Die verslag van Christus se visitasie aan die gemeente te Efese

Minister: 
Ds C Kleyn
Church: 
(onbekend)
Date: 
2010-04-11
Text: 
Openbaring 2
Preek Inhoud: 

Johannesburg, 11 April 2010

Lees: Openbaring 2:1-7.
Sing: Ps 100:1,2; Ps100:3,4; Ps 12:6,7; SB 38; Ps 139:1,12.

Geliefde gemeente van ons Here Jesus Christus,

In Openbaring 2 en 3 kry ons sewe briewe van Christus vir die sewegemeentes in Klein Asië. Elke gemeente het sy eie kenmerke en omstandighede.Daarin verteenwoordig hulle die kerk van alle tye. Op bepaalde plekke en tyesal sekere eienskappe meer op die voorgrond staan as ander. Tog kan al dieeienskappe herken word in die geskiedenis van die Nuwe Testamentiese kerk. Onsontvang ’n sewevoudige beeld van die een katolieke kerk.

Die boodskap van die sewe briewe bly aktueel. Dit is opvallend dat dieboodskap vir die afsonderlike kerke terselfdertyd vir al die kerke bestem is.Die briewe is nie afsonderlik gestuur nie, maar hulle is saam met die anderbriewe en die hele boek Openbaring deur alle gemeentes ontvang. In elke brieflees ons die woorde: "Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan diegemeentes sê." In elke afsonderlike brief rig die Heilige Gees homself total die gemeentes, die hele kerk. Elke brief bevat een aspek van Christus seboodskap aan die kerk van alle tye.

Elke brief het ook dieselfde struktuur. Na die adressering van die brief(die engel dws die voorganger van elke gemeente), stel Christus Homself metverskillende titels aan sy lesers voor. Die titels is afgelei van die visioenvan Christus tussen die goue kandelaars in hfst 1:9-20. Christus kies telkens’n titel wat pas by die konkrete situasie van die gemeente waaraan die brief gerigis.

Na die selfbenoeming van die Here, noem Hy die konkrete situasie van diegemeente: haar trou en/of ontrou. In verband daarmee gee Christus woorde vantroos of vermaning. En ten slotte eindig die brief met ’n vermaning, wat ’nbelofte of ’n dreigement bevat, afhanklik van die toestand van die kerk.

Vanoggend wil ek begin met die eerste brief, die brief aan die gemeente teEfese. Christus stel Homself voor as die Een wat die sewe sterre in syregterhand hou en wat wandel tussen die sewe goue kandelaars. Christus hou diesewe sterre; die sewe engele; die sewe kerkleiers in sy regterhand. Asvoorganger is jy in Christus se hand. Jy ontvang jou gesag van Hom. Sonder Homkan jy niks doen nie. Jy kan hierdie gesag ook deur Hom verloor.

Christus wandel ook tussen die sewe goue kandelaars; die sewe gemeentes. Hyis aktief aanwesig. Hy gee ag op hulle doen en late. Hy bring as ’t warekerkvisitasie.

Ek verkondig aan julle: Die verslag van Christus se visitasie aan diegemeente te Efese.

1.     Wat Hy prys

2.     Wat Hy veroordeel

3.     Wat Hy beloof

Die stad Efese was ’n belangrike handelsentrum aan die weskus van KleinAsië. Drie groot handelsroetes het deur die stad geloop.

Hierdie groot stad was ook beroemd vir sy tempels. ’n Groot trekpleisterwas die tempel van Diana, waarna pelgrims uit die hele Asië opgetrek het. Dinkaan Paulus se ervarings in hierdie stad tydens een van sy sendingsreise.Demetrius die silwersmid, maker van silwertempeltjies van Diana, het die helestad in oproer gebring teen Paulus. Daardeur het die mense vir amper twee ureuitgeroep: Groot is die Diana van die Efesiërs!

Hierdie aanbidding van Diana was gekenmerk deur skaamtelose sedeloosheid.So het Efese een van die mees goddelose stede geword. Dit was ’n sentrum van wêreldsegenot, waar mense hulle aan hul sondige begeertes en luste oorgegee het.Vergelyk dit maar met ons moderne stede met hulle vermaaklikheidswêreld, methulle sedeloosheid en goddeloosheid. Efese was net so gewees.

In so ’n wêreldse stad vergader Christus ’n gemeente. Daar waar dieteenstelling die skerpste is. Daar het Paulus met die evangelie gekom: eers virslegs ’n kort tydjie, maar later, tydens sy tweede sendingsreis vir amper driejaar. Ook Timotheus het daar gearbei. En volgens oorlewering het die apostelJohannes ook ’n aantal jare daar gewerk.

Die werk van hierdie leraars was nie vrugteloos nie. Sommige van diegrootste oorwinnings van genade is in Efese behaal. Ondanks alle teenspoed hetChristus daar ’n kerk vergader en bewaar. Ja, soms dink ons dat dit moeilik isom in ’n moderne stad kerk of Christen te wees. Onthou dat daar ook Christenein Efese was. Ja, onthou dat dit Christus is wat sy kerk vergader, beskerm enbewaar, waar ook al op aarde.

Loflike dinge word van die gemeente van Efese gesê. Die gemeente is suiwerin die leer en trou in die beoefening van die kerklike tug. Christus getuigdaarvan: "Ek ken jou werke...dat jy dié op die proef gestel het wat sê dathulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het." Diegemeente laat haarself nie mislei deur mense wat hulle as apostels voordoennie. Hulle word eers op die proef gestel. Wie hierdie valse apostels is, weetons nie. Dit is egter duidelik dat hulle ’n ander leer verkondig as die van dieapostels. Die gemeente het hulle ontmasker as leuenaars, valse profete.

Die gemeente blyk dus suiwer in die leer te wees. Hoe sou hulle anders dievalse apostels kon ontmasker het? Net wanneer jy suiwer in die leer is, kan jydie dwaalleer aan die lig bring. Aan die ander kant, as die kennis van diewaarheid ontbreek, word die kerk aan elke wind van lering blootgestel. Dit sienons dikwels in ons eie tyd. Dit is een van die hoof oorsake dat baie van vandagse kerke in ’n bedroewende situasie verkeer. Daar is min kennis van die waarheid;min liefde vir die ware leer. Daarom dwaal mense so maklik af, rondgeslingerdeur allerlei verkeerde leringe.

In Efese is dit anders. Daar ken hulle die waarheid. Daar kan hulleonderskei tussen die ware en valse leer. Daar kan hulle dié ontmasker en veroordeelwat hulle as gesante van Christus voordoen.

Hulle regsinnigheid blyk ook uit vers 6: "Maar dit het jy, dat jy diewerke van die Nikolaïete haat, wat Ek ook haat." Daar is nie veel bekendoor die sekte van die Nikolaïete nie. Hulle is, in elk geval, ten gunste vankompromie. Hulle wil nie ’n radikale keuse vir die Here alleen maak nie. Nee,hulle wil Christendom vermeng met die eise van die moderne, heidensesamelewing. Christus is vir die Sondag, vir jou hart, en vir die res kan jyrustig deelneem aan die wêreldse, losbandige lewe en vermaak. Solank as jy kansê dat jy Jesus in jou hart het en jy Jesus liefhet, mag jy leef soos jy lusis.  Herken julle dit?

Die gemeente van Efese verwerp duidelik hierdie leer en praktyk – wat virdie mens so aantreklik lyk. Hulle is suiwer in die leer, maar ook getrou in diebeoefening van die kerklike tug. Hulle kan nie slegte mense verdra nie. Hulletoets alles volgens die waarheid. Mense wat hulle in leer of lewe misgaan, wordaanhoudend vermaan en, as hulle in hulle sonde volhard, word hulle uit die kerkgeban.

Dit is egter nie al wat Christus prys in die gemeente van Efese nie. Diegemeente is ook baie aktief in die diens aan die Here. Hulle is nie eensydiggefokus op die leer nie, as of dit die enigste ding is wat werklik saak maak.Dit is ’n gevaar in gemeentes wat ’n baie sterk klem op die suiwer leer lê. Danhoor jy mense soms sê: "Is dit ’n ware kerk, suiwer in die leer? Maar watvan die daaglikse lewe van die lidmate, wat van die onderlinge omgang? Dit ismooi in teorie, maar in die praktyk van die lewe, wat sien ’n mensdaarvan?"

Gemeente, dit kan nie van die gemeente van Efese gesê word nie. Met hulleis dit een en die ander, leer en lewe, kennis en dade. Hulle doen wat hulle sê.Christus getuig hiervan: "Ek ken jou werke en jou arbeid en joulydsaamheid...en dat jy ... ter wille van my Naam gearbei en nie moeg gewordhet nie." Dit is ’n pragtige getuienis, ja, veral wanneer dit saamgaan metdie suiwer leer.

Daar was altyd mense gewees wat ’n praktiese Christendom propageer. Hullebenadruk die sosiale roeping van die kerk. Die kerk moet haarself inspan virdie wêreld; die wêreld dien. Dade is belangriker as die leer. Die leer maak niesaak nie, solank as jy maar bereid is om te dien.

In die gemeente van Efese is dit heeltemal anders. Leer en lewe is een.Hulle dien die Here deur woord en daad. Die ware leer spoor hulle tot dade aan.Selfs wanneer hulle getuienis swaarkry veroorsaak, neem hulle met blydskaphulle kruis op hulle. Hulle is bereid om vir die Here te ly. Christus benadrukhulle geduld, hulle lydsaamheid. Hulle gee nie moed op nie, selfs al plaas dieheidense samelewing groot druk op hulle.

Gemeente, is dit nie ’n pragtige getuienis van die gemeente van Efese nie?Dit is amper iets om jaloers op te wees. In daardie wêreldse stad bly hullegetrou in die afwysing van die wêreldse gedagtes en gedrag. Ja, hoe maklikvergeet ons nie die gevare van die moderne samelewing en begin ons stadig maarseker deelneem aan die wêreldse lewenstyl nie?

Die gemeente van Efese is suiwer in die leer. Hulle aarsel nie om die tugtoe te pas nie. En hulle is aktief besig met die werk van die Here. Hulle isbereid om vir Christus te ly.

Christus prys hierdie gemeente daarvoor. Wat ’n lofwaardige kerklewe! So ’nhouding en gedrag gee rede vir Christus om jou te prys. Daarmee begin Hy ook insy brief vir die Efesiërs. Hy prys hulle vir hulle trou.

Maar, gemeente, met sulke eienskappe is ons nog steeds nie daar nie. Om virChristus se saak op te staan in woord en daad, leer en lewe is nie voldoendenie. Dit blyk uit wat Christus veroordeel in sy gemeente te Efese, die tweedegedagte.

Die gemeente ontvang ’n ernstige teregwysing. Christus dreig selfs om diegemeente te verlaat: "Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaarvan sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie." Wat is dan fout in hierdiegemeente? Hierdie sterk gemeente het een ingrypend gebrek. "Maar Ek hetteen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het."

"Jou eerste liefde." Liefde word hier sonder voorwerp genoem.Liefde vir wie? Ons mag aanneem dat liefde vir God bedoel word; liefde virJesus Christus. Tog moet ons dit nie daartoe beperk nie. As jy die Hereliefhet, het jy ook ander mense lief; is dit weer moontlik om ander lief te hê.Hierdie heilige, allesomvattende liefde is besig is om te verdwyn in diegemeente van Efese.

Dit is ’n baie ernstige saak. As daar nie aan gewerk word nie, sal die kerkdoodgaan. Want die liefde vir God is die diepste wortel van ons hele geestelikebestaan. As die kerk hierdie liefde verlaat, sal haar geestelike fontein vandie lewe opdroog. Om hierdie rede kan ons die gemeente te Efese tipeer as ’ngemeente aan die begin van haar verval. Die verlating van die liefde is immersdie begin van alle afvalligheid van die kerk. Ons dink baie keer dat die vervalvan die kerk veroorsaak word deur die verlating van die waarheid, deur slapheidin die toepassing van die tug, of deur wêreldgelykvormigheid. Maar, gemeente,moenie vergeet dat hierdie slegs die simptome van geestelike verval is nie.Hulle is nie regtig die oorsaak, die bron van verval nie.

Gemeente, neem dit ter harte. Hoeveel besware is daar nie teen die kerk vanvandag nie! Hoe onverskillig is baie christene nie teenoor die leer nie! Hoeonkundig oor die dinge van God se koninkryk! Hoeveel verwaarlosing van diekerklike tug! Hoe groot is dikwels nie die aanpassing aan die wêreld nie! Hoedikwels soek mense nie die dinge van die wêreld nie pleks van die dinge watdaarbo is. Dit is iets waaroor jy besorg kan wees. Onthou egter dat al hierdiedinge na die oorsprong teruggevoer kan word: die verlating van die liefde.Liefde is nodig. Die liefde vir God en dus ook vir die naaste. Daardie liefdebeskerm teen afvalligheid. Daardie liefde beskerm teen onverskilligheid,onkundigheid, wêreldgelykvormigheid. Met ware liefde het jy geen behoeftedaaraan om ’n kompromie met die wêreld te sluit nie. Met daardie liefde vir Godhet jy geen begeerte om jouself aan wêreldse skatte en vermaak oor te gee nie.

Hou dit in gedagte, gemeente. Dit is inderdaad ’n goeie saak om te waak oordie suiwerheid van die leer. Want die kerk wat die waarheid verlaat, verloor syfondament. Moenie vergeet egter dat uiterlike vroomheid nie voldoende is nie.Dit moet gegrond wees in die liefde.

Maar hoe kon die gemeente te Efese haar eerste liefde verlaat? Kom onsprobeer om die ontwikkelings na te gaan. Die eerste liefde is die liefde watjou vul wanneer jy die evangelie vir die eerste keer aanneem. Jy bely metblydskap jou geloof. Jou hart brand vir die Here. Jy is vol entoesiasme virChristus. Jy kom in aksie vir die Here. Jy sien jou werke en jou regte leeregter nie as doel in hulleself nie, maar as deel van jou liefdevolleonderwerping aan Christus.  Waarom is ditalles vir jou belangrik?  Waarom het jydie Woord lief?  Waarom wys jy alles watteen Christus se wil ingaan, af?  Omdatjy die Here liefhet.  Jy het Hom liefomdat Hy jou eers met ’n onveranderlike liefde liefgehad het. 

Na verloop van tyd dreig egter die gevaar van die gewenning, die roetine endie sleur. Uiterlik verander min. Jy bly dieselfde dinge doen en sê. Maarinnerlik het daar wel dinge verander. Die liefde het getaan. Deur die loop vanongeveer 30 jare vanaf die stigting van die kerk het die kerk van binne en vanbuite af gegroei. Die nuwe geslag wat in die kerk grootgeword het, weet hoedinge gedoen moet word. Na soveel jare weet hulle baie mooi wat waar of valsis. Deur jare se ondervinding en onderrig in die leer.

Maar deur daardie hele proses vergeet hulle hul dryfkrag: die liefde. Diekerk groei uiterlik, maar word innerlik swak. Die persoonlike geloof en liefdeword verwaarloos. Jou ywer word ’n uiterlike saak. Die hart is nie meer daarinnie. Jy doen as lidmaat alles omdat dit van jou verwag word. Uit gewoonte, ofterwille van jou ouers. Jy aanvaar aksie in die plek van goddelike entoesiasme,tradisie in die plek van ’n lewende verhouding met die Here.  Jy is besig met die saak van Christus terwyljy Christus self ignoreer. So word jou godsdiens waardeloos, ’n klinkendesimbaal sonder ware liefde.

Ja, gemeente, dis maklik vir ons om op by die punt uit te kom. Ons weet hoedinge behoort te wees. Ons voel ons gemaklik met bekende patrone en sekeredinge.  Na verloop van tyd voel ons onsso gemaklik dat ons vergeet waaroor dit by dit alles gaan. Dat dit oor Christusgaan.

Gemeente, laat ons onsself ondersoek. Hoe sou Christus wat die harte ken,ons as Vrye Gereformeerde Kerk en as lidmate van die VGK oordeel? Word jy nogsteeds gedryf deur die liefde vir Christus? Is Christus die bron van al joudoen en late? Gaan jy kerktoe, doen jy Bybelstudie uit liefde vir Christus? Vegjy vir die gereformeerde leer uit liefde vir Christus? Of omdat dit van jouverwag word? Wys jy nog daardie eerste liefde?

Broeders en susters, ’n gebrek aan liefde kon ook ’n rol gespeel het in dieEfesiërs se houding teenoor dwaalleraars en vyande. Hulle het die werke van dieNikolaïete gehaat. Dit was goed; selfs noodsaaklik gewees. Maar het hulle dieNikolaïete self ook begin haat? Het hulle nog, agter die dwaling, ’n ellendige menswat op pad is na die verderf, raakgesien? Hulle kon nie slegte mense verdranie. ’n Goeie en noodsaaklike ding. Maar het hulle nog barmhartigheid bewys virhierdie sondaars?

Daarom: "Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doendie eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plekverwyder as jy jou nie bekeer nie."

Skerp woorde, ernstige woorde. Stel jou voor, broeders en susters, datChristus vir ons sou skryf: jou regsinnigheid, jou ywer? Dit is prysenswaardig!Maar as die eerste liefde nie meer terugkeer nie, sal Ek julle kandelaarwegneem. Sal julle as kerk verdwyn.

Om die waarheid te bewaar en daarvoor te stry, is belangrik, baiebelangrik. Maar as liefde verdwyn, word jou stryd vir die waarheid bitter,onheilig. Dan word jy ’n party, ’n sekte wat vir jou saak stry, pleks om kerkvan Christus te wees.

Sou Christus hier ook so oordeel? Waak en bid. Leef en werk vanuit liefdeen entoesiasme vir die Here. Vol van die Gees. Op die vlak van die eersteliefde, met brandende harte en nie met heet hoofde nie.

Hierdie ernstige woorde is nie Christus se laaste woord nie. Hy gee nog tydvir bekering. Christus eindig die brief nie met ’n dreigende oordeel nie, maarmet ’n bemoedigend woord, ’n belofte vir hulle wat oorwin.

Hierdie belofte word voorafgegaan deur die bekende woorde: "Wie ’n oorhet, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê." Elke kerklidmaatmoet luister. Gee ag op die boodskap van die Gees aan die kerke. Nou is die tydvan genade. Jy kan jou nou nog bekeer.

"Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewewat binne-in die paradys van God is." Is dit nie wonderlik nie, om te mageet van die boom van die lewe? Deur die sonde het die mens die voorreg om teeet van die boom van die lewe verloor. Die toegang is versper deur ’n engel met’n vlammende swaard. Maar in Christus is die toegang tot die boom van die leweweer oop gemaak. Wie volhard mag eet van die vrugte in die paradys van God. Jymag dan geniet van die ewige lewe; die ongebroke saligheid in gemeenskap metdie lewende God.

Christus is nie karig met sy beloftes nie. Van die hoogte van die liefde isdaar uitsig op die paradys van God. Hoor dan wat die Gees vir die gemeente sê.Neem dit ter harte. Volg dit op.

Die belofte is vir elkeen wat oorwin. Elkeen wat die liefde vir Christusbehou.  Elkeen wat nie uiterlik op eenmanier lewe en innerlike op ’n ander manier nie.  Dit is elkeen van julle wat tot die einde toevolhard in die stryd van die geloof, aangevuur deur die liefde van God. Hy watdit beloof, is getrou.

 

AMEN

Net ’n herinnering: Indien u diepreek wil gebruik kontak asseblief C Kleijn

 

Liturgie: 

(kyk in preek)