PRETORIA-MARANATA, 14 Februarie 2016 AD,
17:30
Votum
Seën
Ps 90:1
Skriflesing:
Exodus 34:1-9
Ps 90:4,5,6
Skriflesing:
Psalm 92
Ps 92:3,4
Teks:
Heidelbergse Kategismus Sondag 4
Preek
Ps 76:4-6
Gebed
Geloofsbelydenis
(sing)
Kollekte
Ps 92:5-7
Seën
Preek: Heidelbergse Kategismus Sondag 4
Sondag 4 is
die laaste Sondag van die eerste deel van die Kategismus, wat handel oor ons
ellende.
In die
voorafgaande preke het ons gesien dat hierdie deel ‘n konfronterende diagnose
stel.
Net soos
wanneer jy na die dokter gaan, en nadat hy jou deeglik ondersoek het, maak hy
sy bevindings bekend.
Dit kan
gebeur dat hy sê: u is ongeneeslik siek.
Dit is dan
beslis ‘n konfronterende diagnose.
Dis nie
goeie nuus nie.
Tog is dit
die stand van sake, en die dokter kan moeilik iets anders sê.
Dokters
gebruik dikwels verkleinwoordjies, om dinge sagter te stel, maar dit verander
nog steeds nie die werklike stand van sake nie.
As mens nou
vra: is dit nie oneerlik as die dokter ‘n objektiewe diagnose maak nie?
Hoe kan hy
die pasiënt soiets aandoen, veral as dit oor ‘n doodsberig gaan?
U begryp dat
hierdie vraag nie werklik tereg is nie.
Hoe kan die
dokter die skuld kry vir die siekte van die pasiënt?
Dis nie soos
dit werk nie.
‘n Goeie
dokter is juis daardie dokter wat ‘n objektiewe diagnose maak, ook al gaan dit
oor ‘n doodsberig.
In hierdie
sin kan mens God ook met ‘n dokter vergelyk.
God maak ‘n
diagnose.
In sy
diagnose hanteer Hy as maatstaf dit wat gesond is.
En vir God
is die paradystoestand gesond.
Die
Kategismus vra dan die vraag: doen God die mens dan nie onreg nie?
Is God nie
oneerlik nie?
Is dit wel
tereg dat Hy sulke hoë eise stel?
Gemeente,
vanaand handel die preek hieroor.
Wat is
eerlik en wat is oneerlik?
Wat is reg
en wat is onreg?
Wat is die
maatstaf waaraan ons gemeet moet word?
Tema: God se regspraak boesem ontsag in
-
Hy is so eerlik en regverdig
-
Hy is so vindingryk en barmhartig
-
Hy is so eerlik en regverdig
In Sondag 4
lees ons ‘n paar baie konfronterende uitsprake.En die
eerste vraag wat by mens opkom, is: hoekom?Hoekom is
God so onbuigsaam?Dit stry
eintlik met ons regsgevoel.As God sê
dat Hy almagtig is, hoekom moet Hy mense dan nog straf?Hoekom moet
daar soiets soos ‘n hel wees?As God
almagtig is, dan kan Hy mos almal verlos?Dan kan Hy
mos maar die hel ophef?Gemeente,
het u nie soms ook hierdie gevoel nie?Die feit dat
mense ewig gestraf moet word, vloek met ons regsgevoel.Maar,
geliefdes, voordat ons verder luister na ons regsgevoel, is dit dalk goed om
die gemaakte diagnose eers goed onder oë te sien.Voordat ons
self beoordeel wat reg is en wat onreg is, kom ons bestudeer eers die aanklag.Die Bybel
leer ons naamlik dat God die mens geskape het met ‘n vrye wil.Dit wil sê
hy het ‘n volledige verantwoordelikheid oor homself.As ‘n mens
dus oppad hel toe is, en jy jouself sou afvra hoekom dit nog moet, dan kan mens
dus die vraag die beste aan daardie mense self vra.Want mense
wat oppad hel toe is, kies self daarvoor.Hulle dra
mos verantwoordelikheid oor hulle eie lewe.Hulle kies
daarvoor om hulle rug op God te draai.En om van
God verlate te wees, dit is wat die hel is.Die
definisie van die hel is, dit is daardie plek waar die God van die lewe nie
meer is nie.God se straf
is dat Hy hulle in hulle keuse vrylaat, dat Hy nie meer aan hulle trek nie.Dit is dus,
gemeente, die diagnose van die Bybel.En die
dokter, dit is God, hanteer as maatstaf wat gesond is.Wat gesond
is, is die paradystoestand.Die wet
herinner ons aan die paradystoestand.Nou vra die
Kategismus die vraag:is dit wel
eerlik dat God sulke hoë eise aan die mens stel.Dat sy
maatstaf vir gesond so hoog is?Kan mens God
hiervoor blameer?Gemeente,
kom ek probeer dit met ‘n voorbeeld te verduidelik.Sê nou maar
jy is ‘n baas van ‘n fabriek, en jy het ‘n drywer in diens geneem.Jy verlang
van die drywer om ‘n vrag produkte in Johannesburg te gaan aflewer.Wat jy egter
nie doen nie, is om vir die drywer ‘n bakkie of trokkie beskikbaar te stel,
sodat hy die vrag kan gaan aflewer nie.In so ‘n
geval sou mens kon sê dat die baas ‘n onredelike eis aan die drywer stel.Hoe moet die
drywer die vrag aflaai as hy geen vervoermiddel het nie?Die drywer,
al wil hy, is nie in staat om die opdrag uit te voer nie.Nou ‘n
tweede voorbeeld.Sê nou maar
die drywer kom op ‘n dag by die werk aan, en die bakkie staan gereed.Maar die
drywer is self nog dronk van die vorige aand.In hierdie
geval lê die saak natuurlik anders.In hierdie
geval kan die baas nie geblameer word nie.Die drywer
is onbekwaam om agter die stuurwiel plaas te neem, en dit is sy eie skuld.Uit hierdie
twee voorbeelde kan ons nou die konklusie trek: daar is ‘n verskil tussen onskuldige
en skuldige onbekwaamheid.En volgens
die Kategismus moet die onbekwaamheid van die mens om God se wet na te kom,
bestempel word as skuldige onbekwaamheid.Want God het
die mens so geskape dat hy dit wel kon doen.Maar Adam
het homself vrywillig en doelbewus van hierdie gawe beroof.En nie net
Adam nie, maar ook al sy nasate.Want die
hele menslike geslag vorm ‘n eenheid.Vir hierdie
werklikheid maak die Bybel ook ons oë oop.Wat jou
voorouers gedoen het, het ‘n invloed op die nageslag.Nie dat God
die sondes van die pa straf op die kind nie.Maar wanneer
die kind in die voetspore van sy pa volg deur voort te gaan met die sonde, dat
straf God dit natuurlik wel.En hoe
dikwels sien mens nie hoe maklik sondige gewoontes van pa en ma op die kinders
oorgedra word nie.Mense is nie
los individue nie, hulle is aan mekaar verbonde.Dit wat jy
doen, het ‘n groot invloed op jou nageslag.Om ‘n
voorbeeld te noem – raar maar waar: as jou verre voorouers op hulle troudag met
die huwelikskoets by ‘n krans afgetuimel het, dan sou jy vandag nie hier gewees
het nie.In feite het
jy, jou toekoms, toe saam met hulle in die koets gesit.Wat ‘n mens
doen, het konsekwensies vir die nageslag.Dit geld ook
vir wat Adam gedoen het.Die Bybelse
openbaringsgeskiedenis leer ons: deur die oortreding van Adam het die dood in
die wêreld gekom.Die
Kategismus praat oor die erfsonde.In die preek
oor Sondag 3 het ons veral hierna gekyk.Die
erfsonde, die wortel van die sonde.Ook hierop
staan as straf die dood.Maar is dit
nie oneerlik nie?Stry dit nie
met ons regsgevoel nie?Gemeente, of
dit nou wel of nie met jou regsgevoel stry nie, dit is wel die diagnose.Sê nou maar
‘n kind word gebore en op dieselfde dag sterf daardie kind ook.Dan het die
kind self geen sondes kon doen nie.Wat is dan
die oorsaak van sy dood?Dit is die
ellende waaraan hy ook deel het as nakomeling van Adam.Want deur
die keuse van Adam het die dood in die wêreld gekom.Voordat Adam
die keuse gemaak het teen God se wil in, het die dood nie vir die mensheid
bestaan nie.Adam se
sondeval, sy opstand teen God, het dinge dus verander vir die hele menslike
geslag, wat uit hom sou voortkom.Net soos die
feit dat jou voorouers gelukkig nie met hulle koets by ‘n krans afgetuimel het
nie, ‘n impak het op jou – anders sou jy nie nou hier gewees het nie;so het Adam
se opstand teen God ook ‘n impak op ons, sy nakomelinge.Ons is
sondig en sterflik in Adam.Dit sit as’t
ware in ons gene.En of dit
nou wel of nie stry met ons regsgevoel, dit is helaas gewoon die manier hoe ons
as mense is.As mense is
ons nie los individue nie.Soos ‘n boom
se blare almal vassit aan dieselfde stam, so sit die mensdom vas op die
stamboom van Adam.Alle mense
het dus deel aan die ellende in Adam.Saam met
Adam is dit ons regsposisie voor God.Naamlik
ellendig.Ons staan te
boek as oortreders, kriminele.Dis die
werklikheid, en jou regsgevoel, as jy dit oneerlik vind, gaan niks daaraan
verander nie.Hierdie
werklikheid kla jou aan.En as jou
eie regsgevoel jou nie aankla nie, dan is jou eie regsgevoel nie op datum met
die werklikheid nie.Ons as mense
wys maklik ons vinger na God.As Hy
almagtig is, hoekom kan Hy die probleme nie oplos nie.Hoekom is Hy
so veeleisend?Maar laat
ons, geliefdes, goed besef wat ons nou besig is om te doen.Ek, as
ellendige mens, ek is nou besig om God raad te gee, om God ‘n alternatief voor
te lê.Ek as
aangeklaagde.Sê nou maar
‘n dronk drywer ry ‘n kind op sy fiets dood.En as die
ouers van die kind vervolgens die drywer hof toe vat, vervies die drywer hom en
sê:Hoekom kan
ons dit nie deur die vingers sien nie, julle kan mos weer ‘n kind kry...Gemeente,
hierdie is ‘n absurde voorbeeld.Maar dit is
met ‘n rede absurd.Hierdie
voorbeeld moet jou teen die bors stuit.Sodat jy en
ek begin besef wat ons doen as ons
met God redekawel.Laat ons as
skuldige party liewerste ons woorde tel.Laat ons wat
skuldig is, baie versigtig wees om vir die Regverdige ‘n alternatief voor te
stel.Laat staan
om Hom te verwyt.As jy vir ‘n
oomblik stilstaan by wat die mens alles stukkend gemaak het van God se skepping
en nog steeds doen, dan lê jy jou hand op die mond.Voor God se
regterstoel staan ons as aangeklaagdes, krimineel.Daar is
ernstige misdrywe op ons naam.As ons dan
voor die Regter te staan kom, kan ons liewerste maar swyg.Ondeurdagte
opmerkings agterweë laat.Laat staan
om met ‘n beskuldigende toon teen God uit te vaar.Net soos by
die dronk drywer, het ons geen enkele rede om te verwag dat die Regter ons
oortreding deur die vingers sal sien nie.Ja die
hemelse Regter eis ‘n regverdige oordeel.En enigste
en dan ook die enigste wat jy as
aangeklaagde aarselend sou kon vra, is:Maar God, U
is mos ook barmhartig?En dit is
met hierdie vraag wat die eerste deel van die Kategismus, oor ons ellende,
eindig.As skuldige,
as aangeklaagde, as krimineel, hang jou lewe slegs aan een draadjie:God se
barmhartigheid.(Tema: God
se regspraak boesem ontsag in
-
Hy is so eerlik en regverdig)
-
Hy is so vindingryk en barmhartig
Geliefde
broer en suster, as jou eie regsgevoel nie strook met die werklikheid, die
werklike objektiewe diagnose nie, watter sin het dit om jou eie regsgevoel te
handhaaf?Jy sal
jouself vasloop, vroeër of later.Ons kan baie
vrae hê oor God se handelswyse.Maar die
werklikheid bly die werklikheid.Die
werklikheid in Adam.Die mens is
skuldig.Moet God nou
maar net sy oordeel ophef, alles deur die vingers sien, omdat ons so voel?Omdat God
vir ons gevoel nie eerlik is nie?Sê nou maar
God sou sy aanklag laat waar, wat beteken dit dan eintlik?Sê nou maar
God sou vir Adam sê, en vir sy nageslag: nou goed dan, Ek los julle uit.As julle My
nie meer nodig het nie, Ek sal julle uitlos.Weet u wat
dit sal beteken?Weet u wat
die impak sal wees as God ons uitlos?Dat ons ons
eie gang kan gaan...Gemeente,
dit is nou presies wat die ewige dood is.Want as God
die mens uitlos, waarvan sal hy dan leef?Elke asemteug
is afhanklik van sy voorsienigheid.As God ons
uitlos beteken dit dat ons ewig verlore is.Wat ons dus
doen as ons sê dat God ons verder met rus moet laat, wat ons doen is dat ons
die oordeel juis oor onsself afroep.Ons lewe
hang maar net aan een draadjie: God se barmhartigheid.As jy self
daarop aandring dat hierdie draadjie deurgeknip moet word, dan gee jy jouself
prys aan die ewige afgrond.Daar is dus
slegs een moontlikheid.Dat jy jou
eie regsgevoel die swye oplê.Jou eie
subjektiewe regsgevoel hou nie rekening met die werklikheid nie en dryf jou op die
rand van die afgrond.Maar God se
reg daarenteen maak vir jou deure oop.Geliefdes,
dit is die houding wat ‘n mens pas.Die houding
wat ons as gelowiges moet leer om aan te neem.Dat jou eie
mening nie die botoon voer nie.Maar dat jy
jou verwonder oor God se besluit.Dat jy diep
ontsag het vir die groot Regter van hemel en aarde.God se
karakter vervul ons met ontsag.Dink maar
aan wat Moses gesê het toe Hy ‘n glimps van God opgevang het:“HERE, HERE,
barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou;
wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding
en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die ongeregtigheid van
die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan
die vierde geslag.” (Ex 34:6-7)Dink ook aan
Psalm 92:“Hoe groot
is u werke, o HERE; baie diep is u gedagtes!‘n Dom mens
weet nie, en ‘n dwaas verstaan dit nie” (vers 6-7)God is
volkome regverdig.Die kwaad
kan Hy gewoon nie duld in sy skepping nie.En dit ter
wille van die behoud van dit wat goed is in sy skepping.Die kwaad,
waarvan die duiwel die oorsprong is, en waaraan die mens nou deelneem, wil God
verwyder, Hy wil alles desinfekteer.Dit is God
se regverdigheid.Hy handhaaf
die standaarde van die paradystoestand.Maar
daarnaas vind ons sy barmhartigheid.Dit hef sy
regverdigheid nie op nie.Sy
barmhartigheid bied wel ‘n nuwe kans.Daarom,
geliefde broer en suster, wees tog nugter.As die
Regter jou inderdaad genade betoon,as Hy vir
jou deur sy Seun Jesus Christus die deur na die vryheid oopmaak,hoekom sou
jy dan nie so gou as moontlik jou eie regsgevoel oorboord gooi nie?Hoekom sou
jy nie die redding met beide hande aangryp nie?Veral as jou
regsgevoel nie op die werklikheid berus nie, maar God se reg wel deeglik.Hoe is dit
moontlik dat jy God dan nog steeds van onregverdigheid sou wou beskuldig?Ja God se
regspraak boesem ontsag in.In die
eerste plek omdat Hy so deur en deur eerlik en regverdig is.In die
tweede plek omdat Hy so ondeurgrondelik vindingryk is om ‘n verlossingsplan te
bedink, waarby Hy besluit het om sy eie Seun te betrek, om Hom op te offer.‘n
Verlossingsplan waarin sy barmhartigheid op so ‘n pragtige manier skitter.En dit
terwyl Hy geen millimeter inlewer op die gebied van sy regverdigheid nie.So ‘n
prestasie het niemand nog ooit gelewer nie.Laat ons dit
met beide hande aangryp!Doen jy dit
nie, dan is jy verlore.As jy die
deur na die vryheid, Jesus Christus, nie deurgaan nie, dan wag die hel vir jou.En moenie
dan waag om vir die Regter die skuld te gee nie.Mense wat
die aanbod van die Regter van die hand wys, omdat hulle vassit aan hulle eie
regsgevoel, hulle eie oortuigings, sulke mense is beklaenswaardig.As hulle in
die hel tereg kom, dan weet hulle self presies hoekom.Broer,
suster, God is nog steeds genadig.Sy
barmhartigheid duur baie lank.Laat vaar
jou hoogmoed.Laat vaar
jou eie regsgevoel.Moenie dink
jy weet beter as God nie.Loop deur
die deur wat Hy vir jou oopgemaak het.God se reg
is goed vir jou.Soos ons
sing met die woorde van Psalm 92:Ek sal
“verkondig dat die HERE reg is, my rots, en in Hom is geen onreg nie.”Wat ‘n
pragtige belydenis!Sal u dit
nasê?Ek verkondig
dat die HERE reg is, my rots, en in Hom is geen onreg nie.En as daar
êrens in jou hart nog ‘n plekkie is, iets wat jy God verwyt,iets wat jy
teen God hou,dan is daar
huiswerk vir jou hierdie week.Hierdie week
wat voorbereiding is op die nagmaal.Want as jy
nagmaal toe kom, bely jy deur daardie daad:God is 100%
regverdig.Ek moes
andersins die ewige dood gesterf het.So groot is
God se toorn teen my sonde.Ek erken
dit, ek hou niks terug nie, dis die waarheid.Ja, dis die
objektiewe reine waarheid.Maar ek bely
ook, dat hierdie selfde God, eerder as om al my sondes ongestraf te laat bly
het, dit op sy eie Seun gelaai het.Hy het sy
geliefde Seun met die bittere en smadelike kruisdood gestraf.As ek
nagmaal toe kom, kom ek na die kruis.Ek erken, ek
het die kruis nodig, 100%.Geliefdes,
laat ons volgende week Sondag weer hier saamkom in die kerk, met hierdie
houding.Maak nie
saak wat ons omstandighede is nie.Maak nie
saak hoe sleg die lewe jou, vir jou gevoel, behandel het nie.Jou eie
regsgevoel gooi ons hierdie week opnuut oorboord.Ons kom
volgende week daarsonder kerk toe.Sodat die
kruis weer kan skitter in ons lewe!Amen.
(kyk in preek)