Gesag is ‘n geskenk

Minister: 
Ds FJ Bijzet
Church: 
Maranata
Date: 
2019-02-10
Text: 
Heidelbergse kategismus Sondag 39
Preek Inhoud: 

Moet ‘n mens ook ‘n staatspresident soos mnr Manduro van Venesuela “alle eer, liefde en trou bewys”?! Moes ons so maak tydens die regering van mnr Zuma van wie ons bly is dat hy afgetree het?

 

Of iets anders: dalk het iemand van u agtergekom dat sy baas by die werk al 'n rukkie met sy sekretaresse lol, terwyl hy by die huis 'n vrou en 3 kinders het. Moet u van daardie einste man onder-danig bevele aanvaar?! Moet daardie man vir u vertel wat u wel en wat u nie mag maak nie?!

 

Sê‑nou jy het 'n Pa wat gereëld drink en dan op 'n onredelike manier te kere gaan by die huis. Kan jy so'n Pa nog liefhê, vrees en eer?!

 

Daar is tog 'n grens? Waar hou dit op om eer, liefde en trou te moet bewys?

 

As ons volgens ons gevoel te werk gaan, het ons klaar besluit. Wie kan nog ont-sag hê vir sulke mense?!

Maar ons gevoel is 'n gevaarlike gids. Dit veroorsaak meestal maar net meer ellende as wat reeds daar was.

Christus se Gees moet ons gids wees.

Slegs die Heilige Gees leer ons die regte, heilsame houding teenoor almal wat oor ons geplaas is. Laat ons daarom vanaand luister na dit wat Christus se Gees ons leer met betrekking tot die gesag wat God in hierdie wêreld aan mense skenk en die ontsag wat Hy daarvoor vra.

En dan sien ons:

 

Gesag is ‘n geskenk

 

Ek sal u agtereenvolgens wys op

1. God se hand

2. God se hart

3. God se haat  i.v.m. die gesag.

 

 

     1.  Wat ‘s gesag eintlik, brs en srs? Is dit ‘n eienskap wat die een mens nou maar een keer het en die ander een nie? Daardie persoon het "'n natuurlike gesag" sê ons dan.

As hy praat, luister almal soos vanself.

 

Daar is onderwysers wat geen orde kan handhaaf nie. Die kinders in ongeseg-lik, brutaal, maar hy –of sy- weet nie hoe om dit te hanteer nie. Daardie onderwyser het geen gesag, sê ons dan. Daar is egter ook onderwysers wat glad nie probleme het om die orde te handhaaf nie. Die kinders hou van hom –if haar- hy of sy hoef nie dikwels te waarsku nie, en as hy of sy moet waarsku, is 'n enkele woord genoeg.

Daardie onderwyser het gesag, meen ons.

 

Maar as ons na die HERE se Woord luister, blyk dit nie so simpel te wees nie.God se Woord leer dat ook 'n swak onderwyser wel deeglik gesag het. En alte toegeeflike ouers. En 'n baas by die werk wat eintlik nie vir sy taak bereken is nie. Selfs 'n regering wat sy land in 'n chaos dompel.

Want gesag is nie 'n natuurlike aanleg wat 'n mens nou maar eenmaal het en soos vanself by ander mense afdwing, of iets wat jy spontaan of onder 'n deskundige leiding kan ontwikkel nie.

Gesag is 'n opdrag, ‘n leidinggewende taak, wat God aan 'n mens gee.

God stel in hierdie wêreld mense aan wat leiding aan ander mense moet gee. Ons glo mos dat daar in hierdie wêreld niks per toeval gebeur nie, maar dat alles uit God se hand na ons toe kom. Ook mensen die in onze samenleving leiding moeten geven.

 

Die duidelikste voorbeeld dat gesag uit God se hand kom, is wel die gesag wat ouers oor hul kinders ontvang. Dit sal ook wel die rede wees waarom in die Vyfde Gebod juis hierdie gesagsver-houding genoem word: "Eer jou vader en jou moeder...". In Efes 6: word dit ook “die éérste gebod” genoem. Die meeste vertaling voeg die volgende woorde “...met ‘n belofte”  hier met-een by, maar dit kan nie reg wees nie. Die Vyfde Gebod is nie die eerste gebod wat ook ‘n belofte behels nie. In Tweede gebod staan daar mos ook al ‘n belofte: die HERE sal sy barmartigheid bewys tot in die duisendste geslag van die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou. Ek meen daarom dat Paulus in Efes 5 bedoel het dat die Vyfde Gebod die eerste gebod waarmee ‘n mens gewoonlik in aanraking kom. En die woorde “...met ‘n belofte ens.” volg dan as ‘n toevoeging.

'n Kind kan mos nie sy eie Pa en Ma kies nie. Ouders kan nie eers hul eie kinders kies nie. God gee 'n kind aan sy ouers en ouers aan daardie kind. En Hy gee die ouers die opdrag om hul kind te versorg en op te voed tot selfstandig-heid. God het dit boonop so gelei dat 'n kind jare lank volkome van die sorg van sy ouers afhanklik is.

Maar ook die gesag wat 'n man oor sy vrou het, kom uit God se hand. God het die man as hoof en die vrou as hulp geskep. En Hy lei vandag nog na elke man met sy hand dié vrou wat Hy vir hom bestem het. Vanaf daardie oomblik het die man gesag oor haar ontvang.

 

God se hand lei ook die wêreldgebeure. Hy stel politieke leiers aan en laat hulle weer verdwyn. Hij geeft sommige mensen een hoge positie en ontneemt hun die na verloop van tijd ook weer.

 

Selfs die gesagsdraers wat ons self kan kies, ontvang langs hierdie weg hulle roeping van God: 'n gekose regering. Ons kan hulle nie slegs aanvaar en respekteer solank as wat hulle maak soos ons wil nie. Ook as hulle in afwy-king van verkiesingbeloftes en gemaak-te afsprake hulle gesag gebruik vir sake waarvan u glad nie hou nie, moet u God se hand in hulle regering bly sien en eerbiedig.

U kan in heelwat gevalle self kies onder watter baas u wil werk. Maar daardie baas kan môre aan 'n hartaanval of 'n

motorongeluk dood wees. Deur God se hand. En dalk word hy opgevolg deur 'n persoon waarvan u glad nie hou nie. Nogtans sal u sy gesag moet aanvaar en eerbiedig solank as wat u daar bly werk. Eers as u uit u werk bedank en 'n ander baas soek, verloor u vroeëre

baas sy gesag oor u.

 

Telkens wanneer God dit in ons lewe in sy voorsienigheid so lei dat iemand gesag ontvang, vra Hy van ons dat ons aan daardie persoon alle eer, liefde en trou sal bewys.

Ook ‘n regering wat in baie opsigte korrup is, ook 'n baas wat met sy sekre-taresse lol en 'n Pa wat dikwels dronk is, ‘n ouderling wat in ‘n vroere ampsperiode foute gemaak het maar weer verkies is, moet met eer, liefde en trou bejeën word as God hulle met gesag beklee het.

 

"Eer, liefde en trou"‑ dié drie woorde gebruik die Kategismus.

Eer staan voorop. Daarmee moet dit naamlik begin. Liefde het 'n mens vir 'n persoon. Maar eerbied  betref die amp, die roeping wat die mense wat oor ons gestel is, van God ontvang het. Dié eer-bied moet allereers ons houding teen-oor gesagsdraers bepaal. Daardie men-se het nie hulleself in daardie verant-woordelike posisie gemaneuvreer nie. God het hulle daarin aangestel. Omdat Hy mede deur hulle ons lewe wil regeer. En al oefen hulle hul gesag ook hoe swak uit‑ hulle is dienaars van God.

En elke gebod wat hulle uitvaardig, moet ons aan gehoorsaam solank as wat dit nie regstreeks teen God se gebooie ingaan nie. Van die stilhou voor ‘n rooi verkeerslig, die opvolg van ‘n speodbeperking en die eerlike opgawe van ons inkomste op die belastingformulier tot en met die wegbly uit bepaalde ontspannings-plekke as Pa of Ma dit gebied het.

 

Maar God vra meer as net respek en onderwerping. Daar moet vervolgens by ons ook liefde vir die gesagsdraers bo ons wees. Hierdie mense dra 'n groot verantwoordelikheid. Terwyl hulle ook maar swak en sondige mense is. Hulle moet eendag rekenskap gee. Dié wete moet ons dryf in ons houding teenoor hulle, ook as hulle foute maak. Of miskien moet ek liewer sê: juís as hulle foute maak! Liefde maak geduldig; liefde leer jou om vir hulle te bid.

 

En dan noem die Kategismus nog trou: wat maak kinders met hulle ouers as dié oud en hulpbehoewend geword het? Lei hulle eerbied en liefde dan ook tot 'n troue versorging tot die dood?

Wat maak u met 'n werkgewer onder wie u omtrent 'n lewe lank gewerk het en wat sy beste kragte vir sy werkne-mers gegee het, as hy oud en gebreklik geword het? Gee u nog 'n blyk van res-pek en meelewe af en toe?

Want maak 'n volk met sy vroeëre staatspresidente  na hulle vanweë hul leeftyd of hul gesondheid moes aftree? Bewys die volk nog gereeld dat hulle van hulle en hul regering nog nie vergeet het nie? In sulke bewyse van eerbied, liefde en trou, eer ons nie net 'n mens nie. Ons erken en aanvaar daarmee die hand van God oor ons lewe wat sondige mense inskakel om ons te regeer.

 

     2. En daardie hand van God is 'n goeie hand, broeders en susters. Ja, in daardie hand wat in hierdie wêreld mense met gesag beklee, gaan God se hart vir ons oop. (My tweede punt).

Want dis eintlik 'n wonder dat daar vandag steeds gesagsdraers is!

 

Gesag van die een mens oor die ander was naamlik een van die geskenke in die Paradys. Dit het tot God se skep-pingsplan behoort. As ‘n middel om die skepping tot die volle ontplooiing te bring.

Want God het 'n belangrike taak vir die mens gehad. Nou moes die skepping oopgelê, ontwikkel, uitgebou word. En in daardie ontwikkeling mog die mens 'n hoofrol speel. Maar dié gigantiese onderneming het 'n veelvoudige taak-verdeling geeïs.

Dis dié dat God gesagsverhoudings ingestel het. 'n Hele samespel van range en stande, leidinggee en leiding aanvaar.

 

Daar was uit die staanspoor die gesag van die man oor die vrou. Hy hoof, sy hulp. Uit hulle samewerking sou gesag van ouers oor kinders ontwikkel. Ouers sou kinders kry om op te voed.

En ook al die ander gesagsverhoudings wat vervolgens soos vanself sou ont-staan: onderwysers en leerlinge, werk-gevers en werknemers, owerhede en onderdane, dit was alles ingepas in God se plan. En dit nie as nie lastige, on-aangename faset van God se wêreld nie. God het daarmeer nie die een mens belangriker as die ander gemaak nie. Hy het ‘n samespel beoog. Waarin daar van ‘n wederkerige afhanklikheid sprake is. Die beste leier is mos nie ‘n persoon wat oor andere domineer nie, maar wat die ander inspiree om met plesier hul dinge te doen. En hoe sal iemand kan leiding gee indien sy nie aanvaar word nie.

Gesag is dus van oorsprong ‘n geskenk in die goeie skepping. ‘n Waardevolle ratwerk in God se skeppingsplan.

 

Maar besef u dan, brs en srs, dat die feit dat daar in ons wêreld vandag, na die sondeval, steeds gesagsverhoudings is, nog meer as by die skepping, 'n ge-skenk is? Dit is 'n blyk van God se gena-de oor ons lewe. Ook dít is ‘n bewys dat God na die sondeval sy skepping nie aan die chaos en die verderf prysgegee het nie!

 

Die mens het mos teen sy God opge-staan. Hy wou "net soos God" wees.

Die mens wou nie langer in 'n georden-de samelewing aan die verheerliking van sy Skepper saamwerk nie, maar hy het aan sy eie geskiedenis en toekoms begin bou.

Maar ons het van toe af aan ons eie ondergang begin bou. Nou is die wêreld mos vol individualiste, vol ontbinding, stryd. Huwelike breek stukkend, ouers en kinders vervreem van mekaar, werk-gewers en werknemers maak mekaar die lewe suur met dreigemente en sta-kings, diktatuur en staatsgrepe dompel lande en volkere in ellende. In die kerk gryp ampsdraers na die mag.....

 

Sê‑nou God sou sy hart vir ons toege-sluit het. Sê‑nou Hy sou ons aan die chaos wat ons self veroorsaak het, prysgegee het. Probeer u voorstel: 'n wêreld sonder gesagsdraers. Geen regering, geen wette, geen polisie en justisie en geen tronke meer nie. Elkeen maak soos hy wil en is sy eie baas.

By die fabriek en in die kantoor geen direkteur en geen afdelingshoof meer nie. Geen onderwysers en skoolleiding meer nie. Tuis geen Pa en Ma om lei-ding te gee nie, geen ampsdraers asw voorbeelde vir God se kudde nie...

Dit mag dalk 'n oomblik aantreklik lyk, inderwaarheid sou dit die ene chaos word. 'n Verskrikking! Die begin van die hel.

 

Maar God het sy hart nie vir ons toege-sluit nie. Hy het ten spyte van ons op-stand in die sondeval, sy hart juis vir ons oopgemaak.

Pleks dat God hierdie wêreld aan die hel prysgegee het, het Hy sy Seun aan die hel prysgegee om ons sondes, ons opstandigheid en magsmisbruik te ver-soen en om die voltooiing van sy skep-pingsplan tog te bereik.

Die aarde moet verder ontwikkel word. Die deur die sonde aangetaste skepping moet herskep word. Die mens moet eendag weer saam met Hom in ‘n para-dys lewe.

Deur Christus het God dit moontlik gemaak. In Christus het God se hart vir ons oopgegaan. Danksy Christus kan die ratwerk wat vasgedraai het, tog aanhou draai.  

 

Dáárom is daar nog steeds gesagsver-houdinge in hierdie wêreld.

Want God se Seun, wat Self alle mag in die hemel en op die aarde ontvang het, skakel steeds die gesag van die een mens oor die ander en die gehoorsaam-heid van die een aan die ander in om die herskepping van God se wêreld te bereik.

Hy sit vandag aan God se regterhand en mag daardie hand van God lei. Deur Christus gee God vandag aan elke man sy eie vrou uit sy hand. Deur Christus maak God se hand vandag mense die Pa en Ma oor 'n kind, stel Hy onderwy-sers aan in die skool en direkteure in 'n besigheid. Deur Christus maak God mense tot maghebbers en verstoot Hy hulle weer uit hulle pos.Dis Christus wat in sy gemeente ampsdraers aanstel.

 

So bou God in Christus aan die voltooi-ing van sy skeppingsplan. En die blote feit dat daar dus vandag, in 'n sondige wêreld, steeds gesagsstrukture gevind word, moet ons, christene, nie met ergernis en frustrasie nie, maar met dankbaarheid en verwondering vervul. Dit laat ons in God se hart kyk. Dit bewys dat hierdie wêreld nie in ‘n doodloopstraat beland het nie, maar steeds 'n toekoms het.

 

 

     3. Maar daarom is dit nou ook baie gevaarlik om die gesag wat God in hier-die wêreld steeds handhaaf, te minag. Wie so maak, ignoreer God se hand en trap God op die hart, maar haal hom daardeur ook God se haat op die hals! (My derde punt tenslotte)

God haat dit as julle 'n brutale houding aanneem teenoor julle ouers of 'n on-derwyser, seuns en dogters. God haat dit as julle skelm tog iets doen wat hulle verbied het.

God haat dit as 'n besigheid deur wilde stakingsaksies platgelê word.

God haat dit as u u belastingvorm oneerlik invul.

God haat dit as u minagtend praat oor ons regering of polisie en spoedbeper-kings aan onze laars lappen.

God haat dit as u in die kerk ampsdra-ers nie respekteer weens  hulle amp nie

Want as ons so maak, sien ons sy hand en sy hart nie meer nie.

 

Ja, ek weet, daar is baie slegte gesags-draers in hierdie wêreld. Mans wat hul vrouens brutaliseer. Ouers wat hul kin-ders verwaarloos en mishandel. Onderwysers wat leerders ontmoedig en met sarkasme verneder. Direkteure watt hulle soos slawedrywers gedra. Daar is ministers en amptenare en hulleself handhaaf deur vuile korrupsie, konings en presidente wat tiranne en diktators geword het.

Ampsdraers en kerklike vergaderings kan ernstige foute maak.

Ons gevoel sê vir ons:

Aan sulke mense hoef jy jou tog nie te onderwerp nie? Ons kan tog nie sê dat ook dáárdie mense deur God oor ons gestel is nie?

 

Maar God se Woord leer dat ons sal moet aanvaar dat ook sulke gesags-misbruikers nogtans seggenskap oor ons het, solank as wat God nie aan hulle hul gesag ontneem nie.

En God laat gesagsmisbruikers soms 'n hele ruk hulle gang gaan.

Hy kan 'n vrou laat sug onder 'n heers-sugtige man. Kinders moet soms groot-word onder liefdelose ouers.  Jy sal jou in die skool moet onderwerp aan 'n on-simpatike onderwyser. God kan werk-nemers gebuk laat gaan onder die on-begrip en hardheid van hul baas. En hele volke is deur die HERE in die han-de van wrede tiranne gegee.

Die kerk het die eeuwe deur gesug onder swak ampsdraers

 

Hoekom maak die HERE so?

Die HERE laat sulke dinge gebeur om ons die ellende te laat ervaar wat ons self deur ons opstand teen Hom veroor-saak het. Hy dwing ons ook hierdeur om skuldbewus op koppe te buig.

Hy kan dit egter terselfdertyd gebruik om ons skuldbesef en ons dankbaarheid oor Christus se verlossingswerk te ver-sterk. Hy gebruik dit om die verlange na die voltooiing van die verlossing in ons lewendig te hou.

Daarom vra Hy ook in sulke moeilike situasies steeds respek vir die gesag wat Hy gegee het van ons. Ons sal moet erken en aanvaar dat God ook moeilike mense wat hulle gesag mis-bruik, kan inskakel om ons te regeer vir ons beswil.

 

Ons mag iemand wat sy goddelike opdrag skend, nie sommer eenkant skuif nie, want die Hére skuif so iemand nie dadelik eenkant nie! Ons mag wel, solank as wat Hy nie aan hulle hul gesag ontneem nie, die ge-sagsmisbruik verwerp, langs die wet-tige paaie wat daarvoor afgespreek is, maar ons moet ons terselfdertyd die gesagsdraer bly eerbiedig.

En wee ons, as ons nie so maak nie. Dan verwerp ons nie net 'n mens bo ons nie. Ons verwerp God se leiding oor ons lewe. Ons verwerp God self. Ja, dan haal ons ons die haat van die HERE op die hals.

 

Dit pleit natuurlik daardie slegte gesagsdraers wat hulle mag misbruik, nie vry nie. Hulle haal hul nie minder die haat van die HERE op die hals nie. Hy het hulle aangestel en ingeskakel om sy genade oor die versondigde menselewe konkreet sigbaar en voel-baar te maak. Hulle het nie gesag ontvang om hulle eie haan koning te laat kraai nie, maar om in hulle heer-skappy diensbaar te wees aan God se koninkryk. Hulle moet die beeld van Christus vertoon op aarde.

As amspdraers egter meer hulle eie kop volg pleks van Chistus;

As owerhede  meer luister na die eise van mense as na die wil van God, of hulle hoë posisie misbruik om net hulleself te verryk;

as maghebbers heul met terroriste en rebelle;

as direkteure van hul personeel geen respek afdwing nie, maar seksuele plesiertjies;

as ouers nie vol van die Heilige Gees is nie, maar vol van drank en hulle dienooreenkomstig gedra;

as mans hulle vrouens terroriseer;

kortom: as mense so die gesag wat God hulle verleen het, belaglik maak, speel hulle met vuur: "Wees tog verstandig, o konings" klink dit in Psalm 2; "laat julle waarsku, o regters van die aarde".  En u kan maar gerus toevoeg: en ook julle, mans, ouers, onderwysers, werkge-wers, ampsdraers ensomeer! Dit is 'n hoë eer om die God van die hemel en die aarde as 'n gesagsdraer te mag dien. Dit is 'n hoë eer om sy hand oor die menselewe voelbaar en sy hart vir die menselewe sigbaar te maak.

Maar wee jou as jy dit nie doen nie, dog sy gesag misbruik vir presies die teenoorgestelde doeleindes.

Dié kry met God se haat te make. Amen

Liturgie: 

Votum en seën

Ps 71:2,4

Gebed

Skriflesing: 1 Petrus 2:11-20

Ps 95:4

Verkondiging oor Sondag 39 HK

Ps  2:6

Gebed

Kollekte

Ps 22:4

Seën