Inleiding
(Slegs opsomming)
‘n Verhaal oor die goedheid en genade van God.
Struktuur
Tema: Die oorvloedige goedheid en genade van God
1. Ons plek in die verhaal
2. Die Vader se roekelose goedheid en genade
3. Die weg van bekering
1. Ons plek in die verhaal
Om te verstaan wat ons plek in hierdie gelykenis is, is dit nodig om te verstaan wié die karakters in die verhaal is.
Die jongste seun
- Wie = Tollenaars en sondaars (vers 1-2)
- Sonde = Wetsoortreding, maar meer nog: nie die Vader se goeie wette vertrou nie, eintlik dus nie die Vader self vertrou nie (Genesis 3).
Sien hierin ook de persoonlike karakter van sonde soos uitgebeeld in die gelykenis.
- Wanneer ek/jy die jongste seun is.
Die oudste seun
- Wie = Fariseërs en Skrifgeleerdes (vers 2)
- Sonde = Liefdeloosheid na sy broer (vers 30) en sy Vader (vers 28). Vergelyk. 1 Korinthiërs 13.
Ook hier is die sonde persoonlik, liefde word in die pa se gesig teruggegooi.
- Wanneer ek/jy die oudste seun is.
Sien hoe hulle sonde in die kern dieselfde is, hoewel hulle strategieë verskil.
Nou is die vraag weereens: Wie is ek en wie is jy?
Die Vader
God die Vader, soos vergestalt deur Jesus in sy doen en late (Johannes 14:7).
2. Die Vader se roekelose goedheid en genade
Ek het lang tussen die woord oorvloedig of roekeloos getwyfel. Oorvloedig: geen negatiewe konnotasies en meer logies. Roekeloos laat egter die ekstreme van die Vader sien (HAT roekeloos = ‘Sonder bekomernis oor die gevolge van jou dade’).
Soos ek ons Vader hier ontmoet, is Hy roekeloos in sy goedheid, genade en liefde. Ek wil verduidelik wat ek bedoel:
- Hy gee ‘n erfenis aan die jongste en laat hom gaan (12-13).
- Hy staan op die uitkyk en is innig jammer vir hom (20).
- Hy hardloop, omhels en soen hom (20).
- Hy val hom in die rede (21-22).
- Hy maak sy seun weer seun (22).
- Hy vier fees (23-24)
- Hy gaan na buite en smeek sy oudste seun (28).
Wat ek hier sien is eindelose, roekelose genade en goedheid. En hier is dit nie roekeloosheid in die opsig dat Hy nie weet wat die gevolge is nie. Hy weet dit, en tog: Hy beskerm nie Homself in Sy liefde nie.
Laat een ding duidelik wees: God is eindeloos goed!
3. Die weg van bekering
Ons het onsself in die jongste en oudste seun gesien. Ons het die Vader in sy eindelose goedheid ontmoet. En nou die laaste: Hoe kan ons nou en later aan die fees deelneem? Hoe kan ons as jongste of oudste die Vaderhart bereik?
Eers die jongste:
- Hy kom tot homself (vers 17). Dit is die begin van bekering. Maar hy is nog nie daar nie, want hy ken nog nie genade nie en kom dus slegs tot homself en nie tot Christus nie (vergelyk Vers 18-19).
Eers as hy die omhelsing en fees aanvaar en by die Vader se goedheid rus, is die verhouding soos dit behoort te wees (vers 24).
- Toegepas op jou en my: by sonde wil ons ook ons plek terug verdien (‘maak my ‘n huurling’), Laat dit los en vertrou slegs op jou Vader se goedheid en genade.
En dan die oudste:
- Die oudste sit vas in ‘n berekeningsverhouding (ek doen, en dus verdien ek). Dis waarom Hy die Vader se woorde (vers 31, ‘alles wat van my is, is van jou’) nie verstaan nie. Hy moet al balans sommetjies loslaat en leer om die goedheid van sy Vader te vertrou.
- Toegepas op jou en my: vertrou, kom binne en vier fees. Hier die hart van Christen wees: nie wat jy doen nie, maar vertroue op wie God is. In die woorde van die titel van ‘n mooi boek: God is the gospel/God is die evangelie.