Christus roep die gelowiges tot die maaltyd van Sy gemeenskap

Minister: 
Ds FJ van Hulst
Church: 
(onbekend)
Date: 
2000-01-01
Text: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 28
Preek Inhoud: 

Voor diens: Sb 29: 1-5
Ps 89: 1, 2
Ps 89: 3
Ps 6: 1, 4, 7, 8
Ps121: 1-4
Lees: Matt 22: 1-14
Teks: Sondag 28

Geliefde gemeente,

In verlede week se preek het ons afgekom op 'n kenmerkende verskil tussen die Doop en die Nagmaal.

In die Doop, met name in die kinderdoop is heel duidelik dat God Self die handelende persoon is. Jy ontvang die Doop. Daar gebeur iets met jou waarby jyself min of meer passief is. Tenminste op die oomblik dat jy die Doop ontvang.

By die Nagmaal is dit anders. Daar is jyself veel meer aktief betrokke. Die Nagmaal is namelik 'n vorm van gemeenskaps-oefening. Vir gemeenskapsoefening is twee partye nodig. Anders werk dit nie.

In verband met die Nagmaal en met die bybelgedeelte wat ons vanoggend gelees het kan ons dit so se: By die Nagmaal is daar 'n gasheer en daar is genodigdes. Die gasheer kan mense nooi, maar as die gaste self nie wil kom nie dan kom daar geen gemeenskap tot stand nie.

Maar as mense die uitnodiging aanvaar dan mag hulle deel in al die feestelike gawes wat die gasheer ter beskikking stel.

Ons tema vir vanoggend se preek is:

Christus roep die gelowiges tot die maaltyd van sy gemeenskap

Ons moet

  1. gehoorsaam kom
  2. dankbaar deelneem

In die Nagmaal gaan dit dus daarom dat gemeenskap tot stand kom. In die eerste plek tussen die gasheer en die gaste.

Ofwel tussen Jesus Christus en die gelowiges. Vervolgens ook tussen die gaste onderling.

Wel so 'n gemeenskap kan alleen maar tot stand kom op basis van vrywilligheid. As jy iemand dwing om daaraan deel te neem werk dit eenvoudig nie. As iemand koponderstebo aan die Nagmaalstafel sit is dit onmoontlik dat hy daaruit enige seen kan ontvang.

Dis logies, van iemand wat jy teen sy sin aan 'n maaltyd laat deelneem kan jy ook nie veel geselligheid verwag nie.

In die verband klink dit 'n bietjie snaaks dat die Kategismus in verband met die Nagmaal onmiddellik begin praat van 'n bevel van Christus.

"Christus het my en alle gelowiges beveel om tot sy gedagtenis van hierdie gebreekte brood te eet... "

Maar soos ons gese het, om op bevel gemeenskap te oefen werk nie. En tog staan dit so daar. Christus beveel jou. So'n bevel kan jy nie ignoreer nie.

Maar hoe werk dit dan met die vrywilligheid wat noodsaaklik is vir die totstandkoming van gemeenskap?

Om dit te begryp moet ons stilstaan by die karakter van die bevel waaroor dit hier gaan.

In antwoord 77 lees ons van die instelling van die Nagmaal.

Daar staan: In die nag waarin Hy verraai is, het die Here Jesus die brood geneem... ensovoort.

In die nag waarin hy verraai is. Dit is meer as alleen maar 'n tydsaanduiding.

Die nag waar in hy verraai is gee die atmosfeer weer waarin hierdie bevel tot stand gekom het. Die Here Jesus Christus weet wat sal gebeur in hierdie nag. Hy weet dat Hy deur verraad in hande gespeel sal word van hulle wat Hom van die lewe wil berowe.

Hy weet dat Hy sal sterf. Hy weet selfs dat al sy dissipels van angs sal vlug en Hom heeltemal alleen sal laat.

Maar Hy weet ook van sy roeping om tot die einde toe die pad van gehoorsaamheid te gaan. Immers slegs so kan die lewe van hulle na wie sy liefde uitgaan gered word.

Dit is die atmosfeer waarin die bevel om Hom te gedink gegee word.

Dit beteken dat die bevel kom in die situasie waarin die Here Jesus op die punt staan die offer van sy lewe te bring. In sy liefde vir die mense kom Hy nou tot die hoogste offer. Die oorgawe van sy lewe in die hande van dood en hel. Hy besef wat vir hom voorle en Hy huiwer. Onthou watter swaar stryd Hy in die hof van Getsemane gestry het. Die skaduwee van die nag wat kom, hang vir hom reeds oor hierdie afskeidsmaal met sy dissipels.

En dan neem Hy die brood, breek dit en begin dit uitdeel.

Neem, eet ;dit is my liggaam wat vir julle gebreek word.

Verstaan U nou die toonhoogte van hierdie bevel?

Vanuit sy volkome liefdesoorgawe waarin Hy besef dat sy dood noodsaaklik en onontkombaar is, wil Hy sy dissipels dwing: Doen iets met hierdie dood van My. Laat dit vir jou dien as 'n versoeningsoffer. Want jou lewe is in geding.

Vergelyk die hartekreet van 'n ma wat sien dat haar kind na 'n lewensgevaarlike plek hardloop: Bly staan! Moenie 'n stap verder doen nie!

Sy se dit nie omdat sy oor die kind wil heers nie, maar sy doen dit vanuit die liefde van haar hart. Sy besef die kind is in lewensgevaar. Dus stop! Nou!

Wel met dieselfde intensiteit roep die Here Jesus sy dissipeks toe. Neem, eet, gedink, en glo !

Anders gaan dit jou verby. Anders kan jy nie jou lewe behou nie!

Blykbaar ag die Here Jesus dit nodig dat ons so die heilige Nagmaal vier. Jy moet daar kom. Want jy kan nie sonder nie. Die Here ken jou mos. Die Here weet dat na 'n sekere tyd tog weer verslapping in jou lewe intree. Die ernstige voorneme waarvan ons Nagmaalsformulier praat, hou gewoonlik maar 'n beperkte tyd. Dan moet daar weer 'n stimulans kom. Dan wil die Here ons weer heel nadrukkelik van sy liefde en trou verseker. Sodat ons weer besef: ons is groot sondaars. Ons moet terug na die Here en sy gebod.

In sy liefde wil die Here ons vashou. Hy wil nie dat wat ons betref sy offer tevergeefs was nie. Vandaar hierdie dringende bevel. Kom sit aan my maaltyd!

Jy kan net so min gedwing word om te kom as die eerste genodigdes by die bruilofsmaal van die koning uit Matteus 22. Elkeen het sy eie verskoning gehad. Die een moes dringend na sy akkers kyk. Hulle het op die oomblik al sy aandag nodig gehad. Daarom het hy nie nou tyd vir 'n bruilofsmaal nie.

Die ander een het 'n handelssaak gehad. Hy kon sy besigheid nie sommer los nie. Sy aanwesigheid daar was dringend vereis.

Weer ander het sommer kwaad geraak vir die mense wat hulle kom nooi vir die bruilof van die koning. Hulle het gemeen: as ons van die knechte van die koning ontslae kan raak dan is ons van die koning af. Dan sal hy ons nooit meer lastig val nie.

En so haal al die genooides die woede van die koning oor hulle.

Die moordenaars word gestraf en die stad aan die brand gesteek. Dit beteken dus ook die einde van al die dinge waarmee die mense wat nie wou kom nie, so besig was. Deur hul weiering om te kom omdat hulle te besig was met ander dinge het hulle tenslotte alles verloor.

Ons leer daaruit dit: Christus dwing jou nie aan sy tafel nie, maar as jy sy dringende bevel verontagsaam, verloor jy tenslotte alles.

Ons kan die toepassing nog wel 'n bietjie breeer maak. Christus vra dat ons ook in ons lewe van elke dag met hom gemeenskap oefen. Dit doen 'n mens deur daagliks tyd vry te maak vir bybellesing en persoonlik gebed. In so'n tyd luister jy na die Here en praat jy met Hom. Dan oefen jy werklik gemeenskap met hom.

Wie van ons beoefen werklik daardie gemeenskap?

Die kinders het nie tyd nie. Hulle is te besig vir skool.

Die moeders het ook nie die geleentheid nie, want die werk in die huis kom tog al nie klaar nie.

Die vaders moet soggends al vroeg ry. In die aande is hulle uitgeput.

Dus miskien sal ons later....

En so laat ons die uitnodiging tot gemeenskapsoefening aan ons verbygaan.

Kom ons kyk weer na die gelykenis.

Die bruilof is wel gereed, maar die genooides is dit nie werd nie.

Die koning kry sy saal werklik wel vol. Dis nie die probleem nie. Slegtes en goeies is langs die pad versamel. Geen spoggeselskap op die bruilofsfees van die koning nie.

Hulle was dit in elk geval ook nie werd nie, maar hulle het dan tenminste gekom!

Die bruilofsaal het vol gaste geword. En al die rykdomme van die koning is vir hulle ter beskikking gestel.

Doen dit tot my gedagtenis!

So roep koning Christus ons aan sy tafel.

'n Gedagtenis is iets anders as 'n herdenking. Kyk, by 'n herdenking dink jy terug aan 'n gebeurtenis in die verlede. Daardie gebeurtenis het b. v 'n wending in jou lewe gebring.

Maar 'n gedagtenis hou is heel nadruklik jou lewe deur 'n seker feit te laat bepaal.

As Christus vra om iets te doen tot sy gedagtenis, dan beteken dit dat ons heel bewus sy dood tot beslissende saak in ons lewe moet maak.

Ons moet sy dood verkondig.

Dit wil nie se dat ons verkondig dat Hy dood is nie, maar inteendeel dat Hy lewe. En verder dat sy lewe ons lewe is. Ons leef van sy dood.

Dit is waaroor dit gaan. Ons glo dat ons mag lewe omdat Hy gesterf het. Dit is Nagmaal vier.

Elkeen wat aan die Nagmaalstafel kom se dit: Ek wil lewe van die genade van ons Here Jesus Christus.

Ek besef dat ek nie werd is om hier te sit nie. Maar ek is bly met my uitnodiging en daarom het ek gekom. Die Gasheer weet wat Hy doen as Hy my hier wil he.

Aan Hom wil ek my lewe toevertrou. Want ek voel my lewe is daar veilig.

Juis aan die tafel besef ek dat ek van genade moet lewe. Dit wil ek doen. Ek wil dit doen met almal wat ook genooi is, goeies en slegtes. Ons hou mekaar aan die belydenis.

Want om na die tafel van die Here te kom is 'n saak van gehoorsaamheid. En daarom is daardie gemeenskap met mekaar een gemeenskap van gehoorsames.

2. Ons moet dankbaar deelneem

In die inleiding het ons gese dat die verskil tussen die Doop met die Nagmaal is dat jy self baie meer bewus aan die Nagmaal deelneem.

Na die doopvont word jy gedra. Na die Nagmaalstafel moet jy stap. Jy kom self. Dit is 'n daad van gehoorsaamheid.

Eintlik is dit ook weer 'n vorm van openbare geloofsbelydenis. Almal kan sien jy gaan aan aan die tafel.

Daarmee doen jy belydenis van jou eie sondigheid. Die Nagmaal is mos nie 'n tafel vir sondeloses nie, maar vir sondaars. Vir mense wat volgens die formulier verslae van hart is.

Dus jy kom daar as 'n skuldbewuste sondaar. En daarby pas 'n ernstige houding. Jy is deurdronge van die erns van jou sonde.

Maar dit sou 'n groot vergissing wees om te dink dat ons dus aan die Nagmaalstafel almal somber en swart moet kyk. Mens kry soms die indruk as jy na 'n tafel met nagmaalsgangers kyk dat hulle aansit aan 'n begrafnismaal, waar almal so beindruk is deur die dood en die begrafnis dat almal somber sit en kyk.

Dit is 'n misverstand oor die aard van die nagmaalsviering. Dit is 'n viering brs en zrs, dit is 'n feesmaal.

Ons moet dit goed besef en daarom ook 'n feestelike gebeurtenis daavan maak. Ons het tog iets om te vier?

Ons vier die vergewing van ons sondes! Wie sou nie bly wees nie?

Ja daar is een manier waarop jy nie bly kan wees as jy aan die Nagmaal deelneem, dit is wanneer jy die boodskap van die Nagmaal nie ernstig neem nie.

Dan betwyfel jy namelik of God werklik jou sondes vergewe het. Dan betwyfel jy ook of die Heilige Gees in staat sal wees om jou in die vervolg by te staan in die stryd teen jou sonde.

Dan is vir jou die Nagmaal nie 'n blye gebeurtenis nie.

Maar, hoe ernstiger jy oor die boodskap van die nagmaal is, hoe blyer is jy op daardie dag.

Ek sal vir u 'n voorbeeld vertel waaruit blyk dat ernst en blydskap volledig kan saamgaan.

Se nou 'n man en 'n vrou is al 'n hele paar jaar getroud en hulle wil baie graag 'n kind he. Op 'n dag kom die vrou by die dokter en die dokter se vir haar na 'n ondersoek: Nee, maar jy is in verwagting!

Omdat sy dit skaars kan glo se sy: Is u ernstig, dokter?

Se nou hy antwoord, nee ek is nie ernstig nie, dit was maar net 'n grappie.

Ek dink daar is niks om te lag nie. Maar as die dokter antwoord Jaseker ek is doodernstig. Dan klaar die gesig van die vrou op en sy kan begin lag of huil of wat sy maar wil. Maar dan is dit van pure vreugde.

Hoe meer ernstig jy 'n goeie boodskap aanvaar hoe blyer is jy.

Hoe meer ernstig jy die evangelie, die blye boodskap neem, hoe vroliker is jy.

Wel, daardie blydskap behoort by die Nagmaal.

As jy ernstig is oor jou sondes en vervolgens ernstig die bedoeling van die Nagmaal verstaan, dan is daar darem rede tot groot vreugde!

Let op dat die kategismus antwoord 75 besluit met die woord geniet. Dit is belangrik. Ek eet nie slegs brood nie, ek drink nie net wyn nie, maar ek geniet dit.

Natuurlik geniet ek dit! Ek proe mos daarin die vryspraak van my sondes.

Hoe ernstiger ek die vryspraak aanvaar hoe groter is my feesvreugde.

Daarom is die Nagmaal 'n feesmaal. Daarom is die sondag van die Nagmaal 'n ekstra feestelike sondag.

Om te begin in die kerk.

Maar ook by die huis moet ons van die Nagmaalsondag 'n besondere feessondag maak.

Ons kinders moet aan ons kan sien dat ons iets het om te vier. Hulle moet aan ons kan merk dat ons dankbaar is dat ons die Nagmaal kon gevier het.

En laat hulle dan maar vra: Vader, moeder wat is so feestelik aan hierdie dag?

Hoe kan 'n mens so bly wees as jy 'n stukkie brood in die kerk kan eet?

En vertel dan maar waaroor dit gaan. En hoe ons ons geseend voel.

Die Nagmaal is 'n feesmaal.

Daarby pas ook 'n feestelike houding van liefde en dankbaar-heid vir die Heer wat ons daar genooi het.

Dink nog 'n slag aan die een gas uit die gelykenis. Hy was een van die genooides wat langs die pad opgetel is.

Almal wat by die feessaal aangekom het, het vir hulle ook 'n feeskleed laat uitdeel. Maar een gas nie.

Hy het gese: Die Heer moet my maar aanvaar soos ek is. Ek kan hier ook wel sonder 'n feeskleed sit.

Om te kan eet en drink benodig jy nie so 'n feeskleed nie.

Hierdie gas het net vir homself gekom.

Nie tot eer van die bruidegom nie.

Hy word dan ook die feessaal uitgegooi. Sulke gaste kan die Heer nie gebruik nie.

Die Here aanvaar ons almal soos ons is. Hy roep goeies en slegtes. Ons kan maar kom in ons ou klere van sonde en gebreke.

Maar ons mag nie bly soos ons is nie. Ook aan ons word 'n feeskleed uitgedeel. Die feeskleed van die Heilige Gees.

Die feeskleed van 'n nuwe lewe tot eer van die bruidegom.

Die feeskleed van goeie werke tot eer van die Gasheer van elke Nagmaalstafel.

Jesus Christus die bruidegom

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)