Pinkster beteken beide oordeel en redding

Minister: 
Ds C Kleyn
Church: 
(onbekend)
Date: 
2010-05-23
Text: 
Handelinge 2
Preek Inhoud: 

Johannesburg,23 Mei 2010

Lees: Handelinge 2:14-21.
Sing: SB 27; Ps105:1-3; SB. 13:4,5,8,9; Ps. 98:1,2

Geliefde gemeente van ons Here Jesus Christus,

Tien dae na sy Hemelvaart, met Pinkster, laat die Here Jesus weer vanHomself hoor. Hy bring Jerusalem in opskudding. Sy hemelse troon blyk juis opdie aarde gerig te wees. Hy blyk alle aandag vir die aarde te hê. Pinksterfeesblyk in die eerste plek ’n Christus fees te wees. Hy doop sy kerk met dieHeilige Gees. Op ’n indrukwekkende manier lui Christus ’n nuwe tydperk in. Diebedeling van die Pinkstergees, oftewel die laaste dae.

Wat mag ’n mens van die laaste fase van die wêreld geskiedenis verwag? Watgaan gebeur nou die Gees uitgestort is? Hoe raak dit jou lewe en diegeskiedenis van die wêreld? Kom die Pinkstergees slegs rus en vrede bring? Saldit nou rustig toegaan onder die volke van die wêreld?

Dis opvallend dat Petrus, wanneer hy Pinkster verklaar, juis as eerste dieprofesie van Joel aanhaal. Wat weet julle van die boek Joel? Staan Joel niejuis bekend vir sy beskrywing van die sprinkaanplaag nie? Maar wat het diesprinkaanplaag nou met Pinkster te make? Sprinkane verwoes alles wat op hul padkom. Wanneer hulle hul werk gedoen het is daar geen oes oor nie. Pinkster isegter ’n oesfees, waarin daar vreugde is oor God se seëninge. Hoe kan ’nvreugdevolle oesfees met ’n rampsalige oordeel verbind word?

Wanneer Petrus sê: Dit is wat deur die profeet Joël gespreek is, plaas hyPinkster in ’n baie ernstige perspektief. Want hierdie uitstorting van die Geeswaarvan Joel praat word voorafgegaan en gevolg deur ’n groot oordeel wat lei nadie finale dag van afrekening. Die uitstorting van die Gees met Pinkster sê indie eerste plek vir ons dat ons in baie ernstige tye lewe en dat God se oordelegaan kom. Net in Jesus Christus is daar redding.

Ek verkondig vir julle:

Pinkster beteken beide oordeel en redding

1.     Dit beteken oordeel

2.     Dit beteken redding.

Petrus haal Joel aan wanneer hy sê: En elkeen wat die Naam van die Hereaanroep sal gered word. Blykbaar het elkeen redding nodig. Redding uit ’nbepaalde nood. Is dit hoe julle dit ervaar? Is dit wel reëel? Is daar nie baiemense in hierdie land en wêreld wat gesond en welvarend is nie? Jy sou sê:hulle het alles wat hulle nodig het. Moet hulle, ja, moet elkeen van ons geredword? Hulle kan hulleself tog goed red?

Tog spreek die Here in ons teks van redding wat vir elkeen nodig is. Elkeenwat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Redding waarvan?

Die voorgaande verse verduidelik dit. Uit Joël se profesie haal Petrus diewoorde aan: "En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op dieaarde, bloed en vuur en rookdamp. Die son sal verander in duisternis en diemaan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom." Godgaan dus groot dinge doen (wonders). En die magtige dade sal ’n sekere boodskaphê. Hulle word tekens genoem. Hulle sal êrens op wys. Die wonders is dus tekensmet ’n duidelike boodskap.

Wat is dan die tekens? Die profeet noem: bloed en vuur en rookdamp. Jy siendaar bloedvergieting, oorloë, brandende stede en landerye. En as gevolg daarvanrookwolke wat vanuit die aarde omhoog styg. Waardeur die hemelliggameverduister word of in vuurgloed kom te staan. Na die oorloë in Kuwait en Iraqmet hul brandende olievelde, na die aanval op die twintowers in New York, isdit nie moeilik om dit in beeld te kry nie: bloed en vuur en rookdamp. Jy souvandag ook kan dink aan die vuurspuwende berg of vulkaan in Ysland met sy aswolke wat die lugvaart in Europa lamgelê het en nog steeds bedreig. Die sonverander in duisternis en die maan in bloed.

Wat wil God deur hierdie tekens vir ons sê? Om dit te verstaan moet onsteruggaan na die profesie van Joël. Joël moet God se woord spreek in ’n tyd volverskrikkinge vir Juda. Juda word verwoes deur ’n allesverslindendesprinkaanplaag. Van die oes bly daar niks oor nie. Selfs die bome word almalkaal gevreet. Hierdie plaag val saam met ’n ernstige droogte. Dis daarom ’ndubbele plaag vir ’n agrariese samelewing: sprinkane en droogte. Die boer siensy hele bestaan vernietig word. En die hele volk treur vanweë die verlies vanhul inkomste en voedsel.

Gemeente, in hierdie konkrete nood sien die profeet die oordeel van dieHere. Daarom begin hy ook te praat oor die dag van die Here. Van die sprinkaneplaag en die droogte trek die profeet ’n lyn deur na die rampe wat nog baieerger sal wees en verband hou met die dag van die Here: bloed en vuur enrookdamp, ’n son wat verduister word en ’n maan wat ’n bloedrooi glans kry. Hoekom Joel daartoe om die verbinding te lê? Omdat Joel die hand van die Here indie sprinkaanplaag sien. Omdat hy daarin die Here na sy volk sien kom met syoordele en gerigte. En hy weet dat al God se oordele een is. Vandag kom dieHere met sprinkane en droogte, more sal Hy die aarde met oorlog en vloede tref.Dan weer sal Hy die pes of ander ernstige siekes (soos malaria en Vigs) stuurwat baie lewens verwoes. Steeds weer wys God sy toorn oor die sonde van mense.So is daar ’n regte lyn van die sprinkane plaag in Joël se dae na die dag vandie laaste gerig.

Op die Pinksterfees neem Petrus die woorde van Joël oor. Deur die Geesgelei sê Petrus: dit is wat deur die profeet Joël gespreek is. Die oomblik vandie vervulling van sy profesie het nou aangebreek. Die Gees waarvan Joëlgeprofeteer het, het nou gekom. Maar ook die gerig wat Joel reeds in sy dae hetsien aankom.

Maar, gemeente, pas dit wel by mekaar: die vreugde oor die uitstorting vandie Gees en die ellende van God se oordeel? Kon Petrus hierdie woorde liewersnie uitgelos het nie en net die eerste woorde van Joël aangehaal het nie?Pinkster beteken tog vreugde en oorvloedige genade? Hoe kan Petrus dan daardiewoorde van oordeel aanhaal? Is daardie woorde op die Pinksterfees nie onvanpasnie?

Nee, die twee, die uitstorting van die Gees en die gerig van God het allesmet mekaar te make. Hulle behoort by mekaar. Met die uitstorting van die Geeshet die laaste fase van die wêreldgeskiedenis aangebreek, die laaste dae. Ditbeteken: daar het ’n periode aangebreek waarin die beslissings sal val. Dit is’n periode van uiterste erns. Dit is die tydperk wat eindig met die laasteoordeel.

Die uitstorting van die Gees veroorsaak ’n groot wêreldkrisis. Deur sy Geesgaan God self met toenemende krag aan die werk. Hy gaan alles tot sy bestemmingbring. Dit gaan nou vol vaart na die voltooiing van sy ryk, na die laaste dagtoe. Dit beteken: genade sal meer oorvloedig wees, maar ook: sonde en teenstandsal toeneem. Daardeur word die stryd hewiger. Asook die oordele van God. Waardie genade oorvloediger is, daar is die skuld vir die afwysing van die genadeook des te ernstiger. Daar sal die oordele van God met groter krag sigbaarword.

God se offensief in die wêreld gaan gepaard met wêreldrampe. Die oorloë salnie ophou nie. Daar sal geweld en bloedvergieting wees. ’n See van vuur sal diedinge, wat mense met moeite opgebou het, verwoes. Rookwolke sal die uitsigbelemmer. Profeties sien Petrus hoe die rookwolke die lig van die son belemmer,haar glans verduister. Hoe die rooie vlamme van brandende stede die nag verligen die maan ’n bloedrooi glans gee. Dis een groot uitstorting van God se toornwat in die laaste oordeelsdag sy volle uitwerking sal ontvang. Die dag waaropdie son nie meer sal skyn nie en die maan sy glans nie meer sal gee nie en diesterre van die hemel sal val (Mt 24:29).

Hierdie kragte sal nou, na die uitstorting van die Gees, in verhoogde matewerksaam wees. Pinkster beteken immers dat die laaste bedeling aangebreek het.Alles gaan nou met groot spoed na die laaste dag van die voltooiing. WantChristus die verhoogde Here het in sy Gees teruggekom. Niks kan dit teenhounie. Die Gees werk met volle krag en sal alles tot voltooiing bring. So ervaardie wêreld sedert Pinkster talryke rampe, verskrikkinge. Alles vanweë en deurChristus wat sy Gees uitgestort het. En dit lyk asof die rampe die laaste jarenet meer en erger word.

Broeders en susters, waarvan moet dan elkeen gered word? Die antwoord salnou duidelik wees. Ons moet almal gered word van die toorn van God. Dink jy datdie toorn van God iets is waaroor jy jou nie hoef te bekommer nie, iets watgeen aandag verdien nie? Kyk maar na die nuus, lees maar die koerante: wat ’nrampe in die wêreld: bloed, vuur en rookdamp.

Maar is dit nie mense wat oorloë begin, mense wat bloed vergiet, mense watdie stede en geboue aan die brand steek nie? Inderdaad het ons daarin met mensete make. Maar vergeet nooit agter die mense te kyk en God raak te sien nie. Godis besig om sy toorn te wys. Daar gebeur niks op aarde sonder God se beskikkingnie. Selfs nie die mees afskuwelike moorde nie. Nie dat God die skuldige isnie. Die mense is en bly die skuldiges. Vanweë hul sondes. Maar God gee hullewel die ruimte om hul afskuwelike dade te verrig. Hy gee hulle lewe en kragte.

En waarom doen die Here dit? Hy kan dit tog ook voorkom? Hy doen dit om onsmense te bepaal by die erns van die sonde. Om ons te bepaal by die werklikheidvan sy toorn. Die dag van die laaste oordeel werp sy skaduwee vooruit. God isdus in die rampe besig. Hy is besig om jou te herinner aan sy oordeel waarniemand onderuit kan nie. Hy sê mos: "Ek sal wonders gee bo in die hemelen tekens onder op die aarde, bloed, vuur en rookdamp." Ek sal dit doen.God self steek as t ware die brande aan. Dit is voortekens van die groot endeurlugtige dag, waarop alles aan die lig sal kom en God elkeen sal oordeel nasy werke. Daarom, broeders en susters, ignoreer nooit wat jy op die nuus sienen hoor nie, die rampe naby en ver weg. Onthou, God is ernstig in sy toorn teendie sonde. Veral nou in hierdie laaste bedeling. Hy sal kom om die wêreld teoordeel. Elkeen sal voor sy troon verskyn.

Maar, geliefdes, wat wil die Here met hierdie tekens bereik? Wil Hy onsalmal bang maak? Nee, Hy wil julle almal tot geloof en bekering roep, totgeloof in Jesus Christus. Die oordele van God is evangelies gerig. Hulle wilGod se genade benadruk. Hulle wil ons almal op ons knieë bring en ons dryf naGod se oorvloedige genade. So kom ons by die tweede gedagte van die preek:Pinkster beteken ook redding.

In die kritieke situasie van bloedvergieting, skroeiende vuur enverstikkende rook hoor ons die bevrydende roep van die evangelie: En elkeen watdie Naam van die Here aanroep, sal gered word. Die oordele funksioneer aswaarskuwings om ons mense wakker te skud voordat dit te laat is. Dis vandag nogdie tyd van genade. As julle vandag na sy stem luister, verhard julle hartenie. Keer jou tot die Here. Stel die beslissing nie uit nie. Want dit is dielaaste bedeling, voor die wederkoms van Christus. Die beslissings moet nougeneem word.

In ’n wêreld vol van vuur en rook wys God die reddingsboei aan waardeur jygered kan word. Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

Om die Naam van die Here aan te roep is tiperend vir die volk van God. InHand 9:21 word die gelowiges aangedui as mense wat die naam van die Hereaanroep. So is gelowiges: hulle roep die Naam van die Here aan.

Maar wat beteken dit om die naam van die Here aan te roep? Dis nie slegsdat jy die Naam van die Here noem nie. ’n Mens kan die Naam noem, homself asChristen voorstel, sonder om werklik by die Here Christus te behoort. Om dieNaam van die Here aan te roep, sien ook nie enkel op die gebed nie. Gelowigesroep inderdaad die Here aan in gebed. Tog beteken die uitdrukking veel meer. Ditwys op ’n publiek aanroeping van die Naam, dat jy die Naam bely, aanbid, dat jyjou in die Naam beroem. Teenoor die pretensies van die ongelowiges. Daarom hetdie uitdrukking "die Naam van die Here aanroep" ’n vaste uitdrukkinggeword vir die publieke erediens.

Midde in ’n wêreld wat homself probeer red, vlug die gelowiges na die Here.Jy erken jou eie nietigheid en afhanklikheid. Jy soek God se beskerming. Jyweet dat jy van God se genade afhanklik is. Jy weet dat jy jouself nie kan rednie, dat redding van bo moet kom. Daarom soek jy jou sekerhede nie hier opaarde nie, maar bo in die hemel, by die Here. Jy verwag alles van Hom. Daaromroep jy sy Naam uit, nie slegs by die huis nie, maar ook publiek in diesamelewing. Jy getuig van die een naam bo alle name.

Die naam van die Here. In die Ou Testament verwys dit na die verbondsgodJahwe. Die God wat Homself bekend gemaak het as die getroue, wat altyd aktiefaanwesig is, tot redding van sy volk. In die Nuwe Testament het die naam ’nveel ryker inhoud gekry. Jesus Christus het die naam in sy volle gloriebekendgemaak. En die Gees van Pinkster het die naam vir ons op die hart gedruksoos nooit tevore nie.

Toe Joël van die naam van die Here gespreek het, het hy nog nie die HereJesus geken nie. Die naam van die Here was toe verbind aan die uittog uitEgipte, die intog in Kanaän, die verlossing van die mag van vyande. Maar nouskitter die naam veel ryker en voller in Jesus Christus. Die naam is nouverbind aan God se magtige verlossingsdade in Jesus Christus: Kersfees, GoeieVrydag, Pase, Hemelvaart en Pinkster. Elkeen wat na Pinkster die Naam van dieHere aanroep, ken die verlossing uit die mag van satan en sonde, deur JesusChristus. Wat ’n geweldige evangelie in ’n gebroke en geskonde wêreld. In ’nwêreld vol bloedvergieting, vuur en rookdamp. In ’n wêreld vol lyding, verdrieten pyn.

Daar is redding. God reik die reddingsboei aan. Jesus Christus. Elkeen watdie Naam van die Here aanroep sal gered word. Dit geld vir elkeen sonderonderskeid van kleur of ras, elkeen wat tot die Here gaan en op Hom vertrou.Wie ookal hierdie reddingsmiddel aangryp, sal gered word.

Gered waarvan? Van die toorn van God. Dink maar aan wat Paulus skryf in Rom5:8,9: "maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir onsgesterf het toe ons nog sondaars was. Veel meer dan sal ons, nou dat onsgeregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn." Gered vandie toorn van God.

Wie waarborg dat die vuur van God se oordeel ook nie my/jou sal bereik enverteer nie? Wie waarborg dat ek/jy daar deurheen sal kom? Wil jy weet wie?Wel, die Here God self: Dis Hy wat dit vir jou sê, die Here wat in beheer vanal die brande is. So seker as Hy sê: Ek sal tekens onder op die aarde gee, soseker sê Hy ook: roep my Naam aan en jy sal gered word.

Maar gemeente word die gelowiges ook nie dikwels deur die wêreldrampegetref nie? Jy kan ’n slagoffer van geweld word, jy kan sonder jou skuld HIVpositief geword het, waardeur jou aardse lewe verwoes word. Jy kan ook deur ’nsondige gedrag ’n ramp oor jouself gebring het en tot berou en bekering gekomhet. Die gevolge van jou sonde sal dan nie skielik uit jou lewe verdwyn nie. Jyleef as Christen in die wêreld en jy moet dikwels ook saam met die wêreld ly.Maar die vuur van God se toorn sal jou nie verteer nie. Want Jesus Christus hetvir jou deur die vuur gegaan, deur die helse vuur van God se gerig. In Hom hetjy dit reeds deurstaan. Daarom is daar nou redding vir elkeen wat sy naamaanroep.

Brs en srs, seuns en meisies, laat die ellende in die wêreld julle nieverwar nie of julle laat twyfel nie. Dit behoort by hierdie laaste fase van diegeskiedenis van kerk en wêreld. Skrik nie wanneer jy steeds weer te make krymet bloedvergieting, vuur en rookdamp, lewens, stede en landerye wat verwoesword nie. Let op Hom wat daaragter staan, God wat die tekens op die aarde gee.Hy is besig met sy geweldige genade offensief. Hy is besig om alles tot sybestemming te bring, om alles te lei na die laaste dag, die voltooiing van sykoninkryk. Hy is besig om jou daaraan te herinner dat die groot en deurlugtigedag van die Here kom.

Daarom, verloor nie moed nie, maar vat moed wanneer julle die voetstappevan jul Heiland hoor en sien. Lewe in gespanne verwagting. Roep sy naam aan.Nie slegs hier en nou in die kerkdiens nie. Maar voortdurend. Maak nie saak hoeverskriklik die wêreld in brand staan nie. Vertrou jouself toe aan Hom, jouredder in die hemel. Hy kom gou. Vir sy finale reddingsaksie. Sedert Pinksterkan niks of niemand dit teenhou nie.

AMEN

 

 

Net ’n herinnering: Indien u diepreek wil gebruik kontak asseblief C Kleijn

 

 

Liturgie: 

(kyk in preek)