Hebreërs 4: 14-16
Johannesburg, 1 Augustus 2010
Lees: Heb. 4:9-5:10
Sing: Ps 34:1,2; Ps 34:4,6; Ps 110:1,3,5; SB10; Ps 27:4,6
Geliefde gemeente van ons Here Jesus Christus,
Terwyl jy met iemand praat, kan jy soms diegevoel hê dat die persoon dwarsdeur jou sien, dat hy jou gedagtes kanlees. Dit laat jou ongemaklik voel. Jy onttrek jou liewer so gou moontlik.
Wel, is dit dan nie ’n skrikwekkende gedagtedat God dwarsdeur jou sien nie? Direkvoor die teks lees ons: “alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie onste doen het”. Alles. Ook my diepste gedagtes. Ook die sondes in my hart, verborge voor dieoë van mense. God sien dit wel. Kan jy dan sonder vrees voor Godverskyn? Op die laaste dag, wanneer jyvoor God rekenskap moet gee. Maar ookvandag? Immers, wanneer jy bid, nader jyGod se troon. Kan jy dit doen met jousondes? In sy teenwoordigheid val alleskynsekerhede weg. Dit help niks om joute probeer verdedig nie. Jy staan voorGod soos jy werklik is. Sigbaar in jousonde en swakheid. Kan jy dan sondervrees voor God verskyn?
Ja, geliefdes, bid ons dalk te maklik, is onsdalk te sorgloos daaroor? Hoe dit ookmag wees, jou gebed is nie vanselfsprekend nie. Jy gaan nie sommerso na God se troon nie. Tog mag jy sy troon nader metvrymoedigheid. In ons teks word jyaangemoedig om juis dit te doen.
Die troon van genade wys op God wat op sytroon sit as die God van alle genade. Openbaring 6 teken God wat op sy troon sit as die God van oordeel engerig. Die mense wat Hom so sien, salvir die berge en rotse sê: “val op ons en verberg ons vir die aangesig van Homwat op die troon sit en vir die toorn van die Lam.” Die profeet Jesaja het God op sy troon gesienin sy oneindige majesteit en heiligheid. Jesaja was verskrik en het uitgeroep: “Wee my, ek is verlore! Want ek is ’n man onrein van lippe.”
Hier in Hebreërs word die hemelse troon niegeteken as ’n troon van waaruit die oordeel en gerig kom nie, ook nie as ’ntroon van oneindige majesteit en heiligheid nie, maar as ’n troon vangenade. Jy word bemoedig om na die troonte gaan, nie met vrees en bewing nie, maar met vrymoedigheid.
Ek verkondig vir julle: bly gaan na diehemelse troon van genade
Waarom? Die grond
Hoe? Die manier
Waarvoor? Die vooruitsig
Hoe kan jy God se heilige troon metvrymoedigheid nader? Ja, hoekom word dietroon as ’n troon van genade geteken? Ons vind die antwoord in vers 14: “Terwyl ons dan ’n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaanhet, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou.”
Ons het ’n groot Hoëpriester. Hy oortref verreweg al sy voorgangers. Al daardie Aäronietiese hoëpriesters hetdiere geoffer vir die sondes van die volk en vir hul eie sondes. Hul werk het nooit klaargekom nie. Die offers moes aanhoudend gebring word. Ons het ’n groot Hoëpriester wat Homself virons aan die kruis geoffer het. Eens envir altyd. Geen herhaling is nodignie. Die Aäronieties hoëpriesters wasnet mense. Ons groot hoëpriester is Goden mens in een Persoon. Hy word Jesusgenoem, sy menslike naam, en die Seun van God.
Die Aänietiese hoëpriester het dieallerheiligste van die tempel een keer per jaar binnegegaan, tydens die grootversoendag. Hy het deur die Heilige nadie allerheiligste gegaan om vir ’n oomblik in God se aardse teenwoordigheid testaan.
Jesus het daarenteen deur die hemele gegaan naGod se hemelse teenwoordigheid. Hy hetsy soenoffer aan die Vader self aangebied. En God die Vader het sy offer aanvaar en Hom aan sy regterhand laat sit,op die troon. Hy mag altyd in Vader seteenwoordigheid bly. Sy versoeningswerkis voltooi. Eens en vir altyd. Die oorwinning is behaal.
Gemeente, die brief aan die Hebreërs beskryfuitvoerig die voortreflikheid van Jesus Christus as hoëpriester. Hy het die weg na God se troon gebaan. Deur met sy enige offer God se toorn teen onssonde te stil. Daarom is God se troonvir ons nie langer ’n troon van oordeel en gerig nie, maar ’n troon vangenade. Daarom word ons aangespoor om nadaardie hemelse troon van genade te gaan. Om die allerheiligste, God se troonsaal, binne te gaan. Dink jou in: jy mag God se troonsaal, syheilige teenwoordigheid, binnegaan, met vrymoedigheid. Jy is alle tye en onder alle omstandighedewelkom. Jy het ’n permanente reg vantoegang.
Waarom? Omdat jy ’n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het,naamlik Jesus, die Seun van God. Met so’n geweldige werklikheid, is daar geen rede om moed te verloor of tou op tegooi nie. Daarom, aangesien ons so ’ngroot Hoëpriester in die hemel het, “laat ons die belydenis vashou”. Laat ons vashou aan die geloof wat ons bely,die geloof in Jesus Christus, die Seun van God, ons redder. Daardie belydenis is van onskatbarewaarde. Jy gee dit nie sommer prysnie. Dit maak die lewe die moeitewerd. Dit maak die stryd die moeite werden hanteerbaar. Deur die eeue heen wastallose mense bereid om daarvoor te sterwe.
Daarom dring die Here daarop aan: hou vas aandie belydenis van jou verheerlikte Here Jesus. Laat niks of niemand daardie geloof van jou wegvat nie. Moenie dit ooit uit die oog verloor nie, injou daaglikse stryd, wanneer jy versoek of beproef word nie. Hou dit vas en hou dit aan ander voor. Dit is jou grootste bemoediging en bron vankrag. Dit is die basis van jou lewe asChristen. Op daardie basis het jy ’nvrye reg van toegang tot die troon van genade self.
Nou die 2de gedagte: hoe ons die hemelse troonvan genade moet bly nader.
Laat ons dan met vrymoedigheid na die troonvan die genade gaan. Die woord vrymoedigheidwys in die eerste plek op ’n objektiewe werklikheid: jy het in Christus ’n vryereg van toegang. Hier in ons teks sluitdie woord ook ’n subjektiewe aspek in: naamlik dat jy vrymoedig voel om toe tetree. Danksy Jesus Christus het jy ’ngenadige Vader op die troon. En Christusons Hoëpriester pleit daar by die Vader vir ons. Daarom kan jy vrymoedig bid, ook wanneer jydie gevoel het dat jy eintlik te sondig is.
Brs en srs, met wie deel jy gewoonlik joudiepste gedagtes en gevoelens? Met wiesou jy gewoonlik oor jou sondes en swakhede praat? Is dit nie meesal so dat jy net oor hierdiedinge durf praat met mense wat jou begryp nie? Met mense wat jou nie onmiddellik sal afwys of veroordeel nie?
Nou, daar is een persoon by wie jy jou altydveilig kan voel, een wat nooit ’n tekort aan begrip sal wys nie of jou salverwerp nie. Jesus Christus, ons grootHoëpriester. Hy is inderdaad hoogverhewe in die hemel, waar hy in heerlikheid aan Vader se regterhand sit. Dit beteken egter nie dat Hy nou ver van joudaaglikse lewe en stryd afstaan nie. Syhemelse heerlikheid maak Hom nie ongenaakbaar vir ons swak en sondigemensekinders nie. Sy heerlikheid doengeen afbreuk aan sy vermoë om met ons hier op aarde te identifiseer nie.
Nee, behalwe dat Hy God is, is Hy ook ’n menswat ons vlees en bloed deel, soos ons is. In sy hemelse heerlikheid bly Hy een van ons, ons broer. Hy weet baie goed wat dit is om ’n swakmensekind te wees. “Want ons het nie ’nhoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alleopsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.” Let op die dubbelenegatief: ons het nie ’n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hênie. Hierdie dubbele negatief het die kragvan ’n sterk positiewe verklaring: ons het ’n hoëpriester wat juis wel met onskan medelye hê. Hy kan nie anders asmedelye hê. Dis onmoontlik dat Hy niemet ons swakheid medelye sou hê nie.
Die woord wat as medelyde vertaal word betekenbaie meer as net ’n innige gevoel van jammer kry. Dit is die vermoë om die gevoelens van ’nander persoon te deel en te verstaan, om saam met ons te ly en ons daarin tehelp. Christus kan nie anders as ons gevoelens van swakheid deel en verstaannie. Hy weet uit ervaring wat dit is omswak te wees. Die swakheid is nie diesonde op sig nie, maar die vatbaarheid vir sonde. Ons swak plekke wat die duiwel aangryp om onstot sonde te bring en om ons van God af te trek.
Jy is as mens swak, hoe sterk jy jou ook magvoordoen. As jy teenslag of verdrietervaar, kan mense soms sê: kyk hoe sterk hy of sy is. Hulle moes eens weet hoe swak jy jouself voelen hoe swak jy in werklikheid is.
Mense kan dink dat jy baie sterk in jou geloofstaan, rotsvas, terwyl dit net so aan die buitekant lyk. Van binne sit jy vol aanvegtings en dalktwyfel. Jou masker van krag verberg jouswakheid. Die duiwel kan daardieswakheid aangryp en jy kan sommer in sonde val.: boos op God wees of lelikegedagtes oor jou naaste hê. Jy skrik vanjouself. Jy druk die gedagtes vinnig weg. Stel jou voor dat jy die gedagtes engevoelens sou verwoord of in dade sou omsit.
Wel, onthou, geliefdes, die Here weet wat injou hart leef. Hy weet dat ons nie groothelde in die geloof is nie. Ons is swakmensekinders, wat ons krag by die Here soek. In ons swakheid mag ons na God se troon van genade gaan. Christus sit aan Vader se regterhand as eenwat medelye met ons het, een wat ons gevoelens deel. Jy hoef nooit bang te wees dat Hy jou nie sal verstaan nie.
Die OT iese hoëpriesters kon die swakhede vandie volk verstaan omdat hulle ook self swak was. Hulle moes ook vir hul eie sondes offersbring. Daarom kon hulle sagmoedig metdie volk omgaan. Christus is ooksagmoedig, ook al het Hy nooit ’n offer vir homself hoef bring nie. Hy was sonder sonde. Maar Hy is in alle opsigte versoek net soosons.
Gemeente, soms word daar gesê: jy moet eersiets self beleef het, om dit te kan verstaan. In hul moedeloosheid of bitterheid voel mense soms dat niemand hulleverstaan nie, dat niemand hul gevoelens van pyn of verdriet kan peil nie. Is daar werklik niemand wat die diepte vanjou menslike lyding kan peil nie? Daaris tenminste een: Jesus Christus. Hy kenons gevoelens. Hy kan nie anders asmedelyde met ons swakhede hê nie.
Beteken dit dan dat Christus al die dinge gelyhet wat ons ly? Nee, Hy het nooitwerkloosheid ervaar nie. Hy het nooit ’neie kind of huweliksmaat deur die dood moet afstaan nie. Hy het nooit ’n verlammende siekte of gebrekondervind nie. Hy het nooit die gebrekevan die ouderdom ervaar nie.
Let daarop dat die teks nie sê dat Jesus inalle opsigte gely het nie. Daar staan dat hy in alle opsigte versoek is netsoos ons. Dws Jesus is versoek op allemoontlike maniere waarop ons menslik natuur versoek word. Jesus weet terdeë wat dit was om al daardieversoekings te ondergaan en as oorwinnaar uit die stryd te voorskyn tekom. Hy ken daardie versoekings wat tottwyfel, wanhoop, opstand of ongehoorsaamheid teenoor God, liefdeloosheidteenoor die naaste en selfsugtige beheptheid met ons eie begeertes kanlei.
Ja, ’n mens sou kan aanvoer dat pleks datJesus se versoekings minder as die van ons sou wees, Jesus se versoekings juisgroter was. Die feit dat Hy mag envermoëns het wat ons nie het nie, het die versoekings net sterker gemaak. Omdat Hy sonder sonde was, kon Hy die kragvan die versoekings in sy volle intensiteit ervaar. Terwyl ons, wat deur die sonde afgestomp is,dikwels die verskillende vorme van versoekings nie skerp sien of ervaarnie. Hy het dit baie skerpergesien. Niemand op aarde het ooit sulkegeestelike verlatenheid en menslike verskrikking deurstaan nie. Daarom kan Hy jou help wanneer jy versoekword. Hy is bewus van jou nood omdat Hyten volle die druk en beproewings van die lewe in hierdie goddelose wêreldervaar het.
Hy het dit alles deurgemaak. Hy is in armoede gebore. Aan die begin van sy bediening is hy deurSatan versoek. Hy het deur sy heleaardse bediening heen ontberings gehanteer, moegheid, valse beskuldigings,verlating en teleurstellings. Ons leesin Hebr 5:7 dat Hy in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroepen trane aan die Vader geoffer het.” Metsterk geroep en trane. Doodsangs het inGetsemané by Hom bloedsweet ontpers. Ja,Hy weet wat aanvegtings is.
Hy het deur ervaring geleer wat dit beteken omaan die wil van God gehoorsaam te wees en om nie in versoeking te beswyknie. Hy praat uit ervaring wanneer Hyvir sy dissipels sê: “Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak”. Ons vlees verset hom teen lyding, ontbering,teen die dood, ook al weet ons gees dat Vader hierdie weg met ons gaan. En dan kom daar aanvegtings en maklik sondigegedagtes.
Die Here Jesus het boweal die uiterstebeproewing deurstaan wat ek en jy nooit hoef te ervaar nie: om deur sy hemelseVader verlaat te wees. Soms kan ons temidde van beproewings die gevoel hê dat God ons verlaat het. Daardie gevoel van godverlatenheid is dieswaarste onderdeel van die beproewing. Maar Jesus was werklik deur God verlaat. Hy was werklik, om die woorde van die profeet Jesaja te gebruik, “’n manvan smarte”. So verstaan Jesus volkomeen simpatiseer met ons wanneer ons versoek word. Jy mag daarvan seker wees, watter manier jyook beproef word, dit is nie vreemd of onbekend vir die Here Jesus nie. Omdat Hy in jou situasie kan inkom, kan jyGod se troon met vrymoedigheid nader, en hoef jy nie skaam wees om jou swakhedevoor Hom neer te lê nie. Hy verstaan. Hy help.
“Laat ons dan met vrymoedigheid na die troonvan genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op dieregte tyd gehelp te word.” So kom ons bydie derde gedagte van die preek: waarvoor sou ons na die troon van die genadebly gaan? Oftewel: watter vooruitsig hetons?
Jy kan met vrymoedigheid bid. Jy hoef nie bang vir God se reaksie weesnie. Jou gebed sal verhoor word. Danksy Christus. As ons groot Hoëpriester pleit Hy vir ons bydie Vader. Jou gebede word deur syvoorbede gedra. Sou die Vader nie diegebede van sy eie Seun verhoor nie?
Geliefdes, dat God jul gebede verhoor, betekennie dat Hy al jul wense vervul nie. Jesus het in Getsemane gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laathierdie beker by My verbygaan.” In symenslike swakheid wou Hy graag daardie helse angs en verskrikkingvryspring. Tegelykertyd het Hy geweetdat dit nie moontlik was nie, dat Hy moes ly. Daarom kon Hy hom aan God se wil onderwerp: “nogtans nie soos Ek wilnie, maar soos U wil.” Sy wens omdaardie verskriklike lyding vry te spring, is nie vervul nie, maar sy gebed isverhoor. Op die Paasdag wek God Hom opuit die dood.
Dat God ons gebede verhoor, beteken daarom niealtyd dat God gee wat ons van Hom vra nie. God wil dalk ook wys wat sy wil vir jou lewe is en die krag gee om sywil te aanvaar. Een ding is seker: Godverhoor ons gebede deur Jesus Christus ons Hoëpriester.
Wat kan jy dan in antwoord op jou gebedverwag? Nie dat al jou wense vervul wordnie. Maar wel dat jy barmhartigheid salverkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.
Hoewel die woorde barmhartigheid en genadebyna dieselfde beteken, kan ons hulle dalk soos volg onderskei: barmhartigheidis God se goedheid teenoor die lydende mens, terwyl genade God se goedheid isteenoor die sondige mens wat alles verbeur het.
In jou ellende en verdriet het jybarmhartigheid nodig, deernis, medelye. Vanweë jou sondigheid en hulpeloosheid het jy genade nodig. God gee dit in antwoord op gebed. Hy wys sy barmhartigheid. Hy het medelye met ons swakheid deur JesusChristus. Hy gee genade. Hy vergewe. Hy dra ons en gee kragte. Hy stelons in staat om ons teenspoed en beproewings op ’n goddelike manier tehanteer. Hy gee die hulp wat ons nodighet, op die oomblik waarop ons dit nodig het.
Laat ons dan, brs en srs, bly gaan na dietroon van genade. Bly aanhou bid. Waarom? Jy het immers ’n groot Hoëpriester in die hemel, Jesus, die Seun vanGod.
Hoe? Met vrymoedigheid – Jesus, jou voorspraak, weet wat jy deurmaak en hoejy worstel.
Waarvoor? Dat jy die hulp mag ontvang wat jy nodig het.
(kyk in preek)