Die werk van die Heilige Gees en die kerk van God

Minister: 
Ds RH Bremmer
Church: 
(onbekend)
Date: 
2000-01-01
Text: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 21
Preek Inhoud: 

Vertaalde preek van Dr. R H Bremmer oor Sondag 21 H. K.

Die ark van God.

Lees: Psalm 48
Teks: Sondag 21 H. K.
Sing: Ps. 95: 1 en 4
na wet Ps 32: 4 en 5
na belydenis Sb. 24: 6
Ps. 87: 1, 2, 3, 4, 5
Sb. 27: 6 en 7
Ps 33: 1, 2 en 3

Geliefde broeders en susters in onse Here Jesus Christus!

Die laaste tyd word daar veel aandag aan die houding van die jeug ten opsigte van die Kerk bestee. Verskillende kerkgenootskappe is daaroor met sorg vervul. Daar kan aan die boekie van P van der Ploeg "Het lege testament" gedink word. Hierdie geskrif het in 1985 in Nederland verskyn. Die skrywer beweer dat kerkverlating deur jong mense veral veroorsaak word deurdat ouers hul kinders wat die geloof betref niks saam gee nie. Dis 'n gewoonte om kerk toe te gaan, maar by die huis word amper nie oor die geloof of oor die kerk gepraat nie. Meeste van hierdie kinders los die kerk as hulle ophulself kom te staan. Die ouers het hul kinders 'n lee testament nagelaat.

Hierdie boekie het in Nederland baie reaksies uitgelok. Vir ons is dit belangrik om die waarskuwing wat van die boek uitgaan nie in die wind te slaan nie. Wat dra ons as oueres aan die kinders van die kerk en ouers aan hul kinders, oor? Spreek uit ons omgaan, met ons kinders en in die kontak met die jeug van die gemeente, liefde vir God en sy vreugdevolle diens? Word daar met liefde oor die huis van God, die kerk, waarin ons geplaas is gespreek? Voel ons jeug hulle by die dien van God en die opbou van sy huis betrek? Dis 'n uiters belangrike saak gemeente.

Daarom is dit heerlik dat ons kategismus in sondag 21 oor die kerk spreek. Dit word gedoen in navolging van die apostoliese geloofsbelydenis wat in die negende artikel met nadruk oor die kerk en oor die band wat gevorm word, die gemeenskap van die heiliges spreek. Ook die tiende artikel word daar nog bygevoeg. Die kerk van God, die gemeenskap van die heiliges en die vergewing van sondes, vorm immers 'n sterk eenheid.

As gelowiges, jonk en oud, is ons nou by daardie eenheid betrek. Ons moet veral bly raaksien dat die kerk die gemeenskap van die heiliges en die vergewing van sondes, onder die opskrif: van God die Heilige Gees en ons heiligmaking, bespreek word. Ons word persoonlik deur die Heilige Gees sterk aan die inhoud van hierdie drie geloofs artikels verbind. Daarom spreek ons nou oor:

DIE WERK VAN DIE HEILIGE GEES EN DIE KERK VAN GOD.

  1. Christus vergader deur Hom die kerk;
  2. Hy stig in haar die gemeenskap van die heiliges;
  3. Hy skenk haar die vergewing van sondes.

I In sondag 8 het die kategismus die verdeling van die apostoliese geloofsbelydenis in drie dele opgesom. In die eerste plek word oor God en ons skepping gehandel; in die tweede plek oor God die Seun en ons verlossing en in die derde plek oor God die Heilige Gees en onse heiliging. In sondag 20 het ons, ons geloof in die Heilige Gees self bely. In die sondae 21 en 22 wat as laastes oor die apostoliese geloofsbelydenis handel, gaan ons, insake die werk van die Heilige Gees, ons geloof bely. Dus die werk wat die Heilige Gees doen of die amp van die Heilige Gees, soos die ou gereformeerde teoloe dit uitgedruk het.

Die twaalf artikels laat die onderskeid sterk sien, deur in die eerste 8 artikels te spreek van ek glo 'in' God die Vader, 'in' God die Seun en 'in' God die Heilige Gees. Vir die laaste vier artikels word die woordjie 'aan' gebruik. Ons spreek nou nie ek glo in die kerk nie, maar ek glo aan 'n heilige, algemene, christelike kerk. Ons geloof rus in God die Vader, in God die Seun en in God die Heilige Gees. Dis in die drieenige God waarin ons met ons ganse hart rus! Ons geloof rus nie in die kerk nie. Wat ons nou oor die kerk bely, is wel die inhoud van wat ons glo. Dit rus op wat God daaroor in sy Woord geopenbaar het.

Dis belangrik dat die ou christelike kerk aan haar belydenis oor God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees, nog hierdie artikels oor die kerk toegevoeg het. Die eerste christene het diep onder die indruk van die kerk as die werk van God, gelewe. Hulle het met hart en siel geglo: God staan agter die kerk, omdat dit sy werk is. Hoe het hulle dit anders in die swaar tye van vervolging en onderdrukking kan volhou?

In die eerste tyd was dit maar klein gemeentes, soos ons hulle uit die briewe van Paulus en uit die Handelinge van die apostels ken. Kerkvaders soos Polycarpus en Cyprianus die apostels Petrus en Paulus het vir die saak van God hul lewe gegee. Die eerste christene het in die katakombes en in die oop veld vergader. As dit moes het hulle hul lewe geoffer

Hoor nou hoe hulle in hierdie geloofsartikel hul geloof bely het: Ek glo aan 'n heilige, algemene kerk. - Die woord christelik is in daardie tyd nog nie gebruik nie. Dis eers deur Luther ingevoeg. - Midde-in die afgodiese en goddelose wereld van hul tyd, bely hulle dat God 'n heilige van die wereld afgesonderde kerk vergader. Die kerk is katoliek, dit beteken algemeen, dis oor heel die wereld wat God die kerk vergader.

Dit laat ons iets sien van die diep geloofsoortuiging waarin die eerste christene gelewe het. Die kerk het hulle die ark van God genoem! Wat later Luther gesing het was die eerste christene in die hart geskrywe: "Hou Christus sy kerk in stand, so mag die hel vry woed!"

Dis ook verstaanbaar dat in die kategismus die selfde diepe geloofsoortuiging deurklink. Die reformatore het ook midde-in die stryd gestaan en vanwee die saak van Christus op die skavot hul lewe beeindig. Ook vir hulle was dit 'n stryd op lewe en dood om kerk van Jesus Christus te bly. Die geloofsoortuiging klink deur in antwoord 54, soos daar die geloof insake die kerk van God verklaar word. Die sterke geloof dat die kerk 'n onverwoesbaar werk van God is!

Gemeente let daarop dat die geloof insake die kerk in die uitverkiesing begrond word. Antwoord 54 se: Dat die Seun van God vir Hom 'n gemeente wat tot die ewige lewe uitverkies is, vergader. In die kategismus word byna nooit uitdruklik oor die uitverkiesing gespreek nie, hoewel dit steeds wel in die agtergrond van die belydenis staan. Hier word egter die uitverkiesing met krag vorentoe gehaal. Die gemeente van God is tot die ewige lewe uitverkies! Kommerloos word hier oor die uitverkiesing gespreek. Daar is niks om oor te wonder nie, want die Skrif self het die kategismus daarin voor gegaan.

Heerlik gelowig spreek Paulus daaroor in Rom. 8: 29 en 30: "Die wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan he van wie Hy die eerste is. Die wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep. En die wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek. En die wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik. " Hoe magtig het die apostel hierdie ketting van heil aan mekaar geskakel. Die van tevore bestem wees van die gelowiges tot aan hul verheerliking.

Dink ook aan Ef. 1: 4 waar Paulus skrywe: "So het Hy nog voordat die wereld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. " Diep moet betreur word dat die genadige uitverkiesing van God, in die geskiedenis 'n saak van angs en onsekerheid geword het.

Angstig het baie mense en vra vandag nog baie mense hulle af: sal dit ook vir my wees? Is ek wel uitverkore? Het die Here my naam wel in sy boek geskrywe? Hulle het die sekerheid in hulle self gaan soek. In dit wat hulle in hul geloofsbelewing ervaar en meegemaak het. Die troos en sekerheid van hul verkiesing het hulle nie daar gesoek waar dit alleen te vind is nie. Die troos en sekerheid is alleen in die beloftes van God te vind; in die werk van ons Heiland vir ons aan die kruis volbring.

Dis besonder troosvol dat antwoord 54 die verkiesing van God vir geen oomblik van Christus ons Heiland los maak nie. Daar word aangesluit by wat uit Ef. gesiteer is. In sy genadige uitverkiesing sien God ons met Christus wat gekruisig is en opgestaan het, verenig. So word dit ook in Ef. 1: 11 gese: "Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit tevore bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem. Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit".

Sorgvuldig word die verband tussen Christus en ons verkiesing in antwoord 54 gele. Daar bely ons: Dat die Seun van God vir Hom 'n gemeente wat tot die ewige lewe uitverkies is, vergader. Ons moet veral nie oor die woordjies 'vir Hom' heen lees nie. Dis Christus wat hier sentraal staan. Dis God wat van ewigheid sy skape by die naam ken. Maar dis ons Heiland wat as die goeie Herder die skape in die tyd tot sy kudde vergader.

God ken van ewigheid af die stene van die groot bouwerk wat sy kerk is, maar Christus voeg hulle in die bouwerk in. As visse dryf Hy hulle in sy net wat Hy as die evangelie in die mense-see uitwerp. Christus vergader sy gemeente, maar ons bely ook dat Hy die gemeente beskerm en onderhou.

Die Seun van God vergader van die begin van die wereld af tot aan die einde toe 'n gemeente. Is dit geen magtige en grootse belydenis nie? In die paradys het God al begin om sy kerk te vergader. Adam en Eva hoor daarby, Noag en sy gesin is in die ark vergader. Abraham by die groot bome van Mamre het daar al by die kerk behoort, soos ook Moses en die volk Israel in die woestyn daar al in die kerk was. Nou bely ons hier, in die nuwe verbond dat God deur Christus uit die ganse menslike geslag vergader. Daarmee bely ons dat die kerk algemeen, katoliek is.

Ons moet ons die woord katoliek nie deur die Rooms-katolieke laat afneem nie. Hulle is vir hul instituut aan Rome gebind. Waar die Pous die hoof van hul instituut is. Ons bely dat die kerk katoliek is, om aan te dui dat Christus haar uit alle volke van die wereld vergader.

In Openb. 5: 9 lees ons hoe die vierentwintig ouderlinge voor die Lam sing: "wat met u bloed mense vir God losgekoop het uit elke stam en taal en volk en nasie. " Die katolieke kerk ken geen apartheid nie, daarin word blank, bruin en swart, volke van die eerste wereld en van die derde wereld saam vergader.

Nog het antwoord 54 oor die kerk van God nie klaar gepraat nie. Elke woord is daarin goud werd. Ons bely ook dat Christus die heilige katolieke kerk deur sy Gees en Woord vergader. Onthou ons nog wat in die begin van die preek gese is? Dat die artikel van die kerk oor die Heilige Gees en ons heiliging handel? Met Pinkster is die Heilige Gees oor die kerk uit alle volke uitgestort. Voor pinkster het Christus sy vergaderwerk in hoofsaak tot die volk Israel beperk. Na Pinkster gaan Hy voort om die uitverkore gemeente van God uit alle volke te vergader.

Christus doen dit deurmiddel van sy Woord. Antwoord 54 plaas die Gees voorop, want die Heilge Gees het na Pinkster die apostels die wereld in gedryf. Die Heilge Gees het hulle deur die kragtige middel van die evangelie prediking en die sakramente laat werk. Nadat die apostels weggeval het het die Gees die evangelie-prediking deur die amp van dienare van die woord voortgang laat vind.

Antwoord 54 vervolg dan met: in die eenheid van die ware geloof. Ons glo immers een heilige algemene kerk wat christelik is. Dit wil se: in die kerk is dit Christus wat in die eenheid van die ware geloof sentraal staan. Ons moet daaraan vashou dat die eenheid van die kerk en die eenheid in die ware geloof, saam 'n eenheid van geloof vorm.

Wat het daar deur die eeue baie breuke en skeure in die ene kerk van Christus gekom. Wat is die bruidskleed van die kerk dikwels gerafel en geskend. Dit is deur hierargie veroorsaak. Mense het oor die kerk wat duur gekoop is gaan heers. Die reformasie kon nie anders nie as breek met die hierargie van die Pous wat in die middeleeue die kerk begin oorheers het. Die reformasie het tot die reine evangelie van vrye genade teruggekeer. Hulle het net bedienaars van die woord toegelaat wat hulle alleen aan die Woord van God wil bind. Dwaalleer en verminking van die evangelie het die kerk partymaal uiteengedryf. Maar andersom het terugkeer na die suiwer evangelie van die genade van God, telkens weer saambindend gewerk.

Paulus het in die gemeente van Korinte met al die krag van sy amp teen die verskeuring van die gemeente geveg. Oor die onenigheid skryf hy in 1 Kor. 1: 12 en 13: "een se: Ek is vir Paulus, een ek is vir Apollos, een ek is vir Sefas en een ek is vir Christus. Is Christus dan in stukke verdeel? Is Paulus miskien vir julle gekruisig, of is julle in die naam van Paulus gedoop? " Christus mag geen partynaam en Paulus mag een partynaam wees nie. Daar is maar een Christus en maar een liggaam van Christus, sy kerk wat Hy duur gekoop het.

By sy Vader het Jesus Christus in gebed vir die eenheid van sy kerk geworstel. Ons ken mos die hoepriesterlike gebed in Joh. 17 wat Hy kort voor sy stryd in Getsemane gebid het? Daarin het Hy nie alleen vir sy apostels gebid nie,: "maar ook vir die wat deur hulle woorde tot geloof in My sal kom. Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in ons mag wees, sodat die wereld kan glo dat U My gestuur het. " (Joh. 17: 20 en 21) Gemeente besef ons hoeveel daar van die eenheid van die kerk afhang? Sodat die wereld kan glo dat U My gestuur het! So het ons Heiland gebid. Verbreking van die eenheid van die kerk het in die pad van glo in die Heiland kom staan. Die weg na Hom toe word daardeur geblok.

Ons moet die eenheid nie ekumenies verstaan, in die sin dat almal wat die naam christen dra, sonder waaragtige eenheid in die ware geloof, saam een moet wees nie. Christus het nadruklik vir die eenheid gebid van hulle wat deur die Woord van sy apostels in Hom sal glo. Daarom ook moet ons die pluriformiteits leer verwerp wat se: dat al die kerke onderdele van die een onsigbare kerk is.

Ons gereformeerde belydenis beweeg hier, om so te se, oor 'n smal randjie. Aan die eenkant die afgrond van die strewe na ekumeniese eenheid buite die eenheid in waarheid om. Aan die anderkant die kloof van sektarisme wat op vir god ongeldige gronde die eenheid van die kerk breek. Die heiligheid, die eenheid en die katolisiteit van die kerk kan ons alleen bewaar deur Christus in die eenheid van die waarheid te volg. Alleen so vergader Christus sy heilige kerk!

In antwoord 54 is daar ook 'n kragtige oproep om jou by die heilige algemene kerk waar Christus die ook al vergader te voeg. Ons mag hier aan art. 28 van die N.G.B. dink, waar ons bely: "aangesien hierdie heilige vergadering 'n versameling is van die wat verlos word en daarbuite geen saligheid is nie - dat niemand, van watter stand of waardigheid hy ook al mag wees, hom behoort te onttrek om op sy eie te bestaan nie, maar dat hulle almal verplig is om hulle daarby aan te sluit en daarmee te verenig. "

Dit word in antwoord 54 onderstreep deur in die slot te bely: dat ek daarvan 'n lewende lid is en ewig sal bly. Gemeente word dit nou werklik deur ons bely? 'n Lewend lidmaat van die gemeente van God wees beteken: dat ons met hart en siel ons aan ons Heiland oorgee en Hom volg waar Hy ons ook al voorgaan. Dit hou ook in dat ons die gemeente lief het en alle kragte vir die opbou en bloei van die kerk ingooi.

Laat ons terugdink aan die inleiding van die preek, aan die jeug wat die kerk verlaat omdat hulle 'n lee testament saam gekry het. Hul ouers was vir hulle geen voorbeeld van geloof nie, die kerkbesoek het geen werklike inhoud gehad nie. Gemeente laat dit onder ons anders wees. Daar moet onder ons gesien kan word wat dit beteken om 'n lewend lidmaat van die kerk van Christus te wees. In die daadwerklik as christen lewe, en ons belangeloos met alle kragte vir die werk in die gemeente van God gee. So alleen kan ons vir ewig 'n lewend lidmaat van die gemeente van God bly. Dis geen outomatiese ding nie!

II Art. 9 van ons belydenis voeg aan die belydenis van die kerk nog iets toe. Die woorde: die gemeenskap van die heiliges. Eintlik sou daar agter die woord kerk in art. 9 'n dubbelpunt moet staan. Die heilige algemene christelike kerk is die gemeenskap van die heiliges. Dis 'n belangrike toevoeging aan dit wat ons van die kerk bely. Antwoord 55 het die inhoud van die woorde in vergelyking met siening van die ou- christelike kerk nog verdiep, deur dit in Christius te konsentreer.

Die eerste christene het by die gemeenskap van die heiliges aan mense en sake gedink. By mense het hulle aan die heiliges wat reeds gesterf het en by God in die hemel is gedink. Met die manne en vroue wat hul lewe vir die diens van Christus gegee het, het hulle hul verenig geweet. Hulle het aan Openb. 6 die vyfde seel gedink die siele onder die altaar wat vanwee die getuienis van Jesus Christus gedood was. Daar onder die altaar is geroep: "Hoe lank nog heilige en getroue Heerser? Wanneer voltrek U die oordeel en wreek U ons dood op die bewoners van die aarde? " Die kerk bo leef met die kerk op aarde mee. Dis waaraan die ou-kerk veral gedink het.

Hulle het ook aan die saak van die sakramente gedink. Die saam deel he aan dieselfde doop en aan dieselfde nagmaalstafel aansit. As kerk het ons almal deel aan dieselfde tekens en seels van die beloftes van God wat ons gesamentlik geniet. Die eerste christene het so die gemeenskap van die heiliges tot werklikheid sien kom. Nou wil ons sien hoe die kerk van die reformasie dit in antwoord 55 verdiep het.

Daar bely ons: dat die gelowiges, almal saam en elkeen afsonderlik, as lede aan die Here Christus en al sy skatte en gawes gemeenskap het. Altwee die betekenisse wat die ou-kerk daar aan geheg het is daarin opgesluit. Aan Christus het die gelowiges bo en benede gemeenskap. In Hom is ons almal verenig en het tegelykertyd aan al sy skatte en gawes deel. Die kerk van die reformasie beperk die gemeenskap nie net tot die sakramente nie, maar betrek al die skatte en gawes van Christus daarin. Daarby word na Rom. 8: 32 verwys: "Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy dan nie al die ander dinge saam met Hom skenk nie? " In Christus het ons as gelowiges, almal gemeenskap aan al die skatte en gawes wat Hy deur sy sterwe en opstanding vir ons verwerf het.

Ons mag dit so sien: In ons belydenis van die gemeenskap van die heiliges, word omhoog na Jesus Christus ons voorspraak by God, gewys. In Hom het God vir ons die kragtige band van eenheid gele. Daardie groot wonder dat manne en vroue oueres en jongeres van watter kleur of nasie ook al in Christus een is. In Hom is ons aan mekaar as broeders en susters gegee. Ons het dieselfde doop ontvang en dis een nagmaalstafel waar ons aansit. In Hom weet ons dat ons met al die nog lewende en reeds gestorwe geloviges verbind is. Deur een en dieselfde Heiland word ons salig. Ons leef almal uit dieselfde vergewing van sondes. Die kerk van Christus is geen vereniging wat uit los lede bestaan nie. Maar die kerk is die liggaam van Christus en Hy die Hoof waarin ons met een sterke broeder- en susterband verbind is.

Daaruit vloei nou die tweede deel van antwoord 55 voort. Nadat eers omhoog gewys is word nou op die horisontale roeping gewys wat uit die vertikale band na ons toekom: dat elkeen moet weet dat hy skuldig is om sy gawes tot nut en saligheid van die ander lede gewillig en met vreugde aan te wend. Elkeen is skuldig word gese. Daarin word 'n roeping aangewys. Almal saam is ons aan Christus verbind en spreek mekaar as broeders en susters aan. Dit bring 'n sterk verpligting mee, dat ons die broeders en susters met ons gawes dien. So dien: dat dit tot hul nut, hul voordeel en saligheid dien. Dan kan klein dinge somtyds van groot betekenis in die koninkryk van God wees.

Ons dink aan die woorde van ons Heiland in Matt. 10: 42: "Wie aan een van hierdie geringstes net 'n beker koue water gee omdat hy My dissipel is, sal sy beloning kry. Dit verseker ek julle. " Daarmee het die Heiland 'n kragtige band tussen ons almal gele, maar ook wat 'n verpligting bring dit saam. In die gemeente word soms deur selfsug en afguns die gemeenskap van die heiliges afgebreek. Wat word daar partymaal in die gemeente van God eie eer en eie voordeel gesoek. Ja op hierdie punt sal daar voortdurend en wesentlike bekering moet wees.

In die kerk kan ons gawes al kante toe gebruik word. Die een word tot die amp geroep. 'n Ander het siekes of eensames wat naby hom woon. Daar moet soms offers gebring word. Hoe wend ons die gawes aan? Gewillig en met vreugde? Staan ons vir mekaar oop? Die aanwending van ons gawes wat die gemeenskap van die heiliges vra word van oud en jong gevra. Ook al het jong mense nog nie hul geloof bely nie, nogtans kan hulle van die loon wat hulle verdien help, om aan die laste van die kerk mee te dra.

Daar le ook enorme moontlikhede in die evangeliesasiewerk. Gelukkig is daar jong mense in die kerk wat aktief in die evangeliesasie betrek is. Net so is daar 'n taak vir ouer mense ook al sou die enigste wat hulle moontlik nog oorbly om te doen die gebed vir die kerk van God wees. Gemeente die aanwending van ons gawes in die gemeenskap van die heiliges is 'n graadmeter vir die geloof en die liefde wat ons vir die gemeente het. Laat vir ons nie gese word wat aan die engel van die gemeente van Laodisea gese is: " Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm was! Omdat julle lou is, gaan Ek julle uit my mond spoeg. "

III Ons het nou aan die derde vraag en antwoord in hierdie ryk sondag 21 toegekom. Wat oor art. tien van die geloofsbelydenis handel: Ek glo die vergewing van die sondes. Ook dit is die werk van die Heilige Gees wat die prediking van die beloftes van God, van skuldvergewing, as middel gebruik, om ons deur die geloof die skuldvergewing toe te eien. Antwoord 56 se: Dat God terwille van die voldoening van Christus aan al my sondes, ook my sondige aard waarteen ek my hele lewe lank moet stry, nooit meer wil gedenk nie. Dis totale en volkome vergewing.

Selfs my sondige aard waaruit al my sondes opkom het God my vergewe. Tot in die wortel van ons lewe dring die vergewing deur. Soos dit met die heerlike lofprysing uit Ps. 103 deur ons na die nagmaal bely word: "Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie. " Op die klag van die bedevaartganger in Ps. 130: 3: "As U, Here, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal dan bestaan. " volg direk die antwoord in vers 4: "Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word. " Die reformasie het hierdie evangelie laat weerklink.

Luther het met die skuldvergewing die afskuwelike aflaathandel en die bieg gewoontes van sy tyd bestry. My sondes word nie vanwee 'n teenprestasie, goeie werke of 'n lewe van selfkastyding deur God vergewe nie, maar omdat Christus vir ons voldoen het, ontvang ons vergewing van sondes. Daarom bely ons ook in die slot van antwoord 56 dat God my uit genade die geregtigheid van Christus wil skenk, sodat ek nooit in die strafgerig van God sal kom nie. Aan die kerk is, in die prediking van die werk wat Christus volbring het, die absolute kwytskelding van sondes toevertrou.

Uit artikel 28 van ons N.G.B. het ek al aangehaal dat buite haar, dit is buite die kerk, geen saligheid is nie. Dit wil nie se dat elkeen wat geen lid van die gereformeerde kerk is nie in die hemel kan kom nie. Dit wil se dat nerens anders as in die kerk van God die vergewing van sondes om Christus ontwil verkondig word. Die kerk doen dit deur die evangelie van die vrye genade wat aan die kerk toevertrou is.

Die gereformeerdes uit vroeer dae het vir die kerk graag die beeld van die ark van God gebruik. Die ark wat op die see van die volke van hierdie wereld drywe. Dis dan die Heilige Gees wat deur die Woord alle heiliges van God tot die ark vergader. Die gemeenskap van die heiliges word deur Hom gestig. In hul midde laat Hy die heerlik evangelie van die vergewing van sondes predik. God sy dank in die kerk is daar plek vir jong en ou mense, daarom moet ons vir ons hele lewe in die kerk vir ons 'n plek soek. Moenie dit uitstel nie! En moenie vir ons kinders 'n lee testament nalaat nie.

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)