Indien u die preek wil gebruik
kontak asseblief vir ds FJ Bijzet.
Kopiereg word voorbehou.
Preek oor Matt 22:1-14
Liturgie:
Votum en seëngroet
Ps 106:1,2
SB 26:1,2 as inleiding
op die wet
Lesing van die wet
SB 26:10,11
Gebed
Ps 116:1
L. Matteüs 21:31b-22:14
Ps 65:2
Verkondiging oor
Matteüs 22:1-14
Ps 22:11
Gebed
Kollekte
SB 29:8,9
Seën
Baie is geroep, maar min is uitverkies.
Hoe lees u hierdie
sinnetjie aan die einde van so ‘n gelykenis? Dit sou ‘n mens bang kon maak. Bestaan
daar dus die gevaar dat ek of jy nie eendag in die hemelse paleissaal die fees
mag saamvier nie? Ons is ook geroep ja, dis dié dat ons hier vanoggend ook in
die kerk is. Maar sê-nou ek of u is nie uitverkies nie? Hoe kan ‘n mens seker
weet jy is uitverkies? En as daar dus maar min mense uitverkies is, hoe groot is
dan die kans dat ek of u nie daarby is nie?
Ek het bietjie
rondgesoek in preke van ander predikante oor hierdie gelykenis. En gesien dat
daar van hulle is wat hierdie sinnetjie maar nie by hul preekteks geneem het.
Hulle het oor die verse 1-13 gepreek en vs 14 uitgelos.
Maar dit is nie reg
nie. “Baie is geroep, maar min is
uitgekies”- daardie sinnetjie behoort tog regtigwaar by hierdie gelykenis.
Dis die samevatting van die boodskap wat Christus met sy verhaal wil oordra.
Maar Christus gee
hier nie ‘n klas dogmatiek, geloofsleer nie, brs en srs. Hy behandel hier nie
‘n hoofstuk uit die Dordtse Leerreëls oor die uitverkiesing nie. Hy hou ons in
hierdie verhaal ‘n spieël voor. En Hy wil hê dat ons mooi na onsself kyk: lyk
ek, lyk u in bepaalde opsigte –of miskien selfs wel: in baie opsigte- na mense
in hierdie verhaal? Christus wil ons ook nie ontmoedig nie. Hy wil ons juis aanmoedig.
Moenie dat jy deur jou eie skuld die fees in sy koninkryk verpas nie!
En dan is daardie
slotsinnetjie van hierdie gelykenis maar nie ‘n blote konstatering nie: so gebeur
dit nou maar eenmaal: baie is geroep, maar daar is ongelukkig maar min mense
uitgekies. Nee, klink daar in Christus se laaste woorde nie ‘n teleurstelling,
hartseer nie? Soveel mense is deur God geroep om aan sy fees deel te neem! Maar
hoe min besef die groot voorreg hiervan en makeer net-nou in die feessaal.
xxxxxx
Baie is geroep, maar daar is min wat opdaag.
Dit was mos die
teleurstelling in die storietjie van die koning wat baie mense na ‘n groot
bruilofsfees vir sy seun uitgenooi het. Blykbaar hoogwaardigheidsbekleërs uit
een van die stede in sy ryk. ‘n Koning kan mos nie almal tegelyk nooi nie, die
paleis gaan te klein wees. Maar hierdie mense het die eer te beurt geval om aan
die koninklike bruilofsfees deel te neem.Toe egter die feesdag aangebreek het, en
die koning van sy knegte na die genooides gestuur het om hulle amptelik na die
fees te begelei, het daar niemand van hulle opgedaag nie! Hulle wou nie kom
nie. Almal het ander dinge gehad om te doen,wat vir hulle belangriker was as
hierdie fees. En toe die koning ander knegte stuur om ‘n ekstra beroep op hulle
te doen om wel te kom, het party hulle glad nie daaraan gesteur nie, ander het
selfs agressief geraak en van daardie knegte mishandel of selfs doodgemaak.
‘n Soortgelyke
teleurstelling moes ook ons God en Koning verwerk, brs en srs. Hierdie
storietjie gaan mos feitlik oor Hom. Dit vertel ‘n vergelykbare ding as wat in
die HERE se ryk gebeur.
Moet dit nie meteen
toepas op die groot bruilofsfees wat God besig is om voor te berei as die nuwe
aarde aanbreek nie. De Here Jesus het met hierdie verhaal in die eerste plek
aan Israël se leiers in daardie dae gedink. Hy het hierdie gelykenis vir hulle
vertel. Omdat hulle Hom nie as die hemelse Koning se groot Seun wou erken nie.
Hulle het nie aanvaar dat Jesus gekom het om God se volk as sy bruid te trou
nie. Dat met sy koms die bruilofsfees in wese al begin het nie. Hy het mos vir
hulle gesê: My dissipels vas nie, omdat hulle bruilofsgaste is by die Bruidegom
(Matt 9:14,15).
Die Joodse leiers was
al klaar besig met plannen om Hom dood te maak.
Dit is hulle wat
die uitnodiging na God se feest afwys. Eers het hulle nie op die oproep van
Johannes die Doper gereageer nie (sien 21:32), vervolgens wys hulle ook Jesus
se eie oproep af. Daarmee handel hulle in lyn met hulle voorvaders, wat ook
veelvuldig die boodskap van God se profete veragte-lijk geïgnoreer het. En van
daardie knegte van God doodgemaak het. Hulle was geroep, maar het nie opgedaag
nie.
xxxxxx
Baie is geroep, maar besef ons nog ons is uitverkies?
Want wat nou, brs
en srs, as ons hierdie gelykenis vandag ook op onsself toepas? Ons het inmiddels
ook God se uitnodiging ontvang om eendag
-maar dat kan al vandag, of môre, of volgende week Sondag wees- aan die
groot fees by Jesus se terugkeer na hierdie aarde deel te neem. Ons behoort aan
–soos die Bybel dit noem in Openb 19-die wat genooi is na die bruilofsmaal van
die Lam. En ons word aanhoudend deur God se knegte aan daardie fees herinner.
In die
oorspronklike Grieks is die woorde “geroep”
en “gekies” ‘n woordspeling: klètoi en eklektoi. En dan het “uitverkies”
hier die beteke-nis van: “bevoorreg”. Jy behoort aan die gelukkiges wat
uitgekies is om aan die koninklike bruilofsfees te mag deelneem. Ons word nie
deur die hemelse Koning se knegte opgekom-mandeer om ‘n onaangename werkie vir
die Koning te verrig nie. Ons word nie opgeroep om ‘n lank en saaie en eintlik
niksseggende toespraak van die Koning te moet aanhoor nie. Nee, ons behoort aan
die mense wat uitgekies is om in sy paleis ‘n feesganger te mag wees. En
dááraan kom God se knegte u vroegtydig herinner.
Besef u nog daardie
groot voorreg, brs en srs?
Ons het de
uitnodiging na hierdie fees ook nie afgewys nie: baie van ons het belydende lidmate
geword. Mense wat die uitnodiging eendag dankbaar aangeneem het. Maar daarna?
As ons in ons
familie- of vriendekring binnekort ‘n bruilof het, leef ons al ‘n hele ruk
vantevore daarna toe. Jy ‘s al vantevore opgewonde, koop alreeds nuwe klere,
maak ‘n afspraak met die haarkapper, gaan soek iets ouliks om ‘n bydrae aan die
fees te kan lewer, kies ‘n present om die bruidspaar mee te kan verras.....
Wel, ons is genooi
na die mooiste ont-haal denkbaar: die bruilof van Christus met sy kerk. Dit
word ‘n onthaal waarby die mooiste feeste hier op aarde sal verbleik.
Sien jy nou ook
elke dag vol verlange na daardie fees uit? Berei jy jou alreeds opgewonde daarop
voor? Of verlang jy, om die eerlike waarheid te sê, nie eintlik baie na daardie
hemelse fees nie, omdat je in hierdie lewe al pret genoeg het?
Of het die kaartjie
van hierdie ont-haal, omdat die tyd tussen die uitno-diging en die eintlike
feesdag wel lank duur, tussen al die kaartjies en briefies aan jou yskas al hoe
meer weggeraak? Het ons God en Koning, sy kerk, Christus sommer één van die
baie beslommernisse waaraan jy in jou lewe moet aandag gee geword? Pleks van
dat dit die allerbelangrikste en allesoorheersende ding in jou lewe is en bly?
Ons kan so besig wees
met ons huis, ons werk, ons man of vrou of vriend, ons stokperdjies, ons sport,
dat ons amper vir niks anders meer tyd en aandag het nie. Al die ander dinge
gaan aan ons verby. Al is dit ook uitnodigings van God Self. Ons kan so
opgesluit raak in ons eie belange dat ons blind word en alle kontak met die groot
werkelikheid van God verloor. ‘n Mens kan so kortsigtig word, dat jy die ewigheid
aan jou laat verbij gaan.
Ons kan selfs, soos
party genooides in die gelykenis, ons begin vererg aan die herhaalde oproepe
van God se knegte. Hulle versteur ons rus, hulle trek ons aandag weg by sake
wat vir ons tans net effens belangriker is.
Hierdie gelykenis bevat
dus ‘n waar-skuwing vir ons. Om net-nou die fees niet te verpas nie is dit
belangrik om vandag al opgewonde daaroor te bly. En ons daar daagliks op voor
te berei. Moenie dat hierdie geweldige vooruit-sig sy glans vir u verloor nie. Sodat
ons eendag ook mense is wat wel aan die geroepenes behoort het, maar nie aan
die feesgangers behoort nie.
xxxxxx
Baie was geroep, min uitverkies.
Ja, in eerste
instansie het in hierdie gelykenis -maar ‘n gelykenis oordryf, want dit wil
skok- selfs niemand die voorreg van sy uitverkiesing besef nie. Die feessaal
het leeg gebly.
Probeer u ‘n
oomblik inleef hoedat dit vir daardie Koning moes gevoel het. En vir sy seun.
Hoe griewend. Maar probeer u dan ook in te leef hoedat dit vir die HERE, en vir
ons Here Jesus Christus moet voel wanneer mense wat wél geroep is om aan die
bruilofs-maal van die Lam deel te neem, nie opdaag nie. Aan ander sake in hul
lewe voorrang gee.
In die verhaal van
Matteüs 22 besluit die koning om soldate na die stad van die genooide
hoogwaardigheids-bekleërs te stuur, om die moordenaars van sy knegte en hul stad met die dood te straf en hul stad
af te brand.
Dit klink dalk
hard, maar moenie vergeet in hoe ‘n mate hulle hul Koning en weldoener beledig
het nie. Ook na ‘n herhaalde uitnodiging om feesgangers te kom wees. En dat dit
hulleself was wat met moord begin het.
So ’n straf hét die
HERE voltrek aan die Joodse leiers wat Jesus as die Christus bly verwerp het.
En dit gaan eendag die straf wees vir almal wat self daarvoor gekies het om die
hemelse bruilofsfees aan hulle te laat verbygaan.
Dit maak hierdie
gelykenis baie ernstig, gemeente. Ons verpas nie maar net ‘n partytjie as ons God
se uitnodiging ignoreer, of selfs vererg afwys nie. Ons haal ons God se
gloeiende verontwaardiging op die hals en die brand van die hel. En dit is dan
nie die HERE se skuld nie. Dis nie omdat ons wél geroep was, maar God dit
eintlik glad nie opreg bedoel het nie, want ons was nie regtig uitverkies nie.
Nee, as ons eendag nie aan die gelukkiges in die hemelse feessaal behoort nie,
is dit omdat ons self aan talle herhaalde oproepe geen gehoor wou gee nie.
xxxxxx
Baie is geroep, min is uitverkies.
Die verhaal eindig
nie met ‘n leë feessaal nie. Of met ‘n bruilof wat daarom nou maar net in die familie-kring
gevier word nie.
Die Koning hou aan
om ‘n groot fees vol feesgangers vir sy Seun te probeer organiseer. Daar sál
gaste wees. As die één wegbly, is daar wel ‘n ander wat gevra sal word. As u
wegbly sal ‘n ander wel u plek inneem!
Die koning gee sy
knegte die opdrag om sommer mense van die straat af bymekaar te maak, al is dit
drankver-slaafdes en tikkoppe, inbrekers en prostitute. Maak nie saak nie, die
Koning soek bruilofsgaste.
Dit is wat God al
in Jesus se dae op aarde begin doen het, brs en srs. Terwyl die Joodse leiers,
Skrifge-leerdes wat alles van God se uitnodi-ging moes geweet het, geen fees
met Jesus as die middelpunt wou mee-maak nie, het God prostitute en korrupte
tollenaars op hul knieë voor sy Seun gebring.
En vanaf Pinkster
het Hy pleks van baie Jode wat nie vir Jesus as hul Messias gesoek het nie,
ontelbare skares mense van orals af bly gemaak met ‘n uitnodiging na die
bruilofsmaal van die Lam. Ook ons met al ons sondes en onaangenaamhede.
As u dalk tog nog
‘n oomblik gewonder het watter God die HERE nou eintlik is dat Hy mense straf
met die doodstraf van die hel, laat hierdie vervolg van die gelykenis u dan mag
help om in te sien hoe ‘n genadige Koning die HERE is. Selfs u en my het Hy kom
roep om aan sy hemelse fees deel te neem! Ook ons is geroep en mag aan die
uitverkorenes behoort.
xxxxxx
Baie is beroep, maar min is uitverkies.
Want nou kom daar
tog nog ‘n smet op die fees. Wanneer die koning die feessaal betree en bietjie
tussen die mense deurstap en hier en daar ‘n geselsie maak, sien Hy iemand wat
nie ’n bruilofskleed aangetrek het nie.
Moedswillig. Moet hom
dus nie jam-mer kry, brs en srs, en dink: maar dalk kon hierdie man wel glad
nie so ‘n feeskleed bekostig nie. Mens kan tog van iemand wat so van die af
straat gepluk is, nie verwag dat hy in ‘n netjiese pak klere verskyn nie?
Moet maar lees:
wanneer die koning vra hoekom hy nie ‘n feeskleed dra nie, het hy nie so ‘n
soort verskoning nie. Hy kon dit ook nie hê nie, want in daardie dae was dit
gebruiklik dat die koning self vir al sy gaste ‘n feeskleed voorsien het. Hierdie
een gas het daardie feestkleed dus geweier. Waarom?
Blykbaar omdat hy
homself goed genoeg gevoel het om hierdie fees by te woon soos hy was. Die
koning het sommer “slegtes en goeies”
van die straat af laat kom. Opvallend: die slegtes word eerste genoem! Daardie
mensen kan hulle nie voorstel dat hulle aan hierdie koninklike fees mag
deelneem nie. Hulle is mos maar boemelaars en swervers? Maar daar was ook mense
uit die hoëre kringe. Maar noudat almal dieselfde feeskleed aangetrek het, kon
mens daardie verskil natuurlijk nie meer sien nie. En daarvan het hierdie een
gas glad nie gehou nie. Het grootste gespuis het hier nou as fênsie menere en
mevroue rondgestap, onherkenbaar verander. Maar dit het hý niet nodig gehad nie!
Hij het homself niet mooier hoef voor te doen as wat hy is nie. Hy het homself
gebly.
Hierdie geroepene
het dus nie besef dat dit eweseer as vir die ander gasten ‘n onbegryplike
voorreg was om verkies te wees om aan hierdie fees deel te neem. Niemand, ook nie hy niet, was hierdie fees
waardig nie. Almal was hier slegs dankzij het vreemde uitnodigingsbeleid van die
koning. Dit was vir almal ‘n onverdien-de voorreg.
Ek het gesê:
hierdie bybelverhaal is soos ‘n spiegel. Bekyk jouself bietjie daarin.
Op wie lyk jy?
Op hom wat dit vanselfsprekend
gevind het dat hy na hierdie feessaal geroep was? En nie besef het hoe ‘n
onverdiende voorreg dit was nie? Hoe kyk u om u in die kerk, na die ander
kerkgangers. Wat dink u van die ander gaste aan die Nagmaalstafel? As daar ‘n
jongman sit met ringetjies in sy ore? Of dalk ‘n meisie wat haar hare in twee
kleure geverf het?
Of lyk jy op die
ander genooides, wat nog bietjie skaam van verwondering hul plekke aan die
feestafels inge-neem het? Is jy diep beïndruk met jou hemelse Koning se genade
dat ook jy aan die bruilof van sy Seun, ons Verlosser, mag deelneem?
Wie van ons is van sy
eie goed genoeg vir daardie fees? Niemand mos? Aan hierdie fees mag ‘n mens
slegs deel-neem as God jou in sy genade daar-voor uitnooi. En ook slegs as Hy
jou eers ‘n bruiloftskleed skenk: ‘n nuwe hart, ‘n nuwe lewe, wat –dit weet ons
inmiddels, die Koning se Seun vir ons moes verdien.
Die man sonder ‘n
feeskleed is uit de verligte feessaal uit verwyder. Buitetoe, in die donker.
Eers uit die saal uit, en toe ook nog ‘n keer buitekant die hek: “die buitenste duisternis”. En daar kan
die man wel sy hare uit sy kop trek. Hy huil en kners sy tande. Dis nou sy eie
skuld. Dis nou die gevolg van sy hoogmoed.
En so sal ook almal
voel wat eendag in die buitenste duisternis van die hel beland. Omdat hulle nie
geweet het wat in God se koninkryk ‘genade’ is nie. Omdat hulle wel geroep was,
maar nie besef het dat dit ‘n onverdiende verkiesing was nie.
xxxxxx
Baie geroep, min is uitgekies.
Toe Christus met
hierdie woorde sy verhaal afgesluit en saamgevat het, het Hy dus nie ‘n klas
geloofsleer oor die uitverkiesing aangebied nie, brs en srs. Geen
katkisasieklas oor die Dordtse Leerreëls nie.
Hy het uiting gegee
aan die hartseer by Homself en sy Vader dat so min mense besef hoe ‘n voorreg
dit is as ook jy gekies is om na die hemelse feesmaal geroep te word. Dat so
min mense opgewonde raak oor God se onbegryplike genade.
Maar uit die hele
Bybel weet ons inmiddels wel dat God se Heilige Gees Self so ‘n opgewondenheid
by ons sal moet bewerk. En dat, ás Hy dit saam met die roeping tot die
bruilofsmaal van die Lam by ons bewerk, dit ‘n ekstra verkiesing is. Ekstra genade. Maar laat ons dan ook nie vergeet nie,
dat die Heilige Gees hierdie ekstra verkiesende genade realiseer deur die
uitnodiging waarmee Hy in die evangelie na ons toe kom. En nou haal ek tog die
Dordtse Leerreëls aan: “deur die
aansporinge, vermanings en beloftes in die evangelie”. Ook deur hierdie gelykenis en my preek
daaroor wou Hy ons weer leer besef: Baie is geroep, nie almal besef die voorreg
daarvan nie, maar ek verstaan nou weer des te beter dat ook ek my uitgekies mag
weet! Amen.
(kyk in preek)