ’n volledige
lewensvisie, kort saamgevat.

Die laaste sinsnede uit antw. 58 bevat ’n
hele lewensbeskouing.

Net soos die Prediker, het die opstellers
van die Kategismus ook lank nagedink oor die doel van die lewe.

Wat is die rede dat dat lewe is op die
planeet aarde?

Dit is ’n vraag waaroor geleerdes hulle
lewe lank nadink.

En dit geld ook vir die skrywers van die
Kategismus.

En hulle het hulle uiteindelik laat lei
deur die visie wat die Bybel op die lewe gee.

Wat jy kernagtig soos volg kan saamvat:

Ons lewe om te loof!

Om God ewig te prys.

Dit is die rede hoekom alle dinge
bestaan.

Dit is die rede hoekom God alles geskape
het, en nog steeds skep, ook hier op die planeet aarde.

Dit is die rede hoekom God besig is om ’n
nuwe hemel en aarde te herskep, na alles wat fout geloop het.

Ons lewe om te loof.

Dit is die Christelike lewensbeskouing in
’n neutedop.

Alle dinge is deur God geskape om Hom te
loof.

Blomme loof goed met hulle stille
skoonheid.

Berge prys goed met hulle ewige
standvastigheid.

Die hele natuur, ook storms en orkane,
vulkaniese berge, aardbewings, hulle getuig van die almag van die Skepper.

Diere, plante en mense is ’n bloudruk van
sy grootheid en goedheid.

Hierin vind ons dan ook ons doel vir die
lewe.

Deur te lewe in ooreenstemming met hoe
ons geskape is.

Aan ons doel te voldoen.

Daarin vind ’n skepsel sy optimale
lewenskwaliteit.

In die loof en prys van sy Skepper.

God het alles in harmonie geskape.

Die geluk van die skepsel verhoog die
geluk van die Skepper.

’n Model van harmonie, nie van kompetisie
nie.

Dit lê aan die basis van die hele
skepping.

Hierdie harmonie is geskonde.

Maar God wil dit herstel, en Hy is
daarmee besig.

 

So eindig die Apostoliese
Geloofsbelydenis met ’n heerlike vooruitsit.

Die ewige lewe, die skepping wat herstel
is.

God ewig loof en prys.

Skepsele wat in harmonie met hulle
Skepper leef.

’n Gesonde verhouding, konstruktief, die
een se blydskap verhoog die ander se blydskap.

Kan mens ooit moeg vir soiets word?

Dis soos die ou kerkvader Augustinus gesê
het:

Vir gesond wees raak mens nooit moeg nie.

 

Amen.

 

Liturgie: 

(kyk in preek)