Psalm 109
1. God van my lof, merk hoe ek ly,
en swyg nie langer meer!
Die lastermond gaan oop teen my -
hoe kan ek my verweer?
Hoe haatlik spreek hul om my heen,
hoe is hul swaard gewet!
Waar ek met liefde hul bejeen, '
vir hul was my gebed.
2. Stel nou 'n booswig oor hom aan;
laat die verklaer kom;
laat hy as skuldig van U gaan,
sy bede ook pleit teen hom.
Sy dae, wil dit tog verkort,
sy amp aan ander gee;
en laat sy kinders wese word,
sy vrou 'n weduwee!
3. En laat sy kinders orals swerf
en bedel by gemis
aan brood, verstote uit hul erf
wat nou 'n puinhoop is.
Die woek'raar, laat hy alles neem
en eet met skerp gebit;
die vreemdeling, laat die vervreem
sy ganse erfbesit.
4. Geen helper moet hom help in nood,
geeneen hom ooit ontferm
wanneer sy wese, arm en bloot,
in bitter smarte kerm.
Laat niemand op sy nakroos ag,
maar wil hul, stam en telg,
reeds in die volgende geslag
met naam en al verdelg.
5. Die onreg, deur sy stam bedryf,
hou in gedagt'nis, HEER!
Die sonde van sy moeder, skryf
in u gedenkboek neer.
Ruk uit, want hy het uitgeruk,
en laat geen wortel oor;
hy het verdruktes hard verdruk,
wie moed'loos is, vermoor.
6. Die seën het hy nie gesoek -
dit bly ver weg van hom.
Liefhebber was hy van die vloek -
dit het oor hom gekom;
soos klere 't hy dit aangetrek,
soos water, so kom dit
in hom, en soos 'n olievlek
tot in sy laaste lid.
7. Laat hom die vloek wees soos 'n kleed
waarmee hy hom bedek
en soos 'n gordel, styfgemeet,
vas om sy heup getrek.
Laat dit die loon wees - daad vir daad! -
wat God hul sal betaal,
hul almal wat my soek en haat
en onheil oor my haal.
8. Maar, HEER, u goedheid is so goed,
maak U dit goed vir my;
my hart 's deurwond daarby:
ek is 'n skadu wat verdwyn,
'n sprinkaan, voortgejaag;
my knieë knik van vas; ek kwyn,
my vlees is weggeknaag.
9. By lyde kom die smaadgekwel:
hul skud hul hoof oor my.
As U, op wie 'k my hoop nou stel,
my tog maar wil bevry!
Wil met u goedheid my bejeen,
toon hul: dit is u daad.
Wat baat hul vloek, as U maar sien -
hul smaad, as U hul smaad?
10. In vreugde sal u dienaar leef,
en in 'n grote skaar
as smaad hul soos 'n kleed omgeef -
u lof, o HEER, verklaar.
Want God is aan my regtersy
om my met krag te stug;
teen hul wat vonnis soek teen my,
sal my die HEER beskut.