Vertaalde preek van Dr. R H Bremmer oor Sondag 37 H. K.
Die hoë betekenis van die eed.
Lees: Genesis 24: 1 - 9 & Matteus 5: 33 - 48
Teks: Sondag 37 H. K.
Sing: Ps. 24: 1 en 2
na wet Ps. 25: 6
na belydenis Sb. 49: 3
Ps. 15: 1, 2, 3
Ps. 139: 1
Sb. 26: 1-3, 5, 11
Geliefde broeders en susters in onse Here Jesus Christus!
Die meeste van ons sal die inhuldiging van 'n nuwe Staaspresident wel 'n maal op die televisie gevolg het. Dis 'n indrukwekkende gebeurtenis.
'n Gewone mens word tot die hoogste amp wat ons land ken, geroep. Voorheen is dit altyd in 'n kerkgebou gedoen in aanwesigheid van alle lede van die volksraad en ander vooraanstaande staatsamptenare en genooides.
Die laaste inhuldiging het voor die Uniegebou plaasgevind waarby baie buitelandse vorste en presidente, maar ook meer mense uit die volk aanwesig was. Vir die vervulling van sy amp het ook die huidige staaspresident die hulp van God ingeroep. Dankbaar mag ons opmerk dat hy hom tot nou toe trou aan die eed gehou het.
Nie elkeen word tot die sweer van 'n eed geroep nie. Moontlik is daar onderons wat nooit 'n eed gesweer het nie. Tog word ons met reg deur ons kategismus oor die eed onderrig. Want dit gaan in die eed om die aanroep en bely van die Naam van die Here! Die Naam van God wat in die eed aangeroep word, ondersteun die samelewing teenoor die mag van die leuen en anargie. Dis goed vir ons om te weet wat die sweer van 'n eed beteken.
In hierdie tyd van ontgoddeling en sekularisme, moet die kerk vir die regte gebruik van die Naam van God in die eed, met meer klem opkom. God het ons sy Naam gegee om die Naam in die sameleweing op te hef. Vir belangrike sake mag ons die Naam publiek in die samelewing aanroep om trou en waarheid daarmee te bevestig. Daarom het die kategismus die hoe belang van die eed so beklemtoon. Daarom spreek ons oor:
DIE HOË BETEKENIS VAN DIE EED
Met die oog daarop oorweeg ons:
- Die eed in die Heilige Skrif;
- Die eed in die samelewing;
- Die eed in die kerk.
In die eerste vraag van sondag 37 word veral die doopsgesinde rigting bestry. Die formulering van die vraag laat dit duidelik uitkom: Maar mag ons ook Godsalig by die Naam van God 'n eed sweer? Die nadruk moet hier op die woord Godsalig val. Kan dit word gevra, kan jy in geloof, in die vrees van God, die Naam van die Here, in hierdie goddelose samelewing, aanroep? In die sestiende eeu was elkeen glad nie daarvan oortuig nie. Veral vir die doopgesindes en christene wat met hul gesimpatiseer het, was dit 'n groot moeite.
Partymaal dink ons dat Luther en Calvyn net teen die pous en die roomse kerk moes stry. Die gedagte is nie reg nie, want spoedig het geblyk dat tydens die reformasie ook andere kragte gewerk het. Die doopsgesindes het wel saam met Luther en Calvyn die roomse kerk verwerp, maar daarna hul eie pad geloop. Veral die wederdopers of anabaptiste, het onder hulle wat met rome gebreek het 'n rewolusionere rigting gevolg.
Die wederdopers het hul fel teen die eed versit, want die eed word deur die owerheid vereis. Juis die instelling van 'n owerheid het hulle in 'n gekerstende wereld, nie kan plaas nie. Die owerheid het by die gewone lewe van die natuur, by die sondige wereld, behoort. Juis daarvan, het hulle gedink, het Christus hulle verlos.
Christus het hulle deur sy genade, weer in die paradys terug gebring. In die paradys was daar geen owerheid nodig nie, sondeloos het die mense daar in vrede met mekaar gelewe. Daar was geen sonde om te beteuel en dit was nie nodig om oorlog te voer nie. In Christus is die mens weer na die oorspronklike toestand sonder owerheid, polisie, justisie en 'n weermag terug gebring. So het die wederdopers dit vas geglo.
Ons kan verstaan dat vanuit so 'n siening die eed oorbodig geag word. Die owerheid wat juis nie erken word nie, het dit tog van hulle geeis! Die eed is gevra om trou en waarheid te bevestig. Christene het dit immers nie nodig nie want hulle ja; is ja en hulle nee; is nee. Adam en Eva het in die paradys mos geen eed gesweer nie. Die eed het by die sondige verleuende wereld behoort waarvan Christus hulle bevry het.
Veral die rewolusionere wederdopers het daarin ver gegaan. In Munster het hulle die koninkryk van God opgerig. Daar het hulle geen owerheid benodig nie. Eiendom is as iets van die bose beskou, christene het alles gemeenskaplik. Hulle ja, was ja en hulle nee, nee, dit was nie nodig om dit nogeens ekstra met 'n eed te bekragtig nie. Vanuit die sfeer van die sondige natuur is hulle deur Christus in die klimaat van genade oorgebring. Dus weg met al die menslike ordeninge!
Ja, vir dit alles het hulle hul op die Skrif beroep. In Matt. 5: 34 het Jesus self gese: Moet glad nie 'n eed afle nie. En Jakobus het dit in sy brief 5 vers 12 nogeens onderstreep: My broers, dit is baie belangrik dat julle nie 'n eed moet afle nie, nie by die hemel nie, nie by die aarde nie en ook nie enige ander eed nie. As julle ja se, moet dit ja wees; as julle nee se, moet dit nee wees. Dan sal julle nie veroordeel word nie. Het hulle nie volgens die Skrif gepraat nie?
Inderdaad gemeente dit staan daar. Alleen hoe word daardie Skrifplaatse verstaan? Gereformeerde mense het altyd geweier om hulle sonder meer op los tekste te beroep. Die Heilige Skrif is altyd in die verband gelees. Dat moet ons ook doen en ons nie deur daardie fragmentaries skrifbewys laat verwar nie. Ons Heiland het die woorde wat ons sojuis aangehaal het in die bergrede uitgespreek. Daar het Hy teen die Fariseers en Skrifgeleerdes ingegaan wat die waarde van die eed weggeneem het. In die vervolg laat ons Heiland sien hoe die eed deur die Jode misbruik is. Hulle het nie alleen by die Naam van God self gesweer nie, want dan is jy verbind om die eed te hou. Om daar onder uit te kom het hulle gese 'n mens kan ook by die hemel sweer, dit bind nie so streng as, wanneer by die Naam van God gesweer word nie. Nog minder binding was daar, as by die aarde, Jerusalem of 'n mens sy eie kop gesweer word.
Let nou daarop hoe ons Here Jesus Christus daardie geknoei met die eed en met die deur so 'n eed bevestigde waarheid, openlik veroordeel. Sweer by die hemel of aarde is glad nie minder bindend as sweer by die Naam van God nie. Die hemel is mos die troon van God en die aarde die voetbank van sy voete. Die hemel en die aarde het alles met God te doen. In die hemel het God sy troon gevestig en die aarde het Hy geskep. As by die hemel of aarde gesweer word, word by God gesweer!
In 'n eed moet jy ook nie jou kop op die spel plaas nie, want jy kan nie een haar van jou kop wit of swart maak nie. Jou lewe en jou liggaam is die eiendom van God en word deur Hom geregeer. Nadat die skandelike misbruik van die eed so ontmasker is, se ons Heiland: Laat julle ja eenvoudig ja wees en julle nee, nee. Wat meer gese word as dit, kom van die Bose.
Vlymend het ons Heiland die misbruik van die eed aan die kaak gestel. Daarby stel Hy ons tegelyk onder die gesag van die negende gebod.
Kinders van God het geen ekstra bevestiging van hul woord nodig nie, as ja gese word moet dit ja wees en nee moet nee wees. In die intermenslike verkeer moet ons op mekaar se woord kan staat maak. Daartoe het God vir ons die negende gebod gegee en word ons deur Christus daaraan gebind. Wat meer gese word as dit kom van die bose! Dis die duiwel wat hom daaragter bevind en hom moet ons met alle mag teenstaan. Hoe mooi word ons so deur ons hoogste profeet onderrig oor die waarheid spreek. Dis goed verstaanbaar dat Jakobus in sy brief hierdie onderrig oorneem en deurgee.
Het die Heiland in die bergrede die sweer van 'n eed totaal verbied, soos die Doopsgesindes en Baptiste tot op vandag volhou? Virseker nie, gemeente. Dink aan die nag dat ons Heiland Hom voor die Joodseraad moes verantwoord. Sien hoe Hy daar vir Kajafas die hoepriester staan. Op die hoogtepunt van die verhoor se die hoepriester vir Jesus: "Ek stel jou onder 'n eed by die lewende God dat jy vir ons moet se: Is jy die Christus, die Seun van God" Het Jesus toe geweier om te sweer? Glad nie Hy het Homself aan die hoogste geestelike gesag in Israel onderwerp en onder eed verklaar dat Hy die Seun van God is. Daarmee het Hy die reg van die owerheid, om 'n eed van sy onderdane te vra, bevestig.
Daarom word op die vraag: Maar mag ons ook Godsalig by die Naam van God 'n eed sweer; met 'n kragtige JA geantwoord, want om so 'n eed te sweer is in die Woord van God gegrond en daarom ook deur die heiliges in die Ou en Nuwe Verbond reg gebruik. In Gen. 24 laat Abraham sy slaaf Elieser sweer dat hy vir Isak geen vrou uit die kanaaniete sal neem nie, maar vir hom 'n vrou, uit die geboorteland van Abraham sal haal.
Elieser het toe na die gewoonte van daardie dae sy hand onder die heup van sy heer Abraham gele en met 'n eed in die Naam van die Here die God van Hemel en aarde, dit vir Abraham belowe. Elia het vir Agab gese: So seker as die Here leef, die God van Israel in wie se diens ek staan, daar sal die volgende paar jaar geen dou of reen val nie, behalwe as ek so se. So het Elia sy boodskap met 'n eed bevestig.
God self maak ook gebruik van die eed soos ons in Psalm 95: 11 lees: "Daarom het Ek in my toorn 'n eed afgele dat hulle nooit sou uitkom by die rusplek wat Ek hulle wou gee nie. " In Esegiel 33: 11 lees ons hoe God 'n belofte met 'n eed bevestig: "So seker as Ek leef, se die Here my God, Ek wil nie he die sondaar moet deur sy sonde sterf nie, Ek wil he hy moet van sy optrede afsien en lewe. " In Psalm 95 bevestig God sy oordeel met 'n eed en in Esegiel word die belofte met 'n eed bevestig.
Gemeente met opset het ons die Skrif laat spreek. Dit gaan om die hoe waarde van die eed wat deur die doopsgesindes verwerp word. Wat bly daar van hul beroep op die Skrif oor? Is die eed van Christus voor Kajafas nie genoeg nie? Ook in die gebruik van die eed kom die eenheid van die Ou en Nuwe Testament sterk vorentoe. Ook Paulus het in twee Kor. 1: 23 'n eed gebruik toe hy skrywe: "Ek roep God as getuie aan oor my siel dat ek om julle te spaar nog nie na Korinte gekom het nie. "
Daar staan in hierdie tyd vir ons lewe groot dinge op die spel. As die doopsgesindes gelyk het dat ons die Naam van God nie in die samelewing, waarin ons as christen lewe mag ophef nie, mag ons ook geen christlik getuienis insake politieke en sosiale beleidsrigtings laat hoor nie.
Dan moet ons van die hele samelewing afsydig bly. Maar God sy dank, dis nie so nie. Ons mag die Naam van die Here aanroep, oor al ons handelinge in die samelewing in justisie, polisie, weermag en by die aanvaarding van enige hoer of laer amp. Die Naam van God staan nie haaks op die samelewing nie. Die Naam van God hou juis die samelewing in stand deur die vastheid van die eed.
II Daarmee het ons aan die tweede, die hoe waarde van die eed in die samelewing toegekom. Daarin word ons vir die owerheid geplaas wat een van die heilsaamste instellings in hierdie wereld is. Antwoord 101 se: Die owerheid eis die eed om daardeur trou en waarheid te bevestig. Daar word nog iets aan toegevoeg, waaraan ons nie mag verby kyk nie. Die owerheid doen dit tot eer van God en tot heil van die naaste.
Kom ons stap hof toe, om die afle van 'n eed aan te hoor. Partymaal kan in die hof baie van getuie-verklarings afhang, die skuld of onskuld van 'n verdagte, dit gaan om sy eer en goeie naam. Nadat die staat die klag gele het, word die getuies een een ingeroep, nadat die Landros naam en adres van die getuie gekontroleer het vra hy hom of hy die eed wil afle dat hy die waarheid en niks anders as die waarheid sal spreek. Die getuie moet sy regterhand opsteek en die regter naspreek: "So help my God. " God is daar in sy alwetendheid en alomteenwoordigheid aanwesig. Die getuie het God met die regterhand in die lug aangeroep, hy kan nooit se hy het nie geweet wat hy doen nie. Is dit nie bysonder nie? In die hof word openbaar God aangeroep. Die Landros het 'n prediker van die majesteit en alwetendheid van God geword. Psalm 139 word hier aktueel: "Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. "
Wie as getuie in die hof lieg is skuldig aan meineed, hy sondig teen die heilige God voor wie se aangesig hy die eed gesweer het. Ons weet die wet maak versiening, om in die plek van 'n eed 'n gelofte af te le. Maar dit is nie normatief nie. Dis 'n armoedige uitsondering wat daar gestel is vir hulle wat die eed weier. Maar die eed is voorgeskrywe en gaan voorop. Die gelofte kan nooit die krag van 'n eed he nie. Dis wesentlik 'n armsalige alternatief vir die eed.
Gemeente daar is nog iets, in die eed soos ons dit in die hof gehoor het. Daarin het naamlik die protestantse karakter van ons staatsbestel vorentoe gekom. In Roomskatholieke lande word met die hand op die krusifiks, die beeld van Christus aan die kruis, of onder aanroeping van heiliges die eed afgele. Ons sweer die eed by God almagtig, 'n kernagtige reformatoriese eed. In Amerike word die eed met die hand op die Bybel afgele.
Langs die eed van verklaring kan ook die eed vir 'n belofte gevra word. Die owerheid vra dit van hulle wat in 'n belangrike pos geplaas word. In die inleiding is die staatspresident reeds genoem, daar is verskeie ander poste soos offisiere in die weermag, polisie, justisie, in geneeskudige beroepe en andere. Die owerheid weet hoe 'n pos misbruik kan word. Hoe lewe of dood van die met sorg uitoefen van die beroep afhang. Dink maar aan geneeskudige beroepe Dis nie om dowwe neute dat die owerheid daar 'n eed vra nie. In 'n verdorwe wereld, is die eed 'n harde getuienis teen die sondige menslike natuur. As Gereformeerdes ken ons die verdorwe werklikheid. Teenoor die doopsgesindes staan ons met sondag 37 met al twee bene in die realiteit van die lewe.
Gemeente, dit alles moet ons daartoe dring om die eed heilig te hou. Daarom moet ons, as ons geroep word om die eed af te le, toon dat ons weet dat die eed geen formaliteit is nie. Die eed is 'n heilige handeling voor die aangesig van God! Die Skrif vertel aangrypende voorbeelde van ligvaardige of valse eedswering.
In die geskiedenis van koning Saul kry ons so 'n ligvaardige eed. Dit was by die pas by Mikmas waar Jonatan en sy wapendraer die Filistyne verras het en God hulle verwar het, sodat Saul die manskappe 'n eed opgele en gese het: " 'n Ramp tref die een wat voor vanaand iets eet. Ek wil my op my vyande wreek. " Jonatan het dit egter nie gehoor nie en sy kierie in 'n heuningkoek gesteek en daarvan geeet. Dit het hom nuwe krag gegee. Toe Jonatan die skuld vir sy Pa bely het Saul gese; Dit was 'n eed Jonatan, jy moet beslis sterf. Dit was 'n ligvaardige eed van koning Saul. Gelukkig het die volk Jonatan se lewe gered. 1 Sam. 14
Koning Herodes het ook so onverantwoord gesweer, toe hy vir die dogter van Herodias 'n eed afgele het dat hy haar sal gee net wat sy vra. Sy het toe die kop van Johannes die doper gevra. (Matt. 14: 7) Dis was 'n goddelose vraag wat na die goddelose eed, gevolg het.
In hierdie tyd waar die Naam van die Here steeds meer uit die openbare lewe verwyder word, sal ons dit met alle krag moet teenstaan. Dink maar aan die nuwe grondwet, en die gebed in die parlement. Uit die stryd vir die vryheid om God volgens sy Woord te dien. Het Nederland en ons ook, die protestantse eed oorgehou. Die owerheid het die reg om die eed van ons te vra, daaraan moet ons wat die Naam van God bely, bly vashou.
III Ons het nou by die laaste gekom: die eed in die kerk. In die kerk word geen eed gesweer nie. In die kerk staan ons nie vir 'n amptenaar van die owerheid nie. In die kerk staan ons voor die aangesig van God. Dit gaan daar nie om trou en waarheid in die intermenslike verkeer nie, maar om ons omgang in die gemeenskap van die heiliges. Daarom word in die kerk met 'n simpel ja volstaan as daar in beslissende momente vrae gestel word.
Die ja wat in die kerk uitgespreek word het egter die krag van 'n eed, want dit word voor die aangesig van Gods uitgespreek. Ook daarvan geld wat antwoord 102 se: dat God die enigste Kenner van die hart is. Hy weet of die ja van ons opreg uitgespreek is. God sien ook daarop toe dat ons die ja-woord gestand doen. Gemeente in beslissende momente in ons lewe het ons die ja in die Kerk voor God en sy heilige gemeente uitgespreek.
Dis goed dat ons onderling mekaar uitdruklik aan die ja herinner. Weet jy nog dat jy by die doopvont gestaan het en jou daar gevra is of jy hierdie kind in die leer van die Ou en Nuwe-Testament, wat in die artikels van die Christelike geloof vervat is na u vermoe sal onderrig en laat onderrig? As vaders en moeders het ons ja op daardie vraag geantwoord. Doen ons die ja vandag nog gestand? Voed ons ons kinders op in die leer wat in die kerk alhier geleer word. Is daar in hierdie tyd nie alle rede, om mekaar voortdurend daaraan te herinner en daartoe op te wek nie?
Gemeente ons lewe in 'n tyd van God verlating en kerk verlating.
In 'n tyd waarin die duiwel daarop uit is om ons kinders by die God van hul doop weg te trek. Uit alle ondersoeke wat in verband met kerkverlating gedoen is, blyk dat daar veel van afhang of die kinders by die huis ervaar dat die dien van die Here, deur hul ouers, opreg is. Laat daarom die ja by die doopvont gespreek in die opvoeding van ons kinders 'n opregte ja voor God bly.
By die afle van die belydenis van die geloof het ons ook ja geantwoord op die vraag: Is dit u voorneme om deur die genade van God in hierdie leer tot die einde van u lewe standvastig te volhard, die verbondsgemeenskap met God te onderhou, Hom van harte lief te he en in gehoorsaamheid aan sy Woord te dien, van die wereld en sy begeerlikheid af te sien, u lewe en saligheid buite uself in Christus te soek en so hierdie belydenis van u met 'n godvresende lewe te bevestig? Staan ons vandag nog vir daardie Ja?
Ons dink aan die jeug onder ons, party van hulle het nog maar kort gelede hul ja-woord op die vraag uitgespreek. Word jou lewe deur daardie ja beheers? Hou jy dit vol as jy vanuit die wereld aangeveg word? Soek jy dan krag by jou Vader in die hemel deur Jesus Christus jou Heiland? Stry jy voortdurend om by daardie ja te bly? Ons bely hier dat alleen God ons hart ken, die hart van elkeen van ons. Hy weet wat daar in elkeen se hart lewe. Daarom sorg dat die geloofsbelydenis nie 'n formaliteit was nie! Stry in geloof om die smalle pad agter jou Heiland ons Here Jesus Christus te bly loop.
Op die troudag klink daar ook 'n ja wat ons voor God en sy heilige gemeente uitgespreek het. As man en vrou het ons daar belowe, dat ons mekaar nooit sal verlaat nie, dat ons mekaar sal liefhe, heilig met mekaar sal lewe ooreenkomstig die uitspraak van die heilige evangelie. Is daar in hierdie tyd geen rede om mekaar daaraan te herinner nie? Hoe baie huwelike word in hierdie tyd nie ligvaardig verbreek nie? Daarom het ons as christene die roeping om mekaar nadruklik aan hierdie ja te herinner. Dink ons miskien dat die verbreek van die troubelofte in die gemeente van God nie kan gebeur nie? Daardie Ja voor God en sy gemeente op ons troudag uitgespreek, gee ons ook 'n kragtige steun om mekaar vas te hou as ons huwelik in 'n krisis beland.
Daar is nog een ja, waarop ons wil wys. Die ja uitgespreek deur bedienaars van die Woord, ouderlinge en diakens, as hulle in hul amp bevestig word. Bedien ons as ampsdraers ons amp, waartoe ons deur God en sy heilige gemeente geroep is, in ooreenstemming met ons belofte by die bevestiging afgele? Is daar geen rede om ook ons voortdurend aan die ja te herinner nie?
So het ons aan die eind van die sondag oor die eed gekom. Moontlik het een van ons gevra: Behoort dit nou ook tot die enige troos in lewe en in sterwe? Kan die eed daarin ook 'n plek kry? Gemeente, hoe het ook die drie dinge van ons enigste troos, ons ellende, ons verlossing, en ons dankbaarheid in hierdie sondag oor die eed vir ons aandag gekom. Die eed het ons aan ons leuenagtigheid en onbetroubaarheid ontdek. Juis daarom moet die owerheid van ons die eed vra. Die pad tot verlossing van ons lewe is ons ook gewys. Tot ons steun kan die Naam van God vir 'n lewe in waarheid en trou aangeroep word.
Dis ook 'n stuk verlossing van die lewe. Met dankbaarheid mag ons God dank dat Hy ons in Christus kragte skenk, om ook op die punt van die eed die derde gebod uit dankbaarheid te volbring. Gemeente vlug, in die stryd en aanvegtinge om ons ja in eed en kerkbelofte gestand te doen, tot die heerlike eed van God: So seker as Ek leef, se die Here my God, Ek wil nie he die sondaar moet deur sy sonde sterf nie, Ek wil he Hy moet van sy optrede afsien en lewe.
Amen.
(kyk in preek)