PRETORIA-MARANATA, 1 Mei 2016 AD, 17:30
Votum
Seën
Ps 145:8,10
Gebed
Skriflesing:
Lukas 15:11-32
Sb 19:1-4
Skriflesing:
Mattheüs 21:33-46
Sb 19:5-7
Teks:
Heidelbergse Kategismus Sondag 13 v/a 33
Preek
Ps 80:6-8
Gebed
Geloofsbelydenis
Ps 80:9,10
Kollekte
Ps 145:11,12
Seën
Preek: HK Sondag 13 v/a 33
Om ‘n kind
aan te neem, is ‘n bekende verskynsel.
In ons land
is daar miljoene weeskinders wat op aanneming wag.
Aanneming is
‘n edele daad.
So ontvang
ouers, al is dit nie langs die natuurlike weg nie, ‘n kind van die Here.
En die kind
ontvang weer ouers.
‘n Kind wat
gedoem was om as weeskind, of straatkind deur die lewe te gaan, of dalk nog
erger, om te sterf omdat niemand in hom belang stel nie, so ‘n kind ontvang van
God ‘n pa en ‘n ma.
Ons is almal
aangenome kinders van God.
In hierdie
preek gaan ons kyk wat dit presies beteken.
Ons gaan kyk
na hierdie edele daad, dat God ons as sy kinders aangeneem het.
Tema: Jesus Christus maak ons kinders en
erfgename van God
-
Hy is die eniggebore Seun van God
-
Ons is as kinders aangeneem
-
Hy is die eniggebore Seun van God
Christus is die
eniggebore Seun.Hy is self
ook God.In Sondag 6
is uitgebreid daaraan aandag geskenk.Christus is
deur die Joodse Raad ter dood veroordeel vir hierdie rede.Toe hulle
Hom gevra het: wie is U, is u die Christus, die Seun van God? het Hy
geantwoord:Ek verklaar
dat Ek dit is.En julle sal
dit sien.Van nou af
sal Ek sit aan die regterhand van God almagtig.Deur die
hele Nuwe Testament word Goddelike eer aan Jesus bewys.Eer wat geen
mens toekom nie.As mense vir
Jesus as God aanbid het, het Hy hulle nie gekeer nie, soos Paulus wel gedoen
het as mense vir hom wou kniel, nadat hy ‘n wonder verrig het.Jesus het
reg op aanbidding.In
teenstelling tot die apostels.Die Romein
Cornelius het knielend voor Petrus neergeval.Petrus se
reaksie was: staan op, ek is self ook ‘n mens.Maar Jesus
is God almagtig.Ek noem nog
een voorbeeld uit die Bybel waaruit blyk dat Jesus ook God almagtig is.In Johannes
6 skryf Johannes dat die profeet Jesaja oor Jesus gespreek het.En dan
verwys Johannes na Jesaja 6:3.Daar staan:
“Heilig, heilig, heilig is die HERE van die leërskare. Die hele aarde is van sy
heerlikheid vol!”Jesaja noem
hier die naam van die HERE, Jahwe, HERE met vier hoofletters, die almagtige
Verbondsgod.Die apostel
Johannes pas hierdie teks op Jesus toe.Ook Jesus is
God, ja die almagtige en betroubare Verbondsgod, die HERE.Die Bybel is
dus duidelik: Jesus moet as God self aanbid word.In
aansluiting hierop kom nou die volgende vraag.Wat beteken
die uitdrukking dan: Seun van God?Jesus word
in die Nuwe Testament verskeie kere Seun van iemand genoem.Met sy intog
in Jerusalem, het almal geroep: Seun van Dawid.Ook staan
daar in die Nuwe Testament: Seun van die mens.Wat word
hiermee bedoel?Gemeente, seun van ... is ‘n taalkundige
uitdrukking.‘n Stylvorm
eie aan Hebreeus en Aramees, die tale wat die Jode gepraat het.As mens in
Hebreeus die woord seun gebruik, dan word dikwels meer bedoel as net ‘n biologiese
konneksie.In Afrikaans
sê ons soms: Adamskind.Daarmee
bedoel ons nie net dat iemand biologies kind van Adam is nie, want Adam is al
lank al oorlede, en die persoon is dus nie ‘n direkte kind van Adam nie, maar
‘n verre afstammeling.Met
Adamskind bedoel ons: hierdie persoon is ook maar ‘n gewone mens.‘n Mens met
dieselfde streke en sondes as Adam.‘n Regte
egte Adamskind.As Jesus sê:
Ek is die Seun van die mens, word daarmee bedoel: Ek is ook ‘n gewone mens.Net so
kwetsbaar en sterflik as alle ander mense.En as daar
gesê word: Jesus is die Seun van Dawid.Dan word
daarmee bedoel, nie net dat hy ‘n afstammeling van Dawid is nie, maar dat Hy
iemand net soos Dawid is.Dit wil sê:
Hy is self ook Koning.En as daar
gesê word: Jesus is die Seun van God, dan word daar in die eerste plek nie ‘n
biologiese verhouding bedoel nie.Daarmee word
primêr bedoel dat Hy net soos God is.Hy is ook
self God.Nou gaan ons
verder.Want die
feit dat Jesus Seun van God genoem word, beteken nog meer.Dit leer ons
ook uit die Bybel.As Jesus die
Seun is, dan is God die Vader.Die woorde Seun en Vader dui op ‘n gesagsverhouding.
Die Vader
besluit wat die Seun moet doen.Die Seun
moet die Vader gehoorsaam.Dit is iets
wat ons baie duidelik in die Nuwe Testament sien.Jesus
onderwerp Hom as Seun aan die wil van sy Vader.Laat nie my
wil nie, maar u wil geskied, sê Hy steeds.Nêrens lees
ons dat die Vader aan sy Seun gehoorsaam is nie.Wel lees ons
die omgekeerde.Dit is dus
die tweede wat ons moet weet, met betrekking tot die term: Seun van God.Hoewel
albei, Vader en Seun, God is, hoewel albei almagtig is, is die Seun ondergeskik
aan die Vader.Hy onderwerp
Hom aan die Vader.Vervolgens
staan daar nog iets in die Kategismus, en dit is die derde aspek.Jesus is nie
net ‘n Seun van God nie.Hy is die eniggebore Seun van God.
Die
Kategismus noem dit baie bewus, omdat dit ook in die Bybel staan.In Johannes
1 staan: “Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die
boesem van die Vader is, die het Hom verklaar.” (vers 18)En in 1
Johannes 4 staan: “Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy
eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.” (vers
9)In beide
verse vind ons die woord eniggebore.Wat word
daarmee bedoel?Wil dit sê
dat Jesus ooit ‘n keer gebore is?Ja, Jesus is
ooit ‘n keer gebore, as seun van Maria.Maar dit
word nie hier bedoel nie.Die vraag
is: is Jesus ooit as God gebore?En uit wie
is Jesus dan ooit as God gebore?In die Bybel
lees ons nêrens dat daar iets soos godinne bestaan, wat geboorte skenk aan
godekinders nie.Maar as daar
staan: eniggebore Seun van God, wat word dan wel bedoel?Gemeente, as
ons hierdie vraag wil beantwoord, moet ons goed luister na wat die Bybel
presies sê.Die Bybel sê
naamlik dat Jesus, net soos God die Vader, ewig is.Die feit dat
Hy God is, dit wil per definisie ook sê dat Hy geen begin of einde het nie.Geen
geboortedag of sterfdag nie.Jesus het
nie eers begin bestaan toe Hy uit Maria gebore is nie.Deur die
eeue was daar wel teoloë wat hierdie stelling, hierdie dwaling, probeer
verdedig het.Dink aan die
teoloog Arius uit die vroeë kerk.Volgens hom
is Jesus as ‘n gewone mens gebore.Maar danksy
sy voorbeeldige lewe het God Hom beloon deur van Hom ook ‘n god te maak.Vandag is
daar nog steeds teoloë wat min of meer dieselfde beweer.Hulle
redenasies, hulle dwalinge, kom telkens daarop neer dat Jesus nie werklik ewig
God is en was nie.Maar wie die
Bybel onbevange lees, kom op ander gedagtes.Nie dat ons
dit rasioneel kan verstaan nie.Nie dat ons
dit logies kan uitpluis nie.Nie dat ons
dit histories kan plaas nie.Tog word dit
wel so in die Bybel aan ons voorgehou.Jesus is God
van ewigheid af.Dink net aan
die volgende voorbeeld:Jesus is ‘n
halwe jaar na Johannes die Doper gebore.Johannes was
dus ‘n halwe jaar ouer as Hy, sy hele lewe lank.Die Here
Jesus was die jongste van die twee.Tog sê
Johannes die Doper oor Jesus:Na my kom ‘n
Man, wat voor my was, want Hy was eerder as ek (Joh 1:15).Hoe is dit moontlik?
Jesus self
het later ook gesê:Voorwaar,
voorwaar, Ek sê vir julle, voordat Abraham was, Is Ek. (Joh 8:58)En in
Kolossense 1 staan:“alle dinge
is deur Hom en tot Hom geskape. En Hy is voor alle dinge” (Kol 1:16-17)Hoe kan dit?
Dit kan
omdat Jesus die Seun van God is.Hy bestaan
net soos sy Vader van ewigheid tot ewigheid.Deur Hom, sê
die evangelis Johannes, is die wêreld geskape.Ja, Jesus
Christus was al daar by die skepping van die wêreld.En die tyd
wat Hy op aarde was, het Jesus ook God gebly.Hoewel Hy
dit nie uit sy dade altyd laat blyk het nie, hoewel Hy dit nie uitgebasuin het,
dat Hy self God was nie.Hy het die
mense self tot die gevolgtrekking laat kom.Mens sou kon
sê: Hy het Homself op aarde gedra soos ‘n koning of ‘n president, wat incognito
reis.Soms doen
konings of presidente dit, as hulle in die buiteland is, waar nie almal hulle
herken nie.Dan loop
hulle op straat in gewone klere net soos ander mense.Hulle word
nie omring deur ‘n klomp lyfwagte, altans nie opvallend nie.Geen erewag
nie.Hulle wil
nie opval nie.Jesus se
aardse lewe kan mens enigsins hiermee vergelyk.Hy het
tydens sy verblyf op aarde sy Goddelike majesteit grootliks verborge gehou.Selfs toe Hy
in groot nood was en Homself met een enkele beroep op sy almag kon bevry van
die kruis.Die apostel
Paulus skryf die volgende hieroor:“Hy, wat in
die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie,
maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan
die mense gelyk geword.” (Fil 2:6-7)Hy het sy
godheid nie gebruik om sy lewe op aarde vir Homself gemakliker te maak nie.Hy het ‘n
harde lewe gehad, sodat Hy kon invoel hoe die gebroke bestaan op aarde is.Hy het selfs
‘n veel harder lewe gehad as welke mens ook.Hy het sy
taak op aarde trou volbring, Hy het sy taak nie ontwyk deur misbruik te maak
van sy godheid nie.Sy almag om
Homself te red het Hy verberg tydens sy lydensweg.Want Hy wou
nie net Homself red nie, maar ook ons!Sy almag het
Jesus eers by sy opstanding geopenbaar.Maar nou
moet ons nog die vraag beantwoord:Hoekom heet
Hy die eniggeborene?Die woord
eniggebore laat mens onwillekeurig aan ‘n begin dink.Elkeen wat
gebore word, het ‘n begin.Hoe was dit
met Jesus?As ons dit
wil verstaan, is dit belangrik om daarop te let hoe hierdie woord in die Bybel
gebruik word.Hierdie
woord word naamlik net in die Bybel gebruik as dit oor ons gaan.Ons, wat ook
kinders van God mag wees.Alleen in
hierdie verband word die woord eniggebore
gebruik.Om naamlik
die onderskeid aan te dui tussen hoe Jesus Kind van God is, en hoe ons kinders
van God is.Die
onderskeid naamlik: Jesus is die enige natuurlike Kind van God.Natuurlik
wil sê: van dieselfde wese – ook goddelik.Jesus is
soos die Vader ook self God.En dit geld
nie vir ons nie.As ons
kinders van God is, wil dit nie sê dat ons ook gode is nie.Ons bly
skepsel, terwyl God Skepper is.Maar Jesus
is nie skepsel nie, Hy is self ook Skepper.Dit is dus,
gemeente, die betekenis, die bedoeling, van die woord eniggebore.Meer moet
ons nie daaragter soek nie.Want as jy
daaruit wil aflei dat Jesus self ook gebore is, en dat Hy dus nie ewig is nie,
dan is dit nie in ooreenstemming met die Bybel nie.En net so
min as jy daaruit sou wou aflei dat daar ook godinne bestaan wat godekinders
baar.Die Bybel
gebruik die woord eniggebore NET in
hierdie konteks: om die verskil aan te dui tussen ons kindskap van God, en dit
van Christus.Hierdie is
die antwoord op die vraag wat dit beteken dat Jesus God se eniggebore Seun is.Nou gaan ons
vervolgens kyk hoe dit gekom het dat ons deur God as kinders aangeneem is.(Tema: Jesus
Christus maak ons kinders en erfgename van God
-
Hy is die eniggebore Seun van God)
-
Ons is as kinders aangeneem
Ook hier
moet ons goed luister na hoe die Bybel hieroor praat.Wat word
presies bedoel met die uitdrukking dat ons aangenome kinders is?Aangeneem,
of geadopteer, vandag definieer ons dit soos volg: ‘n kind waarvan die pa en ma
dood of onvindbaar is, of wat wetlik afstand gedoen het van sy ouerskap, so ‘n kind
word juridies aan ‘n nuwe egpaar verbind.Die kind kry
selfs die van van sy nuwe ouers.Nou is die
vraag of dieselfde bedoel word as die Kategismus sê: ons word deur God as
kinders aangeneem.En dan is
die antwoord: slegs ten dele.Kom ons kyk
eers na die ooreenkomste.Net soos by
aanneming geld dat die feit dat ons deur God aangeneem word, ‘n geweldig blyk
van genade is.Ons het geen
oomblik verdien om God se kinders te wees nie.Net soos by
‘n aangenome kind, het ons ineens uit die bloute verneem dat daar Iemand is wat
in ons belangstel.Dit is dus
die ooreenkoms.Pure suiwer
genade.Maar daar is
ook ‘n verskil.Adopsieouers
is nie verantwoordelik vir die biologiese begin van die lewe van die kind wat
hulle aanneem nie.Maar by God
is dit wel die geval.Dit is nie
so dat ons altyd vir God vreemdelinge was nie.Daarom sê
die Bybel: ons was van God vervreemd.God is wel
verantwoordelik vir die biologiese begin van ons lewe.Met die oog
hierop het ons die gelykenis van die verlore seun gelees.Die seun het
homself bewus van sy vader vervreem.Hy het bewus
die band met sy vader verbreek.Hy het bewus
sy eie koers gekies.En dit geld
ook vir ons.Uit onsself,
as mense, het ons die band met God verbreek.Ons het die
verbond verbreek.Dit is pure
genade dat God ons weer aanneem.Iets waar
ons lewenslank dankbaar voor kan wees.En dan geld
vir ons nie eers soos wat die geval was met die verlore seun nie, wat self op
‘n keer besluit het om sy vader weer op te soek.Vir ons geld
dat God ons opgesoek het.Die
gelykenis handel eintlik oor twee verlore seuns.Want die
broer wat altyd tuis gebly het, was ook van sy vader vervreemd.Hoewel hy
elke dag geniet het van sy pa se goedheid en beskerming.Vir hierdie
seun het gegeld, net soos vir ons, dat die pa ook vir hom bewus gaan opsoek
het.Die vader
het na hom toe uitgegaan en het hom gesmeek, om tog in te kom en saam te kom
feesvier.Besef jou
voorregte!‘n Vader
duisend, wat ‘n geduld!Daarom het
ons ook die gelykenis van die onregverdige landbouers gelees.Die
Kategismus sê: ons word om Christus’ wil uit genade tot God se kinders
aangeneem.Ons het nou
al gesien wat dit beteken dat God ons uit genade aanneem.Suiwer
onverklaarbare genade.Iets wat
mens stil van verwondering maak.Ons het nie
na die Vader teruggekeer nie, Hy het ons kom opsoek.Maar wat
beteken dit dat ons om Christus’ wil aangeneem
word?Hierdie
gelykenis kan ons help om dit te begryp.Die
onregverdige landbouers, hoewel hulle op die landgoed van hulle Heer gewoon en gewerk
het, hoewel hulle elke dag geprofiteer en geniet het van sy besit,het hulle
desondanks van hom vervreemd geraak.Uit egoïsme
en hebsug het hulle teen Hom in opstand gekom.Hulle moes
rentmeesters wees, maar het hulle gedra of hulle die Heer self was.Dit is
tipies hoe ons almal, ons mense, ons hier op aarde gedra.Die aarde,
God se landgoed, waarvan ons daagliks profiteer.Desondanks
het die mensdom teen die wettige Eienaar in opstand gekom.Gawes en
voorregte het ons begin beskou as regte.Ons het onsself
willens en wetens van Hom vervreem.En nou blyk
ook uit hierdie gelykenis God se ondeurgrondelike genade.En verder
blyk nog meer.Die
Kategismus sê: Christus sorg daarvoor dat ons weer kinders van God word.Dat die
verhouding goed is, dat die verbond herstel is, dat God sy skepping weer aan
ons as rentmeesters toevertrou.Dat ons
selfs erfgename word!Erfgenaam,
dit is nie net Jesus Christus, die eniggebore Seun nie.Dit word ons
ook, ons aangenome kinders!Christus
laat ons deel in sy erfenis.Die onregverdige
landbouers, wat op ‘n slinkse en wrede wyse geprobeer het om die erfenis in te
palm, vervreemd was van hulle Heer, na sy knegte nie meer wou luister nie, wat
selfs vir sy eie Seun nie ontsag gehad
het nie, hulle – ja ons – onregvedige landbouers, kry tog genade!Eintlik is
dit ironies, gemeente.Die
onregverdige landbouers het geprobeer om die erfenis in te palm deur die
wettige erfgenaam te vermoor.Hoe ironies
is dit nie.Want juis as
hulle Hom sou laat leef het, sou hulle kon gedeel het in die erfenis.Maar nou
gaan die hele erfenis aan hulle verby.In hierdie
gelykenis merk mens dat Jesus se hart bloei vir sy mede-volksgenote, mede-Jode.Volk van
God, kinders van die verbond.Aan hulle
het die oproep geklink, en so ook aan ons:Luister na Hom,
sy eie Seun wat Hy gestuur het!Hy kom namens
God!As jy na Hom
luister, dan ontvang jy die erfenis.Maar as jy
die Seun kruisig, as jy geen berou toon nie, dan gaan die erfenis aan jou
verby.Luister na
Hom.Luister na
sy Woord.In sy Woord
hoor jy die woorde van die hemelse Vader.Gemeente,
hopelik is dit nou vir u duidelik wat die Kategismus bedoel.Dat ons, om
Christus’ ontwil, as kinders van God aangeneem is.Ook jy en ek
lewe op hierdie aarde.Ook ons
profiteer van alles.Maar dit is
slegs danksy Christus dat ons weer kinders van God mag heet.Ons wat van
God vervreemd was.Dit is slegs
danksy Christus dat daar ‘n erfenis op ons wag, soos Jesus gesê het in die
Bergrede:die
sagmoediges, hulle sal die aarde beërwe, hulle ontvang die erfenis (Matth 5:5).Hoe erg sal
dit nie wees as met ons dieselfde gebeur as met die landbouers.Laat ons,
daarenteen, die Seun van God, deur die Vader persoonlik gestuur, ontvang en na
Hom luister.Soos Jesus
sê: wie sy lewe wil behou, sal dit verloor.Maar wie sy
lewe om My ontwil verloor, sal dit behou.Wil jy ook
deel in die erfenis?Luister na
die eniggebore Seun van God.Slegs deur
Hom kan jy deel in die erfenis.Die
vergewing van sondes, die herstel die verbond, die opstanding uit die dood, die
nuwe ewige lewe, die Heilige Gees, die nuwe hemel, die nuwe aarde.Amen.
(kyk in preek)