PRETORIA-MARANATA, 16 Februarie
2014 AD, 10:15 (nagmaal)
Voorsang: Ps 27:5,6
Votum
Ps 135:1,3
Gebed
Nagmaalsviering
(na
formulier): Ps 103:3
Lees aan
tafel: Mattheüs 26:17-29
Sing aan
tafel: Ps 103:6
Danksegging
Teks: HK
Sondag 25
Preek
Ps 40:2
Gebed
Geloofsbelydenis
(apostoliese)
Ps 40:4
Kollekte
Ps 40:5
Seën
Sondag 25
Die Heilige
Gees werk die geloof in ons hart deur die verkondiging van die Evangelie,
en versterk
dit deur die gebruik van die sakramente.
Dis ou
bekende woorde.
Maar laat ek
nou vir u eerlik vra:
Het jy die
gevoel, na ’n nagmaalsviering, dat jy met nuwe krag die kerk verlaat?
Of moet jy
jouself daardie gevoel ’n bietjie aanpraat, anders sou jy dit nie hê nie?
Het jy
regtig die gevoel dat jou geloof en stewige inspuiting kry, op so ’n
nagmaalsondag?
Laat ons
eerlik wees, baie van ons ervaar dit nie direk so nie.
Tog, sê die
Kategismus, is dit die doel van die sakramente.
God het
hulle ingestel ter wille van ons swak en kleingelowige mense.
Die doel is
dat ons makliker, en dieper, en met meer gevoel kan glo.
Hoe sou dit
kom?
Dat die
sakramente nie altyd die gewensde uitwerking het nie?
Ons gaan
daarna probeer kyk.
Ons gaan dit
probeer doen, deur terug te gaan na die Here se bedoeling met die sakramente.
Tema: Sonder doop en nagmaal bly die geloof maar skraal
1
Wat ’n
sakrament is
2
’n
Vergelyking tussen ons manier van sakramentsbediening en die oorspronklike
bedoeling
1
Wat ’n
sakrament is
Die woord
sakrament is nie afkomstig uit die Bybel nie,
maar uit die
taal van die Christene van die eerste eeue, wat Latyn gepraat het.
Die woord
was ’n soort eed van trou wat soldate afgelê het, ’n krygseed.
Soldate wat
toegetree het tot die Romeinse leër.
Die
Christene het hierdie woord oorgeneem.
Hulle was
mos ook soldate.
Soldate van
Christus.
Aan Christus
het hulle ’n eed van trou afgelê, ’n sacrementum,
soos dit genoem is.
So kan mens
lees oor die martelare in die vroeë kerk, wat ook in doodsgevaar trou gebly het
aan hulle sacramentum, hulle eed
teenoor koning Jesus.
Dit was dus die
oorspronklike betekenis van die woord sakrament.
Die
Heidelbergse Kategismus gaan egter nie terug na die vroeë kerk nie, maar direk
na die Bybel.
Uiteindelik
is dit nie deurslaggewend wat die vroeë Christene gedink het nie, maar wat daar
in die Bybel staan.
In die Bybel
vind mens die woord sakrament nie terug nie.
Wel vind ons
die benaming wat ons in v/a 66 lees: teken en seël.
’n Teken.
Dink aan die
juffrou op skool.
Wanneer sy
iets wil verduidelik, teken sy iets op die bord.
Op
hoërskool, in die biologieles, as die menslike liggaam aan die orde is,
word soms ’n
pop gebruik, om te wys hoe ’n mens van binne lyk.
Waar elke
orgaan se plek is, longe, hart, maag, niere, ens.
Deesdae is
daar ook sagteware, waar mens dit digitaal op ’n rekenaar kan sien.
Die leerders
verstaan baie beter wat die onderwyser bedoel, as hulle self die organe kan
uithaal en weer insit.
So gebruik
jy in die klas nie net jou ore nie, maar ook meerdere sintuie.
Net so maak
God gebruik van tekens.
Soos
byvoorbeeld die doop.
Die werklikheid
is dat God aan ’n mens baie beloftes maak.
Maar soos u
weet, gaan dinge dikwels by die een oor in en by die ander weer uit.
Daarom is
daar ’n ekstra teken om God se beloftes sigbaar te maak.
Die doop.
Die water
van die doop was ’n mens skoon.
Die water is
’n teken van vergewing van sondes, deur die bloed van Christus.
Dis wat God
beloof.
In Sondag 25
word nog ’n woord gebruik.
Nie net teken nie, maar ook seël.
’n Sakrament
is ook ’n seël.
’n Seël was
vroeër iets wat aan ’n brief geheg is, of aan ’n akte.
Soms deesdae
as jy ’n sg. affidavit nodig het, hang daar ’n seël van was aan.
Dit bewys
dat die brief of dokument eg is, gewaarmerk is.
Mens kan ’n
seël deesdae dalk die beste vergelyk met ’n handelsmerk.
Elke homself
respekterende besigheid het ’n handelsmerk, of ’n logo.
Mense
assosieer die logo met dit waarvoor die merk staan.
Neem
byvoorbeeld motorkarre, elkeen merk het sy eie logo.
Nou is ’n
sakrament ook ’n seël.
Wat God sê,
wat God beloof, is nie net woorde nie.
Neem
byvoorbeeld die doop.
God waarborg
die betroubaarheid van sy belofte deur ’n seël.
Dis
belangrik om hierdie nie verkeerd te verstaan nie.
Die seël van
die doop sê nie iets oor die betroubaarheid van die persoon wat gedoop word
nie.
Die doop as
seël sê iets oor die beroubaarheid van God.
God bedien
die doop, en Hy hang sy keurmerk daaraan.
Dit is ’n
geweldige voorreg vir die persoon wat gedoop word, baba of volwassene.
Dat God so
in sy of haar lewe inkom met sy beloftes.
Tot dusver
het ons dit slegs oor die doop gehad.
Maar soos u
weet, daar is twee sakramente.
En dit geld
natuurlik ook vir die nagmaal.
Ook die
nagmaal is ’n teken.
’n
Illustrasie by die Woord.
Wat u vanaf
die kansel hoor, naamlik dat Jesus Homself aan die kruis geoffer het, om vrede
te maak tussen God en ons.
Hierdie
boodskap wil God ook nie hê dat dit by die een oor in en by die ander een
uitgaan nie.
Aan die
nagmaal word dit daarom geïllustreer.
Die vrede
met God word werklikheid, omdat ons saam aan tafel gaan,
omdat
Christus ons Gasheer is.
Hierdie
boodskap word sigbaar, nie net vir onsself nie, maar ook vir ongelowiges.
Kyk, die
Christene, wat onderling so verskillend is, in karakter, in afkoms, in rykdom,
hulle sit tog saam aan tafel.
Dit is baie
besonders!
Hoe sou
hulle dit regkry?
So is die
nagmaal ’n illustrasie van wat die Evangelie regkry in mense se lewens, en in
ons as gemeente.
’n
Illustrasie, ’n teken.
Maar die
nagmaal is ook ’n seël.
’n Seël
staan vir die betroubaarheid van wat God sê.
Jy hoor nie
net dat God jou sonde vergeef nie.
Jy hoor nie net
dat God jou lewe voed en verkwik nie.
Jy proe dit
ook.
Iemand het
ooit gesê:
die pad van
jou mond na jou hart is korter as van jou ore na jou hart.
Wanneer jy
proe, dat die Here jou seën, dan stroom jou hart vinniger vol van dankbaarheid
as wanneer jy dit net hoor.
So is, om
die eerste punt saam te vat, sowel doop as nagmaal ’n teken en ’n seël.
Dit is wat
’n sakrament is.
Ons kom nou
by die tweede punt:
(Tema:
Sonder doop en nagmaal bly die geloof maar skraal
1Wat ’n
sakrament is)
2
’n
Vergelyking tussen ons manier van sakramentsbediening en die oorspronklike
bedoeling
Ek het die
preek begin met die vraag:
Word jou
gevloof versterk deur die gebruik van die sakramente?
Het jy die
gevoel, na ’n nagmaalsviering, dat jy die kerk met nuwe krag verlaat?
Of moet jy
vir jouself daardie gevoel ’n bietjie aanpraat, anders sou jy dit nie hê nie.
Ek dink dat
hierdie moeite bietjie herkenbaar is.
En ek dink
dat daar meerdere oorsake hiervoor is.
’n
Belangrike oorsaak is miskien dat dit inderdaad so is, dat die prediking van
die Evangelie dikwels by die een oor ingaan en by die ander een weer uit.
En as dit so
is, dan help die nagmaal ook nie veel nie.
Woordbediening
en nagmaal hoort bymekaar.
As ons nie
die Woord in ons lewe werklik laat inkom nie, dan bly die nagmaal ook maar net
’n tradisie.
Iets wat ons
elke keer weer herhaal.
Maar dan is
dit ’n seël wat heeltemal op homself staan.
As jy net
die merkteken, die badge, die logo van ’n motor het, maar nie die kar self nie,
dan help dit niks nie.
Uiteindelik
gaan dit oor die motorkar self.
Die teken is
daar voor op die bonnet vir herkenning, watter motor dit is.
By die
nagmaal is dit ook so.
Wie nagmaal
vier, maar die Woord nie ken nie, of die Woord nie ter harte neem nie, vier nie
nagmaal na behore nie.
Dan hang so
’n tradisie heeltemal in die lug.
Juis daarom
het Christus die nagmaal ingestel.
Om ons
aandag te rig op Hom, op sy Woord.
Laat ons
eerlik hier met onsself wees.
Is jy regtig
bereid om te luister, as die Heilige Gees tot jou spreek in die Evangelie?
Laat jy elke
Sondag die prediking oor jou heengaan,
of dink jy
regtig na afloop van die kerkdiens oor die boodskap, en hoe jy jou alledaagse
lewe daarmee kan verryk?
Hoe dit meer
diepte in jou lewe kan bring, met dit wat tydens die kerkdiens vir jou
aangereik word?
Die
sakramente hang nie in die lug nie.
Hulle gaan
daarvan uit dat mense iets doen met die Woord.
Hulle gaan
daarvan uit dat mense gebruik maak van God se beloftes.
In so ’n
konteks gee die sakramente ekstra steun, ekstra sekerheid.
Wie leef met
die Evangelie, kry nie sommer die gevoel - ek was nou aan die nagmaal – maar
tog sê dit my nie veel nie.
Ek het nie
die gevoel dat my geloof daardeur versterk is nie...
Dus, om te
konkludeer, verbind jouself weer daartoe, ek wil leef volgens die Woord van my
Here.
Ek wil dit
wat in die Woordverkondiging aangereik word, ook ’n plek gee in my lewe.
As ek so
leef, sal die nagmaal ook weer meer sin maak.
Maar,
gemeente, daar is nog iets.
Nog iets
hoekom ons nie altyd so gesterk voel deur die nagmaal nie, soveel as ons dalk
sou wens nie.
Onthou, ons
is nou in die tweede punt besig om ons manier van viering te vergelyk met die
oorspronklike bedoeling.
En as kerk
moet ons altyd bereid wees om ons maniere, ons tradisie, te toets aan God se
Woord.
Semper
reformanda, noem ons dit, altyd bereid om te reformeer.
Hoe vergelyk
ons manier van nagmaalvier eintlik met hoe Jesus dit ingestel het?
Soms help
dit om te kyk hoe ander dit doen, hoe ander Christene Jesus se opdrag in
praktyk probeer bring het.
Ek dink
byvoorbeeld aan die vroeë kerk.
Die
kerkvader Tertullianus het ’n keer beskryf hoe hulle gewoond was om nagmaal te
vier.
Ek lees vir
u wat hy geskryf het:
‘Eers word
daar saam ’n gebed tot God uitgespreek. Daarna geniet almal van die maaltyd,
egter wel in die mate dat hulle bewus is van die feit dat hulle God nog die
hele aand gaan dien. Hulle gesprekke voer hulle met die besef dat die Here ook
saamluister. As elkeen versadig is, word die hande gewas en die lampe
aangesteek, waarna elkeen wat daartoe in staat is uit die Heilige Skrif lees en
uitgenooi word om ’n lied vir God te sing. Op gelyke wyse word die maaltyd ook
met gebed beeindig. Daarna gaan elkeen huis toe.’
As mens dit
so lees, merk jy ooreenkomste, en verskille met ons manier van nagmaalsviering.
Net soos hulle,
lees ons ook uit die Bybel aan tafel, ons sing, ons bid.
Ons besef
dat ons in God se teenwoordigheid is, dat Jesus ons Gasheer is.
Christus en
sy reddingswerk staan sentraal.
Dit is die
ooreenkomste.
Maar daar is
ook verskille.
Ek wil die
aandag vestig op twee dinge, dinge wat ons mis, maar wat volgens die Bybel wel
essensieel is vir ’n nagmaalsviering.
In die
eerste plek het ons gelees dat hulle geniet het van die maaltyd totdat hulle
versadig was.
Dit is iets
wat ons mis.
Die nagmaal
is by ons nie werklik ’n maaltyd nie.
Soos ook
Jesus en sy dissipels ’n maaltyd geniet het.
In lyn met
die tradisie in die Roomse kerk ontvang ons ’n baie klein stukkie brood.
Dis miskien
nie rond en plat soos in die Roomse kerk nie, maar wel baie klein.
As ons dan
in die formulier lees: God voed en verkwik ons tot die ewige lewe,
dan steek so
’n blokkie bietjie skraal daarby af.
Kom ons weer
eerlik, dit is nie meer in ooreenstemming met die oorspronklike bedoeling nie.
Die nagmaal
was bedoel was ’n maaltyd, waar daar vir elkeen genoeg was.
God se
genade is mos oorvloedig.
’n Manier
hoe hierdie oorspronklike bedoeling weer teruggebring kan word, is soos ons dit
al in die verlede hier in Maranata gedoen het, om na die nagmaalsdiens ’n
gemeente-ete te hou.
Dis ’n goeie
oplossing, want dan behou mens die plegtigheid van die viering in die diens, en
die feit dat die sakrament net toeganklik behoort te wees vir belydende
Christene, die wat die liggaam van Christus kan onderskei, soos die Bybel sê.
Maar dan kom
die oorvloedige en die onderlinge samesyn ook tot sy reg.
En dit bring
my by die tweede aspek.
Die vroeë
Christene het aan tafel gesprekke gevoer.
Hulle het
dit gedoen met die besef dat die Here saamluister.
Dit is ook
vandag anders.
By ons heers
’n baie stil en eerbiedige sfeer.
Dit is mooi.
Maar
sommiges ervaard dit as bietjie beangstigend.
En as ons
kyk na hoe Jesus dit ingestel het, sien ons tog ook dat daar gesprekke was.
Die nagmaal
is ’n teken dat medegelowiges, hoe baie hulle ook van mekaar verskil, dat hulle
tog in Christus een is.
Dit word
sigbaar uit die feit dat ons aan dieselfde tafel sit.
Maar dit
behoort natuurlik daartoe te lei dat ons ook met mekaar praat.
Dit mag nie
so wees dat mense in die gewone lewe mekaar vermy, nooit met mekaar praat nie,
mekaar nie in die oë wil kyk nie, maar dan tog aan dieselfde nagmaalstafel sit
nie.
Dit sou nie
in ooreenstemming met Christus se bedoeling wees nie.
Ook hier sal
’n koffiedrink, of ’n gemeente-ete na die nagmaalsdiens, baie help.
Miskien moet
ons as gemeente hierdie jaar weer ’n keer of meer dit instel.
So kry mens
’n ryk nagmaalsondag, wat in lyn is met hoe die Here Jesus dit vir ons bedoel
het.
Die
sakramente is bedoel om vir ons die boodskap van die Evangelie nog beter te
laat verstaan, te laat beleef.
Dit verleen
’n ekstra dimensie aan ons geloof.
Of soos die
tema dit sê:
Sonder doop
en nagmaal, bly die geloof maar skraal.
Amen.
(kyk in preek)