Ek is 'n sondaar

Minister: 
Ds RH Bremmer
Church: 
(onbekend)
Date: 
2000-01-01
Text: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 2
Preek Inhoud: 

Vertaalde preek van Dr. R H Bremmer oor Sondag 2 H. K.

Ek is 'n sondaar!

Lees: Psalm 130
Teks: Sondag 2 H.K.
Sing: Ps 143: 1, 2, 7
na wet Ps 119: 61
na geloofsbel. Ps 144: 1
Ps 38: 1, 3, 4, 17
na preek Ps 145: 10 en 11
S.b 7: 4 en 8

Geliefde broeders en susters in onse Here Jesus Christus!

'n Ouverture of inleidings-orkesstuk, behoort aan 'n groot musiekwerk vooraf te gaan. In daardie ouverture word die grond tema vir die hele musiekwerk bekend gestel. Musiekkenners sal direk hoor: dit sal die tema wees wat deur die hele werk deur sal opklink. So is dit ook met die kategismus. Is die kategismus nie magtig mooi in sy twee en vyftig sondae gekomponeer nie? Daarin hou alles met alles verband. Deur al die sondae heen kan die hooftema uit die openingsstuk gehoor word. Die hooftema van die kategismus is die kragtige belydenis van die enigste troos in lewe en in sterwe.

Mag dit nou ook van sondag 2 gese word? Gaan dit in hierdie sondag regtig oor troos? Is sondag 2 eintlik wel Evangelieverkondiging? Ons het dit netnou gehoor ons belydenis stel die tema van die ellende aan die orde. Aan die ellende word ons deur die wet van God ontdek. Word ons nou direk na die troosvolle sondag 1 deur die wet van die Sinai platgeslaan? Moet nou die verdoemenis van die wet vir ons gepredik word? Daar is kerkmense wat dit so aanvoel en so word daar ook wel eens oor gepreek, maar ten onregte! Ook in sondag twee het die kategismus die enigste troos aan die orde gestel. Dit word wel in 'n spesiale vorm, 'n vorm wat by ons ellende pas, gedoen. Die kategismus laat ons vanmore/middag sien:

EK IS 'n SONDAAR

  1. Die wet van God ontdek my daaraan
  2. Deur Christus word dit nog toegespits
  3. Dit word deur onsself beaam

I Vraag en antwoord 3 is goed bekend. Na 'n paar jaar katkisasie klasse word dit leweslank onthou. Waaruit ken jy jou ellende? So begin hierdie sondag en die antwoord is nog korter: Uit die wet van God. As dit eenmaal geleer is word dit nooit meer vergeet nie! Die "ken JY" en die "JOU ellende" is indringend. By hierdie kort en kragtige vraag en antwoord is tog wel enkele vrae te vra.

Kan ons met so'n vraag nog wel by ons kerkjeug aankom? Ja maak dit maar algemeen by ons almal. Is daar nie genoeg ellende in die wereld nie, wat aan ons opgedring word? Moet ons nou in die kerk ook nog daarmee gekonfronteer word?

Hoor en sien ons nie genoeg ellende deur die moderne nuusmedia nie? Oor heel die wereld is daar honger oorlog en terreur. In oos Europa, Asie Midde en Suid Amerika en nie minder in ons eie land nie. Daarbo nog die ellende in ons eie omgewing van huweliks-ontrou, dwelmverslawing, diefstal en bedrog. Bevorder die kategismus met hierdie ellende kennis nie die doemdenke wat ons jeug van alle kante bedreig nie? Die toename van selfmoord omdat geen uitweg meer gesien word nie. Ja uitdruklik word elkeen van ons aangespreek: nie die ellende van ander nie maar jou ellende. Waarom word dit in ons belydenis so pertinent gestel?

Wel gemeente laat ons net terugdink aan die ouverture waarmee ek die preek begin het. Sondag 2 volg op sondag 1 en in daardie sondag is by antwoord 2 die ellende direk al genoem. Onthou ons nog die drie dinge wat ons moet weet om in die enigste troos salig te lewe en te sterwe? In die eerste sondag was ons ellende al direk met die enigste troos verweef. Onmiddelik sluit die tweede sondag daarby aan. Alleen waar het die woordjie sonde gebly? Antwoord twee het oor my sonde en ellende gepraat, maar vraag 3 laat die woord sonde weg. Ons belydenis doen dit om ons ellende sterker te laat uitkom, want ons ellende is gevolg van ons sondes en dus by die ellende ingesluit.

Dan is daar nog iets wat ons in hierdie korte en kragtige vraag 3 moet raaksien. Die woord ellende het vir ons sy eintlike betekenis al verloor. Ons dink by die woord aan al die kommer en teenslag wat ons vandag in hierdie wereld kwel. Wat is daar orals 'n ellende en narigheid se ons dan vir mekaar. Maar vroeer het die woord veel dieper inhoud gehad. Toe is by daardie woord aan uitlandigheid, aan ballingskap gedink.

Wat dit inhou kan mense wat uit hul land verdryf is vir ons vertel. Partykeer kan ons van mense op die beeldbuis hoor hoe erg dit vir hulle is, om hul geboortegrond nooit meer terug te sien nie. Dis die oorspronklike inhoud van die woord ellende. Die kategismus denk nou nie aan die uit 'n aards vaderland verdryf wees nie, maar aan die verdrywing uit die paradys. Die mens is deur sy sonde uit die land van sy God verdrywe.

Die eerste hoofstukke van die Bybel vertel ons daarvan. In die paradys het die mens in verbond met God gelewe. Wat moes dit nie heerlik gewees het nie. God het die mens na sy beeld geskape. Hy had die mens die tuin van Eden gegee om die te bewerk en te bewaak. In die oe van die mens het die skitterende tuin soos 'n lushof gelyk. Die lushof was daar net vir hom! Die belangrikste was egter dat die mens daar dageliks met sy Vader verkeer het. Daar het die mens die belofte gekry dat hy by sy heerlike lewe in die weg van gehoorsaamheid ook die ewige onverganklikheid sou erf. In die volmaakte skepping sou hy dan vir ewig sy God loof en prys. In die paradys het God met die mens as vriend omgegaan. Om so te se het God elke dag by die mens kom kuier. Aan die geruis in die tuin het Adam al geweet, daar kom my God en dan het hulle saam oor die heerlikheid van God en die skone wereld wat God gemaak het, gepraat.

God het aan Adam, sy naam beteken mens, ook sy wet gegee. Die heerlike opdrag om God bo alles lief te he en die naaste soos jouself. Die belofte van ewig lewe, die wet om God en die naaste lief te he: Die twee verbondswoorde het die lewe van die mens in die paradys beheers. Ons weet hoe kort dit geduur het.

Die mens het die verbod, om te eet van die vrug van die boom van die kennis van goed en kwaad oortree. Daar die een verbod wat God gegee het om die gehoorsaamheid van die mens te beproef. Dit het die mens nie geag nie, en homself daarmee van sy God vervreem. God het die mens daarom uit die paradys verdryf. Die mens het uitlandig, ellendig geword, voorgoed van sy Skepper-Vader vervreem.

Die woord vervreem word by voorkeur deur samelewings-kritisie gebruik. Daarmee word bedoel dat die mens in die vertegnolariseerde en westers geindustrialiseerde samelewing, van die vreugde van sy arbeid en sy werklike lewe losgeraak het. Maar die Bybel stoot dieper deur: Die mens het van sy God losgeraak, van die lewe met die Here in die paradys vervreem. Gerubs met swaarde wat vlam en flikker is daar gestel om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.

Tog, een ding doen die Here nie, Hy trek die gebod om God bo alles lief te he en die naaste soos jouself nie in nie. Die mens is uit die paradys verdryf, vir seker, maar die Here het in belofte en eis dieselfde gebly. Die liefde gebod van God is gehandhaaf en het ons mense bly aanspreek. Dink maar aan die woorde van God aan Abraham toe hy 99 jaar oud geword het. "Ek is Jou God die almagtige; wandel vir my aangesig dan sal jy opreg wees. "(Gen. 17: 1) Dan gaan die Here sy verbond met Abraham sluit, maar die ou verbondseis uit die paradys word herhaal. So het die eis, op die hart van die aartsvaders gebind, gebly. So sien ons in die Bybel die geskiedenis verder gaan. Die volk Israel, onder leiding van Moses uitgelei, het aan die voet van die berg Sinai gekom. Let nou op: Daar gaan die Here opnuut sy wet inprent!

Wat het daar by die volk nog aan kennis van die wet van God oorgebly? Wat het hulle nog van die verbond met Abraham, Isak en Jacob geweet? So weinig dat God sy verbond met die volk vernuwe en sy wet opnuut ingeskerp het. Gemeente, wat het die Here dit toe sorgvuldig gedoen. Deur die diens van Moses het Hy die volk onder die indruk van die heiligheid en majesteit van sy wet gebring. Moses het daartoe indrukwekkende maatreels geneem, soos Ex. 19 ons dit duidelik laat sien.

Drie dae moes die Israeliete hulle heilig, sodat hulle op die derde dag gereed sou wees om die Here te ontmoet. Die volk moes hulle klere was. Die berg moes ook afgebaken word en enige lewende wese wat die grens oorskry moes gedood word. Selfs die verkeer in die huwelik het onder die klem van die ontmoeting met die Here gekom. 'n Man mog nie naby die vrou kom nie. Die derde dag het die Here op die top van die berg Sinai verskyn. Die Skrif se: die berg het gebewe. In rook en vuur het die Here neergedaal. Donderslae en blitse en 'n swaar wolk was op die berg ook die geluid van 'n baie sterk basuin is gehoor.

So sien ons hoe die Here Israel onder die indruk van sy majesteit en heerlikheid gebring het. Om hulle opnuut sy wet te leer onderhou. Daarin het God natuurlik rekening gehou met die situasie waarin die volk verkeer het. Hy het die volk so toegespreek dat hulle dit kon verstaan. Deur aanskoulike en sprekende gebeurtenisse wat gehoor en gesien kon word. Die volk moes verstaan so majesteitelik en magtig is onse God. So heilig is die wet wat Hy vir ons wil gee. Hierdie handelwyse het by die fase van sy selfopenbaring gepas. Die vernuwing van die paradys verbond.

Nou moet ons raaksien dat die Here ook in hierdie moment van omgang met sy volk, sy wet nie sonder Evangelie gee nie. Soos in die paradys, die gebod tussen die beloftes ingeklem was, so het dit ook by die Sinai tot die volk gekom. Dit kan in die inleiding van die wet gehoor word, soos ook ons dit elke sondagmore by die voorlesing van die wet voorgehou word. Verrassend begin dit met: Ek is die HERE jou God wat jou uit Egypteland, uit die slawehuis uitgelei het.

Is dit dan geen magtige evangeliese inset nie? Dring die rykdom van daardie woorde wel telkens weer tot ons deur? Ons God se vir elkeen van ons: "Ek is die HERE!" Die Naam is in hoofletters gedruk, om aan te dui dit is 'n vertaling van die Hebreeuse Naam JAHWEH, Ek is wat Ek is; Ek is die Betroubare. Ek is vandag hier by die Sinai dieselfde God van die paradys, dieselfde wat Ek vir Abraham, Isak en Jakob was. More en al die dae wat kom sal Ek dieselfde God vir julle wees. Ek is die Betroubare.

Gemeente luister nou mooi na die ryke toevoeging: "jou God". Dit wil se: Ek is dit wat my verbond met julle opgerig het. Nooit sal dit nodig wees, om daaraan te twyfel, of Ek wel werklik julle God is nie. Dan die datering van die wet wat daar met sprekende woorde aan toegevoeg word: wat jou uit Egypteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Sekerlik dit was die land Egypte vir Israel gewees: 'n afskuwelik slawehuis. Vandag sou ons dit 'n konsentrasiekamp, 'n strafkamp noem.

Daar in Egypte het die Israeliete as slawe onder die sweep van die Egyptiese oorheerser moet swoeg. Dit is die inhoud van die woord slawehuis, keiharde diens is vir die Farao verrig.

Daaruit het die HERE, die God van die verbond, hulle nou net drie maande terug bevry! Dit is die inleiding van die heilige en majesteitelike wet van God. Daardie inleiding durf ons nooit vergeet nie. In gedagte moet ons die inleiding voor elkeen van die tien gebooie plaas. Dan laat ons die lig van die inleiding oor elk van die gebooie straal.

So gaan ons ook die wet van God in 'n gans ander lig sien! Baie predikers het die wet al voorgestel as 'n wet wat ons plat moet slaan. Hulle se dan: By die wetsprediking moet die donder van die Sinai hoorbaar gemaak word. Die hemelvuur van Sinai moet knetter asof ons, die gemeente van God van die nuwe verbond, nog aan die voet van die berg Sinai staan. En die wet van God nog net so ingeprent moet word, soos die HERE dit op daardie moment van omgang met sy volk Israel nodig geag het. Ons God is 'n groot pedagoog gemeente, Hy weet hoe om met sy volk om te gaan. In die dae van Moses was daardie manier van spreek nodig, nou doen die HERE dit anderste.

In die Nuut-Testamentiese bedeling laat God sy wet deur die lewendige bediening van sy Woord verkondig. Die verkondiging is niks minder indringend en ontdekkend as die manier van spreek ten tyde van Moses nie. Want die HERE kom ook met dieselfde inleiding van sy gebooie na ons toe. Elke Sondag hoor ook ons dat die HERE ons God is wat ons uit Egypteland uit die slawehuis uitgelei het. Die woorde het vir ons, as gemeente van die nuwe verbond, egter 'n veel dieper klank gekry. Ons mag dit teen die agtergrond van die werk wat Christus volbring het, lees en hoor. Ons mag dit so hoor: Ek is die HERE wat in die volbragte werk van Christus jou God geword het.

Hy het vir jou op Golgota gesterf en is nou aan die regterhand van God jou voorspraak. Deur sy lyding en sterwe aan die kruis het Hy jou uit die slawehuis van satan en sonde eens en vir goed uitgelei. Is dit nie geweldig gemeente? Nee, die wet van die HERE wat Hy ons in Christus laat verkondig, is geen keiharde wet wat ons platslaan en verskrik nie. Dit is 'n barmhartige wet wat van 'n barmhartige Vader kom. Weet ons wat God in sy wet doen? Hy stel die paradys, soos dit was en in die toekoms wanneer God opnuut by die mense sal woon, weer sal wees, ons voor die oe.

Kyk nou, Hoe God Homself in sy heerlikheid in sy wet openbaar. Hyself is dit wat daarin sentraal staan: Ons mag geen ander gode voor sy Aangesig he nie. Ons mag God op geen andere manier vereer as wat Hy ons in sy Woord beveel het nie. Ons sal sy Naam hoog en heilig hou en sy dag eer. Is Hy, in die eerste vier gebooie van die eerste tafel van die wet, nie so ons God nie? Sou ons lewe, as ons Hom so dien, nie 'n heerlik lewe wees nie? Openbaar Hy Homself in hierdie vier gebooie nie as 'n God wat dit werd is om alleen gedien te word nie?

Laat ons nou ook na die gebooie van die tweede tafel van die wet kyk. Hoe sou die lewe van ons mense wees as ons Vader en Moeder en almal wat oor ons gestel is, eer soos die HERE dit wil? As ons, ons naaste waaragtig lief het en hom nie haat nie? Wanneer ons die vrou van ons naaste nie vir onsself sou begeer nie? As ons, ons hande nie na ons naaste se goed sou uitsteek nie en sy naam altyd hoog hou? As ons niks sou begeer wat aan ons naaste behoort nie?

Nee, in die wet van God sit Hy nie as 'n tiran op sy troon wat ons met die sambok van sy wet wil bykom nie, maar dis 'n vrindelik Vader wat ons sy lieflike wet voor oe hou.

Nog eenmaal, wil ons regtig weet wat God in sy wet van ons vra? Dan moet ons op Christus ons Heiland ag gee. Aan Hom en sy gang oor hierdie aarde kan gesien word wat God van die mens wil he. Die Vader het Hy volkome lief gehad en die naaste soos Homself lief gehad. Weet ons wat ons van die Heiland kan leer? Dit is: hoe groot ons sondes en ellendes is. Die Evangelie laat ons sien hoe swaar die straf is wat God op oortreding van die wet gestel het. Sien hoe ons Heiland in Getsemane geworstel het. Hoor hoe hy vra of die drinkbeker by Hom verby mag gaan. Aanskou die lyding op Golgota en hoor sy roep: My God my God, waarom het U My verlaat? Dis ons wat soseer die wet van God geskend het dat Hy in ons plek die drinkbeker van lyding moes drink. Pleks van ons het Hy aan die kruis gehang. Ons had dit verdien, deurdat ons die heilige en barmhartige wet van God oortree het.

Nogmaals kyk ons na die begin van hierdie sondag: Waaruit ken jy jou ellende? Uit die wet van God. Sowel van die vraag asook van die antwoord gaan ons nou iets van die diepte verstaan. Dit gaan hier nie bloot om teoretiese kennis nie. Die onderwysing uit die Skrif aangaande die ellende van die mens is 'n onmisbaar deel daarvan. Maar die: "waaruit ken jy" gaan dieper. Dit se vir die mens: Soos die tien gebooie die mens uitbeeld so moes jy gewees het, so wil God dat die mens is. Die Evangelie se: Soos Christus vir my die wet volbring het, terwyl hy die straf oor my oortredings gedra het, so moes jy die wet volbring het.

Die mens wat hom nou oop en eerlik vir die spieel van die wet van God wil stel antwoord: So is ek aan hierdie wet diep skuldig, want die heiligheid van God het ek in sy wet geskend. Dink daarby aan Dawid in Psalm 51. Die profeet Natan het op die vraag van Dawid, wie tog wel die man is wat die arme van sy enigste skaap beroof het, geantwoord: Jy is die man; Jy Dawid egbreker en moordenaar. Toe het Dawid gese: Ek het teen die HERE gesondig. Die Heilige Gees het Dawid deur die woorde van Natan "Jy is die man" aan sy skuld teenoor God en sy wet ontdek. Toe het Dawid die een en vyftigste Psalm gedig met daardie ontroerende sesde vers: "Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in U oe, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou".

Dink ook aan Paulus wat homself die grootste sondaar noem, omdat hy die gemeente van God vervolg het. Hy het ook geweet, dat hy deur die wet van God aan sy skuld ontdek is. Self kon hy dit nie meer goed maak nie, want uit die werke van die wet sal geen vlees geregverdig word nie. In Rom. 3: 20 se hy self: deur die wet is die kennis van sonde. Hy herhaal dit in hoofstuk 7: 7: ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie.

Is die ellende kennis nou 'n donker tunnel wat ons eers moet deurworstel, om by die verlossing te kan uitkom? Glad nie gemeente, want hier spreek die man en die vrou wat die enigste troos ken en hom eiendom van sy getroue saligmaker weet. Hierdie gelowiges weet dat hulle, deur die heilige wet van God, aan die skuld teenoor God ontdek is. Dis juis die ontdekking wat die Heilige Gees aanvat om ons nog digter na die enigste troos toe te dring.

In hierdie sondag bely ons persoonlik: Ek is 'n sondaar, deur sy heilige wet ontdek die Heilige Gees my daaraan en laat daardeur die heerlikheid van die enigste troos vir my skitter.

II Nou kom die tweede, die kategismus het oor die diepe ellende nog nie alles gese nie. Om so te se word die ellende nou totaal oopgevlek. Sodat ons ellendekennis nog meer toegespits word. Daar word gevra: Wat eis die wet van God van ons? Meesterlik is die antwoord geformuleer met: "Dit leer Christus ons" Ja Christus leer dit ons! Volgens die indeling van die kategismus sal eers in sondag ses by die verlossing oor Christus gespreek word. Sondag 2, die hart van die ellendekennis gryp alreeds vooruit en ons word nou al voor Christus self geplaas. So maklik had geantwoord kan word met: dit leer ons die tien gebooie, of die gebooie van die bergrede leer ons of ook die apostoliese vermaan se. Sondag 2 doen dit nie, ons word voor Christus soos die Evangelie in Matteus 22 ons Hom laat sien, geplaas.

Die vir ons bekende geskiedenis waar 'n wetgeleerde die Here wil vastrek, "Meneer", vra hy "Wat is die grootste gebod in die wet? ". Volgens die skool van wetgeleerdes was dit die vytfde gebod: eer jou vader en moeder. 'n Ander skool het die vierde gebod, die onderhou van die Sabbat hoer geag. Kom rabbi van Nasaret wat is nou jou siening, by watter party is dit dat jy inpas? Bedoel die wetgeleerde te vra. Ons Heiland dink nie daaroor om een van die gebooie as die belangrikste uit die wet uit te lig nie. Nog minder laat Hy Hom by een van die fariseese partye indeel nie. Koninklik kom die antwoord: "Jy moet die Here Jou God lief he met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. " So het Moses in Deutronomium 6 dit al aan die Israeliete voorgehou. Daar voeg ons Heiland wat Moses in Levitikus 19: 18 gese het aan toe: "En die tweede wat hiermee gelyk staan, is: Jy moet jou naaste lief he soos jouself. In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat. " Ja die wet en profete staan of val met hierdie twee gebooie. Met hierdie volmaakte antwoord het Christus tot die hart van die wet van God deurgedring. Dit was mos die wet uit die paradys: Liefde tot God en tot die naaste, wat God vir die mens gestel het.

Teenswoordig is daar 'n hewige stryd, tussen wat genoem word die vertikale en die horisontale christendom, gaande. Die vertikales het al hul aandag op wat God in Christus skenk gerig. Soos sonde vergewing, voldoening aan die reg van God deur die offer van die Seun van God. Die horisontales wil net oor die gebod tot naaste liefde spreek. Hulle wil 'n christendom van die daad, wat God net in die naaste ontmoet.

Ons Heiland staan ver bo daardie dilemma. Die een bestaan nie sonder die ander een nie. Dis onmoontlik om jou naaste waaragtig lief te he sonder dat jy God lief het nie. Dink maar aan die gelykenis van die ryke man en die arme Lasarus, of aan die barmhartige Samaritaan. In beide laat Christus ons duidelik sien, hoe die liefde tot God hande en voete in die liefde tot die naaste wil kry. Hoe sal ek my naaste waaragtig liefhe, as ek die liefde van God wat in Christus Jesus tot my uitgaan nie met wederliefde beantwooord nie? Daar is iemand wat eens opgemerk het dat die enigste werklike christen Christus self is! Die tema van hierdie preek is: Ek is 'n sondaar, dis God wat my deur die Heilige Gees in die spieel van sy wet daaraan ontdek. So het ons dit in die eerste deel van die preek gesien. Die tweede kom nou daarby; in die dubbele liefdes eis word dit deur Christus vir ons toegespits. Want hoe sal ons ooit aan die liefdes eis kan voldoen? Wat kom daar van my liefde tot God met my hele hart, my hele siel en met my hele verstand tereg? En dan volg die tweede nog: my naaste liefhe soos myself.

Een ding het wel duidelik geword die wet maak ons nie salig nie, dit verdoem ons. Die wet veroordeel ons omdat ons God en die naaste nie volkome lief het nie. Want "Die goeie wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek..... So vind ek dan hierdie wet in my: ek wil die goeie doen, maar al wat ek doen, is die slegte. " (Rom. 7: 19 en 21) Probeer nou nooit om deur die wet met God in die reine te kom nie. Die ou prediker Kohlbrugge het heel toepaslik opgemerk: Dan is dit dat jy met gebreekte arms en bene le!

Sekerklik Christus sny diep in ons lewe in. Het ons God volkome lief? Het ons ons naaste lief soos ons self? Ons kan net se: Here ek is 'n sondaar. Wie sien sy eie dwalings raak? Moet my tog nie straf vir sondes wat ek onwetend gedoen het nie. (ps 19: 13) Opnuut; waar sal ons in die lig van hierdie onderrig van Christus ons toevlug soek? Daar is nie ander moontlikheid as alleen tot Hom ons enigste troos in lewe en in sterwe, Christus wat ons van al ons skulde vrygekoop het.

III So het ons tot die laaste gekom. Ons sondag eindig met die vraag kan jy dit alles ten volle onderhou?

Dis 'n bysonder skerpe vraag. Die kategismus vra nie, of ek dit alles ten volle nakom nie. Nee die vraag is of ek dit ten volle KAN onderhou. Wil die kategismus nou 'n beroep op die onmag van ons doen? Nou ja, ons is nou eenmaal so sondig en sleg. Dis nou eenmaal so dat ons bitter min van die geloofs gehoorsaamheid tereg bring. Pas op dat ons nooit die rigting inslaan nie. Want daar is geen sprake van dat ons belydenis hom hier agter ons onmag wil verskuil nie. Nee die slot van hierdie sondag wil ten laaste laat sien hoe sake werklik met ons staan.

Die moontlikheid om self iets te kan doen is volkome uitgesluit. Dan kan oor die ten volle nakom sekerlik nie gepraat word nie. Dan moet die hoe woord daar wel by ons uitkom: Nee; want ek is van nature geneig om God en my naaste te haat. Vir seker ek is 'n sondaar. Deur sy wet het God my daaraan ontdek. Christus het dit duideliker vir my uitgespel. Ek kan nie anders ek moet dit toestem. Hierdie antwoord drie is maar geen dogmaties sinnetjie nie. Dis 'n self aanklag! Van nature is ek so, ons bely so is my sondige aard Daarmee word nie bedoel so is ek geskape nie, maar deur my val in Adam het ek so geword. 'n Rebel het ek geword wat van nature God en my naaste haat, en daar nog steeds toe geneig is. So is ons situasie voor die Aangesig van God: ellende, verdorweheid!

Dink nou gemeente aan die gelykenis van die verlore seun uit Lukas 15. Toe kom hy tot inkeer, se Christus as Hy die ommekeer in die lewe van die seun beskrywe. Hy kom tot inkeer. Ineens het hy sy werklike situasie vir God en die mense raak gesien. Toe het hy sonder versuim na sy Pa teruggegaan. Hy het sy skuld bely: Pa; ek het teen God en teen Pa ge sondig. Waar kan ons met ons skuld, met ons rebellie teen Vader en ons haat teen ons naaste, beter as by ons Vader tereg? As U o Here ons ongeregtighede in gedagtenis hou Here wie sal dan bestaan? Maar nee by U is vergewing sodat U gevrees kan word. Durf ons vandag met die ellendekennis nog tot ons jeug kom? As dit nie meer kan nie. Dan kan ons ook nie met die verlossing, met die kruis van Golgota na hulle toe kom nie! Is daar dan iets anders waar ons hulle beter mee kan dien as met die enigste troos?

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)