PRETORIA-MARANATA,
4 Desember 2016 AD, 17:30 (Nagmaal)
Votum
Seën
Ps 51:6
Gebed
Nagmaalsformulier (p.23)
Gebed (afgesluit met sing van Onse Vader)
Sb 43:2
1e tafel: Skriflesing: Lukas 3:1-20 &
Romeine 6:1-14; Ps 131:1-3
Lofverheffing & Gebed
Teks: Heidelbergse Kategismus Sondag 33
Preek
Ps 19:4
Gebed
Apostoliese Geloofsbelydenis (sing)
Kollekte
Sb 43:5,6
Seën
Preek:
Heidelbergse Kategismus Sondag 33
Aan die einde van ‘n nagmaalsondag is dit
tradisie om ‘n nabetragtingspreek te hou. Maar bied Sondag 33 wel ‘n geskikte
onderwerp vir ‘n nabetragtingspreek? Is dit nie die bedoeling dat mens ‘n
bietjie tot rus kom, veral met nabetragting, en nie voortdurend opgejaag word
met net nog ‘n oproep tot bekering nie? Sondag
33 handel naamlik oor die ware bekering van die mens, en oor wat goeie werke
is.
Is dit wel geskik so aan die einde van ‘n
Nagmaalssondag?
Geliefde gemeente, ek kan u gerusstel. Ja,
dit is geskik, dit is toepaslik.
Maar dit is wel belangrik dat ons die regte
sig het op hierdie onderwerpe.
En veral ook op die nagmaal. Ons vier mos nie
nagmaal om te kenne te gee dat ons in onsself volmaak is nie. Ons
nagmaalsviering is juis die geestelike voedsel wat ons aanspoor en energie gee
om in ‘n nuwe lewe goeie werke te doen. Die Kategismus bespreek die bekering
ook nie toevallig in die derde deel nie. Die derde deel wat handel oor ons
dankbaarheidslewe.
Bekering is iets wat positief is, en wat
voortkom uit dankbaarheid. So mag ons dan vanaand, in hierdie nabetragtingspreek,
uit dankbaarheid aandag skenk aan bekering en goeie werke. Ons is mos gevoed
vandag. Ons is mos lus om nou vir die HERE te lewe. Luister dan vanaand hoe ons
dit behoort te doen.
Tema:
Bekering is en bly bitter noodsaaklik.
-
Die noodsaak van bekering vir
gelowige en ongelowige -
Die twee dele waaruit bekering
bestaan
-
Die noodsaak van bekering vir
gelowige en ongelowigeDit is duidelik dat geen mens gebore word as
‘n bekeerde mens nie.Elke mens word, soos die Doopsformulier sê,
in sonde ontvang en gebore.Bekering en wedergeboorte is iets wat tydens jou
lewe moet plaasvind.In hierdie verband is dit belangrik om te
besef dat die Bybel die woord bekering in ‘n breër sin gebruik as waaraan ons
deesdae gewoond is.Deesdae verwys baie mens na bekering as slegs
‘n enkelmalige gebeurtenis.In die Bybel lees ons nie slegs oor bekering
as ‘n eerste bewuste ommekeer na God toe nie. Bekering is iets wat vanaf die
eerste ommekeer voortgaan in die vernuwing van jou hart, die vernuwing van jou
lewe, wat betref allerlei konkrete sake. Ek noem ‘n paar tekste uit die Bybel
in hierdie verband. Ons begin in die Ou Testament.Nehemia 1:9: “maar as julle jul tot My bekeer
en my gebooie onderhou en dit doen – al was julle verjaagdes aan die einde van
die hemel, dan sal Ek hulle daarvandaan versamel en hulle bring na die plek wat
Ek verkies het om my Naam daar te laat woon.”Die HERE praat hier met sy volk. Ek noem dit
eksplisiet, want dit bewys dat bekering nie net iets is wat van toepassing is
op heidene of ongelowiges nie. Ook kinders van die verbond, ook kerkmense, word
opgeroep tot bekering.Dieselfde boodskap vind ons in die Nuwe
Testament. Ek dink aan Openbaring 2:5. Daar sê Christus aan die kerk in Efese:“Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en
bekeer jou en doen die eerste werke.”Ook hierdie oproep tot bekering is aan die
adres van kerkmense.Ek noem nog ‘n teks uit die Ou Testament.
1 Konings 8:33-34: “As u volk Israel verslaan
word voor ‘n vyand, omdat hulle teen U gesondig het, en hulle hul tot U bekeer
en u Naam bely en tot U bid en smeek in hierdie huis, wil U dan hoor in die
hemel en die sonde van u volk Israel vergewe”.Salomo bid hier vir die volk by die inwyding
van die tempel. Hieruit leer ons dat bekering vir ‘n kind van God inhou dat hy
homself telkens weer omkeer, terugkeer na God toe, terugkeer na God se wil in
sy lewe.Ons gaan weer na die Nuwe Testament.
Lukas 3:8: “Dra dan vrugte wat by die
bekering pas”.Johannes die Doper sê dit vir die Jode. Hy
het die doop van bekering bedien.Ook dit is weer noodsaaklik vir kinders van
God. Die Jode het in daardie dae al die sogenaamde proselietedoop geken. Dit
was bedoel vir heidene wat hulle by die Joodse volk gevoeg het. Hulle is met
hierdie doop gedoop.Maar die doop van Johannes was veral bedoel vir
die Jode, wat alreeds die besnydenis ontvang het.Aan hulle klink die oproep: bring vrugte
voort, dit wil sê: leef so dat uit jou dade te sien is dat jy bekeerd is. ‘n
Paar hoofstukke verder sê Jesus in Lukas 5:32: “Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie,
maar sondaars tot bekering.”Hy het dit gesê na aanleiding van die klag
van die Fariseërs en Skrifgeleerdes dat hy met tollenaars gemeng het,
byvoorbeeld met ‘n tollenaar genaamd Levi. Ook hier leer ons dat bekering
bitter noodsaaklik is, vir sowel ongelowiges en gelowiges.En bekering is nie sommer net iets nie. Dit
is diep ingrypend.Oor hoe indrukwekkend dit is, watter groot
gebeurtenis dit is as iemand hom bekeer, lees ons in Lukas 15:7, waar Jesus
opmerk: “Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een
sondaar wat hom bekeer, meer as oor negen-en-negentig regverdiges wat die
bekering nie nodig het nie.”Ja elke mens het ‘n geestelike stryd op
aarde. Neutraliteit bestaan nie. Elke mens het sy oorloë. En wanneer iemand hom
bekeer, of dit die allereerste keer is of die soveelste keer, elke keer is daar
gejuig in die hemel. Oor die hemel gepraat, ons lees in Lukas 16:30 oor Abraham
in die hemel, en dat die ryk man in die hel hom probeer oortuig om ‘n boodskap
na sy broers op aarde te stuur. Die ryk man het gesoebat: “Nee, vader Abraham,
maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer.” Waarop
Abraham geantwoord het: “As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal
hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.” (vers 31)Gemeente, ons as mense kan 101 verskonings
uitdink om die daad van bekering voor ons uit te skuif. Maar laat ons hierdie
opmerking ter harte neem. As Moses en die profete – dit is hoe die Bybel
destyds genoem is in Jesus se dae. Dus, as die Bybel jou nie sover bring dat jy
jou bekeer nie, moenie dink dat dit wel sal gebeur, as daar ineens ‘n dooie uit
die graf opstaan en in lewende lywe voor jou staan nie!God se Woord werk bekering, niks anders nie.
Ek gaan verder met nog ‘n Bybelteks.
In Handelinge 11:18 lees ons dat dit God se
hartlike wens is dat ook die heidene daadwerklik tot bekering kom.Dit gaan hier oor die feit dat die voormalige
heiden Cornelius met sy huisgesin gedoop word. Paulus het hierdie daad – naamlik
die doop van ‘n heiden – verdedig teenoor die Jode-Christene deur daarop te wys
dat Cornelius en sy mense op presies dieselfde manier tot geloof gekom het.Naamlik deur die verkondiging van die Woord. Dit
was die instrument waardeur die Heilige Gees bekering gewerk het.So het hulle die gawe van die Gees ontvang.
En dan lees ons in Handelinge 11:18: “En toe
hulle dit hoor, het hulle geswyg en God verheerlik en gesê: So het God dan ook
aan die heidene die bekering tot die lewe geskenk.”Op sy sendingsreise het die apostel Paulus
aangedring op bekering, sowel by Jode as heidene. Sien byvoorbeeld Handelinge
26:20, waar Paulus verantwoording aflê van sy optrede teenoor Agrippa:“ek het eers aan die mense in Damaskus en in
Jerusalem en in die hele land van Judea en aan die heidene verkondig dat hulle
tot inkeer moet kom en hulle tot God bekeer deur werke te doen wat by die
bekering pas.”Paulus se verkondiging van die Evangelie was
nie ‘n suksesboodskap nie.Dit was nie ‘n boodskap dat almal wat dit
aanneem in alle omstandighede vrolik sal wees nie. Soms was die uitwerking van
die prediking ook anders.Dink byvoorbeeld aan 2 Korinthiërs 7:9: “Nou
is ek bly” skryf Paulus, “nie omdat julle bedroef was nie, maar omdat julle
bedroef was tot bekering, wat julle was bedroef volgens die wil van God”. Bekering
bring nie net blydskap nie, dit bring ook droefheid. Soos v/a 89 sê: Naas ‘n hartlike vreugde,
veroorsaak dit ook ‘n hartlike berou.Juis hulle wat tot God bekeer is, kom agter
hoe eiesinnig jou eie hart is. Hoe jou ou mens hom blywend teen vernuwing
verset. Met die stryd teen jou ou mens is jy nooit klaar nie. Tot op jou
sterfdag sal jy moet bly binne die kragteveld van die Gees, naamlik daar waar
die Woord verkondig word. As jy dit nie doen nie, gaan jou ou mens jou nuwe
mens se nek weer omdraai.Maar waar die Gees bly werk, deur die Woord,
hou die nuwe mens die oorhand. Dus aan die een kant kom jy nooit tot rus nie. Die
geestelike stryd duur voort, ook na afloop van ‘n Nagmaalssondag. Maar aan die
ander kant hoef ons nie wanhopig te wees nie. Want ons redding lê vas in
Christus.So bly bekering elke dag ‘n geestelike stryd.
Maar dit is ‘n positiewe stryd.Jy kan dit vergelyk met die pyn wat jy voel
as ‘n doring uit jou voet uitgetrek word. Dit moet gebeur, en dit is pynlik. Maar
daarna is die pyn weg. En noudat die doring uit is, sal dit nie begin sweer
nie. Dit is, hoewel pynlik, ‘n dankbare ding. Bekering is ‘n dankbare gawe en opgawe om werklik as ‘n nuwe mens te
lewe.(Tema: Bekering is en bly bitter noodsaaklik.
-
Die noodsaak van bekering vir
gelowige en ongelowige) -
Die twee dele waaruit bekering bestaan
Oor bekering moet mens altyd met twee woorde
praat. Afsterf en opstaan.Twee woorde, wat ontleen is aan die apostel
Paulus. Onder die ou mens verstaan
Paulus die mens wat leef met sy rug na God toe. Geestelik dood in sonde,
verduister in sy verstand, in opstand teen God. Maar die nuwe mens is die mens wat deur die geloof saam met Christus
opgestaan het. In Romeine 6 verduidelik Paulus dit, aan die hand van die doop. Die doop beeld uit dat ons verdrink in die
water.Maar daarna word ons uit die water opgetrek
deur Christus, en staan op in ‘n nuwe lewe. Ons lees: “As ons dan saam met
Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, omdat ons weet
dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood
heers oor Hom nie meer nie.” (Rom 6:8-9)Hieruit volg die indringende oproep: “So moet
julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.” (Rom 6:11)Ons is reeds regtens vry van die sonde, deur
die dood van Christus, dus laat ons in ons lewe nou uitstraal dat ons ook werklik vry is van die sonde.Paulus gebruik hier die beeld van ‘n vrou wat
getroud was, maar wie se man gesterf het. Met die afsterwe het die huwelik
geëindig, en die vrou is regtens vry van die gestorwe man. Hierdie vergelyking
word gebruik om te verduidelik dat, omdat Christus gesterf het –
plaasvervangend in ons plek – ons nou nie meer met die sonde getroud is nie. Ons
is regtens nou vry van die sonde. Die ou mens is regtens dood en begrawe. Niks
staan ons nou meer in die weg om ons lewe in diens van God te stel nie. Die ou
mens gekruisig, die nuwe mens opgestaan.Kom ons fokus nog vir ‘n oomblik, soos Sondag
33 doen, op die beide kante van bekering. Ten eerste: afsterwe.As jy Christus leer ken het, leer jy wat dit
is om berou te hê. Jy begin iets begryp van die teregte toorn van God oor jou
lewe. Jy wens daarom ook self dat jou ou mens gedood moet word. Jy begin ook
self die sonde te haat. Jy kry self ook ‘n afkeer van alles wat ruik na jou ou
mens. En ook al is jy wedergebore, jy onderskat nie die krag van die sonde nie.
Daarom is dit lewenslank ‘n opdrag om vir die sonde weg te vlug. Dit klink dalk
nie so dapper nie, maar dit getuig van realisme. Jy oorskat jouself nie. Laat
liewerste die sonde jou rug sien. Elkeen van ons is swak, en as dit goed is,
ken jy dit punte in jou lewe waar jy swak is. Moenie die sonde uitdaag nie.Maar dan, die ander kant van bekering is die
opstaan van die nuwe mens.In Christus se opstanding is die mag van
sonde en dood oorwin. Dit laat ons nie onberoerd nie. ‘n Hartlike blydskap in
God vervul ons hart. Ons is nie meer wanhopig nie. Ons weet dinge sal goed eindig. En daarom is
dit vir ons ‘n lus en liefde om te strewe na goeie werke. Nie om iets by God te
verdien nie. Ons het reeds alles ontvang.Maar wel om aan ons dankbaarheid uiting te
gee.Ook hier bly ons realisties. Ons goeie werke
bly maar gebrekkig, laat staan dat ons van oortollige goeie werke sou kon
praat. Die drie vereistes waaraan iets moet voldoen, lê die maatstaf hoog. ‘n
Goeie werk moet gedoen word uit ware geloof, volgens die wet van God, en ook
nog tot sy eer. Wie hierdie drie maatstawwe toepas op sy beste werke, sal moet
erken dat ook ons beste werke maar gebrekkig is.Tog demotiveer dit nie vir ons nie. Want ons
verlossing staan vas.Ons het begin met die derde deel van die
Kategismus, wat handel oor die dankbaarheid. In die tweede deel is die redding
afgehandel. Christus, nadat Hy ons gered het, roep jou op: doen nou jou bes. Kyk
hoever jy kan kom.Ek hou jou vas, jy hoef nie te wanhoop nie. Doen
net jou bes.Want as jy dit doen, verheerlik jy Sy naam des
te meer op aarde.As jy dit doen, trek jy ook ander na die Lig
toe.Ons mag vanaand huis toe gaan, gemotiveerd om
dit te doen.Gevoed en gesterk deur die nagmaal, mag ons
as sy ambassadeurs aan ‘n nuwe week begin.Deur ‘n bekeerde lewe, ‘n lewe van goeie
werke te lewe hierdie week, verheerlik ons sy Naam, en trek ons ander nader na
Hom toe.Amen.
(kyk in preek)