Paulus se gebed om volmaking van die geroepe heiliges

Minister: 
Ds FJ van Hulst
Church: 
(onbekend)
Date: 
2000-01-01
Text: 
I Thessalonicense 5
Preek Inhoud: 

SB. 40: 1 - 5
SB. 40: 6, 7
Ps. 26: 2, 4, 5
Ps. 1: 1 - 4
Lees: Psalm 1
Teks: 1 Thess. 5: 23 - 24

Geliefde gemeente,

"Ons dank God altyd oor julle almal as ons aan julle dink in ons gebede". Met hierdie woorde het Paulus sy brief aan die gemeente van Thessalonicense begin. Hy spreek sy dankbaarheid uit teenoor die Here oor die vrugte van die geloof wat in Thessalonicense sigbaar is.

Dit neem egter nie weg dat hy ook aanleiding sien om 'n aantal indringende vermanings aan hulle te rig. Oms het die afgelope Sondae in die prediking 'n hele aantal sterk waarskuwings van Paulus aan die gemeente van Thessalonicense oordink en ook toegepas op onsself. En as ons werklik bereid is om te luister dan besef ons dat ons almal maar baie gebrekkige gelowiges is, en dat ons met mekaar 'n ver van volmaakte gemeente is.

Maar nou is die vraag, wat doen ons nou daaraan? Moet ons 'n gemeentevergadering hou om te werk aan die onderlinge vrede? Dit kan.

Moet die ampsdraers 'n rondgang deur die gemeente maak om almal wat die blydskap en dankbaarheid toon nie, ernstig te vermaan? Dit kan.

Moet in die verband van bybelstudie verenigings nader deurgepraat word oor wat dit konkreet beteken om die Gees nie uit te blus nie. Kan ook.

Al die idees is ewe waardevol en moontlik, ook wel prakties uitvoerbaar, maar wat moet opval is dat al die oplossings hulle beweeg op die vlak van die organisatoriese. Het ons 'n probleem? Ons benoem 'n kommissie om die probleme te ondersoek, en hulle maak 'n plan om iets daaromtrent te doen. Daarmee is op sigself niks verkeerd nie, maar gee ons voldoende aandag aan die rigting wat die Bybel ons steeds wys?

Ons dink nou aan die gebed.

Kort iemand wysheid? Laat hy daarom bid. God sal gee sonder om te verwyt (Jak. 1L5) Kort iemand blydskap? Laat hom bid. Ontbreek dankbaarheid. Bid daarom. Is iemand ontevrede? Laat hom bid. En laat ons in die verband ook vir mekaar bid.

Dit is die boodskap van ons teks van vanoggend.

Paulus se gebed om volmaking van die geroepe heiliges.

Hy dra hul op

  1. aan die God van die vrede
  2. aan die God van hul roeping.

Met ons teksverse is ons amper aan die slot van die brief aan die Thessalonicense. Elkeen wat 'n brief skryf, veral as dit gaan om 'n brief van bemoediging, sal probeer om in die slotsinne nog vir oulaas 'n samevatting te gee van wat hy bedoel.

Heel konkreet en heel direk spreek Paulus die gemeente aan.

Die 10 verse voorafgaande aan ons teks klik in hul kortheid en direktheid amper soos die 10 gebooie in die Ou-Testament.

Hier vind ons die 10 gebooie vir die lewe van 'n Nieu-Testamentiese gemeente.

En wat nou so opvallend is dat Paulus al hierdie gebooie saamvat of eintlik oplos in 'n gebed:

Mag die God van die vrede julle volkome heilig maak!

Hierdie oorgang is vir ons nie net opvallend nie, dit is ook baie leersaam. Paulus gaan sommer oor van gebod na gebed.

Dit beteken dus dat al die gebooie, al die vermanings waaraan hulle hul as gemeente moet hou, sake is wat gegee moet word. Lewensheiliging is 'n geskenk van God!

En dit geld dan vir al die sake wat Paulus in die voorafgaande genoem het: die vrede in die gemeente, die blydskap in die geloof, die volharding in die gebed, die dankbaarheid vir jou lewe, die gawes van die Heilige Gees, die stryd teen die kwade. Dit alles is ook geskenke van God.

En 'n geskenk van God kan jy nie sommer vat nie, maar daarvoor moet jy bid. Om werklik 'n blye gelowige te kan word, moet jy nie wat tot jou gevoel jou daarvoor die ruimte bied nie, maar daarom sal jy moet bid. Jy sal moet vra of God dit vir jou wil gee.

En wie nie bereid is om dit te doen nie, en maar net aangaan soos hy altyd aangegaan het, sal al hoe meer van sy blydskap verloor. Sy dankbaarheid sal afneem tot 'n nulpunt, en tenslotte sal geloof en kerk in sy lewe niks meer beteken nie.

So belangrik is die ebed en daarom kan ons in die opsig nie genoeg vermaan word nie.

Mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heili maak. Dit is Paulus se gebed vir die gemeente.

Dit is nie vir die eerste keer dat die woord 'vrede' in hierdie hoofstuk gebruik word nie. In vers 12 en 13 het Paulus al nadruklik gepraat oor die vrede in die gemeente. Hy het gewys op die ampsdraers as vredestigters in die gemeente. Hy het die gemeente dringend vermaan om welbewus te werk aan diebewaring van die vrede.

Ons teks bring die vrede in direkte verband met God Self. God is die God van die vrede.

So het Hy Homself bekend gemaak. As die God van die vrede wat die wêreld met Homself versoen het. Toe die wêreld vana God afgeval het, was die vrede daarmee heen. God en wêreld het onversoenlik teenoor mekaar gestaan.

In 'n volslae disharmonie.

Maar omdat God 'n God van vrede is, wou Hy Hom nie daarin berus nie. Toe het Hy Self die vrede herstel. Hy het vrede gemaak deur die bloed van die kruis. Daar het die bloed van Sy Eniggebore Seun gevloei.

En daarom alleen kan daar weer vrede op aarde kom. Kan daar weer 'n begin gemaak word met herstel van die harmonie.

Dit begin in die gemeente. Deurdat ons almal glo in die vredeswerk van die Here Jesus, daarom kan daar in die gemeente vrede wees. Ons kan leef in goeie harmonie. En as iets verkeerd gaan, wat gereeld gebeur, kan ons die vrede weer herstel.

Ook in jou eie lewe mag daar vrede wees. Vrede met die Here, vrede met jouself, vrede met jou omstandighede. Dis hoekom ons elke Sondag die seën van God, waarin die vrede vir ons geskenk word, so hard nodig het.

Aan die vrede is ook nog die element van orde. Orde is daar waar alles op sy regte plek staan.

In sy brief aan die Korintiërs skryf Paulus: God is nie 'n God van wanorde nie, maar van vrede. Die woorde vrede is dus amper inwisselbaar vir die woord orde.

Daar behoort ook orde te wees in jou lewe met die here.

Dit beteken dat jy ook bewustelik plek inruim vir jou omgang met die Here. Jy maak daarvoor tyd. Ook op besige dae. Want jy kan nie net aandag gee aan die here as jy daaraan behoefte het nie. Dit is geen diens aan die Here nie.

Jy moet nie net bid as jy voel dis nodig nie. Dit is geen gebed nie.

Jy moet nie net kerk-toe kom as jy daarvoor lus is nie. Dit is geen erediens nie.

Nee, ook in die dinge behoort orde te wees in jou lewe. Want God is nie 'n god van wanorde nie, maar van vrede.

Dus dit is belangrik dat jy reëlmaat aanbring in jou lewe met die Here. Maar laat tegelyk duidelik wees dat daarin die lewe met die Here nie opgaan nie. Jy is niet met 'n uiterlike orde klaar nie.

Want die uiterlike orde, jou gereelde gebed en reëlmatige Bybel lesing dien 'n doel. En om die doel gaan dit natuurlik. Paulus omskryf die doel so: Jou lewe moet heeltemal geheilig word vir die Here.

Dit is waarom Paulus hier bid. Dat die God van die vrede julle volkome heilig mag maak. Ja, dat julle gees, siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word.

Let op die woorde 'volkom' en 'geheel en al'.

Die heiliging van jou lewe, dit is iets wat jou hele lewe moet gaan beheers. Dit beteken nie dat jy die hele dag moet loop en psalmsing nie, maar wel dat jy by al wat jy doen bewus is van jou verantwoordelikheid teenoor God.

Ook in die klein dingetjies van die dag van God 'n eenvoudige trou aan Hom.

'Geheel en al'. Ons kan ook sê jy moet deur en deur geheilig word.

Jou lewensheiliging mag nie net 'n dun lagie aan die buitekant wees nie. Nie soos 'n mooi stukkie houtfineer oor 'n plank spaanderbodrd nie.

Maar die heiliging moet deur en deur wees. Soos massiewe hout. 'n Fineerlaag is baie kwesbaas. 'n Mens kan dit sommer deurprik. Maar massiewe hout is eg en sterk en eerlik.

En dit is wat God soek! Hy soek nie mense wat 'n aantal godsdienstige uiterlikhede soos 'n fineerlaag oor hul lewe plak nie. Nee, Hy soek deur en deur geheiligde mense. Hy is mos 'n God van vrede.

Kyk, as jou lewensheiliging slegs 'n saak van die buitekant is, terwyl die binnekant heeltemal anders lyk, dan is daar geen vrede nie. Dan is daar spanning tussen die een en die ander, en dit kan geen mens volhou nie.

En daarom bid Paulus dat julle gee, siel en liggaam geheel en al geheilig mag word. Gees, siel en liggaam. Dit is al die fasette van mens wees. Alles staan op sy plek en verrig sy funksie. Dan is daar vrede. Vrede met jouself, vrede met jou naaste, en vrede met God. Met die God van die vrede.

Wel, so 'n vrede kan hou tot die wederkoms van Christus. \dan sal hierdie vrede selfs volmaak word. \dit gaan dan oor in 'n ewige vrede. En dan staan alles vir altyd op sy plek. 'n Mens se dade sal dan altyd ooreenstem met sy woorde. 'n Mens se buitekant sal dan volledig aansluit op sy binnekant. Dna het jy niks meer om te verlang nie. Dan is daar net vrede. Vrede in die God van die vrede. Dit is die einddoel.

Wel, so 'n vrede kan slegs bereik word in die mag van gebed. Onthou, dit is 'n geskenk. 'n Geskenk waarvoor jy alleen maar kan vra. Vra dit sonder ophou aan die God van die vrede.

2. Paulus dra hul op aan die God van hul roeping.

Daar word dus hoë eise gestel aan die gemeente en aan die lidmate daarvan. 'n Volkome heiligmaking en 'n onberispelike bewaring. 'n Mens is geneig om te roep: Ja, maar dit is mos onmoontlik. Dit kry niemand reg nie. God mag dan wel die God van die vrede wees, maar so 'n vrede in die sin van volledige harmonie met mekaar, dit kry ons selfs in die gemeente nie reg nie. Dit is nou maar die realiteit.

En om ons lewe volledig te heilig, dit werk ook nie, al probeer ons hoe hard.

Maar dan roep Paulus ons terug: Dit is nie julle wat dit moet regkry nie. Dit is God wat dit sal gee!

Hy wat julle roep, is getrou. Hy sal dit doen!

Wat by mense onmoontlik is, is moontlik by God.

God self is dit wat julle geroep het. Dan sal Hy julle ook kry waar Hy julle wil hê.

Die roeping deur God is 'n woord wat in die briewe van die apostels dikwels voorkom. Daarom wil ons na aanleiding van ons teks wat ook na die roepende God verwys, 'n bietjie meer aandag gee. Die apostels het gesien hoe God deur te roep vir Hom 'n gemeente vergader. Onthou ook hoe Petrus op die Pinksterdag praat van die belofte wat besten is vir die volk van God en hulle kinders, en almal wat daar ver is, en wat God na Hoe toe sal roep.

In die vervolg van die geskiedenis het die apostels die diensknegte van daardie roeping deur God geword. Hierdie Joodse vistermanne is deur God gebruik om mense tot Hom te roep.

Wel, as God begin roep, dan gebeur daar groot dinge.

Paulus het dit in sy eie lewe ervaar wat die krag van God se roeping is.

God het hom skielik weggeroep van die weg wat Paulus tot dan toe gegaan het, en hom op 'n totaal ander spoor gesit.

Van daardie kragtige roeping deur God het die gemeente van Thessalonicense ook geweet. Hulle is kielik uit die duisternis van die heidendom geoep tot die wonderbare lig van Jesus Christus.

Daardie roeping is dus heel kenmerkend vir die werk van God op aarde.

Bedink ook hoe iemand soos Abraham deur God geoep is en watter geweldige gevolge dit in sy lewe gehad het.

Wel, daardie roeping deur God en die krag wat daarvan uitgaan, is nog steeds kenmerkend vir sy werk onder die mense.

As Hy mense roep dan neem Hy hulle saam op die weg van Sy heil.

Daardie roeping kan natuurlik op allerhande maniere in jou lewe na jou toekom.

God kan jou roep as volwassene. Jou lewensgang tot op 'n sekere oomblik kry skielik 'n wending deurdat jy op een of ander manier met die Woord van die Here in aanraking kom. En dan gaan jy vanaf die tyd as 'n kind van die Here saam met die volk van die Here deur die lewe.

Dit kan ook wees dat jy in 'n christelike gesin gebore word, en groot word. Maar ook dan is daar sprake van roeping deur die Here. In jou geboorte op die plek en in die gesin, skuil al 'n stuk roeping. By jou Doop kon jou ouers reeds bely: In Christus geheilig. En so neem die Here jou al vanaf die begin van jou lewe saam op die heilige weg. Dus Sy roeping begin al baie vroeg in jou lewe.

Maar die Here bly roep. Ook toe jy die prediking leer verstaan het, en jy tot belydenis doen gekom het. Elke keer is die Here besig om jou te roep.

As jy daarvoor oog gaan kry in jou lewe dan sal jy moet erken dat die Here in Sy roepe baie getrou was. Steeds was Hy weer daar. Met Sy Woord, met 'n gebeurtenis, met 'n preek, met 'n trooswoord, met 'n vermaning. Alerhande mense het die here daarby gebruik. Maar dit was steeds Sy roepe. En daarin was Hy getrou.

En nou kan julle iets verstaan van die kragbron wat Paulus in ons teks aanspreek: "Hy wat julle roep, is getrou. Hy sal dit ook doen!"

Deurdat jy sy kind is, geheilig in Jesus Christus, is jy dus 'n geoepe heilige. Wanneer volgende week die Nagmaalstafel weer klaargemaak word, is dit weer 'n vorm van roeping deur die Here.

Jy is 'n geoepe heilige. Maar God wil die heiliging van jou lewe voltooi.

En daarom staan daar die Nagmaalstafel.

Hy wil dat jy moet groi in geloof.

Hy soek by jou vordering van blydskap en verdieping van dankbaarheid. En dit beteken daar is werk te doen in hierdie week van voorbereiding.

Werk aan jouself as geoepe heilige.

Jy moet jouself afvra of jy werklik die groei in die geloof soek. Of dat die vrede van God werklik in jou gestalte moet kry. Of dat jy inderdaad die blydskap waarvan Paulus in hierdie brief soveel praat, wil soek by die Here.

Wie in die opsig heeltemal tevrede is met hoself, wie nie bereid is om anders te word, om werklik hom te laat voed met die tekens van die liefde van Christus nie, die kan maar beter tuisbly.

Hy het aan die tafel van Christus niks te soek nie. Hy sal daar ook niks vind nie. Hy ontmoed daar maar net homself met die leegheid van sy lewe.

Maar wie bereid is om op die knieë te gaan voor die Here en van Hom te vra: Here gee my!

Gee my van U genade. Gee my van U vrede. Gee my van U liefde; so iemand sal werklik ontvang, want hy het gekom as 'n geroepe heilige.

En die God van sy roeping is getrou.

Daar kom jy daagliks agter.

AMEN.

Liturgie: 

(kyk in preek)