Voor diens: Skb 4: 1-5
Ps 40: 1, 2, 3
Ps 40: 4, 5
Ps119: 39, 40, 41
Skb1: 1-6
Lees: Hand7: 44-60
Teks: Hand7: 44-53
Geliefde gemeente,
Vandag is dit die vierde Sondag van die Advent. Ofwel dit is alweer die laaste Sondag voor die Kersfees.
In die Adventstyd gee ons altyd aandag aan die koms van Christus soos die koms voorberei is in die O.T.
Kinders leer dikwels spesiale adventstekste van buite. En ek vermoed ook die oueres kan nog wel 'n aantal tekste uit die O.T.noem waarin heel nadruklik na die koms vam die Messias verwys word.
Tog moet ons daarom nie meen dat daar in die O.T. slegs 'n aantal spesifieke adventstekste is nie. Nee, dit is eerder so dat heel die O.T. 'n heenwysing is na die koms van Jesus Christus. Heel die O.T. praat van Hom. Alles wat ons kan lees in die O.T. is op een of ander wyse betrokke op die koms van Jesus Christus.
Sonder Jesus Christus is die O.T. dan ook 'n onleesbaar boek.
Dit is 'n kernpunt in ons christelike belydenis.
Ek vra my dan ook af hoeveel mense regtig besef hoe diep die kloof tussen christendom en Jodedom werklik is.
Immers die Jode probeer nog altyd die O.T. lees buite Christus om.
Eintlik is dit selfs onjuis om in die geval van lees van die O.T. te praat. Immers die Jode ken nie iets soos die O.T. nie. 'n Mens kan mos net praat van 'n O.T. as daar ook 'n N.T. is.
En die Jode ken nie soiets nie. Hulle ken net Moses en die profete.
Daarteenoor lees ons die Bybel, as een geheel. Ons glo dat die boek een geheel kan wees danksy die werk van die Heilige Gees. Hy waarborg die eenheid van O.T. en N.T. omdat Hyself die skrywer, die Outeur van die hele Bybel is.
In die Ou Verbond van God met sy volk soos die O.T. daarvan praat is daar twee uitstaande sake wat kenmerkend is vir daardie tyd. Dit is aan die een kant die wet en aan die ander kant die diens rond die tempel. Wanneer die N.T. op hierdie kernpunte 'n ander rigting wys dan moet daarvan op een of ander manier verantwoording gedoen word.
Hoe kan daar een en dieselfde God wees wat Hom op twee so verskillende wyses laat dien. Eers namelik onder die wet en by die tempel en later deur die geloof in Jesus Christus, sonder die tempel.
Op hierdie sake gaan Stefanus in die slot van sy rede in en ons wil na hom luister.
Ons tema vir vanoggend se preek is:
Die Heilige Gees is die Outeur van die O.T.
Daarom kan
- die tempel om Christus roep
- die wet om Christus roep
Dit gebeur dikwels by een of ander regsitting dat die eintlike punt in kwessie nie in bespreking kom nie omdat oor allerhande formele sake eerder as oor die saak self gestry word.
Maar dit kan in die geval van Stefanus nie gese word nie. Hoe lasterlik ook die aanklagte teen hom is, die punte waaroor dit gaan kom inderdaad aan die orde.
In vers 44 begin Stefanus oor die klag dat hy lasterlike dinge se oor die tempel, die heilige plek van die Jode.
Om die klag te weerle vanuit die geskiedenis gaan hy met sy toehoorders terug na 'n ver verlede.
Die tent van die Getuienis was onder ons vaders in die woestyn. Dit is heel kenmerkend Stefaniaans om dit so te se.
Hy se nie: Ons vaders het in die woestyntyd die tent van die Getuienis gemaak.
Nee hy stel dit andersom: Die tent van die Getuienis was by ons vaders.
Voel U wat hy daarmee wil se? Die tent staan voorop, die tent kom eerste. Dit is die tent waaroor dit gaan by die intog.
Die tent van die getuienis beheers die lewe van die volk.
Oor watter getuienis gaan dit eintlik in die uitdrukking die tent van die getuienis?
Wel, daarmee word bedoel dat die tent 'n verwysing inhou na iets anders. En wel 'n verwysing na die hemelse heiligdom.
'n Mens sou dit ook so kon se: Die tent van die getuienis getuig daarvan dat God werklik by sy volk wil woon.
Dit is dan ook die rede hoekom die ark en die tabernakel so'n sentrale plek in die geskiedenis van die uittog inneem.
Trouens ook by die intog in Kanaan. Stefanus le die vinger daarby deur te se, die vaders het die tent van die getuienis ontvang en met Josua ingebring in die besitting van die nasies wat God voor ons vaders uitgedryf het.
En so sien ons ook hoe by die intog in Kanaan die ark voort-durend 'n sentrale rol speel. Dis die ark wat eerste die Jordaan oorsteek as die volk die land Kanaan binnegaan. Die volk Israel kom as het ware saam met die ark.
Hulle volg die ark. Dit is nogal betekenisvol. Dit gaan nie in die eerste plek om Israel wat nou die land Kanaan in besit gaan neem nie, maar dit is die Here wat hierdie land as sy toekomstige plek op die aarde verkies het om daar te woon. En daarom dryf die Here die ander bewoners uit hul woonplek uit.
Dus God self neem besit van die land.
Hy wil daar sy woonplek maak.
Dat die volk Israel daarby ook voordeel het dit is wel so maar dit staan op die tweede plek.
Hulle het mos geensins regte op die land Kanaan nie. Alleen die Here het regte. Alleen Hy kan dit neem wanneer Hy wil.
En so bereik Stefanus met sy vertelling dat die aandag weer weggetrek word van die volk Israel na die Here self. Hy neem Kanaan in besit en hulle mag slegs volg in sy agterhoede.
Hulle mag kom woon waar Hy wil woon.
Hierna stap Stefanus onmiddellik oor op Dawid: Dawid vind genade voor God en vra om 'n woonplek vir die God van Jakob te verkry.
Dit is die groot verlange van Dawid. Dit maak hom dan ook die man na God se hart. Dawid het die belang van 'n vaste woonplek van God onder die volk raakgesien. Dawid het besef dit raak tyd om die tent as 'n tydelike onderdak vir die ark te vervang deur 'n meer permanente.
Immers die ark is die plek van die versoening. Rondom die ark het die Here 'n hele versoeningsdiens ingestel. En daarom moet daardie versoeningsdiens 'n vaste plek kry. Want Israel kan nie sonder voortdurende versoening van sy sondes nie.
In die sin is die tempel as bewaarplek van die ark van die versoening nie soseer 'n saak om trots op te wees nie, maar eerder 'n saak om jou oor te skaam.
Die ark getuig steeds van die bittere noodsaak tot versoening van jou sondes.
Natuurlik kan jy dankbaar wees as die versoeningsdiens kan plaasvind in 'n gepaste ruimte, maar daar bly ook altyd die element van skaamte dat soiets nodig moet wees.
Egter nie Dawid mag 'n huis vir die Here bou nie, eers Salomo kan dit doen.
Ook hier wys Stefanus weer, dit is nie mense wat beskik oor die bou of oor die afbreek van 'n tempel nie. Nee dit is die Here self. Dawid wil bou maar Salomo mag eers bou.
Niemand kan self 'n huis vir die Here bou om Hom so op een of ander manier aan hom te verbind nie. Nee die Here self bepaal wie en hoe vir hom 'n huis gebou kan word.
So beskryf Stefanus in twee reels hoe dit van die woestyntyd na die tyd van die tempelbou van Salomo gegaan het.
Met daardie tempelbou word 'n absolute hoogtepunt in die geskiedenis van Israel bereik.
Daarom het die hele uittog gegaan, om tot hierdie gebeurtenis te kan kom! Nou woon God by sy volk! Nou is daar 'n plek vir spesiale erediens vir die Here, die God van Israel!
God het nou 'n vaste woning in Jerusalem! Watter voorreg vir hulle wat daar mag bly, onder die skaduwee van die tempel!
En dan volg skielik, amper as 'n antiklimaks: Maar die Allerhoogste woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie.
Hierdie gang van sake is eintlik heel tiperend vir die O.T.
Eeuelank is toegewerk na die koms van 'n vaste blyplek vir die ark, na 'n waardige tempel waar God onder sy volk kan woon, en so gou as die tempel klaar is word gese: Dit is natuurlik nie alles nie. In werklikheid is die Here veels te groot om in 'n tempel te woon.
Salomo was self origens ook baie bewus daarvan. Die tempel is slegs iets voorlopigs. Jy kan die Here in sy grootheid nooit in 'n gebou opsluit nie.
Die tempel is self ook weer 'n tempel van die getuienis. Ofwel die tempel moet op sy beurt ook weer verwys na 'n ander, 'n groter werklikheid. Ook die tempel verwys na die hemelse heiligdom.
God kan nie in 'n met hande gemaakte woning bly nie.
God kan tenslotte net op aarde kom bly in die gestalte van die Seun van God.
Soos Paulus daarvan praat in die Kolossensebrief: Want dit het die Vader behaag dat in die Seun die ganse volheid sou woon...
In Hom, in Jesus Christus woon God voluit.
In Hom wat van Homself getuig het: Meer as die tempel is hier!
Of: Hierdie tempel, Ek sal hom afbreek en in drie dae weer opbou...
Met hierdie woorde relativeer die Here Jesus nadruklik die hele O.T. wyse van erediens aan God.
En dit is wat Stefanus so graag as boodskap wil oorddra: Jesus Christus is die hemelse heiligdom waarna sowel die tent in die woestyn as die tempel in Jerusalem verwys.
Maar as jy die verwys karakter van tent en tempel wegneem dan het hulle nie meer betekenis nie.
Alleen in Jesus Christus is die O.T. leesbaar en bruikbaar. Want heel die O.T. verwys na Jesus Christus.
Die tempel roep om die koms van Christus want die tempel as 'n met hande geboude gebou kan God nie werklik bevat nie. Slegs in Jesus Christus woon Hy.
As jy dit nie sien of nie wil sien nie dan verloor jy alles. Dan verloor jy selfs God!
Die tent en die tempel het 'n gemeenskaplike getuienis gehad wat ons met een woord pragtig kan weergee: Immanuel!
God is met ons.
Die tent was die eerste Immanuel. Maar kon slegs tydelik bly.
Die tempel was die tweede Immanuel. Maar ook die tempel se tyd is verby sinds die derde Immanuel gekom het.
Immanuel. God is met ons. In Jesus Christus mag ons dit vir altyd vashou.
As ons by Hom behoort is ons vir ewig verseker van Immanuel.
2. Die wet roep om Christus
Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees.
Dit is wel heel reguit praat van Stefanus.
En daarby nog baie beeldend ook. Onbesnedenes van hart en ore ! Dit is 'n uitdrukking vir fynproewers.
Soos u weet dien die besnydenis om iets weg te sny wat in die pad sit. 'n Moontlike belemmering vir huweliksomgang word uit die weg geruim. Daardie gebeurtenis dien dan weer as 'n simbool dat by die mens belemmerings vir die omgang met die Here weggeneem moet word.
Wel by 'n onbesnedene van ore is dus blykbaar die ore toe. Daar is 'n belemmering waardeur die boodskap nie deur die ore kan binnedring nie.
'n Onbesnedene van hart het sy hart toegemaak vir 'n sekere boodskap. Hy het homself bewus onbereikbaar gemaak.
Dit verwyt Stefanus nou aan die Jode. Hulle is toe vir die boodskap van die Heilige Gees.
Maar daardie toeheid is 'n skuldige toeheid. Dit is verset teen die Heilige Gees!
Julle wil hom nie hoor nie. Julle wil die eintlike boodskap nie verstaan nie.
Hier praat Stefanus as vervul met die Heilige Gees. Die Heilige Gees is die Gees van Jesus Christus. Daaraan twyfel Stefanus nie vir 'n sekonde nie.
En wat ewe duidelik is vir hom dit is dat ons daardie Gees ontmoet dwarsdeur die O.T.
Die heilige Gees is die Outeur van die hele O.T.
Alles wat Stefanus uit die O.T. aanhaal is 'n getuienis daarvan.
En die Gees getuig steeds van Jesus Christus. Bladsy op bladsy is dit in die O.T. na te speur. Vooraf het die profete getuienis gegee van die Christus wat moet kom en van die lyde wat oor hom sou kom.
En geen van die profete het op eie gesag gepraat nie. Hulle het almal gepraat deur die Gees wat vir hulle hul getuienis gegee het.
Heel die O.T. roep om die koms van Jesus Christus, die deur God gestuurde Middelaar. Christus moet kom, dit is die deurgaande boodskap van die O.T. En dit maak die boek tot 'n Adventsboek by uitnemendheid.
Sny die adventsboodskap uit en niks bly oor nie.
God is die God van die heerlikheid, so het Stefanus sy rede begin.
Hy verheerlik Hom tenslotte in sy seun, Jesus Christus, daarmee sluit hy af.
Dit beteken dus dat die O.T. nie leesbaar is buiten Jesus Christus nie. Dit is die boodskap van Stefanus.
Ons het gelees wat die reaksie van die mense op so'n boodskap is. Stefanus word ter plekke gestenig.
Wie vandag so oor die O.T. praat soos Stefanus doen moet vandag ook maar nie op veel simpatie reken nie.
Iemand wat 'n bietjie op hoogte is van onderwerpe wat in die teologiese wereld in bespreking is sal weet dat daar vandag baie aandag is vir wat genoem word die dialoog met die Jode.
Christene mag nie meer praat van sending onder die Jode nie maar kan nog net met hulle as broers praat. As kinders van dieselfde God soos dit genoem word.
Maar dit moet dan wel gaan ten koste van die een Naam waardeur ons gered moet word, die Naam van Jesus Christus.
Hierdie maand is die roeping om sending te dryf onder die Jode amptelik uit die Kerkorde van die Sinodaal gereformeerde kerke in Nederland verwyder.
Die bedoeling daarvan is om aan die Joodse godsdiens die respek te gee waarop dit reg het. Maar met alle respek, hier word wel die kern van die evangelie verloen, nl dat die Heilige Gees die Outeur van heel die Bybel is en dat dus die O.T. alleen in Christus verstaan kan word.
Antisemitisme waarmee die Jode heel die geskiedenis van hul bestaan te doen gehad het, is verskriklik, maar dit is eintlik nog erger wat hier gebeur as kerke amptelik begin verklaar dat die evangelie van Jesus Christus nie vir Jode bestem is nie.
Stefanus het die uiterste geprobeer om sy broers te bereik met die evangelie van Jesus Christus.
Hy het hom daarby heeltemal laat lei deur die Heilige Gees.
En dit is wat ons ook steeds moet doen. Elke Sondag weer bid ons, voordat ons die Woord lees, om die verligting van die Heilige Gees. En wat het ons dit nodig!
Laat ons maar baie bid dat ons Sy werk raaksien in die Skrifte van Ou en Nuwe Testament
Want as ons Jesus Christus in die Skrifte nie meer raaksien nie, dan dood ons net soos die Jode, die profete wat van sy koms getuig het.
As ons aan die verkleiding toegee om in allerhande profesiee van die O.T. hededaagse ontwikkelinge rondom Israel raak te sien sonder dat ons op die vervulling van die profesiee in Jesus Christus let, dan is ons besig om die profete te dood.
Dan word ons verraaiers en moordenaars van hulle wat van die koms van Christus geprofeteer het.
Dit gebeur sommer maklik. 'n Duidelik voorbeeld daarvan kry u b. v. in die bevrydingsteologie. Daar word stukke uit die profete aangehaal om aan te dring op sosiale geregtigheid. Dit is inderdaad 'n onderdeel van die bybelse boodskap, maar as jy die profesiee daaroor losmaak van Jesus Christus dan is jy 'n moordenaar van die profeet en 'n opstandeling teen die Heilige Gees daarby.
Die laaste verwyt van Stefanus aan die Jode is dat hulle die wet wat hulle deur die beskikking van engele ontvang het, tog self nie gehou het nie.
Daarmee kom hy terug op die verwyt dat hy lasterlike woorde teen die wet gepraat het.
Maar die verwyt laat hy terugkeer na hulle self. Wie het die wet nie gehou nie? Die Jode self nie!
Want wat het hulle met die wet gedoen?
Hulle het daarvan 'n deur mense vervulbare wet gemaak.
En daarmee het hulle die wet van sy goddelike karakter berowe.
Stefanus het deur die onderwys van die Here Jesus leer besef dat die wet van God nooit deur mense vervulbaar is nie.
God se alomvattende wet roep om die koms van Christus.
Want daar is niemand wat daardie wet kan volbring nie.
God se wet bly 'n goddelike wet. Hy eis volmaakte liefde en volmaakte gehoorsaamheid, 'n eis wat vir niemand haalbaar is nie.
En daarom dryf die Wet ons uit na Jesus Christus. Hy moet kom! Ons kan nie sonder hom nie. Want ons benodig iemand wat vir ons die volmaakte wet van God vervul.
Maar die Jode het nie so gedink nie. Ons het die wet, so het hulle geredeneer. Daaraan kan ons met enige inspanning sekerlik voldoen en dus het ons geen Middelaar of soiets nodig nie. Ons kom dus ook reg sonder Jesus Christus.
En tot vandag toe hou hulle dit vol!
En so volhard hulle in hul verset teen die Heilige Gees.
Laat ons maar bid dat die Here ook vir hulle die oe eendag sal oopmaak, sodat hulle die enigste Middelaaar Jesus Christus mag erken en aanvaar.
En laat ons so veral elke keer in ons bybel bly lees, as besnedenes van hart en ore, wie se ore gespits is om die evangelie op te vang, wie se hart oop is om die wet van God te verstaan.
Want daar is onder die hemel geen ander Naam gegee waardeur jy gered moet word nie as die Naam van Jesus Christus.
Amen.
(kyk in preek)