PRETORIA-MARANATA, 17 Julie 2016 AD, 10:15
Votum
Seën
Ps 25:1
Wet
Ps 19:5,7
Gebed
Skriflesing:
Deuteronomium 5:22-33
Ps 99:1,2
Skriflesing:
Deuteronomium 18:9-22
Ps 99:3
Teks:
Deuteronomium 18:15
Preek
Ps 99:4,5
Gebed
Kollekte
Ps 25:2,4,6
Seën
Preek: Deuteronomium 18:15
Daar is op
die oomblik ‘n aantal vakatures in ons kerkverband.
Dit laat
mens onwillekeurig nadink oor die toekoms.
Dit laat
mens die noodsaak besef om in die hede jongmanne, jong seuns, aan te moedig om
vir predikant te gaan studeer.
Dit is ‘n
saak van roeping, dit is ‘n geloofsaak. Nie net vir daardie seuns nie.
Maar ook vir
hulle ouers. ‘n Ouer sal nie so maklik sy seun aanmoedig om vir predikant te
gaan studeer nie. Is daar dalk ‘n bietjie kleingeloof by betrokke? Om predikant
te wees is nie altyd ‘n maklike beroep nie.
Dit is ook
‘n lang studie. Om predikant te wees is ‘n publieke taak.
Dit is
maklik om oor ‘n predikant te praat, totdat dit jou eie seun is.
Want dit is ‘n
feit: ‘n predikant is ‘n gewone mens net soos ons almal.
En die seuns
wat teologie gaan studeer, is gewone jongmanne, wat uit gewone gesinne kom, net
soos by elkeen van ons die geval is.
Tydens hulle
studie word hulle bekwaam om herder en leraar te word.
Tog word die
basis al gelê met die gelowige opvoeding wat ‘n seun by die huis ontvang. Daarsonder
is teologie studeer soveel moeiliker.
Dit sien ons
veral op die sendingsveld, waar teologiestudente nie altyd in ‘n gelowige huis
opgegroei het nie.
Die
teologiestudie bou, as dit goed is, verder op die basis wat tuis gelê is.
Die studie
is daarop toegespits om die werksaamhede wat by die roeping van ‘n predikant
hoort, te kan uitvoer. Om te kan preekmaak vanuit die grondteks, om die
Evangelie te kan verkondig, om katkisasie te kan gee, om sielsorg te kan bied,
pastorale besoeke, en om die kerkraad te lei.
Al het hy
dan tydens sy studie ‘n klomp kennis en vaardighede opgedoen, dit bly nog
steeds ‘n gewone jongman.
Wat dan ‘n
beroep ontvang van ‘n kerk, en daar predikant word.
En as die
HERE hom seën, ‘n vrou vind wat saam met hom hierdie lewensroeping wil uitvoer.
Saam met hom die eise wat die amp stel, die hoof te bied. Dit bly ‘n gewone
mens, jongman, wat deur God geroep word tot hierdie amp.
Ek verkondig
u die boodskap van die teks vanoggend met hierdie tema:
Tema: Die HERE spreek tot sy volk deur middel
van ‘n profeet uit u eie midde
-
Hy spreek u aan deur ‘n gewone
mens -
Hy vra u vertroue deur ‘n gewone
mens -
Hy laat u onberispelik voor Hom
staan deur ‘n gewone mens
-
Hy spreek u aan deur ‘n gewone
mensOns is
gewoond aan die opset van ‘n kerkdiens.Ons kom na
die kerk toe, waar die stoele of banke so neergesit is dat almal na die
preekstoel kan kyk. Op die preekstoel verskyn aan die begin van die erediens ‘n
gewone man, met gewone klere aan. Hierdie man praat nie in ‘n onverstaanbare
taal nie, hy praat gewoon Afrikaans.Eintlik is
‘n erediens heel gewoon.Dit is iets
wat eintlik in kontras staan met die meeste ander godsdienste of kultusse waar
mense met God kontak probeer soek.Dikwels is
religieuse leiers gekleed in lang en indrukwekkende gewade, dikwels is dit
mense wat ver bo die volk staan, mense wat met ingewikkelde en onbegryplike
rituele kontak met die gode probeer lê.Al met al ‘n
ware skouspel vir die oog.Dink maar
aan die voorbeelde wat ons uit Deuteronomium 18 gelees het.Waarsêers,
goëlaars, towenaars, besweerders, persone wat die dooies raadpleeg. Op verskeie
manier probeer mense so om met die gode kontak te maak. Selfs het hierdie waarsêers
soms – het ons in vers 10 gelees – geeïs dat iemand sy seun of dogter moes
offer, as prys vir die raadpleeg van die gode. Dit was gruwelik, en die HERE
het dit streng onder sy volk verbied: daar mag niemand by jou gevind word wat
sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan nie.Gruwelik,
dat jy jou eie seun of dogter so doodmaak op bevel van die towenaar, om so
kontak met die gode te kan maak, om so sy seën te verseker en sy vloek af te
weer.Hierdie
gebruik klink dalk ver en vreemd, maar hier in Afrika gebeur dit nog steeds, al
is dit minder openlik, as daar ‘n tweeling gebore word, dat een doodgemaak
word, uit angs vir die bose geeste.En, om
eerlik te wees, al die kinders wat deur aborsies sterf is ook maar offers op
die altaar van die moderne afgode van loopbaan en materialisme.In elk
geval, deur alle eeue het mense geprobeer om kontak te lê met die goddelike,
met die onsigbare wêreld, met die werklikheid anderkant die dood. Ook vandag
betaal mense nog baie geld om meer te wete te kom, baie geld aan hulle wat
aanspraak daarop maak dat hulle heldersiende is, wonderdoeners, gebedsgenesers,
spirituele terapeute, dink ook aan dinge soos yoga en mantra.Mense
probeer om ‘n houvas te kry in die lewe, met behulp van inligting uit die
geestelike wêreld. Spiritualiteit is in die mode.Hoe
snaakser, hoe spektakulêrder, hoe okkulter, hoe beter.Mense, selfs
Christene, stort hulle in spirituele avonture, min wetende waar hulle gaan
opeindig.Vergeleke by
al hierdie dinge is ‘n kerkdiens in die VGK maar heel gewoon, miskien vir die
gevoel van baie mense eentonig.Maar
gemeente, dit is nie toevallig, of dit is nie net uit tradisionalisme, dat ons
erediens gewoon is nie.Dit is nie
omdat ons nie iets wat spektakulêr is, aandurf nie.Die rede
hoekom die eredienste gewoon is, lê in iets anders.En dan moet
u vir ‘n oomblik terugdink aan, ek sê dit dalk bietjie oneerbiedig, die
spektakel wat die volk Israel by die berg Sinaï beleef het.Dit was
asemrowend en angsaanjaend, ‘n skouspel van wolke en wind, bliksem en
donderweer. Toe God op die berg Sinaï verskyn het en sy volk toegespreek het. En
dit was toe nie net ‘n skouspel nie, maar dit was werklikheid! Ons het die
reaksie van die volk gelees.Pleks
daarvan dat hulle ‘n geweldige godsdienstige inspuiting gekry het, ‘n
wow!-gevoel, deur hierdie spektakel, was hulle doodsbenoud!Hulle het op
die grond geval, en niemand het dit gewaag om op te kyk nie.En toe die
HERE klaar gepraat het, het die volk vir Moses gesoebat:Help ons,
ons wil nie langer die stem van die HERE, ons God, hoor nie.En ons wil
nie langer hierdie groot vuur sien nie, sodat ons nie sterf nie.Ieder en elk
het besef dat God so heilig is, dat jy as sondige mens nie oog in oog met Hom
kan staan nie. Die gloed van sy heiligheid sal elke mens verteer! Dit is wat
die Israëliete toe letterlik ervaar het.Daarom het
hulle vir Moses gesmeek.En Moses het
op sy beurt hierdie berig aan die HERE oorgedra.Die volk kon
hierdie manier van kommunikasie nie hanteer nie.Die HERE se
reaksie op hierdie versoek van die volk was, soos ons gelees het, nie negatief
nie.God het
verstaan dat sy volk dit nie uit ongehoorsaamheid, maar uit angs, gevra het. Dat
die volk nou goed besef het hoe groot hulle onreinheid was, dat hulle nie so
voor God kon verskyn nie.En daarom
het die HERE besluit om sy volk op ‘n ander manier toe te spreek. Hierdie was
eintlik ‘n leerskool vir die volk.Hulle het
bewus geword van hulle eie ellende, en ook van die heiligheid van God. Daarom
het die HERE besluit om voortaan op ‘n ander manier met sy volk te spreek. En
hoe, dit lees ons in ons teks:“’n Profeet
uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die HERE jou God vir jou verwek;
na Hom moet julle luister” (vers 15).‘n Profeet
soos ek is, sê Moses. Let wel, hiermee bedoel Moses nie dat hy baie besonders
of uniek was nie. Hiermee bedoel hy dat hy maar net ‘n gewone mens was, gebore
net soos al die ander Israeliete in Egipte, ‘n gewone sondige mens, selfs nie
eers ‘n welsprekende mens nie, maar een wat gehakkel het.Maar tog het
dit God behaag om Moses in diens te neem as sy profeet.En daarom
moet die volk na hom luister.Omdat hy,
hoewel ‘n gewone man, wel ‘n goddelike mandaat ontvang het.Deur hierdie
profeet wens die enige ware en almagtige God te spreek.God wil met
sy volk so kommunikeer, op ‘n ander manier as die heidense volke, soos die
Kanaäniete, gewoond was. Deur ‘n profeet, ‘n gewone man uit hulle eie midde. Geen
towenaar of waarsêer of iemand wat geheimsinnige en bonatuurlike kragte het
nie.Maar ‘n
profeet net soos Moses, ‘n gewone sterflike man.So spreek
God tot sy volk, deur ‘n profeet. Hy doen dit omdat Hy genadig is.Want ‘n
direkte gesprek met God, van aangesig tot aangesig, sou die sondaar verteer. Selfs
die profeet kry God nie van aangesig tot aangesig te sien nie. Want hy is self
ook ‘n sondaar.Tog neem God
hom as mens in diens.Dalk het dit
u opgeval dat in ons teks, as daar na die profeet verwys word met die woordjie
Hom, daardie woordjie met ‘n hoofletter geskryf word.Nou is daar
nie in die Hebreeuse grondteks hoofletters en kleinletters nie.Daardie
verskil het toe nog nie bestaan nie.Tog het die
vertalers van die ou Afrikaanse Bybelvertaling besluit om Hom hier met ‘n
hoofletter te skryf.Hulle het
dit gedoen vanuit die besef dat hierdie teks veral in Jesus Christus vervul is.
Hoewel ons teks dui op alle profete wat God deur alle tye na sy volk gestuur
het en sal stuur, is ons Here Jesus wel die grootste profeet wat God ooit
gestuur het en sal stuur. Petrus het daarvan getuig toe hy vir die Israeliete
gesê het, Handelinge 3:22 en verder:“Want Moses
het tot die vaders gespreek: Die Here julle God sal vir julle ‘n Profeet verwek
uit julle broeders net soos ek is; na Hom moet julle luister volgens alles wat
Hy met julle sal spreek. En elke siel wat nie na dié Profeet luister nie, sal
uit die volk uitgeroei word. En ook al die profete van Samuel af en die wat
gevolg het, almal wat gespreek het, het ook hierdie dae aangekondig. En julle
is kinders van die profete en van die verbond wat God met ons vader gesluit het
toe Hy vir Abraham gesê het: En in jou saad sal al die geslagte van die aarde
geseën word. God het, nadat Hy sy Kind Jesus opgewek het, Hom eers vir julle
gestuur om julle te seën deur elkeen van sy booshede te bekeer.”Ja Jesus was
ook ‘n Profeet uit die volk se midde.Jesus het sy
goddelike heerlikheid afgelê, Hy het ‘n mens geword net soos ons. Ondanks alle
verskil, die feit dat Jesus geen sonde gehad het nie en alle ander profete wel,
ondanks alle verskil, is hierdie wel dieselfde.God laat sy
woorde deur ‘n gewone mens aan ons deurgee.Deur Jesus,
deur God as Profeet gestuur, leer ons die hemelse Vader en sy wil ken. So het
Christus tot ons gekom, nie met magsvertoon nie, maar met die Woord. Heel
gewoon.(Die HERE
spreek tot sy volk deur middel van ‘n profeet uit u eie midde1 Hy spreek
u aan deur ‘n gewone mens)2 Hy
vra u vertroue deur ‘n gewone mensDie feit dat
dit so gewoon is, kan vir sommiges ‘n struikelblok wees.Dit het
reeds met Moses gebeur. Dink aan die optrede van Korag, Datan en Abiram. Hulle
het hulleself gewip oor die feit dat Moses en Aäron hulle sogenaamd bo die res
verhef het. Wat verbeel hulle hulle?Hoekom sou
God deur hulle met die volk spreek, en nie deur almal nie?Numeri 16:3:
“Dit is nou genoeg;
want die hele vergadering, hulle almal, is heilig; en die HERE is in hulle
midde! Waarom verhef julle jul dan oor die vergadering van die HERE?” Moses, jy is maar net ‘n gewone
mens, wat verbeeld jy jou eintlik? Moet ons na jou luister? Moet ons jou
vertrou, asof dit God se stem is? Ha ha.En presies
dieselfde het die Jode ook met Jesus gedoen.Johannes
6:42: “Is Hy nie Jesus, die seun van Josef, wie se vader en moeder ons ken nie?
Hoe sê Hy dan: Ek het uit die hemel neergedaal?”Moenie jou
iets verbeel nie, Jesus, jy is ‘n gewone mens.Moenie dink
ons moet na jou luister, asof God in die hemel met ons praat nie. Wat verbeel
jy jou?Dieselfde
houding, gemeente, kan ampsdraers vandag ook meemaak.So
Leermeester, so leerling. As hulle dit al met Jesus gedoen het, hoeveel te meer
nie met ampsdraers vandag nie.Eintlik lyk
dit wel of God ‘n baie kwetsbare metode gebruik, om naamlik gebruik te maak van
‘n profeet wat self ook ‘n sondige mens is.Dit is ‘n
realiteit wat ook soms tot misbruik lei.Daar was en
daar is en daar sal altyd ook profete wees, wat oormoedig is en in God se naam
dinge durf te sê wat God heeltemal nie gespreek het nie.Maar oor so
‘n profeet sê Moses, Deuteronomium 18:20: “die profeet wat so vermetel is om ‘n
woord in my Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, of wat
in die naam van ander gode spreek, die profeet moet sterwe.” Dus ja, ‘n
kwetsbare metode, maar om die erns van die saak aan te dui, ook ‘n baie swaar
straf vir misbruik. Daar hang ‘n swaard bo elke profeet se kop: laat hy daarop
ag gee om nie ‘n woord te veel of te min te spreek nie.Maar tog,
ten spyte van die profeet se gebrekkigheid, neem God hom in diens. En God
waarsku sy volk (vers 19): elkeen wat nie luister na my woorde wat hy in my
Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis.God verdra
dit nie dat sy kinders na towenaars, besweerders, waarsêers, wie of wat ook al
gaan vir hulle godsdienstige behoeftes nie.God kies
self die weg waarlangs Hy sy volk ontmoet.Hy spreek
hulle toe in hulle eie taal, deur die mond van ‘n gewone man, een uit hulle
midde. En dan eis Hy ook dat die volk daardie profeet hoogag.Uiteraard
mag die profete nie hulle eie gang gaan nie en dinge sê wat die HERE nie
gespreek het nie.Ons lees in
vers 22 dat die volk valse profete maklik kan uitken:As die
profeet in die Naam van die HERE spreek, en wat hy gesê het, gebeur nie en kom
nie uit nie, dan was dit nie die HERE se woord nie.So eenvoudig
is dit.En vir die
res, vir sover ons die toekoms nog nie ken nie, kan ons gewoon afgaan op wat
die HERE alreeds gespreek het – sy Woord.Daaraan moet
ons die woorde van die profete toets.Maar laat
dit duidelik wees, die feit dat die profeet ‘n gewone man is, een uit u midde,
dus ook beperk, soms sieklik, ja selfs sondig, dit mag geen rede wees om die
profeet nie te eer nie. Dit is vandag nog presies dieselfde.Laat dit u
houding bepaal, teenoor ampsdraers, hulle wat u God se Woord bring. Sien God
agter hulle wat sy Woord verkondig.Luister na
hulle. Bid vir hulle. Dit is God wat u vertroue vra vir dit wat hulle sê. Ja
deur ‘n gewone mens vra Hy u vertroue.(Die HERE spreek
tot sy volk deur middel van ‘n profeet uit u eie midde1 Hy spreek
u aan deur ‘n gewone mens
-
Hy vra u vertroue deur ‘n gewone mens)
3 Hy laat u onberispelik voor Hom staan deur
‘n gewone mensOnberispelik
beteken: sonder vlek of rimpel.Heeltemal ongeskonde,
skoon, mooi.‘n Kind wat
die hele dag buite gespeel het, is vuil.Maar as die
kind gebad het, en mamma met seep alle vuiligheid afgeskrop het, en as die kind
dan in sy pyjama staan, dan is hy as’t ware onberispelik.So wil die
HERE u ook ter hand neem, om ons onberispelik voor Hom te laat staan. Die
manier waarop God dit doen is deur die Evangelieprediking.En vir die
Evangelieprediking gebruik God gewone manne.Dit is sy
metode.Hulle is
dienaars van die Woord, en onder hulle gehoor gebeur dit dat mense tot bekering
kom, dat mense hulle lewenstyl verander, dat mense wedergebore word. Deur die
bad van die wedergeboorte kom ons onberispelik voor God te staan.Deur hierdie
middel, die Evangelieprediking van sy diensknegte, maak God u ‘n erfgenaam van die
ewige lewe. Hy wil u onberispelik maak.Met die oog
daarop roep Hy u op om vol vertroue te luister na sy diensknegte, die profete,
die predikante.Uiteraard
het u altyd die taak om dit wat hy sê te toets aan sy Woord.Maar sorg
dat u die Evangeliebediening nie misloop nie.Want langs
hierdie weg word u erfgeneem van die ewige lewe.Nie op ‘n
ander manier nie. As jy jou geestelike toevlug tot iets anders neem as tot die
Evangelieprediking elke Sondag weer, dan sal jy nie erfgeneem van die ewige
lewe word nie.Ander
metodes om jou geestelike, spirituele behoeftes te bevredig, sal jou nie die
ewige lewe oplewer nie. Dit sal jou net met ‘n leë beursie agterlaat.Die ware God
leer jy maar net op een manier ken.Die manier
waarop Hy Homself openbaar. Dit is deur die diens van gewone mense. Die
duidelikste voorbeeld hiervan is hoe Hy dit gedoen het deur sy eie Seun, toe Hy
ook ‘n gewone mens geword het, om God se Woord, sy wil, aan ons op ons menslike
vlak in ons eie taal bekend te maak.Gemeente,
respekteer hierdie weg van God. Dit hou konkreet in:Ten eerste:
respekteer die dienaar van die Woord wat God aan u geskenk het. Sien in hom ‘n
instrument waarmee God u ewige redding wil bewerkstellig.Ten tweede: maak
gebruik van die metode wat God wys om gered te word, naamlik die
Evangelieprediking.Of dit u eie
dominee is, of ‘n ander een, of ‘n ouderling wat in die diens voorgaan, sorg
dat jy in die kerk is.En as jy die
kerk weer verlaat, vat die boodskap saam en verwerk dit, pas dit toe in jou eie
lewe.Want so is
God besig om jou onberispelik te kry. Van binneuit rein.En ten
derde: lewer ook jou eie aandeel in die voortgang van die Evangelieprediking.Dan dink ek
terug aan wat ek in die inleiding van die preek genoem het.Vir die
toekoms van die Evangelieprediking is dit belangrik dat daar ook in ons tyd
seuns, onder aansporing van hulle ouers, hulle beskikbaar stel vir die
bediening. Moenie te gou dink: o, ek is nie daarvoor geskik nie.Moses het
homself nie geskik geag nie, Hy het gehakkel, tog het die HERE hom geroep.Dit is nou
juis wat ons uit die teks vandag geleer het.God neem
gewone mense in diens. lLaat ons nie
te gou dink, ag, daar is ander wat dit wel sal doen nie.Gemeente,
laat ons onsself positief toewy aan hierdie drie dinge.So werk ons
mee aan ons eie redding, soos die Bybel sê, 2 Petrus 1:10: “Daarom, broeders,
moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak”.Langs hierdie
weg werk ons ook mee aan die redding van toekomstige generasies.Elke
generasie het in die hede die taak om die fakkel van die Evangelie oor te dra
na die toekomstige generasie. Laat ons in ons tyd nie hierin agter raak nie. Sodat
ook in die toekoms, as ons nie meer daar is nie, ons nageslag, kerklede en
selfs hulle wat nou nog ver van die HERE en sy diens af leef, dat hulle ook in
die toekoms onder die gehoor van God se diensknegte sal sit, soos ons vandag.Die HERE sal
dit gee, ons kan Hom vir die toekoms vertrou.Maar die
HERE gee dit langs die middelike weg, dit wil sê, deurdat ons in die hede in gehoorsaamheid
ag gee op sy roepstem.Hy werk die
gehoorsaamheid.God vervul
sy beloftes wanneer u en ek gehoorsaam handel volgens sy Woord.Amen.
(kyk in preek)