Skrifberyming 32
1. Toe het die hoë lug gebeef
en eng'lestem het neergesweef:
"Nou is die koninkryke weer
die eiendom van onse Heer
en van sy Ryksgesalfde wat
die wêreld in sy vuis omvat.
Hy sal - beslis is nou die stryd -
as Koning heers in ewigheid."
2. Toe het die vier- en twintigtal,
die ouderlinge neergeval -
hul wat voor God op trone sit -
en het die hoë God aanbid:
"Ons dank U, onse God en Heer,
U wat oor alles triomfeer,
wat is en was en kom, - u mag,
o Koning, tree nou aan die dag.
3. "Die volke 't woedend opgestaan -
u toorn het hulle neergeslaan.
Grysskeemrend rys die oordeelsdag,
en see van dode op vonnis wag:
verderwers van die aarde erf
'n eewge toestand van verderf,
maar al Gods knegte ontvang 'n kroon
en uit genade 'n arbeidsloon.
4. Die tempel het toe oopgegaan
waarin die heil'ge bondsark staan.
Daar straal sy glorie onbesmet,
daar leef die woorde van sy wet:
daar's bliksems wat geen weerstand stuit
en donderstemme gee geluid;
die aarde beef, daar's haelslag -
dit is die grote oordeelsdag.